Jump to content

verlate en verlore


Blossom

Recommended Posts

Hy staan daar met ‘n spierwit gesig, doodstil, terwyl ek met trane in my oe na hom staar

‘Moenie my nou los nie, asb.’ pleit ek woordeloos, terwyl ek net kan bly staar.

Hy het my lankal gewaarsku dat ons tydjie saam op ‘n einde is, maar ek wou dit nie glo nie. Nooit gedink dat die steunpilaar in my lewe so iets sal doen nie want ons kom al ‘n lang pad saam.

Ek draai om en val op my bed neer, voel hoe die snikke in my opstoot en toe breek die dam wal. Ek huil onbeheersd.

‘Hoe kan hy?’ dink ek. Het ek dan nie mooi na hom gekyk nie, was ek nie altyd daar vir hom nie?

Veral Maandag oggende, dit was ons spesiale tydjie saam. Wanneer almal weg is werk toe, was dit ek en hy. Dan het ons saam gewerk soos ‘n ge-oliede masjien. My lewe was volmaak saam met hom.

Nou is hy koud en stil en my hart gebroke…ek het nie die moed om aan te gaan sonder hom nie. Ek voel of ek kan terug klim in die bed en nooit weer opstaan nie. Hoe kan hy?

Weet hy dan nie dat hy alles vir my beteken nie?

Ek staan traag van die bed af op en loop na hom toe, raak saggies aan hom….pleit met hom. Maar hy wil niks weet nie en bly doodstil. Ek voel die ysige koue wat hy uit straal en ek weet dis finaal. Dis verby.

Net more sal hubby vir my ‘n nuwe wasmasjien moet gaan koop…myne het die gees gegee vandag.

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Hallo KD,

Weet watter ongelooflike pyn jy deurmaak !! Myne het nie net die gees gegee nie, maar my met 'n hewige hoesbui in my uur van nood verlaat !! <_<

Maar ek het hom dadelik vervang met 'n nuwe een, 'n mooi blinke met baie knoppies en gadgets !! Sal hom wys om my netso te los !!! :whome:

Innige simpatie met die verlies van die oue, maar alle geluk en voorspoed met die nuwe !!! :ilikeit:

Groete,

Leza

Link to comment
Share on other sites

Guest natalie3

I had to wash all out clothes by hand in the bath for 6 months!!!..this was just when hubby and i moved in together..no maid...no washingmachine!!..

..this story really struck a cord!!!

Link to comment
Share on other sites

Antjie, jy is 'n blikskottel. Jy het my gevang. Ek begin lees en sê vir myself. "aggenee, nie dit ok nog nie" Kom by die laaste sin en bars uit vannie lag. Beskou jouself as gevloek. Mag daai witmeid julle baie geld kos. Groete.

Link to comment
Share on other sites

Jissie, KD. Wee jy wa se beklemming jy om my hart vi-oorsaak het. My maggies, jou ploegpoerring. Ek het amper by voorbaat in trane uitgebars. Vi straf sal jy 'n paar weke medi handjies was. ok!

Link to comment
Share on other sites

Medi handies? Jy speel. As ek nie vandag 'n nuwe een kry nie sal hubby maar trap!

Link to comment
Share on other sites

Haai siestog, en daar kry ek jou dadelik jammer. Ja-nee sien vir Hubby reg. Lekker shop en ek hoop jy kry 'n goeie een op 'n moerawiese special.

Lovies

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...