Jump to content

'n Boesman Familie


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

!Xuma dra die kind al 'n vol dag - hy sal nie meer lank kan dra nie. Die groot droogte trek sy laaste water uit sy familie uit. Daar is niks meer om hulle wat enige water dra nie - net sand en droëe plant materiaal vir dae lank - nie eers 'n rankie wat wys waar die tsammas lê nie. Hy weet nie hoe sy vrou nog byhou nie - sy's swanger en sy klou vas aan die leë volstruis eierdop waterhouers asof dit nog vol is. Sy ouers is vêr agter, hy kan hulle nie eers meer sien nie - hy hoop hulle stap nog. Die laaste paar dae het hulle laat nag opgevang - die einde is naby vir hulle.

Dit is 'n moeilike tyd vir !Xuma - hy weet hy sal vanaand die groot besluit moet maak - die oer oue rëel waarvolgens sy mense lewe. Hy weet klaar hy sal vanaand moet terug loop op sy spoor - vanaand sal sy ouers dit nie maak nie - hy kon dit in hulle oë sien, vroeg vanoggend. Sy vrou het niks gesê nie - sy verstaan - hulle het haar behandel soos hulle eie. Hulle weet, sy weet en hy weet - die tyd het aangebreek.

!Xuma maak kamp teenaan 'n groot kameeldoring boom - die boom het baie van die tye gesien. Hy maak vuur en sy haal die slang van sy koker af - dit is al wat hy vandag kon kry - al wat hulle vanaand gaan eet. Vanaand is daar geen water nie - soos die vorige twee aande. !Xuma en sy vrou is jonk, maar dit lyk of hulle in hulle 50's is. Hulle velle is heeltemal verrimpeld en verkreukel - daar is nie meer 'n greintjie vet onder die vel nie - hulle kan nie wag nie - hulle moet aangaan môre. As hulle een dag moet laat verbygaan en wag vir rëen wat nooit gaan kom nie - moet jag vir wild wat hulle nie gaan kry nie - moet wag vir sy ouers om te versterk as daar geen kos of water is nie - dan is dit die einde vir hulle almal.

Dit is donker, die maan is nog nie op nie - !Xuma stap terug - hy kry die twee ou mense op 'n hopie langs mekaar. Hulle groet, dankbaar dat hy teruggekom het. Hy kan die hïenas hoor in die donker - as daar twee mense is, is hulle versigtig. Hy moet altwee mense aanhelp - een aan elke arm. Die hïenas lag - hulle weet, die ou mense weet en !Xuma weet.

Baie laat nag kom hy by die vuur aan - hy weet dit is 'n kans wat hy gevat het om terug te gaan - sy energie bepaal die toekoms van sy familie. Hy skuld sy ouers - hulle het hom alles geleer wat hy weet vandag. Vanaand gaan hy sukkel om te slaap - worstel met wat hy môre moet doen.

Vroeg oggend is !Xuma op - die ou mense roer nie, hulle slaap asof hulle klaar dood is. Hy klim in die kameeldoring en breek groot takke af. Hy maak 'n doringkraal om sy ouers - hy gaan 'n sterk kraal bou om die hïenas uit te hou. Hy is net klaar en waarvoor hy gehoop het gebeur - sy ma is wakker, sy roer nie - loer hom net terwyl hy die laaste takke pak. Sy kyk na hom met dieselfde oë waardeur sy gekyk het toe hy sy eerste stap gegee het, sy eerste bok geskiet het en sy vrou gevat het.

Sy familie maak hulle besittings bemekaar - hy weet sy vrou sal nie die volstruis eierdoppe los nie - sy hoop vir water. Hulle is almal reg - sy ouers sit in die doringkraal. Hy wens hulle het 'n bietjie kos gehad om vir hulle te los. Hy kon niks spaar nie - die familie moet vooruit. Hulle groet formeel, die ouers groet terug en wens hulle 'n goeie pad en baie rëen. Hulle draai om en stap aan - niemand kyk terug nie.

!Xuma weet die dood gaan stadig wees - hy hoop sy kraal hou. Vandag wil hy vêr beweeg - hy wil nie vanaand die hïenas hoor nie. Die is die weg van sy mense - die jonges kan nie stop vir die oues nie - die kans is te groot dat die hele familie sal uitsterf. Die jonges moet voort - dit is die plig van !Xuma en sy vrou - hulle moet aanhou stap vir die kleintjies - iewers daar voor lê water en groen gras - 'n plek waar hulle kan rus en jag - vet om hulle ledemate kan sit. Die lewe moet aangaan.

As hulle môre water kry sal hy teruggaan. Hulle kan nie bly nie.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Die verhaal laat my aan my laerskool dae dink...het al wat 'n boek is oor die Boesmans verslind...kan nie meer die skrywer se naam onthou nie, mag dalkies Opperman wees, maar dit was te lank terug...hy het 'n pad met hulle gestap en het van hul swerftogte mee gemaak.

Ja, waar is die dae dat ons kon droom om met pyl en boog tussen die duine te jag...en onder die sterre hemel aan die slaap te raak nadat die kamp terrein behoorlik "afgemerk" is om die wilde diere uit te hou...

Al wat ons nou kan droom is dat ons kinders kan droom...

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit:

Mauritz, jy is 'n meester! Hoe toepassend is dit nie op ons nie, ne?

Link to comment
Share on other sites

Ek verstaan wat jy bedoel ....... en dit maak my hartseer om daaraan te moet dink.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Ek verstaan wat jy bedoel ....... en dit maak my hartseer om daaraan te moet dink.

As 'n mens aanstap Aus se kant toe - baie "rëen en groen gras" - mens kan terug stap en die ou mense gaan haal.

Die belangrikste - mens MOET EERS AANSTAP en die "rëen en groen gras" gaan soek.

Link to comment
Share on other sites

Ek weet, ek weet Mauritz.

My storie is ongelukkig nie so maklik nie.

Ek wil terug kom en die oumense kom haal, maar nie almal van hulle wil gehaal word nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...