Jump to content

Wat gaan aan met my?


Blossom

Recommended Posts

Hi julle,

En daar gebeur dit alweer.....gister, by die winkel.

Ek is die hele more so opgeruimd, skryf tot selfs 'n stupid rympie hier oppie forum. Makeer sweet boggerol. Ek besluit om bietjie na 'n ander supermark toe te ry, moeg vir die gewone een.

Ek het 4 nommers in op die lotto en wil dit sommer gebruik om weer te speel. Ek wil mos die mansion hier agter my koop, sien.

Dis 10 uur in die oggend, die paaie is lekker stil, ek wil nie ry as hierdie pad besig is nie want ek het 'n groot vrees om oor die pad te kom as ek by die parkering uit ry. Ek kan nie net dadelik links draai om saam met die verkeer te ry nie, ek moet eers oor die pad tot in die middel, daar staan en wag tot die pad oop is en dan regs draai in die verkeer in. Nou ja, daarvoor is ek lugtig, ek is nie een van daai wat kanse vat en sommer net GAAN nie.

Daar is amper nie plek in die middel van die pad om te staan en wag nie, ek maak my karretjie so klein as moontlik maar nog woer die verkeer so erg verby my dat ek die rukwinde voel. Ek sit gewoonlik met toegeknypde oe daar en bid vir die beste.

Andersins draai ek maar links, ry in die rigting waar ek nie wil wees nie en wag tot ek kan oorgaan na die regterkant toe. Dan soek ek 'n pad wat opdraai regs, ry om die hele blok tot ek weer kan links draai in die regte rigting in. So het ek al in my kanon in verdwaal.

Selde met reverse parking, ry en ry om die blok.......

Maar by die winkel toe ek wou uitklim.....maak ek my handsak en sleutels bymekaar en daar tref dit my! Ek is alleen, vreemd, verlate, verlore en uit my diepte uit. Ek kan nie uitklim nie, ek sit net daar en laat die gevoel oor my kom. Om een of ander stupid rede kan ek nie uitklim nie. My voete, my liggaam wil nie. Ek sit en kyk die mense aan wat so doelgerig loop. Ma's met kindertjies, bejaardes wat lyk of hulle behoort, almal hoort hier, net ek is 'n allien. En die trane loop.

Ek sit en snik soos ek huil en ek weet nie rerig hoekom nie. Dinge het dan so goed gegaan hier in my kop, wat nou?

Anyway, dit was seker 'n uur later toe ek my donkerbril opsit en uitklim, mense wat al 'n paar keer daar verby geloop het begin my toe al snaaks aankyk.

Wat 'n 20 minute winkeltrippie sou wees ontaard toe in 'n twee uur lange tjank sessie in die middel van Foodland se parkering. "n uur vir die tjank en 'n uur vir die shopping want toe is my oe so dik gehuil ek kan nie lekker sien nie.

Om alles te kroon koop ek toe al die verkeerde goed. Regte, egte botter, Burgen brood en mossels. Prawns en beer batter chips, Coke pleks van water en 'n Aero chokkie.

Die chokkie eet ek sommer in die kar op pad huis toe. By die huis DRIE snye Burgen brood met dik botter en 'n glas coke! Ek steek die skaal weg in die linnekas en gaan le en slaap.

Ek is skoon deurmekaar, hoekom voel ek na 'n jaar en 'n bietjie nog steeds so asof daar dood in die familie was? wanneer gaan ek ooit regkom? Ek weet nie, net dat vandag 'n nuwe dag is en dat alles weer beter lyk.

Groete julle,

Link to comment
Share on other sites

HI KD

Hier is sommer n baie groot drukkie vir jou. Ek hoop jy voel gou beter. Jy moet onthou jy is nie alleen nie. Liewe Jesus is met jou en hy sal jou oppas want jy is een van sy kinders. Ek dink vandag aan jou.!!!

Liefde groete

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Ai, KD! Ek voel ook maar soms so... maar ek is nog jonk hier... Ek dink nie mens besef hoe diep raak so 'n ontworteling jou nie. Maar gelukkig het jy 'n veilige plekkie hier in die cyber ruimte waar jy jou gevoelens kan kom deel sonder om ontbloot te voel!

Stywe drukkie vir jou....

Elize

Link to comment
Share on other sites

KD

Drukkie vir jou!!

Ek dink dis die onsekerheid oor die PR wat jou beetkry.

Sterkte (hoekom maak jy nie die storetjie klaar om jou gedagtes van die PR af te kry nie??)

(So iets oor die posman: Ek pas ons bure se huis op terwyl hulle weg is, gaan haal gister die pos uit........en toe is daar klomp van ons pos in hulle posbus)

Sal hulle julle nie via e-mail laat weet nie?? Ons het ook 'n paper application gehad, maar alle kommunikasie was via e-mail.

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Ek is seker ons twee is met n deursigtige naelstring verbind...Ek voel nes jy.

Was maandag skoon goor met my ma want sy kla oor sy so eensaam is vanwaar ek weg is. Ek se toe vir haar sy het ten minste n vriendin by wie sy kan kla sy is eensaam...ek het boggerol! Kan nie eens in my eie taal kla nie! Wou net he sy moet besef dat sy net my verloor het...Ek het alles verloor...

Ek hoort nie hier nie maar ek hoort ok nie in ZA nie...Ek smag stabiliteit en dis so ver weg...

My brisbane boetie se vir my dit word beter. Hy is nou 4 jaar hier (nou net sy citizenship goed gedoen). Hy se hy kry ok nog sulke dae maar hulle duur nie so lank nie. Hy kom vinniger oor die dips en hulle is nie so diep en donker nie.

Ek dink jy is te hard op jouself. Jy mag maar afvoel by tye. Jy mag maar voel....jy moet.

Jy staan weer op en jy staan elke keer sterker op...vasbyt vriendin. Ek is so lief vir jou. Jy sal ok wees...ons sal ok wees. Soos ouma Hien sou se...Vuilgoed vergaan mos nie maklik nie.

Link to comment
Share on other sites

Dankie julle skattebolle,

maar ek voel nie af of goor nie, inteendeel. Ek is on top of the world! Dis net gister wat die ding my so getref het. Ek kan nie glo hierdie ou plain Jane vanni plaas sit hier in OZ nie!

Vandag is alles weer goed en mooi. Hoop vir julle ook. Julle weet mos die duiwel soek geselskap en gister was ek die ideale kandidaat. Stupid!

Mooi bly,

(Ai, Hen!)

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Lots of hugs to you Kd!!!

Edited by SASydneysider
Link to comment
Share on other sites

Dankie julle skattebolle,

maar ek voel nie af of goor nie, inteendeel. Ek is on top of the world! Dis net gister wat die ding my so getref het. Ek kan nie glo hierdie ou plain Jane vanni plaas sit hier in OZ nie!

Agge toggie Kd my hart bloei vir jou elke keer as ek lees hoe hartseer jy is. Ek gaan Volg week Perth toe vir LSD. Wens jy was naby sodat ons 2 kan tee gaan drink en tjank en lag. Is daar nie 'n koffie klub of iets naby jou waarheen jy kan gaan nie. Kom forum susters in Oz, stig 'n teeklub of werksklub of enige blesitse klub sodat Kd nie so alleen hoef te wees nie. 'n boer (vrou) maak mos 'n plan.

Liefde en 'n Drukkie vir jou.

Kits.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Kits,

Dis die laaste ding wat ek wou gehad het....om swartgallig en hartseer oor te kom. Ek wou maar net se dat daar elke nou en dan so 'n 'af' dag is. Myne was eergister. Dis nou oor...julle dink seker dis al wat ek doen........huil en verlang en hartseer wees.

Issie.

Nee, ek beskou myself as die gelukkigste persoon op aarde met soveel om voor dankbaar te wees. Ek wou maar net vir al die ander wat swaarkry se dat al is jy nou al jaar hier of tien jaar hier, dat die gemis maar nog deel van mens is. Dit word net beter, dit gaan nie weg nie.

Ek het vriende gemaak hier en my lewe is besig, ek is nie eensaam en verveeld nie. As ek nie shop nie, is ek op die forum of ek verf my prentjies of ek skryf my stories op word hier op die pc.

Dis daai duiwel, man. Wyk satan!

Maar so baie dankie vir jou luister en raad, ek waardeer dit as ek sien iemand lees my goeters. Mens moet soms 'vent' soos die mense hier maar doen.Dit is soort van terapeuties om jou gevoelens neer te skryf. Mens voel beter daarna, veral as daar sulke lieflik mense soos julle is wat luister.

Lekker Donderdag vir julle!

Link to comment
Share on other sites

KD

Jy weet, ek is soms so bietjie ooremosioneel oor die hele skuif na Oz toe, en dan dink my koppetjie ne altyd soos hy moet nie. Ek dink ons weet almal hoe moeilik dit is, en sodra mens dan net ietsie noem van funny voel, dan klim almal uit die kas...so te se.... want ons almal is bang as ons ons vrese uitspreek word dit waar. Wat as die verlange ne ophou nie, wat as my kids nooit weer hulle Ouma sien nie, wat as ek alleen hier moet doodgaan... ens ens ens.

So, moet asb nie ophou skryf nie, al neem party mense dit as "afferig wees" op. Dis ook reg, want dit wat jy binne voel weerspieel jy op alles rondom jou. Sodra ek in die oggend op die forum gaan en ek sien iemand skryf oor verlang of feelings of onsekerheid, dan vol ek sommer of ek kan vereenselwig, want my emosies is nog baie rou...die verlange jy weet??

Ek geniet dit vreeslik baie om elke persoon te probeer optel as hy of sy af voel...want ek help myself deur ander te help.

Albert Einstein het gese: You can have anything you want in life, if you give others what they want....

So, skryf elke emosie neer wat julle ondervind, dit maak ander se proses makliker...

Liefdegroete

Link to comment
Share on other sites

Afdag hê is maar in ons gene. Ons mag maar so wees.

Drukkie vir julle almal:hug:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...