Jump to content

Sommer net nonsense op 2 April 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 2 April 2008

Ek lees toe mos al die grappies oppie forum oor die vrouens wat hulle mans soo ore aansit. Ek dag toe. Ek beter die manne waarsku wat nog op pad is. Boys lat ek julle vertel, dit is nie maanskyn en rose hier in Oz nie. Jy sal dit nooit hier op die openbare forum lees nie. Maar, seker oppie dames se geslote seksie. Ek dink hulle vertel mekaar van al onse tricks. Vergeet maar van:-

Vrydae middae se barlunch waar slegs ons die land se probleme kon oplos. Die tydjie wat ons gehad het om die barladies te tjaff is verby. Die topless girls wat tog so gedienstig ons dop en dam aangedra het. Ek huil oor dinge wat was. Hoekom? Want deesdae gaat my vrou saam. As die wiel draai, klim sy. Ek kan nie meer ‘n ‘besigheidslunch†vat nie, of sy slaat daar uit.

Ek join toe mos ‘n skietklub. Jag is hier ‘n grap en moord. Sal sy nie wragtig ok ‘n lid word nie. Sy wou nooit saam met my gaan jag nie. Maar nee, hier wil sy ok skiet. Wat my die hartseerste maak is, sy skiet beter as ek. Ek wat ‘n skerpskutter was, kry op my moer by my vrou as sy die pistool opvat.

Ek bestel nou die dag vatbier vir my en “lenom lime and bitters†vir haar. Nee seg sy. Sy wil ok ‘n bier hê. ‘n Pint nogal. Ek is tjoepstil en verwonder my net.

Raai wie was die wasgoed deesdae? Reg geraai. Kiepie natuurlik. Nou is ek eers bly dat ek daai tyd ‘n outomatiese ene gekoop het. Al probleem is, ek moet gereeld die boeke vat om die regte program in te stel.

Ek was al die skottelgoed sonder om een te breek. Waar dit my vroeër ‘n uur gevat het, draf ek hulle nou in‘n kwart uur deur. Tony Danza is ‘n vulletjie sê ek vir julle.

Gelukkig het ek vir haar ‘n lekker industriële stoom stryk yster gekoop, destyds. Ek sien al dat stryk my voorland is. Ek steek dan al glad die onderklere tussen die ander goed weg as ek hulle ophang. Ek skaam my dood as die buurman my so beloer.

Wanneer laas het julle vloere gewas? Toe, dink ‘n bietjie. Toe julle nog laaities was en julle ma’s nog na julle gekyk het. Boetie, wag maar hier leer jy vinnig. Koop een van daai stoom besems. Ek het. Hy spaar my baie tyd.

Ek wyer nog om my been hare te skeer. ‘n Man het darem nog sy trots.

Gaan nou nou “Days of our lives†kyk. As jy in Rome is….

Moet nou aflui. Vroulief kom nou nou vannie werk af en dan soek sy tee. Ai ai ai.

Boys, bly in RSA. Hier is dit hel oppie aarde in Oz.

NS. Vrouens bestuur nie, hulle dryf. So WHêêêêêê.

Link to comment
Share on other sites

Hi Janstoof.

Thanks for your story, loved it. Made my afternoon. :ilikeit:

bye for now, Jill

Link to comment
Share on other sites

Ag Shame Jan Stoof, dis 'n harde lewe ne? Ek het rerig nou lekker gegiggel hier by my lonesome self. :blink:

Hoe gaan dit met die ghout? :ilikeit:

Groete en se maar as jy enige raad wil he oor huis skoon maak...ons kan mos alles doen. :whome:

Link to comment
Share on other sites

Maar my...Dis 'n Lekker ou Jan...

Post jou address, ek kan net imagine 'n paar van ons boys sal naby jou wil intrek, of self jou nuwe buurman word.

Maak maar jou prys, dan stap jy om en kom doen my wasgoed en skorrelgoed ook - Thx dat jy so openlik aanbied!

Als vd beste.

En klim vd forum af, jou werk wag!

kekekeke

Link to comment
Share on other sites

O my aarde...hier kom 'n ding!

Een van die dae het ons op OZ national TV

"Desperate Husbands"

of

"Destitute hubbies"

of MNET/SABC2 sal die regte koop en dit vertaal na

"hulpelose huishouers"

Link to comment
Share on other sites

Oom Jan lyk my RSA is after all nie so sleg, ek dink ek bly maar.

Groetnis

Sakkie

Link to comment
Share on other sites

Kan ons nie al die mans na jou stuur vir lesse nie asb. :ilikeit:

Ooo nou is ek inni moeilikheid!!

Dalk kan jou raat om kortpaaie te van en dinge makliker reg te kry ons almal help. Nothing beats experience

Edited by Godan
Link to comment
Share on other sites

Oom Jan,

Ek gaan jou een van daai strykysters stuur met die kreukels in. Dit werk op enige materiaal.

Link to comment
Share on other sites

Great om weer 'n "sommer net nonsens" te lees Oom Jan!! LOL!!

Sterkte met die werkies!!! Ek dink ek moet my liewe man bietjie meer huiswerk laat doen dan sal hy nie so blerrie besig wees om 'n Plasie te soek nie!!!

Hy maak my boude lam, ek willie innie bos ga bly nie!! Ma hy wil 'n dam met eendtjies en hoenders en 'n bok en 'n koei en 'n ....o genade, help!!!

No worries laat ek maar gaan vloere was.

Link to comment
Share on other sites

Ons is oppad (hoop gou). Kan ek my man ook vir opleiding stuur. Dis seker iets waarvoor ek die bangste is, het my lewe lank nog 'n bediende gehad en ek en my kinders is baie bederf.

Alla

Link to comment
Share on other sites

Gelukkig het ek grootgeword in 'n huishouding waar ons self moes sorg vir die alledaagse takies, maar ek dink tog ek het ok maar bederf geraak die afgelope paar jaar. Lyk my ek sal vinnig vir my vrou 'n vriendeklub moet help bymekaarkry om darem so 'n paar oomblikke van rus te kry :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Nilo,

Ek weet nie of jou man jou genoem het van koeie/bokke melk, eende/ganse kosgee, varkhokke skoonmaak ens.

En as julle plaashuisie dalk 'n misvloer het, dan hoef jy nie TE bekommerd te wees oor vloerwas nie.

Wat ek wel moet se is dat jy 'n yslike erf gaan he en jy sal vir omtrent 500m na enige kant toe alles wat kan brand moet weghou. Bome/plante/onkruid.

Weet jou man hoe om draad te span? En windpomp/monopomp se pype te trek uit boorgat? Hopenlik het julle elektrisiteit, want anders gaan julle nog met kragopwekker/converters en batterye moet spook. En vuur maak in die donkie vir warm water. (dis nie 4 voet heee-hooo donkie die nie).

Saam met diere kom vliee......

Link to comment
Share on other sites

Eish Biker wat praat jy!!!????

Die liewe man van my is darem 'n lektricien en hy ken van sweis en hy laaik enjins en en en en.

Het toe gister vir blerrie 12 ure gery en gaan plasies kyk!! My arme boude!!!

Nee wat ek sharrap maar die man van my!!! Eish!!!

Link to comment
Share on other sites

Ag Nilo, dis regtig nie so bad op 'n plasie nie, kyk hoe lekker maplot ons daar in Bellbrook. Manlief sal seker maak jy't 'n mooi huisie met krag en toilet. Hy lyk na 'n agtermekaar ou don't worry.

Link to comment
Share on other sites

Eish Biker wat praat jy!!!????

Die liewe man van my is darem 'n lektricien en hy ken van sweis en hy laaik enjins en en en en.

Het toe gister vir blerrie 12 ure gery en gaan plasies kyk!! My arme boude!!!

Nee wat ek sharrap maar die man van my!!! Eish!!!

ek wil n plasie he....en n koei wat ek kan melk om kaas te maak....en n BLEDDIE HEINING WAT BASSETS INHOU!!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Jan,

Jy sien wat maak jy? Skryf 'n ou klein ietsie hier en dan bly jy stil. 16 post later en skoon van die topic af, gesels ons nog en jy se niks. :whome:

Waar is jy en waar is die nonsens stories? Hoekom moet ons so lank wag en hoe gaan dit rerig met die ghout? :blush:

Praat man... :ilikeit:

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Haai julle. Sorry Betsy, maar ek werk. Of liewer my maag werk. Ek soek werk. Ek werk omtrent net 2 dae 'n week en die res vannie tyd soek ek werk. Gaan maar swaar vir 'n ou man om mense die heuningkwas te gee om werk te kry. Maar wat ons lewe. Ek is besig om aan 'n opvolg vir die vorige stukkie te werk. Om skrywer te wees is harde werk en ek is juis nou allergies met die huiswerk saam. Maar daar is lig. Ek gaan more saam met Bob visvang. Amper twee jaar nadat ons geland het gaan ek weer probeer. Hy sê ons blindes gaan mekaar moet lei. Maar ek dink hy is 'n perd van vele talente en ken van. So wag maar, hier kom 'n visvang storie sometime. So cheers vir eers. Moet gaan oefen om net na die rooies te kyk. Die gout maak my nog dood en ek ondersoek dit ook of dit nie beter is om sonner tone rond te loop nie. Lankal lus vir een van daai battery aangedrewe rystoele. Sal my tenminste weg kry van die skottelgoed wassery. 'n Ou kan mos nie sit en was nie. Tot later. O ja en die idee is dat die mense moet skryf om hulle verlange te vergeet.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...