Jump to content

Dankie vir terugvoer!


Fanie Van SA

Recommended Posts

:ilikeit: Mense, almal wat op my eerste boodskap terug voer gegee het, baie dankie. Ek voel sommer tuis en weet dat ons nog lekker gaan kuier sodra ons daar is.

Jul het aanbeveel ek moet die Foyer besoek en meer van ons vertel.

Hiers dit nou! Ek is Fanie Enslin en ek is getroud met Thelma (Smith) Ons is van Pretoria maar sy kom oorspronklik van Suidwes Afrika. Ons het twee seuns Gideon (13) en Johan (11). Ek is tans 'n Lektor by die ou Centurion Tegniese Kolege, en Thelma is 'n adminestratiewe colector (ja julle het reg geraai) by Jan Tax of soos dit mooi bekend staan SARS.

Ek is 'n ou wat met my hande werk en doen enige iets van houtwerk, engineering, staal en sweis werk en nog meer. So 'n bietjie van 'n "Jack of all trades" ek weet net nie van wat ek die Master is nie.

Ek maak ook rokers pype en is tans een van drie pypmakers in SA. Ek is ook natuurlik gek na masjiene en gereedskap en daarom wil ek alles probeer om my gereedskap saam te bring, ek dink ek sal verlore daar wees sonder dit.

Thelma is weer 'n goeie ma vir my twee seuns en sal alles wat sy kan, doen vir hulle. Sy maak baie mooi klere en is lief vir diere. Sy het 'n paar ekorintjies wat sy versorg, sy het bv. die een vanaf geboorte (dis nou die ekoring se geboorte) af groot gemaak. Sy is al ma wat Stompie ken.

Die twee Seuns is maar gewone laaitjies wat lief is vir rekenaar speletjies en werk graag saam my in my werkswinkel tuis.

Ons mik na Perth omdat ons van vriende wat familie daar het, gehoor het dis so 'n lekker plek.

Ons dink al lank daaraan om die skuif te maak maar was ma nog bang om die stap te neem. Na een oggend van trauma toe inbrekers amper ons huis om 03H50 die oggend ingekom het het ek besluit nou gaan ons dit doen. Thelma voel ook so en nou moet ons net werk en 'n borgskap kry. Dit lyk asof daar iets in die pyplyn vir my is by fantastiese Suid Afrikaners wat reeds daar is. Ons hoop net Thelma kan ook gou werk kry. Ek beplan om middel September gou in Perth te kom inloer.

Daar is nog iets wat ek wil weet, ek hoor mense sê jy betaal nogal hard aan belasting daar, maar soos ek ook hier gelees het kan julle darem sien waar die belasting geld heen gaan. Hoeveel meer is dit as in SA.

Goed soos skole, is dit baie duur? en hoe is die standaard daar teenoor SA

Wat van mediese fondse? Hoe werk dit daar?

Ons is nie die enigstes tussen ons vriende wat wil migreer AUS toe nie, drie ander van ons vriende is ook besig met die formaliteite.

Dis basies dit, vra maar as jul meer wil van ons wil weet.

Weereens dankie almal wat ons so welkom laat voel, dis so goed om reeds familie daar te hê!

Groete uit SA,

Fanie & Thelma

Link to comment
Share on other sites

Guest Noeks

Ons mik na Perth omdat ons van vriende wat familie daar het, gehoor het dis so 'n lekker plek.

Dit is omtrent n lekker plek - we moved here 5 months ago and haven't regretted the move - not once! Its a beautiful, laid back, clean and very welcoming/friendly city. Good luck with everything, Fanie, Thelma en seuns :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi daar,

Wat jou vraag oor medies en skole betref: as jy PR het, het jy "gratis" medies (wat 'n relatiewe begrip is) - hulle betaal basies vir alles gewone mediese kostes, maar jy moet ekstra mediese fonds uitneem vir goed wat nie gedek word nie - dit is nog steeds TONNE beter as enige "gratis" medies in RSA! Die hospitale, fasiliteite ens is fantasties! Die aussies kla vreeslik oor die mediese situasie, maar glo my, hulle kla met die witbrood onder die arm! Hier is natuurlik gladnie naastenby 'n mediese fonds soos wat ons in RSA gehad het nie (Discovery), so al het jy "private health cover" hoes jy maar nog steeds deur jou voorkop! As jy wil sien wat presies medicare dek en hoe dit werk: www.medicare.com.au en as jy wil kyk na privaat fondse www.iselect.com.au

Skool (publieke skool) is ook gratis, behalwe vir 'n minimale bedrag wat mens per termyn aan jou skool moet betaal (wat eintlik opsioneel is). Dit is so tussen $50 en $70 per termyn, en verskil maar van skool tot skool en staat tot staat. As jy nie PR het nie, moet jy $4500 per kind per jaar skoolgeld betaal, maar dit verskil van staat tot staat. Ek stel voor jy vind uit by die WA department van onderrig. In NSW betaal jy!...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...