Jump to content

Danie, Christina en kie.


Danie en Christina

Recommended Posts

Goeie dag (en naand waar nodig) aan almal. Soos soveel ander voor ons en sekerlik na ons het ons ook maar besluit, vir die tweede keer om die sinkende RSA te verlaat. Ons eerste keer was na Britanje waar ons wortels nie langer as drie jaar kon hou nie (te nat en koud) en ons maar gedink het dat dinge seker beter sal word in SA. Wel, hier is ons weer, "5 jaar van weer probeer" later - bitter teleurgesteld in die huidige stand van sake met geen aanduiding van verbetering in die toekoms, op soek na 'n nuwe heenkome. Laat ek ons darem net bekend stel: Dit is myself, Danie, my weder(beter)helf Christina, en 3 kinders (19, 14 en 8). Ons het onlangs maar eers besluit om die stap te neem en het dus nog 'n baie lang pad voor ons, maar glo dat met die tipe hulp en ondersteuning wat ons glo ons hier gaan kry seer sekerlik nie 'n "alleenpad" sal wees nie. Ek vertrou dat ons met die tyd mekaar nog baie beter gaan leer ken en persoonlik sal ontmoet. Ek is lief vir my Afrikaans en gaan dit gebruik so lank ek kan, maar het geen probleem om in Engels te kommunikeer waar nodig en paslik.

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar Danie, Christina en Kroos,

Baie geluk, ek sien julle is lid nommer 400 :huh::blush::)

Baie welkom hier by ons. Ons sal met graagte help waar ons kan, met raad, verwysings en sommer net gesels. Laat weet ons watter tipe visa julle na kyk, en in watter rigitng julle kwalifikasies/ondervinding lê. Dan kan die mense wat meer weet julle beter raad gee.

Dis 'n jammerte dat ons pragtige land so agteruitgaan. Ons is nog nie spyt oor ons besluit om Aus toe te kom nie, en (hoe onpatrioties ;) ) ons probeer hard om ons familie en vriende te beinvloed om ook te kom.

Groete,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Hello Danie en Kie.

Ons het ook eers Brittanje toe gegaan en dit 4 jaar daar uitgehou. On is nou 6 maande in Aus. Dis maar 'n aanpassing om weer in 'n nuwe land te wees, maar dit word beter met tyd. Australie is meer eenders aan SA as Engeland wat die aanpassing aanhelp. Sterkte met die pad wat voorle.

Link to comment
Share on other sites

Danie, Christina en kie....

Baie welkom !

Die forum is wonderlik en ek is seker dat julle baie gou sal regkom.

Waar in Oz gaan julle bly? Of besluit julle nog?

Groete

Shandell

Link to comment
Share on other sites

Hi Danie en kie,

welkom by die forum, is self nog 'n nuwe lid, maar eending kan ek jou sê, as ek vroeër van die forum geweet het sou ons dalk lankal in Oz gewees het, die mense is great, in die inligting op die forum is soos die weduwee se kruik, dit droog nooit op nie, ek glo julle gaan dit dieselfde ervaar.

Sulona.

Link to comment
Share on other sites

Welkom!

Ek is ook n oud Pretorianer en besoek Pretoria elke 10 maande om my ouers en suster te besoek wat daar bly.

Ek sien dat julle tieners het en ek wonder maar net of hulle saam met julle voel dat dit dalk tyd is om die land te verlaat. Gewoonlik is dit moeiliker om die kinders te oortuig as hulle effe ouer is.

Dit lyk my dat Suid-Afrikaners "makliker" in Australie aanpas omdat daar soveel dinge is wat "dieselfde" is. Son, braaivleis, groot ooptes, lekker strande en baie Suid-Afrikaners!

Soos ons almal kan getuig-dit is nie Suid-Afrika nie, maar as mens aanpasbaar is, en die dinge wat "anders" is aanvaar , en leer om daarmee te leef, en nie heeltyd dit vergelyk met Suid-Afrika nie, kan julle n wonderlike nuwe lewe bou.

Beste,beste wense.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie aan almal vir julle hartlike verwelkoming - man dis lekker om te sien hoe ons ou boere volkie kan saamstaan in sulke omstandighede. Op hierdie stadium lyk dit of ons gaan aansoek doen vir 'n "Skilled - Independent (subclass 136) visa", die punte lyk redelik, maar dinge kan natuurlik nog verander in so vroe stadium. Ek oorweeg om dit self te doen synde soveel mense dit aanbeveel.

Quennsland Girl: Ek dink omdat ons kinders alreeds 3 jaar in 'n ander land was behoort dit makliker te wees vir hulle. My oudste dogter van 19 blyk 'n moontlike probleem te wees omdat kinders bo 18 nie gesien word as afhanklikes nie. Ek sal moet bewys dat sy finansieel afhanklik is (wat sy wel is - sy is tans in 'n kollege) en is nie seker hoe ek dit moet doen nie. Wanneer kom jy weer Pretoria toe? Miskien kan ons 'n kuiertjie inwerk? Groete. Danie en Christina.

Shandell: Waar gaan ons bly? Ek wil op hierdie stadium nie eers probeer raai nie... ek het nog nie eens enige voorkeure nie. Die keuses is so baie... is dit nie wonderlik nie? Dit is deel van die opwinding en ek is dankbaar dat daar keuses is. Sal almal egter op hoogte hou met die verwikkelinge.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...