Jump to content

'n Hut in die berge


Biltongboer

Recommended Posts

Dis seker weer tyd vir my om die pen te gryp, of liewer die keyboard te slaan. Die laaste paar dae op die forum het my bietjie warm onder die kraag gehad, ek het maar eers stil gebly hier waar ons stories vertel.

Hier is so baie goed wat ek moet doen, en ek kom nerens nie. Ek lees hierdie nuwe “newbies†se posts op die forum, hulle begin met: “Hello, ek is Pietie, en ons het vandag besluit ons waai. Wat moet ek nou doen?â€

Arme blikskottel, ek kry die mense jammer, ek was ook daar ‘n jaar terug. Nou nie dat ek myself beskou as “dokta emigration†of iets nie.

Ek onthou hoe vrek moeilik dit was, in die begin. (Nie dat dit nou veel makliker gaan nie, ek het net gewoond geraak aan sukkel) Ek het daai jobsites geslaan met alle google vernuf, en die entoesiasme van ‘n rot in ‘n kaasfabriek. En ek word toe oorweldig met 45 000 jobs in my kategorie. Sien, baie werk vir geleerde ouens soos ek, hulle smeek ons om oor te kom. Ek dog toe, dis sommer nou, more het ek ‘n job in Oz en dan vat ek die pad. Na so 145 “rejection†emails, het ek maar ogies toegemaak en net aangehou. My CV is al ge-upload na elke server wat bestaan; die FBI, en al wat ‘n hacker is, weet al alles van my af. Hulle weet wat my matriekpunte was en hoe oud my vrou is.

So voed ek maar toe myself op in die dinge van emigrasie. Dis ‘n vakgebied op sy eie, ek dink ons moet begin om ‘n kursus hier op die forum aan te bied. Ouens kan eksamen skryf, en as jy deurkom, kry jy hemp en ‘n smart papier wat in Engels is, wat jy by jou CV kan aanplak. Noem dit ‘n “Diploma in Skilled Migrationâ€, of so iets. Ons kan onderskei tussen dies wat weet, en dies wat nie weet nie. En dies wat dink hulle weet…

In elk geval, terug by die hede, of liewer: die nabye verlede. Vrydag-oggend kry ek ‘n verrasings-emailtjie van my agent. Dis nou natuurlik nadat ek hom mooi gevra het om betyds vir my te sê as hy foute op my scanned dokumente kry, want Fedex vra my ‘n plaas se geld om daai (minder as 500g!) papiertjies weg te vat. Ek het my papiere geweeg, en hulle is te lig bevind, wat my steeds R388.00 gekos het. Ek wil dus nie graag weer goed moet wegstuur nie, want ons praat nie van sente hier nie, ons praat van honderde rande.

Pragtag. Woensdag alles gepos, Vrydag laat weet hy my.

Wat seg hy? “I would like to bring to your attention of the gender displays on your son’s passport, you may want to make the necessary updates before I proceed with your application.†Ek wonder: “Wat de hel praat hy nou van?â€

Ek het mos nou alles mooi bymekaar in ‘n folder, al die dokumente ge-scan in pdf formaat, ek kliek net en alles lê oop voor my. Ek maak my klein Stormertjie se paspoort oop. Kyk, Kyk weer. Wragtag. Daar staan langs die woorde SEX/SEXE ‘n groot Hoofletter F. Ek gebruik sommer daai selfde letter in ‘n ander woord, sommer so paar keer na mekaar. Kinders hol, meerkatte vlug uit die erf uit, en vroulief raak kwaad vir hierdie onbeskofte man.

Vroulief sê ek moenie worry nie, sy ken iemand wat hierdie saak sal uitsort. Agent wat met die dinge werk. Kos my R150.00 vir haar services, plus miskien whatever Home Affairs nog uit my sal wil uitpers. Die ding sal Woensdag reg wees. Ek wonder.

Alles omdat een of ander skaap nie gelees het wat op die vorm staan nie, en toe sommer my seun ‘n geslagsverandering laat ondergaan het.

Intussen het my briefie van Engineers Australia darem aangekom, en hulle is baie bly om my te laat weet dat ek ‘n regte graad het wat heel aanvaarbaar is in Australia. Asof ‘n graad van Maties ooit afgekeur kan word? Dankie tog, ek is net bly ek het die vooreg in my lewe gehad om daar te gaan swot, en om dit reg te kry dat ons newly elected Namibiese regering nog betaal het daarvoor ook.

Na my ouers my eerste jaar op die Bos betaal het, en ek hom solidly gepluk het, toe besluit die regering ek is reg vir ‘n beurs. Kan jy glo. Ek moes ‘n brief aan die dekaan skryf oor hoekom hy my weer daar moet toelaat nadat ek presies helfte van my vakke gepluk het. Ek het ‘n mooi briefie geskryf, en die Oom het my jammer gekry en my darem weer laat terugkom. Yikes, elke keer as die ouens vra vir my graad en die “full academic recordsâ€, dan voel ek skoon skaam om daai eerste jaar se punte aan te heg, met daai klomp FAILED vakke wat so in hooflletters op die eerste bladsy staan. Daar is darem een PASSED WITH DISTINCT in jaar twee wat mooi uitstaan, die sinnetjie is langer as al die ander sinne, en dan lyk ek sommer slim op die ding.

Ek is nou nie so slim soos party van die doktas wat hier op die forum is nie. Hies mos ouens wat Council Members is van die South African Association Of Political Studies (Saaps). Slim ouens, sê ek jou, hulle ken woorde wat jy nie eens kan uitspreek nie. Ek was maar ‘n gemiddelde student, dalk bietjie onder-gemiddeld as ek nou mooi dink daaroor.

Maar dis in daai dae wat ek my vakansies gebruik het om in Lesotho se berge te gaan bly, Mosambiek toe te gaan, Angola, Malawi, Zambia, Zimbabwe, Transkei. Die hele plek vol. Ek het in Lesotho se berge gebly saam met my swart pel David, wat van Zambia af kom. In ‘n hut vir drie weke. Geen krag, geen lopende water, niks. (Amper soos Gauteng deesdae is, van wat ek hoor.)

Daai ou is vandag ‘n sendeling in China. Hy en sy gesin is die enigste swart siele (net buite-om, nie binne nie, hulle siele is spierwit) in ‘n omtrek van 500km of dalk meer. Hy vertel my, hulle loop in die straat dan val mense op hulle knieë en aanbid hulle, of kinders begin skreeu en hol dat die biesies bewe. Meeste van hulle het nog nie in hulle lewe ‘n swart mens gesien nie. Kan jy glo? Ek en David is vandag nog vriende, ek email, en Skype en ondersteun hom finansieel, en ek sê nou vir jou ek ken nie ‘n ou met ‘n mooier hart as daai man nie. Nederig soos jy nie kan glo nie, en sal sy arm afsny om ‘n ander ou te help.

Hy het homself uit boeke uit geleer sodat hy kan tandaarts en dokterswerk doen in Lesotho. Mense het rye na sy hut toe gestaan elke oggend, sodat hy hulle kan help. Die government het hom nie ge-educate nie, die witman ook nie, hy het sommer net homself ge-educate. Omdat hy wou. Omdat hy omgee. Ongelooflike mens. Hy is een van daai ouens wat krone gaan dra in die hemel, ek sê jou. Ons het brood gebak in ‘n oond in die sand, en perdevleis ge-eet wat ‘n dankbare siel aan hom geskenk het, omdat hy hulle gesond gemaak het. Ek kan baie stories oor daai ou vertel.

As ons almal maar soos hy kon wees, wat ‘n wonderlike plek sou hierdie Afrika nie gewees het nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...