Jump to content

drakie: Ekke is ook hier


drakie
 Share

Recommended Posts

Hallo daar

Eks 18 - werk in Malaga, bly in Rockingham (ja..ver ry elke dag..) besig met my electrical apprenticeship. Nou maar eers n maand met DIE werk aan die gang maar jinne, ek hoef nie meer gym toe te gaan nie haha! :( Ek en my gesin het mei oorgekom, pa, ma boetie 9 en n sussie 14..ek dink... :)

Eks opsoek na nog jong mense in en rond perth, where-ever ek mis afrikaans so biekie baaaaaaaaie!

Verder, ek dink dit was n baie goeie besluit om Aus toe te kom, kan glad nie kla sover nie, en ek geniet die gerief van "public transport" baie (ok, geniet dit nie so baie as ek verdwaal nie, wat al n paar keer gebeur het :) ..maar dis nogsteeds cool)

So ja, nou's ek uitasem gepraat vir een dag

Tot wedergesels B)

Cheers

Link to comment
Share on other sites

Hallo Drakie, welkom by die forum!! Vertel ons asb hoe jy as jongmens die emigrasie ervaar - hier is redelik mense met kinders jou ouderdom (of bietjie jonger) wat baie bekommerd is oor hoe hulle kinders die emigrasie sal ervaar en verwerk. Was dit vir jou baie moelik? Sukkel jy om vriende te maak? Wat is vir jou die grootste aanpassing?

My seun is 19 - ook in Perth ('n student). PM my, dan gee ek vir jou sy selnr as jy hom wou kontak om jou aan paar van sy vriende & vriendinne voor te stel - een van hulle 'n Afrikaanse RSA meisie, ook 19.

Hoop om jou nog baie hier te sien kuier!

Link to comment
Share on other sites

man, wat my so bietjie gevang het, was al die skielike engels om my.

Ek was in n klein myn dorpie waar afrikaans die meerderheid was, alhoewel my werk engels was. Dit en die vriende effek, ek het nog nie juis gemaak nie, is nou maar eers 6 weke hier - op hierdie oomblik verken ek nog die plek saam met my gesin - ons ondersteun mekaar nou maar redelik want soms is die verlange erg

Ek het agtergekom my ma en broer en suster kry bietjie swaar want hulle is heeldag by die huis (hulle doen tuisskool) maar ons is op die punt om nog n kar te koop sodat hulle meer op uitstappies saam met ander kinders kan gaan. Die alleenheid vang hulle net nou. Soos ek kan sien my boetie (9) mis sy maaitjies, maar dis eers tydelik opgelos want hy wou nog altyd n fiets he, en dit het ons nou vir hom gekry, so nou is hy eers happy om heeldag rond te ry tot ons iewers vir hom maaitjies kan kry! :P

Ek het gevind - die dat ek werk en fisies meng met australianers, maak dinge makliker want baie mense hier wil jou help, eks bevooreg om by my eerste onderhoud intestap , sonder kar of lisensie, en die mense is die heeltyd soos: Are there any way that we can accomodate you?

Ek het nou kontak gemaak met n ander jong suid afrikaner in perth, so dis darem al een persoon wat ek mee kan meng. :D

Ek dink die beste raad wat ek kan gee is :) : Raak net so vinnig as moontlik aktief betrokke by mense - my weke vlieg verby my - en ek werk maar nog net. Al is dit net n kerk, sport club (veral vir jonger mense) of die kerke se jeug (smaak my rivierview kerk se jeug is hip-and-happening in Perth "by the way") Ek was by hulle diens een sondag en ek as n jong mens was mal daaroor...die harde musiek man... :whome:;)

Wel as daar nog vra is, skree maar net..of tik maar net B)

Link to comment
Share on other sites

Hi Drakie,

Welkom by ons forum - lekker om te sien ons het die jonger garde van Saffers ook hier verteenwoordig.

Lekker kuier!

Chatterbug

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...