Jump to content

BLOEMFONTEIN, BLOEMFONTEIN


5vannemerwea

Recommended Posts

Hallo daar

Is daar nog iemand van Bfn wat oppad is na Oz? Ons sal graag wil kontak maak.

PM dat ons kan reel waar en hoe ons by mekaar kom.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin,

Ons is in die kaap oppad melbourne toe maar het al kontak gemaak met Illona hulle wat in bloem bly. Sy is alibaba op die forum. Hulle is ook oppad melbourne toe. Jy kan haar soek op die forum en vir haar pm.

Groete

Carla

Hallo daar

Is daar nog iemand van Bfn wat oppad is na Oz? Ons sal graag wil kontak maak.

PM dat ons kan reel waar en hoe ons by mekaar kom.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin,

Ons is in die kaap oppad melbourne toe maar het al kontak gemaak met Illona hulle wat in bloem bly. Sy is alibaba op die forum. Hulle is ook oppad melbourne toe. Jy kan haar soek op die forum en vir haar pm.

Groete

Carla

Hi

Hier is nog 'n paar van Bloemmies.

Katryn is besig met haar proses, net soos ons.Moet nog die Engels, medies en Polisieklaring doen, dan wag ons weer vir die uitslag.

Dit is alles van hurry-up and wait.

Groete

Jacques

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin

Ja, ons is oppad, as die visum betyds goedgekeur word is ons einde Maart op die vliegtuig op pad na Melbourne. Is nou in die laaste pylvlak, dis stresvol, dis besig, maar ons glo ook dis die regte besluit. Twee hondjies is al laas week Keringa toe vir hulle kwarentyn.

Kom ons ontmoet een naweek by Pretty Garden of Greenside kwekery of 'n ander koffieshop, maak nie saak waar nie.

Katryn, kan julle kom? Jacques, hoe lyk dit? Janine, wat van julle? Ons is eerskomende naweek nie beskikbaar nie, maar sover wel die naweke daarna (weet nog nie wanneer hulle die container kom pak nie, baie om te doen oor naweke). Martin, stel 'n tyd en plek voor (verkieslik in die middag) en ons kyk hoeveel mense kan dit maak.

Sien uit om julle te ontmoet

Illona (of te wel Alibaba)

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal in Bloemies,

Baie dankie vir julle reaksie.

Hoe lyk Saterdag 23 Februarie by Greenside Kwekery so teen 15:00?

Laat weet of dit jule pas.

Julle kan my somme PM

Sien uit om julle te ontmoet

Groete

Martin en Vanessa

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal in Bloemies,

Baie dankie vir julle reaksie.

Hoe lyk Saterdag 23 Februarie by Greenside Kwekery so teen 15:00?

Laat weet of dit jule pas.

Julle kan my somme PM

Sien uit om julle te ontmoet

Groete

Martin en Vanessa

:ilikeit:

Hi

Sorry, ek's dan nog in Mosselbaai.

Laat weet my sodra julle weer iets wil doen.

Cheers

Jacques

Link to comment
Share on other sites

Hi

Sorry, ek's dan nog in Mosselbaai.

Laat weet my sodra julle weer iets wil doen.

Cheers

Jacques

Lekker by die see!?!?! Geniet dit, hou jou op hoogte Jacques.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hi mense

Ek weet nie of hierdie topic die regte een is om my vrae te stel nie maar ek gaan anyway. Dalk kan julle my dan in die regte rigting help. Ek is redelik nuut nog by hierdie forum

Ek wil weet hoe gaan mens te werk indien ek wil emigreer Australia toe. Waar kan ek soek vir werk ens?

Wat is die maklikse en vinnigste manier?

Groete

Chris

Link to comment
Share on other sites

Hallo Chris

Ja, jy is op die regte plek om alles uit te vind wat nodig is en nog meer. Maak seker jy kontak ook met mense wat reeds in Oz is om 'n goeie idee te kry wat om te verwag. Al die vrae oor verblyf, woonbuurte, lewenskoste ens is al gevra en beantwoord. Soek so bietjie rond en jy sal jou antwoorde kry. Selfs al vra jy weer die vra, mense op die forum help baie graag met enige vrae. So, hou aan vrae vra en kontak maak - dis maar hoe ek ook leer.

Vir werk soek gebruik die meeste http://www.seek.com.au/index.ascx

Registreer en kyk wat gebeur. Die vinnigste en goedkoopste manier om oor te gaan is op 'n 457 visa. Dis is as jy 'n werkgewer kan kry wat bereid is om jou te "sponsor" Dan dra hy die visa koste en as jy gaaf is jou vliegtuigkaartjies en 'n paar maande se verblyf soos in my geval.

Gaan kyk na http://www.expo-australia.com/ registreer vir die expo en gaan. Daar sal ook baie vrae bentwoord word. Neem beslis 'n hele paar harde kopiee van jou CV saam aangesien daar gewoonlik werkgewers op die expo is wat mense kom soek.

immi.gov.au sal ook vir jou 'n idee gee oor die vereistes wat Oz stel.

My persoonlike advies is om van 'n agent wat in Oz gebaseer is gebruik te maak. Ek weet dit is duurder maar, ek voel tog die moeite werd. Ek weet heelwat mense doen die aansoek self, spaar 'n klomp geld en word goedgekeur so dit is nie onmoontlik nie. Dit hang baie af van watter beroep en kwalifikasies jy het.

Jy/julle neem die regte besluit, sterkte met die proses. Bly soek op die forum ALLES is hier te kry en kontak gerus indien ek nog kan help.

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hi

Dankie vir die terug voer. ek sal maar nog bietjie rondsoek. Is nou in die proses om maar eers 'n job te kry in Oz. Hopenlik vat dit nie lank nie. Gelukkig is dit net ek wat Oz toe sal gaan. Is nog nie getroud en sulke dinge nie. Dit maak dinge darm makliker

Chris

Link to comment
Share on other sites

Hi julle (4vannemerwes)

Ons is in die proses om oor te gaan na Australie (van SA af) Ek kan nie help om vrek bang te wees nie, ons is oortuig dat dit is wat ons wil doen en gaan voluit daarvoor gaan, maar dit is net menslik om so bang te wees en onseker te voel.

Ons gebruik 'n agentskap met die naam OZXHANGE. Waar en vir wie gaan julle werk? Australie is vrek groot, waar gaan julle bly. Gaan julle als verkoop of trek julle als saam? Gaan al ons elektriese toestelle aan daardie kant werk? Bv die playstation en al daai lekker dinge. Hoe ver is al julle dinge gevorder? Ons is nog in die begin proses maar dit lyk of die agentskap vinnig vorder. Laat weet asb as julle enige raad het, of as julle van dinge weet wat nog op ons wag.

Cindy

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bloemfonteiners

Vir die van ons wat nie in Oz is of by die see le en bruin brand nie, is alles in orde vir komende Saterdag 23 Feb om 15:00 by Greenside kwekery, Langenhovenpark?

Blykbaar gaan dit ordentlik warm (35*C) wees, voel iemand dat ons eerder so teen 10:00 moet bymekaar kom, dit is dalk makliker vir die kindertjies ook.

Laat weet maar wat pas die beste, anders hou ons by oorspronklike reeling.

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hallo Chrysanne

Ons is in Bloemfontein, ons wag vir ons visas en verwag om so teen Jul/Aug te vlieg. Ons skuin aanvanklik Canberra toe maar, wil eintlik in Brisbane vestig.

Hoe lyk julle planne en dinge?

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hallo Chrysanne

Ons is in Bloemfontein, ons wag vir ons visas en verwag om so teen Jul/Aug te vlieg. Ons skuin aanvanklik Canberra toe maar, wil eintlik in Brisbane vestig.

Hoe lyk julle planne en dinge?

Martin

Hey Martin

Ek hou vir julle duim vas dat als vlot sal loop, dis so lekker om te sien hier is so baie van ons wat daai kant toe wil.

Ek het ook Canberra, Brisbane en Adelaide uitgekyk maar dink tog ons sal Cairns kies.

Ons planne gaan seker nog baie lank vat, daar is so baie papier werk en my man is in Angola, kom eers Maart terug so ek wag vir hom om te help met vorms. Ek ken nie al sy werk inligting nie, hy is `n tegnikus op swaar voertuie. Agent in OZ is besig met ons dinge.

Hoekom dink julle Canberra of Brisbane is goeie opsies?

Chrys'Anne

Link to comment
Share on other sites

Hi Chrysanne

Ons skuif Canberra toe omdat my werk my daarheen neem, as ons gelukkig is dan bly ons sommer daar. Ek is in die ongelukkige posisie dat ek kontrak werk gaan doen wat beteken ek gaan die hele Aus verken maar ek is min by die huis vir die eerste twee tot drie jaar. Die voordeel is dit maak nie regtig saak waar ons wil vestig nie - die keuse is ons s'n. Ek verkies vir Brisbane omdat ek so drie maande al daar gespandeer het. Dit is 'n mooi stad, baie om te sien en te doen en die beste van alles is die lieflike en konstante weer.

O ja, en dit is naby die Barrier Reef om te gaan scuba!!

Van waar in die Vrystaat is julle? (Het ek al gevra?)

Martin

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...
Hallo daar

Is daar nog iemand van Bfn wat oppad is na Oz? Ons sal graag wil kontak maak.

PM dat ons kan reel waar en hoe ons by mekaar kom.

Martin

Hi

Ek is nog in die ernstige ondersoek stadium, maar weet van 'n hele paar ander Bloemfonteiners wat verseker gaan.

ek nog maar bang en onseker. darem al geboek vir IELTS in september

Link to comment
Share on other sites

Hallo Sonni

Moenie te bang wees vir die "joyride" nie. Hier is 'n swetterjoel kennis en mense wat ondersteun, raadgee en bystaan.

Ek het vir jou 'n PM gestuur. Kom ons reel dan ontmoed ons mekaar en ons kry sommer die ander kennise wat ook op pad is by mekaar. Dit is oor en oor die moeite werd om so saam te kuier. 'n Mens kry baie inligting en raad so om die koffie bekers.

Welkom en groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...