Jump to content

Op pad na OZ - maar ai die emosies!


vliegjapie
 Share

Recommended Posts

Haai almal - ek hoop die storie werk!

Ons is 'n gesin van vier wat op 17 April vanaf Kaapstad na Oz vertrek - Ekself word een van die dae 48 en ons dogter is 17 en seun 14. Ons bly in die skilderagtige Overberg en dis vir ons baie emosioneel om weg te gaan - maar die besluit is gemaak en ons kyk nou vorentoe. Ek gaan as 'n lugvaart-ingenieur werk in die Gippsland area van Victoria. In my geval is die werk werklik 'n groot aantrekkingskrag want dis wat ek nog altyd wou doen - om nuwe vliegtuie in die lug te kry!

Ons gaan oor op RSMS visas en sal in Traralgon gaan bly of een van die omliggende dorpies. Die kinders sien baie uit na die nuwe skool en nuwe vriende. Vir my en my vrou is dit egter bitter swaar om vriende en familie agter te laat. Ek weet nie hoe vlieg 'n mens weg van Tafelberg af nie! Dis nog altyd die simbool van my huis gewees. Ons gaan vir eers nie formeel emigreer nie - sal daai besluit later neem.

Ek is baie dankbaar vir die forum en om te weet daar is ander wat ook met die emosies moet stoei! As daar enige SA'kaners in die Traralgon of Gippsland area bly laat asseblief weet!

Groetnis, Vliegjapie

:whome:

Link to comment
Share on other sites

Hi

Baie welkom op die forum en sterkte met al die emosies en dinge wat voorlê!

Sonja

Link to comment
Share on other sites

Hi Vliegjapie en familie

Welkom in my area! Alhowel 'n bietjie ver van Traralgon af, ek bly aan die noord weste kant van Melbourne, is ons nog naby genoeg vir julle om te kom kuier.

Julle gaan julle vestig in wat ek dink een van die mooiste gedeeltes van Victoria is. Ons het 'n takkantoor gehad wat ek maandeliks besoek het in Leongatha, baie naby aan waar julle gaan bly. Het altyd die rit soontoe geniet, die natuurskook is net te pragtig. Ek is seker julle sal gelukkig wees.

Ek stuur vir julle 'n PM met my telefoon nommer, indien julle enige advies nodig het wanneer julle geland het.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir die aanmoediging Mara - dit help al klaar om te weet dat dit 'n mooi area is.

Dankie ook vir die PM! Sal dit beslis gebruik vir al daai 101 dinge wat mens van voor af moet ler!

Baie groete

Vliegjapie

Hi Vliegjapie en familie

Welkom in my area! Alhowel 'n bietjie ver van Traralgon af, ek bly aan die noord weste kant van Melbourne, is ons nog naby genoeg vir julle om te kom kuier.

Julle gaan julle vestig in wat ek dink een van die mooiste gedeeltes van Victoria is. Ons het 'n takkantoor gehad wat ek maandeliks besoek het in Leongatha, baie naby aan waar julle gaan bly. Het altyd die rit soontoe geniet, die natuurskook is net te pragtig. Ek is seker julle sal gelukkig wees.

Ek stuur vir julle 'n PM met my telefoon nommer, indien julle enige advies nodig het wanneer julle geland het.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...