Jump to content

Sommer net nonsense op 10 Junie 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Ek het 'n lang dekkings brief by geskryf maar hy is êrens in die lug en nou gone. Ek kan nie 'n foto van kleindogter geplaas kry nie. Is nog te veel van 'n Palooka oppie Forum.

Sommer net nonsense op 10 Junie 2008

Eintlik moet ek nie hier skryf nie. Ek moet spook sien. Spook om ‘n lewe te maak. Ek is besig om ‘n data basis oppie been te bring oor alle besighede in my area. My plan is om genoeg besigheid net hier ommie huis te werf virrie ou dag. Ek toets mos elektriese apparate vir veiligheid om aan “OHS & W†te voldoen.

Ons bly mos nou in ‘n Eerste Wêreld. Maak nie saak dat jy al die apparaat vir 20 jaar gebruik het sonder enige probleme nie, hy moet getoets word en veilig verklaar word. Ek mind nie. Ek maak geld daaruit. Al probleem is ons is nou te veel wat dit doen en die mark begin versadig raak en ons sny mekaar se kele af. Het net nou nou ‘n telefoniese kwotasie gegee. Onsuksesvol. Probleem is, ek moet aan Jim Pennman $35 betaal vir daai waardelose “lead†Hy is die enigste perd wat lag. Ek hoor al hoe runnik hy allie pad bank toe. Ai hoekom het daai $58,7 miljoen nie na my kant toe gekom nie?

Ons sit juis Donderdag aand by ‘n “Ierse Family Gathering†en praat. Die Pous kom mos een vannie dae Sydney toe vir World Youth Day. Die lotte bespreek toe mos wie moet vir wie opsit en rondry hier in Adelaide. Jeug vanoor die wêreld kom eers hier kuier voordat hulle Sydney toe gaan. Hulle vaardig my toe af om met die Nigeriërs te gesels want ek is mos van Afrika en ken Fanakalo. Die boer se moer strip toe en stuur hulle warm plek toe. Hulle skik toe en ons sal seker ‘n ourige Priester aan huis hê. Ek wou ‘n jongerige girl opsit maar vroulief gooi toe weer ‘n spanner innie works en vandaar die ou kêrel. Ek hoop hy gebruik nagmaal oordadig anders gaan hy baie stories hê om in Pole te vertel. Ek sê vir hulle ek kannie Pools praat nie maar Murray sê alle Katolieke Priesters drink ‘n whiskey en ek en die perd sal regkom. Nou waar was ek nou weer? O ja. Die LOTTO. Hulle het ‘n vervoer problem. Ek sê toe hulle moenie worry nie, ek gaan netnou die LOTTO wen en dan koop ek sommer 6 busse. Toe die balle val is almal daar om my oorwinning saam met my te vier. Man was ek nie lucky nie? Ek kry toe darem die POWERBALL wat nommer 33 was. Wys jou, LUCKY is ‘n hond se naam.

Ai, en daar loop die trane weer. Ek dink aan FLOKSIE wat nou in Centurion wonder wat van sy baas geword het. Betsy ek hoop jy tjank ok. Elke keer as jy so antie jag is dink jy aan jou diere. Ek weet. Ek het lankal ophou jag en mis net die samesyn van my pêlle. Ek gaan egter nog hier in Oz hase skiet. Bob wys my nou die dag wat die hase daar op sy grond aanvang. Ek kon nie glo dat die lotte so baie skade kan aanrig nie.

Neusie gesnuit en nous ek weer reg.

GHOUT. Toe ek die woord tik, weet ek waar my moeilikheid vandaan kom. As jy ‘n “S†voor die “T†sit en die “U†uitlaat het jy “GHOST†Hy kom innie nag en voor jy jou kom kry is hy op jou. Ek het ‘n vennoot gehad en as hy my gebel het en gesê het hy moet dokter toe, het ek hom altyd gespot en gesê hy kan nie sy brandewyn vat nie. Dan het hy hoog en laag gesweer hy het niks gedrink nie. Vandag glo ek hom. Sy vrou het nou die dag een van haar niere an hom geskenk en hy gaan weer aan. Ek het nie nier probleme nie, nog nie, maar ek vreet te veel.

Noudat ek meeste vannie tyd self kosmaak, eet ons eers lekker. Die Oz hoener, vark en bees is sag en lekker. Sal nog lank vat voordat hulle skaap by my neefs se Karoo skaap kom. Maar, moet sê, die Oz skaap is nie te onaardig nie. Nou ja. Met allie dikvreet saam, het die Oom lekker gedy. Ek het 30 kilogram in 2 jaar opgetel. Dit is blybaar hoekom die “GHOST†my nie wil los nie. So het dit dan nou ook gekom dat die Oom besluit het, tot hier toe en nie verder nie. Ek wil nog my nuwe Ingelse kleindogter ‘n paar Afrikaanse woorde leer voordat ek groet. Nou hoe, wonder julle, gaan ek jare se lekker eet gewoontes sommer netso prysgee. DOOD EENVOUDIG.

Ek gaan net minder eet.

Ek gaan “LAPBAND†surgery op my laat doen. Vir die oningeligtes. Hulle plaas ‘n band aan die bopunt van jou maag wat die ingang dan basies vernou. Hulle kan hom oppomp om die opening te vernou of afblaas om hom weer te vergroot. As jy eet kry jy dan gou die gevoel van jy is vol en jy hou op eet. Jou liggaam begin dan op jou vet reserwes te teer en siedaar. Kul jou hier en kul jou daar en siedaar jy is maer. Hulle waarborg dat jy bloeddruk weer terug normaal toe keer. Jou Ghout verdwyn, jy raak weer aansienlik en jou vrou moet bontstaan. Klink na ‘n bargain. Net jammer die blikskottels wil dit nie op skrif waarborg nie. Hulle wys jou net hulle sukses stories.

Maar wat, ek is mos nou in Oz en die motto is mos, “give it a go†So hier gaat ek. Maar, tot dan. Asseblief. Geen hantekeninge nie. Robert gaan weer opstaan uit die asse en die wêreld van Oz omkeer.

Bliksem. Maar die Adelaide raak nou koud. Gaan die verwarmer maar aansteek. Nou die dag met die hittegolf was ons rekening $640 vir 3 maande. Ek het vir my vrou gesê as hy weer so groot gaan wees, gaan ons kerse en parafien brandsteek. Klaar uitgevind. Bunnings hettie parafien stowe nie. Net gas. Luister gisteraand vir Nicky van den Berg op RSG. Onderwerp was toe parafien Primusse. Verkope is glo goed in die dae van kragloosheid daar in Heimat. My seun sê my darem die situasie het darem ‘n bietjie verbeter. Nou sien ek in WA het hulle ‘n gaskrisis. Wonder wat gaan daar aan? Laat my dink. Laas jaar die tyd was ek in Melbourne in Maroolbark. Elke tweede huis het hout kaggels gebrand. Het soos Mamelodi gelyk van allie rook. Wys jou. Eerste wêreld of nie. As ‘n man koud kry. Gooi jy kole. Ai hoe mis ek nie nou die jagveld nie. “Sonskyn, braaivleis en Chevrolet†Hier het ons nou “Heatwave, barbie en Holdenâ€

Met die wat Wimpie innie bollie getrap het is ek te bang om plagiaat te pleeg. So. Disclaimer: Alle nonsense is hopelik my eie en enige duplisering van vorige material is nie doelbewus nie. So ook moet geen vet, maer, lelike of mooi mense aanstoot neem as ek na hulle verwys het nie want dit word nie bedoel nie. Robert se van is nie Mugabe nie maar Redford. As ek van jag praat, praat ek innie verlede. Daar is net een hond wat genoem word en hy is ‘n Jack Russel. Daarmee wil ek nie sê dat daar nie ander honde issie. Sela.

Hier is Zoe, Oupa se oogappel. Sy kyk darem al op as hierdie boer Afrikaans met haar praat. Die Ingelse Iere laaik dit natuurlik glad nie.

Link to comment
Share on other sites

Lekker man Jan. Bly jy skryf weer. Vertel vir die Iere dat om 'n tweede taal te leer voor jy 6 jaar oud is (of 3e of 4e), ontwikkel 'n deel van jou brein wat andersins nooit ontwikkel nie. So deur Zoe (is sy so pragtig soos haar naam?) Afrikaans en Fanagalo te leer, maak jy van haar 'n genius.

Link to comment
Share on other sites

Jan jy's 'n doring!! Jy is skerp en jy is slim met woordjies bymekaar las!! Jy is interesant en jy "entertain" sonder om aanstoot te gee!!

Sterkte meddie Ghost!! Net so by the way, lossie lapband!! Gaan kyk bietjie op die net na Dr Cohen's diet!! Doen wondere in 'n baie kort tydjie en jy kan daarna weer alles eet!! Serious het dit nou al 3 keer gesien gebeur met goeie pelle!!

Gee vir jou Zoe 'n drukkie van die Afrikaanse tannie, sing vir haar sommer oom Bossie van die Bosveld of Daar onner in die vlei stap 'n mannetjie!!

Link to comment
Share on other sites

Hello Jan

Bly jy het weer geskryf. Lekker speel met Zoe !!!!!

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan,

Ek is MAL oor jou posts! Ek het lanklaas so lekker gesit en lag!!

Doe so voort!

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan Stoof

Jy is een van die min "ons mense" wat oor is, en jy het my sommer na my ouers (albei al oorlede) en my drie honde wat ek gaan moet agterlaat as ons eers die skuif maak, laat verlang!! Het jou post baie geniet!

Beny jou Adelaide se koue! Daar is niks lekkerder as 'n koue winter nie. Raak Adelaide net so warm ook, want ek sien jy verwys na "heatwaves"?

Sterkte met die sopiejiggies en hou aan om jou kleinmeisiekind Afrikaans te praat. Ons probeer nou my 4-jarige meisiekind Engels te leer vir die oorgaan na Oz, maar ai jitte, die goedjies wat uit daardie bekkie kom, is prysloos. Nou die ander dag toe my sus vir haar vra (in Ingels), "where does your mommy work", se sy ewe met so 'n Ingelse aksent (rollende, erre, the worx), "by the universiteit in her kantoor (uitespreek cantoooor). Opvreetbaar.

Leer vir kleine Zoe om te se "rooi-ribbok-ram.

En hou aan post, ek geniet dit vreeslik.

Lekker dag

Nicci

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...