Jump to content

"n berg meatpies


Blossom

Recommended Posts

Wat gaan ek vir my man se vanaand?

Hoekom staan daar 'n berg meatpies op die stoof in 'n bak vir my en loer? Klaar gebaktes en elkeen in'n sakkie, mooi regop, reg om te eet.

Vanoggend gaan ek winkel toe maar my gedagtes is nie by nie, dis by die forum, by die PR, ek kry koud en ek is nie lus vir die winkels nie. Ek dink aan 'n storie wat ek besig is om te skryf....ek loop binne rond en laai outomaties die goed in die trollie. Voor ek my kom kry staan ek voor by die teller en betaal, klaar, dankie tog.

Erens op die pad uit besef ek daar is nog niks vir aandete gekoop nie. Dis Vrydag sien, winkelkos-aand. In die middel van die sentrum is daar 'n bakkery plekkie met koek en vleispasteie, 'n koffie winkel tipe plek. Lekker meatpies, nou nie Pick 'n Pay se vars steak and kidneys nie, maar tog.

Ons is drie en wil 2 vir elk koop plus een ekstra ingeval die manne goed honger is. Sewe vleispasteie...dis al wat ek wil he....dood eenvoudig.

Is my Ozzie aksent rerig so sleg, wonder ek nou terwyl ek hier tik. Ek se vir die dame dat ek 'All in all 7 meatpies want, please'

' 4 sausage rolls, 1 king pie and 2 steak and kidney, thank you'

Nou is dit in haar hande en ek kyk rond en verloor alweer tred met die werklikheid, my gedagtes elders. Ek staan met my hande op die toonbank voor my want dis lekker warm en in my gedagtes le die heldin in die held se arms en hy...........

Sy druk 2 plastic sakke in my hande en se $42.50 please en ek betaal. Ek maak nogal seker en ek vra haar 42.50 for the pies, you say? Sy knik en se ja en ek loop, klim in die kar en ry....alles op outomaties.

Nou nou toe ek uitpak kom ek tot verhaal..........ek pak uit en uit en uit. 14 vleispasteie!!!!!!! 7 sausages rolls en 7 ander, weet nie eers wat nie! En ons is net drietjies.

Mense, 14 gaar, warm vleispasteie staan daar en ek is skoon bang, wil iemand nie kom kuier en pies haal nie? Ek het geld uit gegee wat ek nie moes nie en ek is nie eers bewus daarvan nie. Wat nou? Wat se ek vir hubby? Kan gaar pies vries? Of is dit nou die hele naweek se kos?

Is my Ozzies aksent so vreemd dat sy my nie kon verstaan nie of was ek maar net op 'n ander planeet?

Hoort hierdie op Home en Hearth? Ja, want dis waarvan ons gaan leef vir die naweek en weet iemand dalk van 'n lekker sousie wat ek kan maak saam met dit?

Lekker naweek,

Link to comment
Share on other sites

Haai vriendin,

Toe ek die opskrif van die post sien was my eerste reaksie om te se "moenie vir hulle kyk nie!!!" Maar jy sal maar moet suster!! Dis daai storie se skuld!!! Hulle sal goed vries moenie worrie nie, sit hulle net een vir een in 'n geseelde pakkie en vries dit vir 'n volgende keer. Maar vries dit in jou koudste vrieskas.

Mooi bly ou meatpie

Love ya lots

N

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Nilo dink

Toe ek die opskrif van die post sien was my eerste reaksie om te se "moenie vir hulle kyk nie!!!"

Ek dink $42.50 vir pies???????????? Sien ons R/$ nog alles hier in ZA.

Hier in Pretoria koop ons pies by die boeremark elke saterdag oggend en 14 sal $11.20 kos.

Nou vat ek weer ons ou spaargeldjies en deel dit weer en wonder ....hoe op aarde....

Hoop dat mens darem gou oor die deel ding kom, dit sal my mal maak...

Die warm pies klink lekker, wens dis Saterdag......

Lewe

Link to comment
Share on other sites

KD

Ai tog....ek het nou lekker gelag vir jou. Ek dink nie dis jouse "accent" nie, ek dink die "Pie Lady" het dalkies net nie mooi geluister nie.

Pies vries heel goed, soos Nilo se. Fred is mos nog 'n "jongman".....eet hulle nie baie nie???

Lekker naweek vir jou KD - wag vir die res van daai storetjie.

Lewe.....onthou, jy gaan dollers verdien, nie net dollers spend nie.

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Hoeveel het jy betaal vir 1 pie en lyk hulle soos KingPie se pies?

Wens 'n berg pies was my grootste probleem.

Lekker eet, sweetypie ... hummm ... meatypie

Link to comment
Share on other sites

Godan, ek het nooit van King Pie gehou nie, behalwe hulle apple pies, dit was OK. Klomp deeg met min vulsel. Amper nooit gekoop nie.

Maar die pies hier is lekker, net jammer die meeste vulsels hier is mince, jy sukkel om 'n chunkie beef pie te kry. Dis groterige pies met heeltemal 'n ander tipe deeg. Mettertyd raak dit lekker.

Een is genoeg vir my, amper te veel. Hulle sausage rolls is weird met allerhande goed by die mince gevoeg..dat dit amper blekerig lyk. :ilikeit: Niks wat tamatie sous en 'n goeie skoot worchestershire sous nie kan reg toor nie.

Ek moet dit net like want nou het ek 'n vrieskas vol meatpies. Amper $50 sin! Gelukkig het hubby net gelag en niks gese nie, behalwe dat hulle nou maar gaan oplet na 'dementia' simptome by my. Met 'n huis net met mans hoor mens mos nooit die einde van 'n ding nie! :ilikeit:

xx

(Hang af....3.50, 2.00 of 2.50 nie te sleg nie.)

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Stem saam oor die bleek vleisrolle, en dis gewoonlik nie baie lekker nie. Ek maak maar my eie, dis maklik met die blaardeeg klaar gerol in sheets en gevries. En die klomp by die werk vrek oor my rolle (sjee dit klink snaaks).

Link to comment
Share on other sites

Nou gee bietjie die resep, en moenie maak soos my skoonma :ilikeit: en die key ingredient uitlos nie.......asseblief. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Nee jong Bets, ek het nie 'n resep nie. Kook maar net bietjie mince tot lekker sag, met uie en knoffel en so, en as dit te min is rasper ek 'n worteltjie in en sny aartappel in blokkies by. Dan koop ek klaargerolde, gevriesde sheets blaardeeg, sny dit in die helfte, sit vleis op en sny in kleiner stukkies. As jy groot rolle wil he, moet dit net nie sny nie.

Dan verf ek eier oor en sprinkel sesame saadjies op en bak in warm oond vir so 15 minute. Siedaar, lekker pastytjies. Dis lekker koud en warm.

Edited by De Kat
Link to comment
Share on other sites

Dankie Katjie, ons het so gemaak met hoender ook. lekker chicken pies. Harde werk maar die moeite werd. Miskien moet ek weer maar ek kan nie 'n pie in die oog kyk nou nie.

Hoe gaan dit nou met jou, of moet ek nie vra nie (ou wonde?)

Ek is op soek na 'n hondjie, dalk 'n maltesie..............

Link to comment
Share on other sites

Elke dag bietjie beter, jong. Maar ons is nog nie reg vir 'n ander bondeltjie nie. Miskien eers as ons in Aus is. BellaDonna is baie eensaam, maar minder depressief.

Ek dink 'n asempie wat oral saam met jou kan gaan, is 'n goeie idee. Dalk 'n dogtertjie? Dat kan jy vir haar "vote" in familiebesluite. :ilikeit: Maltesertjies is skaars hier in NZ, het Vrydagaand een gesien wat verbyloop aan 'n leash in die mall, terwyl ons sit en Nando's eet, toe dink ek so aan my Vlokkie wat ek 23 jaar terug gehad het.

Link to comment
Share on other sites

Wat gaan ek vir my man se vanaand?

Hoekom staan daar 'n berg meatpies op die stoof in 'n bak vir my en loer? Klaar gebaktes en elkeen in'n sakkie, mooi regop, reg om te eet.

Hi Kannidood,

Dis soos jou naam se eet al die pies op jy kanni dood daarvan. (Grappie) Wat van vingertaal volgende keer.

Groete Kits

Link to comment
Share on other sites

Ek kan net vloek in vinger taal. wil jy he hulle moet my land uit sit omdat ek ou meatpies tannies vloek? :censored:

Link to comment
Share on other sites

Ek DOOD oor n SPinache en feta pastei maar kon nog nerens in ozzieland een raakloop nie. Sal maar seker self moet maak

Link to comment
Share on other sites

  • 2 months later...

Ek maak ook my eie sausage rolls - vreeslik maklik.

Koop puff pastry by die supermark asook die sausage roll vleis - dis by die vleis afdeling, groot rolle (soos die ou polonie rolle) - dit se "sausage roll meat" - en dis goedkoop.

Ek sit net lekker uie en my eie spices by en sieder.

Met hierdie puff pastry kan mens enige iets doen - ek is nooit sonder dit nie, dis klaar in vierkante gesny en daar is 10 velle in 'n pak - ek maak klein melktertjies, pasteie en alles en nog wat met myne.

yum

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...