Jump to content

Adriaan Stander: Handskud


Adriaan Stander

Recommended Posts

Hallo almal / Hi all

Wil darem net gou-gou myself bekendstel. Ek is dom met die forum ding ('n eerste vir my), so verskoon maar as ek nog nie heeltemal die etiket en protokol onder knie het nie. My naam is Adriaan Stander, ek is 'n stadsbeplanner van Kaapstad en het onlangs 'n goeie pos in Yeppoon gekry. Ek gaan vir die Rockhampton District Council werk. Yeppoon is 'n klein vakansiedorpie, ongeveer 600km noord van Brisbane teenaan die kus en sowat 45km van Rockhampton (die grootste dorp/stad in die omgewing). Blykbaar gaan ek maar lekker buk onder die hitte - gelukkig sal ek my kop in die seewater kan druk. Moet nog net uitvind of daar krokke in die see swem :whome: Ek is tans in afwagting vir die werk in daardie kant om hulle gedeelte van die sponsorship en nomination af te handel, waarna ek dan my 457 visa aansoek sal kan loods.

Op die oomblik is ek besig om my goed hier in Suid-Afrika af te handel - wat 'n berg om oor te klim! Wens daar was 'n kabelkarretjie! Gelukkig is dit seker vir 'n enkel outjie soos ek iewat makliker om op te pak en weer te begin. Ek probeer om nie te veel oor die hele proses te stress nie en maak eerder 'n "fun" tydverdryf daarvan - onder andere om baie op te lees en my huiswerk oor Aus te doen. Op daardie punt, baie dankie vir al julle inskrywings met advies sovêr. Dit is lekker om te lees en te weet dat ek al ou met 'n spaan in die bootjie is nie.

Groete

Adriaan

Link to comment
Share on other sites

Welkom Adriaan! :whome:

Hoop alles verloop vlot vir jou en wees gerus... daar is baie van ons in daai einste bootjie! :blush:

Cheers Mau

Link to comment
Share on other sites

Dankie man! Gaan nog baie advies vra - soos byvoorbeeld hoe om hierdie forum te gebruik. Dom verby! hehe

Link to comment
Share on other sites

HI Adriaan

Enjoy!

jy het 'n werk en 'n bestemming!

nou's dit net die klein stukkie tussen :whome: hier en daar onder!

Link to comment
Share on other sites

Hi Adriaan, and welcome to it, plenty of advice and knowledge to keep you busy here :ilikeit:

You are doing the right thing, do not lose sight of that, whatever obstacles might get in your way!

Link to comment
Share on other sites

Welcome to the forum Adriaan - and welcome to Queensland! Yeppoon is a great little place and close to Rockhampton which has a fair shopping and entertainment opportunity. Rockhampton is the beef capital of Queensland and depends on farming and mining for its development. Yeppoon is the first of the coastal developments along that stretch of coast - kind of finishes at Emu Park at the moment. The Great Barrier Reef starts at Gladstone - q100 kms to the south and in the offshore area where you will be living there are lots of islands and Great Keppel has some great snorkelling.

We live in Gladstone but I know that there are lots of SAs in Rocky and you will soon be absorbed into the local scene. Just come and be prepared to fit in - People here are usually great so dont worry too much. Crocs in the sea???? well, there are warning signs up at several places but my advice would be to swim at a patrolled beach - where there are life savers - and you should be good.

Most places have a swimming pool - so there is that alternative. the big saltwater crocs are found more north like in Darwin where you wouldnt swim in the sea! They tell me that they are found in the harbour area there! You are very very lucky to have a job to come to and such a nice place to start off. Good luck and may your journey be a rewarding one.

Pat

Link to comment
Share on other sites

Welkom Adriaan

Die bootjie van ons lyk vir my aldag meer soos 'n Amerikaanse vliegdekskip.... Geniet dit.

Groete

Herman

Link to comment
Share on other sites

Thank you all.

I've done some research on Yeppoon & Rockhampton, but didn't find a lot of information. Pat, the information you gave just confirmed on how lucky I am. At the moment I'm trying to get an idea of what rent is like in Yeppoon. According to some of the property rental websites, rent for a small two bedroomed house starts at $280 a week....and it seem like there's not allot of flat development (the obvious option for a single guy) in the area.

Adriaan

Link to comment
Share on other sites

  • 2 months later...

Hi Adriaan

We live in Rocky, please contact me if you need any info.

Keep well

Elmaré

Link to comment
Share on other sites

Dag neef !

Is die forum nou die enigste manier om kontak te maak !!?? ^_^ Wanneer vlieg jy ? Jy moet darem wraggies 'n draai kom maak voor dan !

Alida

Edited by Alida
Link to comment
Share on other sites

Hi Adriaan

Welkom ! ^_^ EN STERKTE met al die beplannings en vorms en wag en wag en .....

Groete

Naomi & Kie

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal / Hi all

Wil darem net gou-gou myself bekendstel. Ek is dom met die forum ding ('n eerste vir my), so verskoon maar as ek nog nie heeltemal die etiket en protokol onder knie het nie. My naam is Adriaan Stander, ek is 'n stadsbeplanner van Kaapstad en het onlangs 'n goeie pos in Yeppoon gekry. Ek gaan vir die Rockhampton District Council werk. Yeppoon is 'n klein vakansiedorpie, ongeveer 600km noord van Brisbane teenaan die kus en sowat 45km van Rockhampton (die grootste dorp/stad in die omgewing). Blykbaar gaan ek maar lekker buk onder die hitte - gelukkig sal ek my kop in die seewater kan druk. Moet nog net uitvind of daar krokke in die see swem :ilikeit: Ek is tans in afwagting vir die werk in daardie kant om hulle gedeelte van die sponsorship en nomination af te handel, waarna ek dan my 457 visa aansoek sal kan loods.

Op die oomblik is ek besig om my goed hier in Suid-Afrika af te handel - wat 'n berg om oor te klim! Wens daar was 'n kabelkarretjie! Gelukkig is dit seker vir 'n enkel outjie soos ek iewat makliker om op te pak en weer te begin. Ek probeer om nie te veel oor die hele proses te stress nie en maak eerder 'n "fun" tydverdryf daarvan - onder andere om baie op te lees en my huiswerk oor Aus te doen. Op daardie punt, baie dankie vir al julle inskrywings met advies sovêr. Dit is lekker om te lees en te weet dat ek al ou met 'n spaan in die bootjie is nie.

Groete

Adriaan

Ons is in dieselfde bootjie, ek wag ook vir die nomination om klaar te kom, vul allerhande vorms in , 'n 1066 , 'n 956 en ek is sommer lus vir 'n 7.62 of TNT as dit so aangaan. Hierdie oppakkery is 'n moeilike storie hoor. Nous ons huis ook nog so dat ek eers nog bietjie wil "renovate" voor ek die ding in die mark sit, of dalk uithuur omdat die mark so sleg is, of...bla bla bla. Dis tien keer erger met vrou en kinders hoor. Hoe ek al hulle goed in 'n 20ft container gaan inkry weet nugter.

In elk geval, welkom.

Link to comment
Share on other sites

Ons is in dieselfde bootjie, ek wag ook vir die nomination om klaar te kom, vul allerhande vorms in , 'n 1066 , 'n 956 en ek is sommer lus vir 'n 7.62 of TNT as dit so aangaan. Hierdie oppakkery is 'n moeilike storie hoor. Nous ons huis ook nog so dat ek eers nog bietjie wil "renovate" voor ek die ding in die mark sit, of dalk uithuur omdat die mark so sleg is, of...bla bla bla. Dis tien keer erger met vrou en kinders hoor. Hoe ek al hulle goed in 'n 20ft container gaan inkry weet nugter.

In elk geval, welkom.

Hallo Adriaan,

Hoe gelukkig kan 'n man dan nou wees! 'n Nuwe werk, 'n nuwe tuisland en soveel wonderlike forumiete om jou welkom te heet en in te lig oor jou nuwe tuiste! Sterkte met al die reelings en laat weet ons wanneer jy vertrek. Van jou snr. familie in BFN!

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...