Jump to content

Rooibos tee


au3

Recommended Posts

Hi almal

Ons vlieg einde April na Mebourne. Bid maar vir ons , ek dink dit gaan 'n laaaaang vlug wees met 2 klein seuntjies. :)

Wel wat ek vreeslik graag wil weet is, mag ek rooibos tee saam vat. My jongste is 2 en hy is baie lief vir sy teetjie in die oggend na hy opgestaan het. Ek weet ek sal sekerlik rooibos tee in Melbourne kry, maar will graag saam neem vir die vlieg en die eerste ruk nadat ons gearriveer het. Wat is doanne se houding teenoor so iets? As ek dit wel in die land mag in bring, moet dit in 'n geseëlde pakkie direk uit die winkel wees?

Wat van koekies of snacks, ons gaan min-of-meer 19:00 land in Melbourne, en nugter weet hoe laat by die lughawe uit kom. Dus sal ek maar gereed wil wees met ietsie om te eet en drink. Jong ons weet nog nie presies wie gaan ons kom oplaai nie, en ek wil nie dan hê die arme siel moet rond ry vir allerhande eetgoed nie.

Ooooooooooo en wat van ontbyt die volgende oggend. Aggenee nou worry ek, eers was dit net 'n eenvoudige vraag oor rooibos tee, en kyk waar trek ek al.......ontbyt.

So almal wat dink ek stress sê "I". :)

Wag laat ek liewers gaan voor ek nog iets vind om oor te worry. :whome:

Audrey

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ek sal ook graag saam Audrey wil weet oor die rooibostee. My jongste is bietjie van 'n allergiese outjie en die rooibos is omtrent al wat hy ook drink. Wil ook sommer 'n paar pakkies saamvat in die tasse. Ek weet dat doeane streng is oor kruie en kruietee's en so aan maar sien nerens op die rooibospak iets van dat dit 'n kruietee tipe is nie. Is daar dalk mensies in Australia wat vir ons kan se of mens dit daar op die rakke kry (ek gaan ongelukkig Tasmania toe, nie veel S.A daar nie) en of mens soos Audrey vra dit kan invat deur doeane, nog in verpakking, geseel ens.

Dankie vir die hulp.

Groete, ILze

Link to comment
Share on other sites

Luckily you do get Rooibos in the supermarkets here and bringing it through customs is no problem as long as it is still sealed in original package and you declare it. I brought lots, especially the herbal one, my family only drink Rooibos as well, and my kids are 18yrs, 20yrs and 24yr! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Thanks Colton, that's great news. Appreciate you taking the time to answer. One thing less to worry about then!

ILze

Link to comment
Share on other sites

Hi Daar,

Toe ons oor gekom het thet ek ook Rooibos saam gebring en dit declare by die doane net om veilig te wees. Dit was glad nie 'n probleem nie. Jy mag net glad nie goed bring wat vleis of eiers in het nie, hulle is baie streng oor hout en self naeltjies in kos. En julle sal selfs nie die appels wat julle op die vlug kry kan van die vliegtuig af vat nie. So ongelukkig, geen vrugte, groente, biltong of enige sulke goed maar tee bring soveel as wat jy kan inpas, maak net seker dis not geseel.

Gelukkig het die SA winkeltjie in Melbourne baie tee so jy sal weer kan kry.

Lekker vlieg.

Link to comment
Share on other sites

Hi StAngel

Dankie vir die raad. Jong ek is bly om te hoor van die winkeljie in melbourne. Ek wil werklik net voor bereid wees vir die eerste paar dae, sodat ek nie reg van die begin af moet rondhardloop vir iets so eenvoudig soos Rooibos tee nie.

Is daar dalk iets anders wat julle kan voorstel om in te pak vir die eerste ruk, totdat mens jou voete gevind het.

Audrey

Link to comment
Share on other sites

Dis darem nie net die SA winkel wat Rooibostee verkoop nie.... ek kry dit by my local Coles en Safeway.... dit was altyd net onder Vital te kry (as herbal tee), maar deesdae sien ek Lipton het ook n Rooibos tee wat hulle aanhou!!

Sterkte!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie Catz, goed om te sien rooibos is so volop in die land van Australia. Goed gaan.

Groete, ILze

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...