Jump to content

Senior SAners in OZ?

Aktief55+

Recommended Posts

Aandag alle senior forumiete

Al hoe meer navrae word gedoen oor ouers wat belangstel om saam met hul kinders te hervestig. Ons is 'n ouerpaar wat beplan om tydens 2009 ons voorheen geliefde en veilige land te verlaat om al die heersende redes maar veral om darem in dieselfde land as ons kinders te wees.

Ons wil baie graag kontak maak met en uitreik na ander 50plussers wat 'n geslag of meer se wortels moet uittrek en in Aussieland gaan nesskrop. Dit gaan nodig wees om mekaar onderling te ondersteun en kontak te behou. Ek is oortuig daarvan dat dit baie voornemende senior SAners met groter gerustheid hul kinders sal vergesel as hulle bewus word van tydgenote met wie hulle daar kan kontak maak.

Dit sal wonderlik wees indien senior SAners wat reeds daar is op hierdie onderwerp reageer, sal graag wil verneem of hulle reeds 'n klub vir 50plussers het.

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief

Ek weet nie van so 'n klub onder die SA'ners nie, maar julle is altyd welkom om een te stig wanneer julle hier arriveer. Vertel ons darem waar julle van plan is om te bly, jy weet Aus is 'n taamlike groot plek, so 'n klub in Sydney sal nie veel beteken vir mense in Melbourne nie.

Ek is nou al so naby aand die 60plussers dit is nie eers snaaks nie. Ek en my man was albei 44 toe ons SA verlaat het met ons twee seuns, die een was 24 en die ander een 18. Ons was nog nooit eenkeer spyt daaroor nie.

As julle wel Melbourne toe kom kan ons julle voorstel aan 'n paar ander van ons ouderdom!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Aktief55+,

Welkom op die forum.

Ek is in Adelaide, 50+ en nou 'n jaar hier. Vandat ek hier is voel ek 10 jaar jonger en 100% veilig.

Dis bietjie moeilik om vriende te maak want die meeste wat hierheen kom is so in hulle 30's, 40's, maar dit maak nie saak nie. Die groot ding is dat ons gelukkig is hier. Hier is nie so 'n klub nie, maar niks verhoed ons om een te stig nie. Hier is wel baie ander 'recreation' vir seniors.

Hoop om van julle te hoor en alle voorspoed.

Groete,

Hallo Aktief

Baie bly om jou bydrae te lees!! Dis great om te weet daar is nog mense in dieselfde bootjie as ons. :angry: In ons geval lyk dit of ons die kinders vooruit gaan...

Wat van ons stig die klub terwyl ons nog hier in SA is? :) Ek ervaar nogal die hele beplanning-ding erg, en dit sal lekker wees om te share. My man het gister met iemand gepraat wat op pad is en sy sê ook dat mens nie met almal ewe openhartig kan chat oor die skuif nie....

Newcomer

Link to comment
Share on other sites

Hallo Aktief

Baie bly om jou bydrae te lees!! Dis great om te weet daar is nog mense in dieselfde bootjie as ons. :unsure: In ons geval lyk dit of ons die kinders vooruit gaan...

Wat van ons stig die klub terwyl ons nog hier in SA is? :ilikeit: Ek ervaar nogal die hele beplanning-ding erg, en dit sal lekker wees om te share. My man het gister met iemand gepraat wat op pad is en sy sê ook dat mens nie met almal ewe openhartig kan chat oor die skuif nie....

Newcomer

Hallo Newcomer

Ons gaan Brisbane toe, dit klink dus of die enkele senior SAners tans redelik versprei is tussen Melbourne en Adelaide. Dis 'n briljante idee om hier al 'n klub te stig en ook kontak op te bou met senior SAners reeds in OZ.

Die hele proses is voorwaar senutergend, daar is 220 dinge om gelyk te bedink terwyl ons hardeskywe net 110 kan stoor. Beleef julle ook dat mens soveel inligting moet absorbeer dat sommige daarvan eers oor 'n paar weke registreer??? Dis scaring!!! Skielik besef ons, ons het wel menopause probleme vrygespring, maar nie die mentalpause nie. PM my asseblief dan gesels ons verder.

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Hallo Aktief55+,

Welkom op die forum.

Ek is in Adelaide, 50+ en nou 'n jaar hier. Vandat ek hier is voel ek 10 jaar jonger en 100% veilig.

Dis bietjie moeilik om vriende te maak want die meeste wat hierheen kom is so in hulle 30's, 40's, maar dit maak nie saak nie. Die groot ding is dat ons gelukkig is hier. Hier is nie so 'n klub nie, maar niks verhoed ons om een te stig nie. Hier is wel baie ander 'recreation' vir seniors.

Hoop om van julle te hoor en alle voorspoed.

Groete,

Hallo Kannidood

Wonderlik om van die 50plussers te hoor. Ons gaan Brisbane toe, baie ver van mekaar af maar niks verhoed ons om 'n Aussieklub te stig en saamtrekke te hou en/of mekaar op te soek wanneer ons die land gaan verken nie. Met Epos en forumdienste kan ons wonderlike kontak behou. Gaan verseker nog put uit jul ervaring!

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief

Ek weet nie van so 'n klub onder die SA'ners nie, maar julle is altyd welkom om een te stig wanneer julle hier arriveer. Vertel ons darem waar julle van plan is om te bly, jy weet Aus is 'n taamlike groot plek, so 'n klub in Sydney sal nie veel beteken vir mense in Melbourne nie.

Ek is nou al so naby aand die 60plussers dit is nie eers snaaks nie. Ek en my man was albei 44 toe ons SA verlaat het met ons twee seuns, die een was 24 en die ander een 18. Ons was nog nooit eenkeer spyt daaroor nie.

As julle wel Melbourne toe kom kan ons julle voorstel aan 'n paar ander van ons ouderdom!

Hallo Mara

Hoe wys was julle om toe al te immigreer. Verseker gaan ons so 'n klub in Brisbane stig. Enige klub het takke dus is dit dalk 'n baie goeie idee dat julle in Melbourne ook kan begin. Wat van Klub Aktief55+ of Klub Senior SAners, enige alternatiewe voorstelle is welkom. Ons kan affilieer by die Afrikaanse Klub en ons aktiwiteite en/of saamtrekke streekgewys oor die forum of in die Sabona bekend maak.

Die dag toe die Here ons oortuig het dat Hy dit in ons harte geplaas het om te immigreer, het ek geweet dat so 'n Senior Klub in 'n groot behoefte kan vervul. Hoor graag van jou.

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief,

Ons gaan Brisbane toe

Ek weet van 'n klompie "ouer" mense in Brisbane en hulle is dierbaar! Meeste van hulle het ingeskakel by Kenmore Baptist Church en jy sal daar definitief baie oulike mense ontmoet!

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Aktief,

Sjoe, maar is ek opgewonde om van ander 50+ te hoor, mense lyk my regtig sku om te chat oor voornemens, idees ens, ai kom na vore asseblief, ek het al soveel navrae gedoen hieroor.

Ons tans nog in SA, Noord Wes Provinsie, ons kinders gaan 17Mei, hulle vestig in Perth, hartseer, opgewonde, alles tegelyk, maar steeds weet ons hulle is in die Wil van God, so ons rustig.

Ons is baie aktiewe, 50+ jonk, Dupi my getroue man, maat en geliefde slegs 51 (ek so bietjie meer beleë) lol, maar ons wil werk, Dupi baie goeie resume en is baie goed in wat hy doen, maar het al verskillende advies gehoor, vertel meer van julle planne, gaan jul slegs aftree, besigheid bedryf, of hoe. Vir watter visa doen julle aansoek, groot asseblief laat van jul hoor sodat ons weer nuwe insig kan kry

Vertrou ook om Brisbane omgewing te gaan, in ieder geval lyk so op hierdie stadium, maar wag op bevestiging.

Groete

Benita :rolleyes:

Hallo Pippa

Baie dankie, dit is kosbare inligting. Ons sal verseker daar gaan besoek, het op tuisfront ook kosbare vriende in die Baptiste kerk en woon dikwels daar dienste by!

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Aktief,

Sjoe, maar is ek opgewonde om van ander 50+ te hoor, mense lyk my regtig sku om te chat oor voornemens, idees ens, ai kom na vore asseblief, ek het al soveel navrae gedoen hieroor.

Ons tans nog in SA, Noord Wes Provinsie, ons kinders gaan 17Mei, hulle vestig in Perth, hartseer, opgewonde, alles tegelyk, maar steeds weet ons hulle is in die Wil van God, so ons rustig.

Ons is baie aktiewe, 50+ jonk, Dupi my getroue man, maat en geliefde slegs 51 (ek so bietjie meer beleë) lol, maar ons wil werk, Dupi baie goeie resume en is baie goed in wat hy doen, maar het al verskillende advies gehoor, vertel meer van julle planne, gaan jul slegs aftree, besigheid bedryf, of hoe. Vir watter visa doen julle aansoek, groot asseblief laat van jul hoor sodat ons weer nuwe insig kan kry

Vertrou ook om Brisbane omgewing te gaan, in ieder geval lyk so op hierdie stadium, maar wag op bevestiging.

Groete

Hallo Benita

Solank ons geseen bly met gesondheid gaan ons beslis aktief werksaam wees. Met die 165 Investor visa mag ons vir die eerste vier jaar nie vir 'n werkgewer werk nie, ons mag egter wel 'n besigheid begin, en dit is beslis in ons beplanning! Dit klink vir ons of persone selfs bo 55 wel in Queensland toegelaat word om met die 165 Investor Visa oor te gaan. Die spul papierwerk is net 'n riller! Dink nie eers 'n ou moet dit hoegnaamd probeer sonder 'n geregistreerde immigrasie agent nie. Ons is baie tevrede met die begeleiding en hulp van ons agent.

PM gerus as daar van julle is wat hul kontakbesonderhede verlang.

Blessings

Aktief

Benita :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief

Bly om te hoor julle is positief oor julle agent - maak bietjie 'n aanbeveling, asb?

Newcomer

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Hi Aktief

Bly om te hoor julle is positief oor julle agent - maak bietjie 'n aanbeveling, asb?

Newcomer

Hallo Newcomer,

Ons agent is Letitia de Lima van Visas-R-Us. Jy sal hulle op die net kry. Sy is Afrikaanssprekend en woon tans in Brisbane, 'n prokureur daar. Op die oomblik staan planne redelik stil by ons, wag vir die verkoop van ons eiendomme, waarsonder ons nie kan beweeg nie. Nie maklik om te wag en aan te ou wag vir dinge om te gebeur nie. Dalk is ek te gewoond daaraan om dinge te laat gebeur. Hierdie situasie is voorwaar vir ons 'n toets en 'n reuse uitdaging!!!

Blessings

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Hallo Newcomer,

Ons agent is Letitia de Lima van Visas-R-Us. Jy sal hulle op die net kry. Sy is Afrikaanssprekend en woon tans in Brisbane, 'n prokureur daar. Op die oomblik staan planne redelik stil by ons, wag vir die verkoop van ons eiendomme, waarsonder ons nie kan beweeg nie. Nie maklik om te wag en aan te ou wag vir dinge om te gebeur nie. Dalk is ek te gewoond daaraan om dinge te laat gebeur. Hierdie situasie is voorwaar vir ons 'n toets en 'n reuse uitdaging!!!

Blessings

Aktief

Hi Aktief

Dankie vir die inligting. Sal die net raadpleeg vir hulle.

Jammer ek reageer nou eers - was bietjie weg vir die 2 langnaweke. Heerlik vrede gehad in die stilte en mensloosheid van die Kgalagadi se een 4X4 roete. Dit was 'n fees en eintlik goor om terug te kom in die sg beskawing waar daar miljoene papiere in die strate rondwaai, mense soos paloekas bestuur, ander oor die strate loop sonder om te kyk..... en die belaglikheid beleef van 'n boete kry oor ons voertuig se nommerplate die verkeerde kleur letters op het, terwyl daar mense is wat 6 motors op 'n keer verbysteek teen 'n soliede wit streep!!

Nouja!!

Ons kant is sake ook eers stil. Was julle al daar om te gaan kyk? Gaan julle die eie-besigheid-ding doen? Watter raad kan julle gee? Gee die agente vir 'n mens raad oor hoe om te werk te gaan met die besigheid-gedagte, wie om te gaan sien in Aus, ens? Of moet ons dit self probeer uitvind? ;)

Ons praat weer...

Newcomer

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief

Dankie vir die inligting. Sal die net raadpleeg vir hulle.

Jammer ek reageer nou eers - was bietjie weg vir die 2 langnaweke. Heerlik vrede gehad in die stilte en mensloosheid van die Kgalagadi se een 4X4 roete. Dit was 'n fees en eintlik goor om terug te kom in die sg beskawing waar daar miljoene papiere in die strate rondwaai, mense soos paloekas bestuur, ander oor die strate loop sonder om te kyk..... en die belaglikheid beleef van 'n boete kry oor ons voertuig se nommerplate die verkeerde kleur letters op het, terwyl daar mense is wat 6 motors op 'n keer verbysteek teen 'n soliede wit streep!!

Nouja!!

Ons kant is sake ook eers stil. Was julle al daar om te gaan kyk? Gaan julle die eie-besigheid-ding doen? Watter raad kan julle gee? Gee die agente vir 'n mens raad oor hoe om te werk te gaan met die besigheid-gedagte, wie om te gaan sien in Aus, ens? Of moet ons dit self probeer uitvind? B)

Ons praat weer...

Newcomer

Hallo Newcomer

Bly julle het die stilte en rustigheid so geniet. Goed om te hoor daar is darem nog uitspanplekke wat veilig en skoon is. Ons oorweeg wel om ook met 'n besigheid te begin, ons oorweeg nog 'n LSD toer een of ander tyd. Die agente bring 'n ou net in aanraking met met kleinbesigheid konsultante en'of verkoopsagente, tensy jy met 'n besigheidsvisa oorgaan, dan kry jy veel meer hulp van hulle in die verband.

Of daar gaan fondse wees vir 'n besigheid nadat ons aansoek gedoen het vir die dure 165 Investor visa sal ons nog eers moet sien. Ons mag die eerste vier jaar nie vir 'n werkgewer werk nie, dus sal ons moet iets begin!!! Gaan DV 14 Junie my IELTS toets in Kaapstad doen.

Stel voor dat ons een of ander tyd ontmoet, daar is nog 50plussers in jul omgewing!!! Het ook al kontak gemaak met sommige wat reeds in Australia woon!

Blessings

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Aandag alle senior forumiete

Al hoe meer navrae word gedoen oor ouers wat belangstel om saam met hul kinders te hervestig. Ons is 'n ouerpaar wat beplan om tydens 2009 ons voorheen geliefde en veilige land te verlaat om al die heersende redes maar veral om darem in dieselfde land as ons kinders te wees.

Ons wil baie graag kontak maak met en uitreik na ander 50plussers wat 'n geslag of meer se wortels moet uittrek en in Aussieland gaan nesskrop. Dit gaan nodig wees om mekaar onderling te ondersteun en kontak te behou. Ek is oortuig daarvan dat dit baie voornemende senior SAners met groter gerustheid hul kinders sal vergesel as hulle bewus word van tydgenote met wie hulle daar kan kontak maak.

Dit sal wonderlik wees indien senior SAners wat reeds daar is op hierdie onderwerp reageer, sal graag wil verneem of hulle reeds 'n klub vir 50plussers het.

Aktief

Hi aktief,Benita en Newcomer, Ons probeer almal vir ons plekkie in die son daar in Ozzieland. Wel ek is 63 en my man 66 jonk. Ons het twee dogters en vyf kleinkinders. Oudste dogter, nou een jaar in Muswellbrook en my ander dogter (by wie ons tans woon)het 'n agent wat hulle help met PR. Ons moes eers wag totdat hulle PR gekry het ,en huis gekoop het wat ons ook kan huisves, voordat ons kon aansoek doen. En toe is ons aansoek in op 18Maart 2008.....en nou....nou wag ons!! Ons het saam met hulle probeer gaan as afhanklikes maar helaas...dit het nie gewerk nie. Met daardie aansoek het ons ook medies gedoen en geslaag en polisie klarings gehad. Die polisie een se jaar was om in April 2008 en die medies sal 28 Augustus 2008 verval.....dus neem ek aan dat hulle ons weer daarvoor sal vra. Die ander vorms soos trousertikate ens sal hulle seker darem nie weer wil he nie. Ek wil maar net vra dat julle met my ook moet gesels dit sal dalk help om die gewag makliker te maak.Groetnis uit Richardsbaai. KZN.

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief

Janee, ons kan beslis nie die Inverstorvisa bekostig nie. Ons besef ook ons moontlike aftreeplanne is op die langebaan as ons sou gaan! (My ma het altyd gesê: "no rest for the wicked" - ek vermoed eks dalk bietjie baie wicked!?! -_-

Dit sal vir my heerlik wees as ons kan ontmoet - om net 'n slag te kuier met mense in dieselfde bootjie.

Jy ken seker die ou grappie van die dominee wat 'n beroep gekry het? Toe die ouderling vir die kleintjie vra of hulle gaan aanneem, toe sê die kleintjie: "Oom, Pa bid nog, maar Ma pak al in.." Dis nogal baie waar van ons. My man is baie minder impulsief as ek, wat 'n BAIE goeie ding is. Hy is nog baie meer oorwegend as ek, hoewel ek vrede het as hy sou besluit ons bly.

Ek droom egter drome van 'n ondersteuningsgroep/berading-joppie/huisgemeente in Melbourne. (ek's 'n NG-proponent). Sal graag as ons finaal besluit het om te gaan, wil hê dat ons gemeente hier plaaslik my stuur... Maar ons bid nog dat die stof fyn word onder die kniee!!!

Laat weet asseblief as julle dalk op 'n kol Pretoria toe kom - dan doen ons ten minste 'n koffietjie :stretcher:

Newcomer

Link to comment
Share on other sites

Hi Miems

Julle is al soveel verder gevorder as ons, maar nouja, wag in enige stadium is aaklig! :stretcher:

Sterkte!!

Ek het geen idee waar Muswellbrook is nie. Is dit ook waar julle heen op pad is?

Newcomer

Link to comment
Share on other sites

Hi aktief,Benita en Newcomer, Ons probeer almal vir ons plekkie in die son daar in Ozzieland. Wel ek is 63 en my man 66 jonk. Ons het twee dogters en vyf kleinkinders. Oudste dogter, nou een jaar in Muswellbrook en my ander dogter (by wie ons tans woon)het 'n agent wat hulle help met PR. Ons moes eers wag totdat hulle PR gekry het ,en huis gekoop het wat ons ook kan huisves, voordat ons kon aansoek doen. En toe is ons aansoek in op 18Maart 2008.....en nou....nou wag ons!! Ons het saam met hulle probeer gaan as afhanklikes maar helaas...dit het nie gewerk nie. Met daardie aansoek het ons ook medies gedoen en geslaag en polisie klarings gehad. Die polisie een se jaar was om in April 2008 en die medies sal 28 Augustus 2008 verval.....dus neem ek aan dat hulle ons weer daarvoor sal vra. Die ander vorms soos trousertikate ens sal hulle seker darem nie weer wil he nie. Ek wil maar net vra dat julle met my ook moet gesels dit sal dalk help om die gewag makliker te maak.Groetnis uit Richardsbaai. KZN.

Hallo Miems

Sal ook graag wil weet in watter "state" is Muswellbrook. Ons is net 'n paar jaar jonger as julle. Ons het drie kinders en ses kleinkinders. Twee van ons kinders is ook oppad Oz toe. Die ander een kom darem af en toe daar vir sy werk. Weet nie of ons aansoek vir Investor visa sal kan deurgaan nie, want dit hang alles af van die verkoop van ons eiendomme - en tans is die mark die stilste in jare! Dalk sal ons dan ook eers PR moet probeer nadat ons kinders daar gevestig is. Ons is egter vol moed en vas oortuig dat die regte ding is om te doen.

Blessings

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Hi Aktief

Janee, ons kan beslis nie die Inverstorvisa bekostig nie. Ons besef ook ons moontlike aftreeplanne is op die langebaan as ons sou gaan! (My ma het altyd gesê: "no rest for the wicked" - ek vermoed eks dalk bietjie baie wicked!?! :whome:

Dit sal vir my heerlik wees as ons kan ontmoet - om net 'n slag te kuier met mense in dieselfde bootjie.

Jy ken seker die ou grappie van die dominee wat 'n beroep gekry het? Toe die ouderling vir die kleintjie vra of hulle gaan aanneem, toe sê die kleintjie: "Oom, Pa bid nog, maar Ma pak al in.." Dis nogal baie waar van ons. My man is baie minder impulsief as ek, wat 'n BAIE goeie ding is. Hy is nog baie meer oorwegend as ek, hoewel ek vrede het as hy sou besluit ons bly.

Ek droom egter drome van 'n ondersteuningsgroep/berading-joppie/huisgemeente in Melbourne. (ek's 'n NG-proponent). Sal graag as ons finaal besluit het om te gaan, wil hê dat ons gemeente hier plaaslik my stuur... Maar ons bid nog dat die stof fyn word onder die kniee!!!

Laat weet asseblief as julle dalk op 'n kol Pretoria toe kom - dan doen ons ten minste 'n koffietjie :)

Newcomer

Hallo Newcomer

Nou is ek eers opgewonde om julle te ontmoet, ek deel jou belangstelling in 'n ondersteuningsgroep/berading-joppie/huisgemeente met my hele hart. PM asseblief jou kontaknommer. Vertrou met my hele hart saam met jou dat die gemeente jou gaan stuur!!!

Blessings

Aktief

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

I know this thread is a bit old ( and sorry for the english ) but I mentioned this forum to my parents who are 50+ and they would love to meet other sydney-siders who are 50+. Please will anyone PM if they would be interested in meeting my folks.

Hallo Cas

Engels is 'n pragtige taal, jy hoef geensins om verskoning te vra nie, ons 50plussers is nog net nie almal so vertroud daarmee nie, maar ons gaan dit vinnig leer in Ozzieland. Ek weet nog nie van 50plussers in Sydney nie maar daar sal verseker wees. Ek is besig om 'n adreslys saam te stel van alle senior SAners maak nie saak waar in Australie of nog in SA in afwagting om te immigreer nie. Ons gaan nog toer en mekaar besoek en saam kuier - dalk ons eie forum en nuusbrief kry, ons wil dus verseker met jou ouers kontak maak!! Engels- en Afrikaanssprekende senior SAners!!!

Blessings

Aktief

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...