Jump to content

shiney: Hartseer familie van Centurion


shiney

Recommended Posts

Hi, almal. Ek het nooit gedink die dag gaan kom nie, maar nou ja hier is ek (my vrou en ons 20 maande oue seuntjie). Die familie (vrou se ander 3 susters, ook van Pretoria) het 'n paar weke terug oor die onderwerp by 'n funksie gepraat toe ons besef dat hulle het almal ook al oor die OZ-onderwerp gedink en dat hulle besig is om intensiewe navorsing te doen. Ons het tentatief besluit dat ons almal so na as moontlik na die selfde stad toe moet gaan. Op die stadium klink dit vir my of Melbourne die aangewese plek gaan wees. Ons gaan die proses aan die gang sit en aangesien ons nie te haastig is nie gaan ons alles in plek kry en die visums as 'n versekeringspolis hou totdat ons nie meer anders kan as om 'n beter lewe te gaan soek nie. Ek is bly dat ek die forum raak gekliek het. Ek hoop dat ek hier genoeg inligting kan kry om die proses so goedkoop moontlik te kan aanpak sonder om myself in die voet te skiet. Hopelik kan ek na alles weer vir ander op die site van waarde wees.

Link to comment
Share on other sites

Hi daar en welkom. :ilikeit: Ek dink vir almal is dit maar 'n hartseer besluit, maar op die ou einde weet jy dis die regte besluit. Jul kan gelukkig wees dat jul as familie saam wil gaan. Sommige van die mense hier se familie is negatief oor hul besluit. :rolleyes:

Ek persoonlik doen dit vir my kinders. Ek wil ook nie in 'n land bly waar die mense my lewe kan neem net omdat hul nie van my velkleur hou nie.

Lees, lees en lees. Jy sal wel jou antwoorde kry. Sterkte

Vlam - ook van Centurion

Link to comment
Share on other sites

Hallo Shiney

Ek is ook oorspronklik van Centurion en sien al hoe meer mense op die forum van daardie omgewing - soos Vlam en Natalie3.

Ons bly nou in Melbourne en nog glad nie spyt nie (+/- 18 maande).

Baie sterkte met die proses. Julle is baie gelukkig dat die hele familie verstaan en ondersteunend is.

Praat gerus as daar Melbourne-verwante vrae is en lees Mara se "topics" onder Melbourne, daar is baie inligting beskikbaar.

Welkom!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...