Jump to content

Eiket deur Nataniel


zoot

Recommended Posts

Etiket deur Nataniel

Werksdrag:

Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.

Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of

donkergrys sokkies pas nie by ´n swart broek en swart skoene nie.

Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n pakbroek nie.

Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy.

En as die skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen). n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog erger- veral as jy 'n pens het, vat dit die koek.

Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit.

Moet nooit ´n geel das dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gekots het.

Moet ook nooit ´n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem

wil word, moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie.

Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie.

Informeel:

Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie.

n Belt buckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of Vereeniging.

Jy dra nie ´n afmou hemp in die publiek nie, die chix spek jou wel meer, maar dis uit afgryse, jy fire nie hulle jets nie. PT-broeke met die slits¨ aan die kante lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak, of 'n skelm poep wil laat ontsnap nie.

Die hele doel van´n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.

Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder jou arms nie.

Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou genitalië onder druk aanneem nie.

Bykomstighede: n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop, om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.

n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta nie.

'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra patrone, botteltjie haarolie, kondome, ens nie.

En haarolie is iets wat deur die Nazi's uitgedink is om vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massamarteling.

Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kous nie, maakie saak wat jou pa destyds gesê het nie!

As jy dan iets MOET kam, kam eerder jou neushare (by die huis) of beter nog, knip die bleddie goed af.

Wenke aan die dames:

Daar is niks so mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens uitsteek nie- by die regte lyf, maar met die klem op "net so effens", en die regte lyf...

Ek kry trane in my oë as ek van agter vir vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar g-string op te eet.

Dit het net gewerk vir Bill Clinton, toe Monica dit gedoen het. En kyk wat is die gevolge.

As jy ´n rolletjie (of twee of drie...) het, moet asseblief nie ´n boob-tube met´n oop magie dra nie, ook nie 'n kort top by 'n hipster nie! Die spek-wors / rolletjie suurdeeg wat oor´n belt borrel is verkeerd in enige boek, en bederf die aptyt.

Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy die rolletjie eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand 'n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie.

Onthou tog asb. om in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat oral uitpeul bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en afgryse aanstaar, -al waaroor hul jou bewonder is jou moed om so in die publiek te verskyn. Dit wys ook dadelik jy is very very lonely en available, want as jy iemand gehad het wat omgee, was jy onder huis-arres geplaas tot jy van gewaad verwissel het.

Wees asb. versigtig wanneer 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word - vernaam in wit/beige - dit lê beslis klem op alle bewegende dele asook haelduike/skade - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed van toepassing. Die toppunt is om 'n swart g-string daarby te dra, wat die 2 varkies elkeen in sy eie hok probeer hou.

Nog 'n groot no-no is spykerhakke by 'n sweetpakbroek. Die wat net daarna kyk begin al te sweet. Eintlik pas spykerhakke net by loopplanke en die paaldans, want in 'n land soos Suid Afrika, moet 'n girl kan hardloop (en VINNIG ook) as sy alleen iewers heen oppad is.

Link to comment
Share on other sites

Excellent .... behalwe vir die ding met 'n man se belt en brille op die kop

Klokkies op die oor is ok, maar ek mag nie my sel foon op my belt dra nie - waar dan anders ... in my sak??? ... wil nou beskeie wees, maar daar is beswaarlik plek vir die wat al reeds daar is!! :whome::D

En bril op die kop - as jy nou van die direkte sonlig af in 'n gebou in loop .... waar anders moet jy die ding sit .... of moet ek nou 'n hand sak dra??

Dalk is ek maar 'n pleb .... :angry:

Edited by JanCpt
Link to comment
Share on other sites

Ja Nataniel sit jou selfoon in jou sak dan wanneer jy sit skakel die ding die laaste nommer! My sel is op my belt saam my zippo.

En moenie my Looney tunes dasse "dis" nie. Tweetie lyk heel oulik op 'n das! :whome:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...