Jump to content

Reëls vir Braai

Bloubul

Recommended Posts

REELS VAN BRAAI

1) Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis.

'n Braai is mos 'n ernstige ding so benader jou aankope ook so.

In die ou dae was jou slagter amper familie.

Jy het hom immers meer gesien as jou dokter.

Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik.

Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is.

As 'n ding goed verpak is dan lyk hy gaaf genoeg om te braai. - K@k!

So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter! Supermarkte se vleis is k@k. Klaar!

2) Dukker snitte vir braai! Klaar!

3) Steaks is medium-rare tot medium. Klaar!

As jy van jou vleis 'well-done to f-up' hou gebruik 'n blow torch, en hou jou vleis van 'n braaier af.

Hardloop dan sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik.

4) Rare is nie eetbaar nie! As jy een van die braafstes is wat jou steak so eet, kry vir jou.

Moenie dink jy gaan lekker slaap en die wol scooter dalk opstart later vanaand nie.

Rou vleis laat homself nie sommer net verteer nie.

5) 'n Steak sonder 'n vetjie is nie 'n steak nie. Klaar! Fillet uitgesluit.

6) Tenderised steak hoort op die Kerk basaar se steakrolls.

Nie op my vuur nie! Klaar!

7) Wors moet nog kan buig as hy afkom. Klaar!

8) As jy nie kan braai nie, moenie! Klaar!

9) As jy een van daai wetters is wat glo mens steak braai op 'n

plaat, vra die ou wat langs jou staan om jou hard te bliks&m! Nou!

10) Meer as 1 slaai vir 'n braai is mors. Klaar!

11) Daar word gebraai wanneer die vuur reg is. Klaar!

12) Uitpass voor die ete is uit soos bokn..i! Klaar!

13) As jy een van daai f*%%&rs is wat krap in 'n ander man se braai, volg reel 9. Nou!

14) As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier of is net doodeenvoudig vol :ilikeit:, praat voor die tyd of shut up! Klaar!

15) As jy 'n ander persoon die braaireg gee by jou huis, (verwys na reel 8) swaai hy die septer. Klaar!

16) Fillet word nooit, maar nooit heel gebraai nie! Butterfly cuts alleenlik! Klaar!

17) Sout word alleenlik en ALLEENLIK aan tafel opgegooi! Jy braai nie met sout nie! Klaar!

18) As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want, om die ding aan die go te kry kos hitte. Baie. Die rook van die gesukkel is 'n steurnis.

'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie. Klaar!

19) Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie. Klaar!

20) As jy die braaier is en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie,lieg jy. Volg reel 9. Nou!

21) Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe moet hy leer? Volg dan reel 9 op hom.

22) Papierborde is cool solank dit in een of ander versterking is.

23) Hou jou stompies uit 'n braaivuur uit! Klaar! Jou <_< gewoonte moenie my braai kom opfoeter nie!

24) Met rugby, halftyd steek jy die vuur op. Klaar!

25) Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met 'n mes en vurk. Klaar!

26) As jy jou pap saam met 'n braai met melk en suiker eet,

skreeu jy seker vir die Vrystaat.

Vra almal by die braai om vir jou eetgewoontes te bid en volg dan reel 9.

27) Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om die braaivleisvuur. Rugby, jag, visvang ,4x4 bakkies en die buurvrou se tan lyne ens. is die norm. Klaar!

Link to comment
Share on other sites

Mooi gesê Bloubul!! :ilikeit:

Ek dink jy's my swaer se verlore tweeling broer! :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi Bloubul

Behalwe dat jy 'n bul :wacko: is laaik ek jou kwaai! Dit klink vir my so reg..

Aan Biltongboer wat sy braai verkoop het, volg reel no. 9! :):boxing:

Barries

p.s. 2008 is die jaar van Prooovince :ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek skryf gou die stukkie want ek wag vir my vrou om vis en chips te bring. Dit reen hier in Adelaide en ek is gatvol om kos te maak, so ek wag maar vir haar. Was nog net drie keer in Perth se lughawe oppad ADL toe. Klink vir my of dit klein Pretoria kan wees. Julle het darem 'n rugby span. Hier bly jy tjoepstil dat jy rugby ondersteun. En, dit klink of julle baie braai. In Pretoria was daar 'n perd wat 'n Stainless Steel braai gebou het. Multibraai was dit genoem. Toe ons trek koop ek vir my een. R12000 later het ek 'n Rolls van 'n braai gehad. Ek het hom bietjie gebrand sodat die doane moes dink hy's oud. Raai hoeveel keer het ek hom al hier in Adl gebruik. 3 keer. Twee skape gebraai en een gewone braai. Hoekom. Hiers nie hout nie. Hiers net tamatiekas plankies en bloekom. My Khalahari neefs gaan vrek as hulle hier kom. My wit Olifant staan onder die afdak. Ek's nou 'n Ozzie. Braai met gas en "heat beads" Werk net so goed. Proe nie dieselde nie. Die gesprekke om die vuur is ook nie Rugby, sonskyn, vroumense en Chev nie. Nee, Footy, Hoons, footy en die enkele rooftog is die algemene geselskap. Daar word ook nie eers oor buurman se mooi vrou gepraat nie want sy kruip innie huis weg en niemand werk meer in hulle tuine nie. Die lewe is saai en eentonig, Niemand hier was al gehijack nie. Niemand was al beroof nie. Hulle lewe vir net een ding. Footy. Wag ek lieg. Ons drink darem baie rooiwyn. Ok net 3 doppe as jy moet dryf. Waars daai dae wat ek 200km/u in Zambesi afgejaag het? Ek skaam my nou daaroor. As ek dit om die vuur vertel kan jy sien hulle dink ek lieg. Niemand in die land ry vinniger as 110 nie. Ek ry nou die dag so 'n ent uit op die hoofweg en check vir polieste. Geen. Trek my Ute oop. Toe ek by 130 kom word ek bang. Klaar Ozzie. As ek weer in RSA kom gaan ek by die eerste speedy wat ek verby kom, stop en hom R10 gee. Net om te voel hoe voel dit weer om te bribe. Daai woord bestaan nie hier in Oz se woordeskat nie. Lekker braai. Daar kom my vis en chips.

Link to comment
Share on other sites

Blerrie Transvaler weet ook niks van braai af nie.

Veral reel 25 het my dwars in die krop gesteek. Hoender is nie vleis nie, magtag, dis groente! Dis reg daar saam met vark en mielies! Dit kom nie naby 'n rooster nie! Wat se soort poefter braai hoender?

O ja, net vir ingeval iemand dit nog nie gese het nie: 2008 is die jaar van PROVINCE!!

Vat so! :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hi julle ouens,

Dis lekker hier in Australië en ek wil nie weer uit Brisbane weggaan nie.

Daar is egter een ding wat beter kan wees en dit is dat die ouens beskaafd kan raak en die Rugby Union voetbal ondersteun. Hier is dit net Rugby League en Aussie Rules wat werklik tel. Verstaan mooi, op die TV sien jy tot soveel as 10 wedstryde per week van die NRL (Dit is nou die League Rugby) en daarby ook nog 'n paar wedstryde van die Aussie rules.

As julle nie weet nie, die Aussie rules is die een wat op 'n krieket veld gespeel word en is so deurmekaar soos K..ts in 'n tuimeldroeër (hoop dis reg gespel!). Hule skop doele (Goals) en gee vorentoe aan, ook hardloop hulle maar min met die bal (as huule daarmee hardloop is dit soos in die Amerikaanse Basket bal). Daarby as die bal geskop is en iemand vang dit het hy dadelik 'n vryskop, ongeag waar die bal gevang is en wie dit geskop het. Hulle het ook vier regop pale aan elke kant, maar het nie 'n dwarslat nie. As die bal tussen die middelste twee pale deurgaan, dan tel dit sommer 'n hoop punte, maar gaan dit deur een van die ander twee openinge, dan tel dit net een punt. Regtig deurmekaar.

Jy sien hier maar min van die Rugby Union of IRB wedstryde (uitgesluit die internasionale wedstryde) en die moet jy op Foxtel of in die Sport Bars gaan kyk.

Die passie van ons eie Curriebeker is hier afwesig, miskien het hulle dit vir een van die ander soorte voetbal, ek weet nie.

In Rugby League is hier 'n State of Origin reeks wat afspeel tussen Queensland en New South Wales. Die passie is so groot dat die ouens mekaar sommer probeer dood maak en hierdie jaar is daar dan ook een ou op die Gold Coast ('n NSW onersteuner) dood omdat Queensland die eerste wedstryd verloor het en die ou dit gewaag het om met sy blou trui in 'n kroeg in te gaan en daar te gaan spog teenoor die Maroen ondersteuners. Dit is hoe groot die passie vir daardie wedstryde is. 'n Ander ou is deur iemand oor die kop geslaan en toe is met die motorkar bo-oor hom gery - hy is net gelukkig dat hy dit oorleef het - in die hospitaal met gebreekte bene en al is hy nie jammer nie, behalwe dat sy blou (NSW) trui in die slag so erg beskadig is dat hy dit moes weggooi.

Ja-nee dit is anders hier hoor, maar ek woon en werk lekker hier waar jy heeldag (en heel nag) oor jou skouer moet loer om te verseker dat jy nie onverwags oor die kop geslaan gaan word en beroof word nie.

Groetnis uit Brisbane.

Hulle wys AFL Aussie rules rugby hier op DSTV party aande. Ek geniet dit nogal. Lekker vinnige game. Wat de hel is rugby league dan nou?

Link to comment
Share on other sites

Kyk ek weet bitter min van Rugby af !! League of Union !!! En Ausie rules is so deurmekaar soos kat kots in 'n tuimel droër !! :holy:

Hier is soos ek dit verstaan:

In die league games word nie geskrum nie !! Die ou wat getackle is, staan op, vat die bal rol dit agtertoe (daar staan 'n dude van sy span agter hom) en dan gaan die game voort. Na die derde of vierde keer van "rol die bol" moet die bal geskop word !! Ek glo nie ek het al lynstane gesien nie, maar ek kan verkeerd wees !! Ek het Woensdag aand gekyk want pappabeer is in Perth vir besigheid en ek moes hom op hoogte hou van die telling !! elke keer as hy bel en vra vir die score - gaan ek gou na daardie tv stasie om te kyk. :magic: Maatskapy het 'n tak hier in Queensland en een in New South Wales - Tydens State of Origin is dit amper soos 'n Bloubul en VRYSTAAT game !! MOORD !!!

:rolleyes: Gelukkig het die Maroons (word uitgespeek Maroans) gewen 30-0. :boxing:

Link to comment
Share on other sites

Blerrie Transvaler weet ook niks van braai af nie.

Veral reel 25 het my dwars in die krop gesteek. Hoender is nie vleis nie, magtag, dis groente! Dis reg daar saam met vark en mielies! Dit kom nie naby 'n rooster nie! Wat se soort poefter braai hoender?

O ja, net vir ingeval iemand dit nog nie gese het nie: 2008 is die jaar van PROVINCE!!

Vat so! :rolleyes:

Kyk ou Biltongb®oer, die sake staan so. Die hoender is vir die dames. Daar is iets in hierdie Ozzie hoenders, een of ander groei hormoon. En dit werk hoor, ongelukkig net op die vroulike geslag. Wag tot jy hier is, en jy sal sommer dadelik sien wat ek bedoel, veral in die somer.

O ja, en wat 2008 betref, Province mag maar so een jaar in 'n millenium hulle jaar beleef, en net om te wys ons is nie snaaks nie, kry julle sommer 'n ou ekstra daggie, 29 Feb by. Geniet dit terwyl jy kan, kanse is skraal dat jy die volgende JAAR VAN province gaan beleef.

Ek ondersteun 2 spanne, die BULLE en enige span wat teen die WeerProbeer speel.

Link to comment
Share on other sites

Bloubul (een van die dae TswaneBul)

Wat bedoel jy oor die hoenders en groei hormone, maak dit vet???

Oor die AFL. Ek het 'n life footie game gekyk op my LSD, Brisbane Lions teen die Hawks (van Melbourne).Ek moet se ek vind die game vervelig op tv, maar het dit baie geniet life, veral omdat 'n local my die reels verduidelik het deur die game. Ek dink nogal dit is 'n game wat ek kan volg as ek daar kom.

Barries

Link to comment
Share on other sites

Barries, ek wil jou nou nie te gou opgewonde maak nie, maar ek dink Pamela Anderson het op 'n stadium baie Ozzie hoenders ge-eet.

Ek is nou bietjie meer as 'n jaar hier en verstaan nog steeds niks van footie nie, net dat jou broek 2 sizes te klein moet wees.

Link to comment
Share on other sites

Hier in die Vrystaat hou ons baie van braai.

Veral die laaste paar jaar wat ons Bloubul steaks eet!

Die Leeu steak is maar power, so ons trap hom maar jy weet waar.

Die Haai steak is ook nou maar eentonig, veral nadat ons dit so gereeld in die haaitenk eet.

Met helfte van ons span, en coach wat by weerprobeer is, gaan ons bietjie sukkel, behalwe as ons 'n spiel op die veld sit sodat hulle hulself kan bewonder.

Raak ook nou al bietjie moeg vir dit, maar dit is wat ons moet eet om die ou goue koppietjie hier te hou. :ilikeit::whome:

Edited by jacquesd
Link to comment
Share on other sites

O F.. Is dit hoekom my tie.. ag ek bedoel borsspiere groter word. Ok my pens. Nou weet ek ok hoekom my broeke te klein word en my vrou my weer laaik. Kêrels vreet hoener. Is goed vir 'n mens.

Link to comment
Share on other sites

Bloubul (een van die dae TswaneBul)

Ek wil nog weet wie is daai (T)Sawanepoel na wie hulle Tswane wil vernoem.

Is ok as die beker in Bloem bly, dit sal ten minste nie roes kry nie.

Link to comment
Share on other sites

Barries, ek wil jou nou nie te gou opgewonde maak nie, maar ek dink Pamela Anderson het op 'n stadium baie Ozzie hoenders ge-eet.

Hel, ek gaan vir my 'n vrag hoender koop as ek daar kom en op my barbi :ilikeit: gaar maak. My beter helfde hou van hoender :blink: . Ek sal maar steak eet, dink nie dit sal lekker werk vir my nie.

Link to comment
Share on other sites

Barries, ek wil jou nou nie te gou opgewonde maak nie, maar ek dink Pamela Anderson het op 'n stadium baie Ozzie hoenders ge-eet.

Hel, ek gaan vir my 'n vrag hoender koop as ek daar kom en op my barbi :unsure: gaar maak. My beter helfde hou van hoender :D . Ek sal maar steak eet, dink nie dit sal lekker werk vir my nie.

My vrou het pakke van daai hoender nodig...Ek begin nou verstaan hoe werk die dinge.

Ek het dieselfde beleid, ek skreeu vir alles en almal wat teen die Blou Koeie speel. Selfs die Crusaders het al my support gehad... :whome:

Check hierdie group op facebook, jy sal hou daarvan: Bulgroepie

Link to comment
Share on other sites

Oi! "Wol scooters", hormoon hoenders ... eish. Wat die hart van vol is ... Sak Sarel! Lyk my jy's bietjie gefrustreerd ou Bloubul - seker iets met jou span se "non-performance" tedoen? :unsure:

Heh heh, hulle was bietjie pap hierdie jaar..

Link to comment
Share on other sites

Dalk het hulle 'n paar "blou" pilletjies nodig :ilikeit:

Daai "blou pilletjies" wat hulle in die army koffie gegooi het, het eers 25 jaar later begin werk!

Gee die Bulle nog 'n kans, hulle was nie so gelukkig om 'n goeie afrigter met die beloftes van gratis wyn vir die volgende 5 jaar te kon bekom nie!

Link to comment
Share on other sites

Bloubul, lyk dit effens bekend.

My swaer n stoere boere bloubul ondersteuner het ons genooi na Loftus, die laaste game wat ons gesien het. (het nog nie Foxtel)

En die score bord met een minuut speeltyd oor.

Jammer!

Die Sharkies(met my ondersteuning) het gou die knoop deur getrek.

(maar Victor en n paar ander manne was nie daar nie, anders was dit n heel ander storie)

Willie

Hi Willie

Soos jy sê, Victor was nie daar nie, Bakkies se hart ook nie.

Ek en my dogter was by Subiaco toe die Force 'n minuut voor die einde die wenpunte aangeteken het.

Ten minste het ons 79 minute blye harte gehad.

So naby maar tog so vêr.

Maar my bloed bly blou. Is nou maar net so.

Ek dink hulle moet die super 14 bietjie verander. Hulle moet games reel waar die Stormers teen die Bulle speel by die Subi. Al die fans is dan al daai kant...

Link to comment
Share on other sites

BB het nie n slegte idee daar beet nie,hulle moet sommer die ander groot stede in Oz ook in gedagte hou.

My twee Blouversies geniet die bulle se games netso.

Nadat die bulle die Super 14 verlede jaar gewen het, was hul so opgewonde soos net n bulls ondersteuner kan wees. Het hulle rondom ons kompleks gehardloop met hul blou bulle vlae en gil, van die sharks ondersteuners(lekker suur, nes ek) het hulle met tuinslange nat gespuit.

Die dag toe die bokke terug gekeer het van Frankryk, nadat hulle die wereld beker gewen het was net ma betyds vir werk.

Ek en die twee girls was voor die tv om die oomblik te sien toe die bokke geland het, kon dit net nie mis nie.

Gedink die onnies sou met hul raas omdat hulle so laat was oor die rugby maar die hele klas en onderwyseres het die volle periode net vra gevra en gesels oor die bokke.

Francios Steyn laat die girls se harte en bene in jellie verander, hul het gedink sy "Verstaan, Verstaan" terwyl die joernaliste met hom gesels het was tog te cute. Go figure.

Darem lekker as mens die lewe saam met jou kinders kan geniet.

Maar nou ja, ek's al helemal van die Braai onderwerp af.

Groete

Hi Willie

Soos jy sê, Victor was nie daar nie, Bakkies se hart ook nie.

Ek en my dogter was by Subiaco toe die Force 'n minuut voor die einde die wenpunte aangeteken het.

Ten minste het ons 79 minute blye harte gehad.

So naby maar tog so vêr.

Maar my bloed bly blou. Is nou maar net so.

Link to comment
Share on other sites

Hi Bloubul

Ek het so pas hierdie e-pos ontvang en het toe vinnig jou reels opgesoek.

Hiermee (tong-in-kies), die ware reels vir Braai:

Braai RULES

When a man volunteers to do the Braai the following chain of events are put into motion:

Routine..

(1) The woman buys the food.

(2) The woman makes the salad, prepares the vegetables, and makes dessert.

(3) The woman prepares the meat for cooking, places it on a tray along with the necessary cooking utensils and sauces, and takes it to the man who is lounging beside the grill - beer in hand.

Here comes the important part:

(4) THE MAN PLACES THE MEAT ON THE GRILL.

More routine....

(5) The woman goes inside to organise the plates and cutlery.

(6) The woman comes out to tell the man that the meat is burning. He thanks her and asks if she will bring another beer while he deals with the situation.

Important again:

(7) THE MAN TAKES THE MEAT OFF THE GRILL AND HANDS IT TO THE WOMAN.

More routine....

(8) The woman prepares the plates, salad, bread, utensils, napkins, sauces, and brings them to the table.

(9) After eating, the woman clears the table and does the dishes.

And most important of all:

(10) Everyone PRAISES the MAN and THANKS HIM for his cooking efforts.

(11) The man asks the woman how she enjoyed "her night off." And, upon seeing her annoyed reaction, concludes that there's just no pleasing some women....

Ha-ha. :blush:

Groete

NicciG

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...