Jump to content

'n Trip na Adelaide


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Man, ek's gesuip vanaand - ek's nog half kroeperig, maar ek loop op my ooghare rond - my Skotse vriendin is terug. Sy bring my so 'n boebgat bottel Borrelywyn Rosë daar van Adelaide af - nogal met die naam Elize. Wie wil nou 'n bottel borrelwyn Elize noem????? Dalk het die wynmaker so 'n mollige girlfriend gehad - een met of 'n boeppens of 'n boepgat - ek weet nie. Al wat ek weet is dat die borrelwyn lekka reg val en ek's vrolik. Elize is haar se naam.

My Skotse vriendin stop hier voor my plek en spring agter op daai BT50 se bak - sy ruk twee XXXX's uit daai Coolbox uit. Ons suie aan ons biere terwyl ons na die Arabier kyk. Later kom sy oor en bring 'n bottel gin saam - ons is albei gin & tonic mense. Sien - ek's nou op bier, toe op gin nou op Elize - ek vry vreeslik - sorry Mrs Chardonnay - ek's besig vanaand.

Sien, sy's nou terug en vertel stories - ek dink die Skotte was Suidwesters in hulle vorige lewens. Hulle praat reguit - slaan baie hard en vat geen nonsense nie. Sy't mos die Arabier perd daar in Adelaide gaan optel - net so 'n 1900km vêr eenkant toe. Sy't 'n nuwe Mazda BT50 4x4 - ook 'n tent - 'n bottel gin & tonic, en sy sleep my horse trailer. Almal waarsku haar om weg te bly van al hierdie Aborignal dorpe - dit is net te naar - te goor - te gagga daar - dit is wat die Aussies reken.

Sy't die Arabierperd - met Russiese bloed in 'n fancy Arabier tydskrif gesien - nogal met die naam Stanislav. Sy's onmiddellik verlief - sy koop vir Stanni - alhoewel sy nog net prentjies gesien het van die vreeslike Arabier stoetplaas. Die vrou wat die perde teel skryf vir die tydskrif en is ook 'n fotograaf en neem allerhande kiekies van perde en dinge - so alles lyk goed.

Karen kom op die plek aan en klim sommer onmiddellik die perd - net pas ingebreek. Ry innie rëen en Stannie is reg. Die vrou sê sy kan daar oorbly. Sien, hier begin die sports - is julle reg???

Daar is 3 jong meisies innie huis. Die vrou weeg 130kg en die oudste meisiekind, net 12, weeg 10kg swaarder as Karen. Daar is 16 katte innie huis. Daar is geen deure innie huis nie - net sulke glas skuifdeure. As jy die die deur wil oopmaak, kan jy dit nie oop skuif nie - jy moet die hele glasdeur uit die raam uitlig. Ek het julle gewaarsku - hier kom 'n ding.

Sien, Arabier perde is nie groot nie - hulle is fyn. Die vrou wil nou vir Karen wys wat Stanni kan maak. Arme Karen staan net daar en bid dat sy bene nie gaan breek as die vrou nou op die perd gaan klim nie. Sy klim daai perd en wys nou vir Karen hoe maklik die perd is - die arme ding kan nie eers bokspring nie - sy bene sal breek.

Karen kan blykbaar in die meisies se kamer slaap - hulle het bunkbeds. Die onderste bed is Karen s'n - dit is waar die 16 katte slaap en die beddegoed is blykbaar vir jare nie geruil nie. Karen ruk dit af en gaan haal haar slaapsak - sy veg vir haar slaapplek die heel aand - veg daai 16 katte.

Sy sê daar is 'n wasmasjien innie laundry, maar jy kan nie daar uitkom nie - die vloer is 'n volle meter hoog in vuil wasgoed en dit loop sommer self by die deur uit. G'n mens kan 'n voet in die laundry insit nie.

Die kombuis wasbak het geen krane nie - daar is 'n warm water kraan teen 'n ander muur - die enigste kraan in die kombuis.

Sy reken as jy langer as 6 voet is in daai huis, is jou kop vol spinnekoppe en spinnerakke. Die hele huis is vol spinnerakke - dit is skoon tot waar die langste mens innie huis is.

Die meisies voer die katte - hulle het so 'n koffie houer met katkos in. Hulle loop tot oppie veranddah en gooi daat katkos so op die konkreet uit - in 'n lang streep - dan vreet daai 16 katte hulle self oor 'n mik.

Mens kan nie uit die huis se vensters sien nie - so vuil is dit. Jy moet eers die enigste deur uit sy raam uit lig en buitekant toe loop - dan kan jy sien of jou perd ok is.

Blykbaar 6pm is al die ronde mense in hulle nagklere. Die vrou het UGG boots aan en 'n kamerjas waarvan 'n mens die kleur nie kan onderskei nie, so vuil is dit. Almal sit dan so tussen die DVD's, katte, papiere en vuil borde, op daai sofas so voor die TV.

Die vrou het sopas 'n vul vir $20 000 verkoop en 'n hele klomp anner perde vir baie, baie geld. Wat maak sy met die geld wonder Karen????

Sien, Karen is 'n dame wat al orals in die wêreld was. Hulle het eiendom in Frankryk en England en sy is baie fancy- nou sit sy tussen al die Aussies in hulle nighties en UGG boots. Sy kon net nie wag om daar uit te kom nie - vir Stannie te red nie.

Orals langs die pad sien sy al hierde wille Emu's - die domste vogels op die aarde - 'n miljoen keer dommer as 'n volstruis. Wat 'n trip. Vanaand gooi ons daai gin & tonic en ek vry vir Elize - ons gesels lekka.

Laasnag het ek 'n anner bottel Aussie witwyn gedring - nogal met die naam Gossip. G'n wonder ek het so baie nonsense geskryf nie. Wie gaan nou 'n bottel wyn Gossip noem??? Net in die land van Aus gebeur die dinge. Julle is gewaarsku.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...