Jump to content

boo :)


Rissiepit

Recommended Posts

Hallo almal. Gedink ek moet myself seker een of ander tyd voorstel aangesien ek al so lank hierdie forum besoek. Ai toggie, ek wil nie nou te veel "yak" nie. My hart is nog te seer en ek wil nie weer aan de tjank gaan nie. Ek het besluit om die groot stap te neem ... o jimmel, hoekom voel dit nou so offisieël??? Eintlik dink ek my kop het laaaankal daardie besluit geneem - dit het net 'n bietjie langer geneem om my hart te oortuig!

Hierdie forum is 'n skatkis van informasie en ek is oneindig dankbaar dat ek daarop afgekom het. Dit is voorwaar 'n riem onder die hart om te weet dat daar so baie mense in hierdie ou wêreld is wat darem nog omgee en mekaar bystaan.

Dankie, en sterkte aan almal - die wat nog hier is, en die wat reeds geland het.

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hello and a BIG welcome to the forum!

You are going to find lots of useful info here, and hopeully make a few buddies too... :ilikeit:

Best of luck as you start this wonderful, wacky journey!

zorba

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Rissiepit

Welkom by die forum, het ook eers 'n paar dae gelede aangesluit en vind dit absoluut fantasties.

Hoop al julle ding verloop vlot.

Het jy darem al alles in orde, is al jou visa's al goedgekeur en klaar werk gekry ens.

Sterkte vir die toekoms

Praat later.... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Rissiepit

Welkom! Jy sal sien daar is 'cycles' wanneer 'n mens opgewonde voel en dan die volgende oomblik weer vreeslik hartseer. Ek het myself oorgegee aan die emosies sodat ek behoorlik kan 'grieve' en nie daaroorkant aankom met onverwerkte gevoelens nie.

Op 'n dag het ek 'n deurbraak gehad en ek was reg om afskeid te neem en ek begin al hoe meer opgewonde raak oor my nuwe land. Anyway, ons is seker almal anders, maar ek wou jou net 'encourage' en weet dat wat jy voel normal is.

groete

ta'mossie

PS: ok, ek sien dat ek onder my man se naam 'gepost' het. Maar die groete is anyway van ons albei :D

Edited by DKH
Link to comment
Share on other sites

Thanks Zorba, sometimes I think I've bitten off more than I can chew!

Karen & Gavin: sterkte vir julle ook. Het julle ge"PM" :ilikeit:

Ta'Mossie: Dankie vir die advies. Ja ek laat myself toe om al die emosies behoorlik te ervaar. Het die laaste paar maande in 'n regte ou tjankbalie in verander. Maar êrens begin die opgewondenheid te borrel ...

Ciao!

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Rissiepit

Baie welkom hier. Ja, die forum is 'n groot help vir inligting en sommer morele en emosionele ondersteuning ook. Sterkte met die emosionele wipplank, dit raak beter met tyd. Lees so veel as jy kan, die journals seksie is ook 'n goeie een, mense vertel openlik van hul emosies daar. Jy sal minder alleen voel met die proses.

Goed gaan, ILze

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...