Jump to content

Iemand om mee te praat?


Blossom

Recommended Posts

Ek sit hier vanaand in ‘n toestand. Ja, ek weet sommige mense dink ek is maar net ‘n tannie met ‘n pienk hoed en pienk pajamas wat niks het om te doen nie. Daar is tot selfs die wat my ‘ignorant ‘ genoem het.

Dan is daar die threads wat sommer net stop as ek daarop geantwoord het.

En ek weet ek is dalk ‘n ‘slice of ham short of a sandwich’

Dis alles ok met my, ek is happy en merry…sommer net ‘ek’.

Maar tot self ek weet as die popo die fan gaan tref. En ek hoef nie ‘n siener te wees nie.

Waarvan ek praat?

Middelseun bel ons vanaand, nou net van die foon af geklim en hubby en ek staar mekaar woordeloos aan. Nie een van ons weet wat om te se nie. Na so 4 minute sug hubby en al woord wat by sy mond uitkom is f*k! Ek skrik my rug uit lit uit oor daai woord maar se niks nie. Ek weet mos wanneer om stil te bly. Toe staan hy op en nou sit hy voor die rekenaar en google vir ‘n vale hel.

Hy soek na Australian format curriculum Vitaes. Vir ons 2 mansmens kinders wat nou nog daar sit en kyk hoe alles om hulle inval soos Jerigo van ouds se mure.

Middelseun se Ouboet is twee dae afgeboek van die werk af, ons mag nie weet nie want dan sal ons te veel stress. Maar nou weet ons en ons stress. Hy is afgeboek omdat hy sy humeur verloor en sy baas met die wit oe en nog witter tande vertel het van Dawid en die wortels.

My kinders is slim, aard nie na my nie. Hulle werk hard en daarvoor vat ek die credit.

Al Ouboet se harde werk word nie erken nie en al die credit gaan na Wit oe toe. Toe ontplof my kind met ‘n moerse bang. Daarom is hy nou afgeboek. Hoe lank hy nou nog sy werk gaan behou weet ek nie.

Middelseun se hulle verwag dat petrol die R9.50 merk gaan slaan nou enige tyd. Dit kos hom alreeds R60 per dag net om by die werk te kom en waarvoor werk hy dan? Vir petrol geld? Kan nie eers meer ‘n Coke bekostig nie.

Hy se hy en sy Ouboet het gisteraand lank gesels en hulle gaan nou verseker hulle paspoorte hernu en begin canvas vir onderhoude hier.

Ek hoor dat daar sprake is dat hulle die universiteit van die Vrystaat gaan toemaak met al die gepiepie of nie gepiepie nie. Hoe kan hulle so iets doen? He?

Tswane se universiteit……ek ken iemand daar, praat min met haar die afgelope rukkie. Ek wonder of sy die mense ken wat daar vermoor is. Dis nou die mense waarvan ek gelees het op News 24- Die Beeld van vandag. Ek wonder of sy ok is…..ek moet haar tog e-mail.

Ek is regtig nie ‘n clued-up-met-die wereld-gebeure mens nie, maar wat hoor ek van ‘n ten volle opgeleide, wapen parate weermag wat erens in die buiteland wag vir die woord ‘Go’ om Suid Afrika binne te val? Los dit maar, dis net iets wat ek gehoor het….

Dis alles net die tippie van die ysberg, almal van ons weet van Zuma en sy 4 vroue. Van S.A.wat die eerste land is waar die lands se leier ‘n ou tronk voel was en van die ministers wat se die mense moet vroeer bed toe gaan sodat hulle uitgerus is die volgende dag se werk. Dis nou om krag te spaar wat daar in elk geval nie is nie. Moet ek aangaan….nee, wat.

Gewoonlik lees ek nie die nuus nie, ek hou dinge maar lig en maak grappies. Ek hou daarvan om mense moed in te praat en te help met raad as ek kan hier op die forum.

Maar maggies, hoe sit en worry ek nie vanaand nie! My stress levels is hoog, ek weet ek gaan nie vanaand slaap nie. Hoe, se my net asseblief tog net hoe, moet enige iemand daai kant rus vir hulle siele kry? Aan die een kant is ek so bly dat daar nog nie klein kinders is nie.

Hubby sal seker ook nog lank besig wees daar in die study vanaand.

As julle my soek…..ek is op my kniee daar in my kamer.

Liefde en vredevolle groete,

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ek weet nie eers wat om te sê, behalwe sterkte vir jou kinders en vir julle.

Andrea

Link to comment
Share on other sites

Hi Kannidood

Dinge gebeur party keer vir n rede, en ek hoop dat dit in julle geval na n positiewe uitkoms sal lei. Klink nie asof daai situasie enigsins gesond was vir sy siel nie. Beter uit as in. Miskien was dit op n manier nodig gewees, ek sal nie weet nie - ek ken julle situasie nie. Al die beste - N.

ns. Moenie ophou post nie :)

Link to comment
Share on other sites

Ag, KD, ons dink vanaand aan julle! Ek voel ook soms 'n beklemming as ek dink my Mammie en Skoonfamilie is binne in daai plek...

Die Here is NOGSTEEDS in beheer, al vang wie ook wat aan. Ek weet Hy het 'n plan met jou seuns en met julle... en Hy sal sorg vir hul uitkoms(uittog?)

as dit Sy wil is. En Hy se tog in Sy Woord dat Sy planne vir ons is vir voorspoed en nie teespoed nie, planne vir 'n hoopvolle toekoms!

Lekker slaap, en wees rustig, God is in beheer, nie mense nie.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ai tog, die stres. Maar onthou - hierdie is 'n preek wat my pel vir my gegee het (en nou preek ek sommer vir myself ook) : you worry, you die, you don't worry, you die, so why worry?

Jou antwoord is gewoonlik so ver soos wat jou knieë van die grond af is. Mens weet nie altyd die rede nie, maar soms na 'n paar jaar maak dinge sin, dan besef jy dis ten goede beplan. Los nou maar die "hoekom" en vra vir 'n oop deur vir die "waarnatoe".

Sterkte ou Girl

Link to comment
Share on other sites

Nou sit ek sommer in trane :) Ek kry ook partykeer 'n benoude gevoel oor my ma en pa wat nog in SA is. Maar, daar is 'n Plan met alles wat gebeur in hierdie lewe. Ons is nooit alleen nie.

Vasbyt en sterkte

Susanna

Link to comment
Share on other sites

Hi Kannidood, ons is ook nog hier in SA en gaan eers die einde van die jaar oor Sydney toe. Onthou net ons almal hier aanvaar alles makliker. Ek is seker alles sal reg uitwerk. Gelukkig weet die Here wat om oor ons pad te laat kom. Hou aan bid, alles sal uitwerk. Alles gebeur ten goede.

Link to comment
Share on other sites

Hi Kannidood

Vir my is jy nie net die tannie met die pienk hoed en die pienk pajamas nie. Ek lees altyd alles wat jy skryf. Lag saam jou, huil saam jou. Kuier saam jou - al weet jy dit nie altyd nie. Wens ek het in Adelaide gebly dat ek jou kon ontmoet. Moenie so in jouself twyfel nie - soms lees mense net ander threads en dis hoekom hulle nie antwoord as jy iets geantwoord het nie - dis nie persoonlik nie.

Oor die seuns. Dis dalk goed dat dit gebeur het. Nou kan hulle hul gatte in rat sit en hiernatoe kom sodat julle weer saam as 'n gesin op een kontinent kan woon. Dan is jou liefste en dierbaarste by jou en veilig. Kan julle hulle nie oorvlieg om vir interviews te kom nie?? Air Mauritius het 'n goeie special aan via Flightcentre (dis nou Perth toe).

Ek sit self baie bekommerd hier - al my familie is nog in SA, en hulle wil glad nie byt om hiernatoe te kom nie. Soos jy noudiedag gese het - hulle speel russian roulette!!

Ag KD - jy sal sien, dinge sal uitwerk. oor 'n ruk het jy dalk nie meeer tyd vir jou forum familie nie so besig is jy met al die seunskinners weer in die huis in Adelaide.

Hou moed - ons dink aan jou en ons laaik jou kwaai.

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

DANKIE julle,

....vir die luister en verstaan en die woorde van bemoediging en die pm's. Ek voel goed vanmore. Sien, ek het mos gisteraand al die probleme en bekommernisse in die Heer se Hand gesit. Hy het belowe om plan te maak en ek vertrou op Hom. So, ek voel goed.

Dankie vir die luister...

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Ek is bly as jy beter voel vanoggend. Hou moed alles het n doel. EK dink aan jou.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Ek is bly as jy beter voel vanoggend. Hou moed alles het n doel. EK dink aan jou.

Wendy

Hi KD ek wass besig om op jou post te reply toe stap die radiation nazi hier in my kantoor in. So mal rus wat my wiele pap maak!!!!Ek wou maar net se. STERKTE! Ek dink aan jou.!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...