Jump to content

Liewe Canberrans, het jul raad nodig

Aneldari

Recommended Posts

Liewe Canberrans

Hierdie post is oor 2 onderwerpe, maar wat dit in gemeen het is ‘Canberra’.

Ek en my man, Johan, het so paar maande terug besluit ons wil Canberra ons tuiste maak. Ons is mal oor wat die Canberra als bied. Asemrowende natuurskoon, plattestad gevoel (nie te groot/nie te klein), geleenthede wat dit vir ‘n gesin het, reën, en, en, en...

Onderwerp 1: Ons is desperaat opsoek na werk in Canberra. Ons albei is onderwysers. Johan is ‘n tegniese onderwyser (elektries/elektronies hoofvakke, maar kan als doen), ek is “’n ietsie van als†– al wiskunde tot en met Yr. 9, rekenaar toepassings tegnologie (Yr 10), maar my hoofvakke is eintlik rekeningkunde, besigheidstudies, ekonomie. Op die oomblik is ek ‘n temporary relief teacher en het al alle tipe vakke by die plaaslike laerskole gegee.

Saam met dit het ek ‘n B.Com: Business Management graad, maar ek het nie werklik relevante werksondervinding in daardie lyn nie. Johan kan ook baie doen in die trade rigting, maar het ongelukkig nie die papiere daarvoor nie.

Ek is dadelik beskikbaar om te werk en gee nie juis om waar ek begin nie – admin poste is ook reg.

Johan kan eers aan die einde van Junie hierdie jaar klaarmaak by sy huidige skool.

Hierdie is ‘n baie groot gebedsaak vir ons. Die Here het ons al baie geseën en Hy doen dit steeds. Ons vertrou Hom volkome. Maar mens sal nie kan ontvang as mens agteroor sit en niks doen aan jou gebedsaak nie.

Ons het al die internet voos gesoek en oor die net vir honderde poste aansoek gedoen, maar tevergeefs. Ons gaan in die April vakansie Canberra toe gaan en fisies na recruiment agencies toe gaan – face to face is maar die beste.

Indien enige iemand dalk weet van ‘n werksgeleentheid, sal ons dit ongelooflik baie waardeer as jul ons kan laat weet. Dit sal vir ons waarlik ‘n seëning van die Here wees.

Onderwerp 2: Het betrekking tot bogenoemde. Ons wil baie graag hierdie April vakansie na Canberra kom en werk soek en die plek beter leer ken. Ons is buitemense en ons sal kamp as ons moet, maar jong dit lyk vir my bietjie kouerig...

Ons laaste spaargeldjies het ons uitgegee toe ons uit land uit moes gaan vir ons PR anders sou ons maar in ‘n motel ingebook het.

Ek het toe nou gewonder of iemand dalk weet van mense wat hierdie vakansie weggaan en ‘n betroubare persoon/paartjie soek om na hul huis/troeteldiere om te sien. Ons is bereid om te betaal ook.

Enige iemand wat dalk raad, wyse woorde, info, oplossings, enigiets, het kan my graag PM.

Wel, dis nou ‘n mondvol.

Byvoorbaat baie dankie!

Groete

Aneldari

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Hi daar, ek het nou eers gesien dat julle blyplek soek. Het julle reggekom? Of beplan julle nog om te kom? Laat my dringend weet, ek het vir julle gratis blyplek.

ninaricci46@hotmail.com - is elke dag op die net en sal dadelik antwoord.

Sorry man

Dis beter om die recruitement agencies direk te nader, of Maatskappye, ek sal bietjie 'n ogie gooi en ook kyk waar ek my voelers kan uitsteek

Link to comment
Share on other sites

http://www.det.act.gov.au/employment/teach...rra/recruitment

Hi daar

Ek het op die bogenoemde "link" afgekom waar hul "recruitment" doen vir onderwysers. Dalk help dit ?

Ek dink ook Canberra is 'n goeie opsie - het vandag eers uitgevind dat my beroep op hul Skills on demand list is!!!! :ilikeit:

Hoop jul kom gou reg

Bienkie

Link to comment
Share on other sites

Hi :lol:

Baie dankie vir die inligting en bereidwilligheid om te help. Daar is 'n goeie moontlikheid vir Johan by 'n goeie skool, maar ons sal meer weet binne die volgende 2 weke. Hou maar asb B) vas!

Ek weet ek gaan amper dood wil gaan van die koue in die winter, maar weeg dit op teenoor al die positiewe dinge van Canberra, dan skiet die koue ver te kort

Bienkie, sterkte ook met jou goedjies, ek's so bly dat jou beroep op die lys is, jong, dit maak groot verskil.

Ek sien ook nou eers jou pos raak - ons is al 4 jaar in Canberra en het ons eerste 3 jaar net so 100km van Pirie af in Booleroo Centre gebly - ons kinders se skool het 'n paar RSA onnies en hull het oop poste - praat met hulle: http://www.bcc.act.edu.au/default.asp?id=48

Groete

Thinus

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...