Jump to content

Emigrasie:Perspektiewe vanuit Christelike waardes


Dreamcatcher

Recommended Posts

Hi,

My skoonsus het nou net vir my 'n uitnodiging gestuur na E-Kerk, en ek het hierdie inligting daar gekry. Jammer dis kort kennisgewing, maar miskien kan iemand dit dalk nog bywoon? Daar is vanaand 'n praatjie oor: Moet ek ry of moet ek bly? Praktiese perspektiewe vanuit Christelike waardes

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Dit sou nou interessant gewees het om te kon hoor - enige iemand wat dit dalk bygewoon het en met ons kan deel??

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal

Ek het die tyd ingeruim om te gaan luister. Baie dankie aan Moreleta Gemeente vir die inisiatief.

Dit het die vorm aangeneem van 2 Skype en een selfoon verbinding met mense in Engeland en Dubai om hulle ervarings te deel. Verder was daar drie sprekers teenwoordig (waarvan 2 predikante wat 'n tyd in NS was) wat ook hul ondervinding geskets het.

Die "gewone" aspekte soos die volgende is hanteer:

Hoekom is die land verlaat

Hoe ervaar julle dit daar (skole, werk, sosiale- en kerk lewe)

Sal julle terugkom ens

Sonder om afbreuk te doen aan bogenoemde mense se bydraes was dit vir my persoonlik maar net meer van dit wat ek al op verskeie fora gelees het.

Wat my opgeval het is hoe baie van die mense getuig het van hoe migrasie gelei het tot 'n verdieping en versterking van hul Christelike geloof.

Baie het gewaarsku hoe moeilik dit is om werk oorsee te kry.

Die twee predikante het meer gekonsentreer op spesifieke aspekte wat my aandag getrek het. Ek noem 'n paar:

- Om Christen te wees kan uitgeleef word regoor die wêreld, dit is nie beperk tot Suid Afrika nie.

- Wanneer jy migreer maak seker jy ook God se "visum" het in jou reisdokumente.

- Baie Christene lewer baie groot bydraes tov van die uitbreiding van God se koningkryk in verre lande.

- Wees bedag daarop dat migrasie groot eise aan families en huwelike stel en dat enige krake baie gou in groot probleme kan ontaard.

- Die jeug word blootgestel aan groepsdruk wat nie altyd vereenselwig kan word met ons Christen waardes en norme nie (die woord "Conform" is gebruik)

Laasgenoemde is vir my persoonlik baie onrusbarend en ek sal graag van diegene wat reeds tot die groot stap oorgegaan het wil hoor hoe julle dit ervaar.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie hiervoor JJV,

Ek is so bly jy het vir ons die stukkie inligting geplaas. Ek sou baie graag wou hoor wat hulle te sê gehad het.

Die punte wat jy noem is relevant, en ek dink dit is realisties. Soms sukkel mense om werk te kry, soms is hulle net te kieskeurig, en wil bo begin in 'n nuwe land. Die hele proses van immigrasie plaas 'n geweldige druk op mense, in baie verskillende opsigte. Ek moet sê die huwelike waarvan ek weet, (my vriendin, my sussie en my eie) het almal versterk. Daar is nie meer ander mense om op te steun, of om in te meng nie, en dit bring 'n hele ander dimensie in jou verhouding met mekaar. Persoonlik het my verhouding met God 'n meer positiewe lyn ingeslaan, daar ek nou meer dankbaarheid in my hart het as vrees. Daar is mense wat veralgemeen en sê dat die Australiërs nie baie gelowig is nie, maar ek voel dit is onregverdig om dit te sê. Hulle loop nie te koop met hulle geloof soos die skynheilliges nie. Dan is dit ook belangrik dat ons ons geloof met ons moet saambring, en daaraan moet vashou in die moeilike en ook in die opwindende tye wat ons deurgaan in ons nuwe land.

Kinders word ongelukkig blootgestel aan ongure elemente, maar dit het in SA ook gebeur. Dit word daar net beter toegesmeer. Die oulike seun wat saam met jou in die kerk sit, verkoop weer Vrydagaand dwelms buite die klubs.

Hier 'lyk' die kinders soms vreeslik, omdat hulle op skool tot 'n mate toegelaat word om hulle eie identiteit te vind. Kinders het nog altyd die nodigheid gehad om op een of ander manier te 'konformeer' (verskoon die anglisisme) en dit gebeur oral. Dit is baie moeilik as ouer om jou kinders groot te maak met die regte soort norme en waardes, sodat hulle dit met hulle sal saamdra, en nie nodig sal hê om tot so 'n mate te konformeer dat hulle hul eie waardes en integriteit moet prysgee nie. Ons as "ou skool" Afrikaners, het 'n baie rigiede stel reëls en regulasies, en ons probeer om dit aan ons kinders oor te dra. Die kultuur in Australië is egter anders as dit waarin ons grootgeword het, en daarom is ons gou om dit te veroordeel. Dit is vir ons moeilik om die geweldige 'gemaklike' houding jeens ouerskap te aanvaar. Ek dink ons moet elkeen ons kinders grootmaak na die beste van ons vermoë, met die waardes en norme waaraan ons gewoond is. Soms moet ons ook aanpas, maar dit is nie nodig om te 'conform' nie. Elkeen van ons moes dit op een of ander manier leer, en ons kinders moet ook. Hulle doen dit ongelukkig nou in 'n omgewing wat vir ons as ouers totaal vreemd is. Ek glo dat as ons net doen wat ons glo reg is, in die riglyne wat God vir ons daargestel het, sal dinge uitwerk soos wat dit moet. Dit is dalk een van die redes waarom daar so baie Suid Afrikaners hier is, ons kry dalk ons goeie invloed op die Aussies oorgedra na 'n paar geslagte!

Groetnis,

Dreamy

Edited by Dreamcatcher
Link to comment
Share on other sites

Dankie vir daai terugvoer! Wys maar net weereens hoe 'n groot onderwerp van bespreking (en werklikheid) emigrasie in Suid Afrika is. 'n Paar jaar gelede nog, was dit net dan en wan dat iemand wat jy ken emigreer het - vandag ken almal sekerlik iemand wat emigreer het, en die kerk speel natuurlik 'n belangrike rol om die gemeenskap weereens ook deur hierdie "dilemma" te help.

Jou bekommernisse is "valid" en dit sou my as ouer ook baie bekommer het om sulke goed te hoor en te wonder of jy nie jou kind 'n groter onreg aandoen deur te emigreer nie. (Wel, ek voel "worse case scenario": eerder 'n stout kind as 'n dooie kind....) Maar om realisties te wees, kan ek jou uit my eie ervaring net gerusstel. Soos met soveel ander dinge in die lewe, begin die opvoeding van jou kind by jou as ouer en as jy jou kind leer deur nie net te lei nie, maar ook met die voorbeeld wat jy in al jou lewenswandel getuig, sal jou kind se fondamente sterk genoeg wees teen die aanslae van die lewe. Dit is 100% waar wat Dreamy ook sê: hier is dinge baie meer "out in the open" en daarom is ons meer bewus daarvan, maar glo my, in Suid Afrika word dit maar net baie goed bedek. My seun het in sy "posh" ordentlike skool daagliks gesien hoe die sogenaamde ordentlike, goed opgevoede kinders aan mekaar dwelms verkoop. Sy skoolmaats wat langs hom in die kerk gekniel en hulle geloof belei het, het meeste aktiewe sekslewens! As jou kind in Aus dwelms sal gebruik, sou hy dit in RSA ook gedoen het, en as hy in Aus seksueel aktief raak op 15, sou hy dit in RSA ook gedoen het - 11 000km se oseaan gaan dit nie verander nie....

Daar is baie meer aspekte van emigrasie as net die "logistics" - daar is emosies, geloof, stres op die huwelik en gesinslewe, aanpassingsprobleme, depressie ens. - alles dinge wat meeste mense nalaat om te oorweeg en na te vors voor hulle emigreer. Dit is goed om weer 'n slag herinner te word dat hierdie dinge alles selfs meer belangrik is as of jy jou yskas moet saamvat of nie.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe, is dit nou nie ongelooflik wat mens alles met tegnologie kan doen nie, ne! Wat 'n uitstekende idee, weereens natuurlik lei Moreletapark die weg... :blush:

Ek is bietjie moeg vanaand, so kan nie so lekker antwoord as wat ek graag sal wil nie (my brein is bietjie sufferig vanaand :huh: ), maar ek voel ek moet net die volgende noem:

Ons as gesin het 'n baie groot verdieping en groei in ons geloof beleef. As 'n gesin is ons verskriklik naby en ons huwelik het ongelooflik gebaat. Ek dink dis tot 'n mate a.g.v. die feit dat mens op mekaar aangewese is en die baie "sakke sout" wat mens noodgedwonge saam opeet..... :lol: Dreamy, ek moet se ek het gelag oor jou "inmeng" kommentaar en ek kan vir jou se ek stem heelhartig saam :) . Dis altyd bietjie moeilik as die familie kom kuier het en my dierbare ander helfde verval so 'n bietjie in die "mammie se bedorwe seuntjie" gedrag vir 'n rukkie .... maar hy kom gelukkig gou reg! ;) Ek is seker hy voel dieselfde oor my ma se besoeke - sjoe, sy geniet dit net bietjie te veel om skoor te soek ... :o en dan sit ek met die m$%*ige man!

Die snaakse ding wat geloof aanbetref, vind ons nou dat ons sterker Christene is, omdat ons meer van 'n definitiewe identiteit het as Christene, wat ons apartstel van die nie-Christene. Ek hou daarvan dat mense my geloof bevraagteken, want dit gee my kans om daaroor te praat. Ek geniet dit om "anders" te wees en om die moeite te moet doen om 'n Christelike leefstyl te moet kweek, i.p.v. dat dit meer van 'n oppervlakkige ding is wat net op Sondag iets beteken... my kinders is altwee ongelooflike Christene, soveel so dat dit my skoon laat "klein" voel in my geloof... nie heeltemal seker hoe ons dit reggekry het nie, behalwe met baie gebed ... Ons kerkganery in die VK was maar uiters "haphazard" en nie een van die 2 het al ooit Sondagskool bygewoon nie - ons doen dit maar so by die huis en hou huisgodsdiens ens. Eintlik as ek daaraan dink is daar so baie ouers wat ek geken het wat geloofsopvoeding heeltemal aan die kerk en skool oorgelaat het in SA en dan wonder wat verkeerdgaan as die kinders die spoor byster raak.... :o Ons is gelukkig dat altwee kinders maats gemaak het met kinders wat baie soos hulle is en dieselfde beginsels ens. het. Nie almal kom uit CHristelike huise nie, en ek dink dit is ook goed ... dit gee hulle kans om "opleiding" te kry oor hoe om met die buitewereld te werk te gaan as dit kom by geloofskwessies...

My oudste kind is betrokke by 'n jeugklub wat aan die Youth Alive program deelneem. Dit is baie groot hier in Aus en ons vind dit uitstekend om vir die tieners "cool" aktiwiteite te reel wat ook gesond en veilig is... ;) .

Riekie - ek stem ABSOLUUT 100% saam oor die bedek van die sondes in SA - glo my, selfs in my dae het dit so gegaan. Ja, dis ongelukkig so dat skynheiligheid bietjie te algemeen voorkom ....

Om af te sluit, ek dink die hele proses van emigrasie is ietwat van 'n siftingsproses wat geloof aanbetref - die koring word baie gou-gou van die kaf geskei. JJV, jy sal verbaas wees hoe baie voormalige groot Suid-Afrikaanse Christene slaap nou heerlik lekker laat op Sondag en vergeet maar alte gou van hulle groot Christelike geloof - myns insiens omdat dit in die eerste plek op sand gebou was! B) Daar is 'n ongelukkige geneigdheid, veral onder Afrikaners (jammer, ek probeer om nie te veralgemeen nie :lol: ) tot 'n sekere "superioriteit", dikwels gebaseer op die persepsie wat hulle van hulleself het dat hulle sodanige Chritenskap hulle om die een of ander rede "beter" maak as al die ander "gemors" wat die wereld bewoon. Lekker gou sal hulle snobisme die stof byt as hulle hier kom .... :lol:

Riekie - "Daar is baie meer aspekte van emigrasie as net die "logistics" - daar is emosies, geloof, stres op die huwelik en gesinslewe, aanpassingsprobleme, depressie ens. - alles dinge wat meeste mense nalaat om te oorweeg en na te vors voor hulle emigreer. Dit is goed om weer 'n slag herinner te word dat hierdie dinge alles selfs meer belangrik is as of jy jou yskas moet saamvat of nie. "

Pryswenner van "quote of the week" vir my! :angry:

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Ek het nog nie al julle "postings" gelees nie maar ek sal, al wat ek kan se is ek ken vir Stephan Joubert persoonlik en hy is een van die wat vir lank in New Zealand gebly het en toe besluit het om terug te gaan SA toe ek kon nie na die praaitjie luister nie so ek kan seker nie iets daaroor te se he nie maar hou net in oog waar dit vandaan kom ek kan ongelukkig nie verdere uitlatings maak nie omrede dit nie reg van my sal wees nie maar hou maar die sout pot naaby en neem alles met 'n knippie sout in, die ding wat hulle "Immigration" noem is nie vir almal nie, en persoonlik het ek 'n probleem met mense wat al weg was en nou terug gaan SA toe en vir almal wil gaan vertel hoe on Christelik die res van die wereld is. Ek stem 100% saam met van julle, dit word maar net beter toegesmeer in SA.

Onthou toe jy vir mense in SA gese het jy gaan Oz toe, wat die reaksies was ons moes maar partykeer baie lelike kretiek ervaar. Nou dink net as jy nou terug moet gaan, die wolwe staan reg om te hoor hoekom jy terug is, en dit is baie maklik om die Land en omstandighede in die ander land sleg te se, baie makliker as om te erken dat "Immigration" nie vir jou was nie. Ek het nog altyd gese as ek sou terug gaan sal ek vir almal wat wil weet se ek kon nie aanpas nie want dit is tog wat sou gebeur het. Dit is altyd baie maklik om ander dinge die skuld te gee. Ek wens so ek kon nog hier oor se maar ek kan ongelukkig nie al wat ek weereens kan se is wees versingtig oor wat Stephan Joubert te se het.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam met die wat hier gesê word. Ons woon in New York en meer kosmopolities kan jy nie kry nie. Omdat dit die bymekaarkomplek van so baie nasies is, is daar net soveel godsdienste. Ons is nou amper 7 jaar hier en ek kan net getuig van die Here se ongelooflike genade oor my kinders. Alhoewel die samelewing 'n groot rol speel in ons kinders se lewens, is wat uit die ouerhuis kom, die heel belangrikste. Ek dink die vraag wat gevra moet word is: hoe commited is die ouers in hul verhouding met die Here? Dit bepaal in 'n groot mate hoe belangrik die kinders se uitlewing van hulle geloof gaan wees. In SA is daar te veel op die kerk en skool staat gemaak om die kinders van die Here te leer. Hier in die vreemde is dit baie meer 'n geval van let op jou daaglikse handel en wandel. Dit spreek harder as enige woorde.

Link to comment
Share on other sites

Kom toe so op die af http://www.news24.com/News24/South_Africa/...1976839,00.html al wat ek hier deur wil se is Suid Afrika is glad nie die engeltjie wat baie wil uit maak nie. Jou kinders kan maar net so in die gemors trap, en dit is waar my vrou se altyd "Look at the parents before you look at the syndrome" Daar kan nog baie dinge met my dogter ook bebeur maar al wat ek kan doen is om vir haar liefde te gee en reg van verkeerd te probeer leer.

:huh:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...