Annie Posted July 10, 2006 Report Share Posted July 10, 2006 My vriendin in Auckland gaan een oggend per maand na 'n tak van "Muffin Break" waar 'n groepie ex-Suid-Afrikaners bymekaarkom vir 'n bietjie gesels en morele ondersteuning. Daardie byeenkomste het haar deur 'n moeilike aanpassingstydperk gehelp en sy het so nuwe vriende gemaak. Ek wil graag iets soortgelyks in my omgewing organiseer.Stel enige iemand wat daarin belang om soiets hier in die omgewing van Sutherland by te woon? Indien wel, wanneer en waar sal jou die beste pas? Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Miss Piggy Posted July 11, 2006 Report Share Posted July 11, 2006 Het net gou geloer hoe ver Sutherland van Coogee af is - net 30 minute se ry! So, count us in! Sal net verkies dat dit dalk by 'n plekkie is wat "child friendly" is (my seuntjie van amper 2 kan bietjie woelig raak) Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Annie Posted July 15, 2006 Author Report Share Posted July 15, 2006 Helga, baie dankie vir jou entoesiastiese respons! McDonalds met 'n McCafe en 'n lekker speelarea sal dalk werk? Ek sal nog so 'n rukkie wag en kyk of ek meer mense kry wat belangstel, maar al is dit net ek en jy, gaan ons beslis een van die dae koffie drink! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.