Jump to content

Sommer net nonsense op 13 Februarie 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 13 Februarie 2008

Lanklaas geskryf. Met rede. Eks moerig want niemand skryf terug nie en buitendien, eks besig. Besig. Ja vrek besig. Staan 6 uur op spook van 7 uur af tot so 11 uur. Maak genoeg geld om die res vannie dag voor die TV te lê en wag virrie krieket.

Wou nie weer hand aan pen, of is dit sleutel, sit nie, want ‘n ou word maklik opgevreet as jy iemand te na kom deesdae. Maar die storie is te goed om verby te laat gaan sonder om dit te boekstaaf.

Ek het al die storie van Bongani vertel maar net ter wille van nuwelinge, ‘n vinnige recap. ‘n Ex Kollega van my se kind gaan skool toe. Die middag kom hy terug en vertel van die wonderlike maatjie waarmee hy saam speel by die skool. “Wat is die maatjie se naam? Wou pa toe weet. “Weet nie maar sal hom vra” Die volgende dag weet hy weer nie. Na ‘n paar dae is hy sommer moerig oor die alewige uitvraery. Pa mors sy speeltyd.So gaan ‘n hele paar dae verby voordat die kind by die huis kom met die naam. “Sy naam is Bongani” O, seg pa. Wat se kleur is Bongani. “Wat is kleur? Is weervraag. Na ‘n lang verduideliking verstaan hy blykbaar. Vir weke kom hy nooit met die antwoord by die huis aan nie, tot eendag. Pa sien die kind is ongelukkig en verneem toe hoekom? Die kind sê dat Bongani swart is en hy wil nou weet hoekom is party kinders by die skool swart is ander wit. Wat die pa se verduideliking was is nie ter sake nie, behalwe dat die twee is die beste pêlle ooit op skool is.

So het ons almal ‘n Bongani in ons lewens gehad. Myne was groot en het my oneindig skade opgedoen deur my nie die job te gee wat ek verdien het nie. Dit was ‘n bitter pil om te sluk om sy dinges daagliks te lek.

Maar, nuwe land nuwe dinge. Gister gaan kwoteer ek ‘n kleuterskool om werk vir hulle te doen. Die hoof neem my van vertrek tot vertrek en wys my die dinge uit. Een klas is vol tjokkertjies van pram tot seker 2 jaar oud. Onthou my kinders is groot en ek het nie meer ‘n clue van jarigheid nie. Sal moet vinnig leer, my dogter verwag. In elk geval, ons staan nog so en praat toe een vannie perdjies aan my been vas klou en op my skoen sit. Toe ek afkyk kyk ek in die snot neusie gesiggie vas. Die perdjie “Papa’ my toe. Die hoof wys vir een vannie helpers/onnies/whatever om die kind van my been af te haal. Maar hy klim toe self af en tel ‘n bal op en ek besef die perdjie wil hê ek moet met hom speel. Hy gooi toe so halfhartig die bal na my kant toe. Maar sy geslag was nog nooit goeie bal gooiers nie. Ek dag toe miskien kan hy beter skop. Sy voorgeslagte kan met ‘n bal toor oppie voet. Ek skop die bal na sy kant toe en die hoof sê “Kick the ball Bongani, kick the ball” Jy kon my met ‘n veer ommoer. Ek sluk en vra haar. “what’s his name? Sy sê “Bongani” Ek sê vir haar. “I bet you his parents are Zulus and they are from South Africa” “ You are correct about South Africa, but his parents are white”

Toe sak ek op my hurke, onthou ek was mos omgemoer. Weet julle wat? Hy skop daai ball dat hy daar trek en ek verlang sommer weer huis toe.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan,

Eerstens, welkom terug.

Tweedens, 'n mooi storie, dankie.

Moenie moerig wees nie, dis nie lekker nie en die lewe is te kort. Ons gryp mekaar vandag aan die strot hier op die forum en more is alles weer vergete. Ons skryf dat die biesies bewe en die moderators los ons uit. Hoop jy skryf sommer elke dag van nou af.

Ek het ook 'n Bongani geken, hy skuld my nou nog R500. Hy het die geld geleen toe hy nog orraait was. Toe gaan hy huis toe een aand en 'n kar trap hom. Lank siek gewees en toe hy terug kom was hy nie dieselfde nie. Kon glad nie onthou van die geld nie. Ek het dit maar afgeskryf want ek glo so gou as wat jy geld leen aan iemand is dit net so goed jy gee dit weg. As jy dit terug kry is dit 'n bonus. Nie...dan is dit ook OK.

Skryf nog OK?

Groete,

KD.

Link to comment
Share on other sites

How i've missed reading your journals!!! what a wonderful read. And a good chuckle. I was feeling a bit down today, but after reading that, its out the window.

Thanks so much for sharing. You've got no idea how many faces light up after reading your posts.

Take Care and don't take so long again. Please?

noddy

Link to comment
Share on other sites

Jan Stoof jy's 'n ster!! Bongani se jy!!! Bongani kan jy nou meer!!! En sy ouers het Australie toe migreer en hy ook!!! Moet 'n baie spesiale seuntjie wees!!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Waar bly jy so lank weg??? Kyk of te veel krieket of werk te hard.

As jy lekka wil Afrikaans lees en skryf en nie wil worry oor die 'opvretery' nie - sal vir jou 'n goeie site aanstuur.

Link to comment
Share on other sites

Ai Jan, nou tjank ek sommer snot en trane :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

So het ons almal ‘n Bongani in ons lewens gehad.

Ek het nou onlangs twee Bonganis ontmoet. Die eerste Bongani was die BEE panel by die werk wat sê vir my dat hulle sal net vir my 'n promosie gee solank ek nie 'n verhoging ook daarby kry nie. Die tweede Bongani is die ou wat oor 'n maand by my span sal aansluit en hy verdien omtrent R100k per jaar meer as ek. My baas het vir my gesê dat ek moet net "swallow hard", want dis mos Afrika en Afrika is nie vir sissies nie.

BTW, julle moet net my swak Afrikaans verskoon, hoor?

Link to comment
Share on other sites

Welkom terug Jan Stoof! :D Ek het jou 'sommer net nonsens' gemis.

Wel, die storie raak mens se hart; dankie daarvoor!

Hoop om jou stories weer meer gereeld te lees van nou af; offer maar so nou en dan 'n uurtjie of wat se krieket op <_< - jou stories laat my altyd smile :D

PS: Geluk met die kleinkind wat oppad is!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...