Jump to content

My Skotse Vriendin


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek het altyd gedink hierdie Aussie girls is tough ........... todat ek vir Karen ontmoet het - 'n dame van Skotland af. Eendag loop ek met my Swart Meisiekind (my Clydesdale X Stockhorse) - ons stap ons ou 6km roete. Ek en sy ken elke grashalm en elke 'dwelling' langs daai pad. Skielik staan daai meisiekind se ore regop en sy loer die vlaktes in - ek kyk ........ wraggies daar staan 'n tent in die middel van nêrens. Dit was voorheen 'n lëe blok - ek en Hintza (my oorlede rifrug) het altyd skelm gaan hase skiet daar.

Ek en die meisiekind stap verby die plek - 'n jong meisiekind sien ons en hardloop die 'driveway' af - ek sien sy's mal oor perde. Sy is so wit soos 'n laken, met 'n Pommie aksent. Ek stap daar in en stel die meisiekind voor. Daar kom die meisiekind se ma uit - 'n klein vroutjie, 'n sterk vrou, 'n perde vrou, mens kan dit sommer sien die eerste 2 sekondes. 'n Vriendskap word gebore op 'n lekka warm Aussie dag - die begin van groot dinge.

Ek leer vinnig dat die jong meisie 'cerebral palsy' het en disleksies is - sy is glad nie so jonk nie, maar amper 20 jaar oud. Sy is vreeslik geboelie op skool in Engeland en haar hele lewe is perde. Later leer ek dat die meisiekind kan ry en perde ry waarvoor ek 'n bietjie dink - sy't nie 'n bang haar op haar kop nie. As dit by mense kom is dit 'n ander ding - sy is heeltemal skaam en sku.

Die mense kom van England af - die Skotse dame vlug van 'n wrede huwelik. Die twee slaan ewe 'n tent in die middel van nêrens op - hulle het die blok gekoop. Karen is 'n baie, baie hoog gekwalifiseerde 'midwife' - sy werk elke dag en lewe so uit die tent uit. Sy kry iemand om vir haar 'n huis te bou, terwyl hulle so in die tent bly. Stanthorpe is die koudste plek in Queensland innie winter - minus 13 grade is niks hier nie. Sy wil die huis klaar hê voor winter. Op die dag wat die Aussie bouer moet begin bou, daag hy ewe op in sy fancy 4x4 en sê vir haar, hy het 'n beter offer - hy kannie haar huis bou nie. Sy sê vir hom, jy het so 3 sekondes om in jou fancy 4x4 te klim anders ............ Sien, my tipe dame. Sy't staalblou oê en as sy deur jou kyk, dan is jou rugmurg melk. Daai tawwe bouer val oor sy pootjies soos hy skarrel.

Daar bly die arme twee in daai tent deur die winter - alles ys binne daai tent. Gelukkig kry sy 'n Skotse bouer en hy bou haar huis vir haar. Ek is nou besig om dit te landscape - sal later pics wys.

Karen vat al hierdie wilde perde aan - die goed wat harde mans nie kan/wil ry nie. Sy koop 'n baie mooi perd van 'n Station af - die gedierte het nog nooit 'n wit gesig of 'n vroumens gesien nie. Niemand kan die gedierte ry nie. Sommer vinnig ry sy die perd - ons galop die wêreld rond vir 4 maande - geen probleme nie. Sien die vrou is so mal soos ek - ons begin boogskiet van perde af - nie die veiligste aktiwiteit nie. Daai geveerde pyle kan net een plek gaan as jy van daai perd afkom - dit is reguit in jou g@t in.

Eendag is Karen hier by my - ek skiet klaar van die ou man, Cherokee, af. Volgende oomblik breek alle hel los - ek hang van die ou man se nek af - een been oor die saal. Ek loer so onnder sy nek deur - Karen is gat oor kop, gat oor kop - pyle steek in die grond so om haar. Daai perd spring en spring - g'n wonder daai ou man kry amper kittens nie.

Ek sien Karen hou haar skouer vas - sy sit regop langs 'n groot rots in my rotstuin - haar kop het dit net gemis. Ek sien haar vlerkie is af - ek sê kom ons gaan hospitaal toe. Daai blou oê skiet vuur - ek staan so 4m terug. Neeee, sê sy - daai perd gaan sy uitsorteer. Ek sê, "Met een armpie??" Sy sê, "Solank sy asemhaal, sal sy daai perd uitsorteer." Ek vang daai perd, sy oge is sommer wild. Nou staan sy op daai rots met 'n af vlerkie - sy klim daai perd en ry hom totdat sy tong so tussen sy voorpote hang. Ek skud my kop - ek vat haar hospitaal toe - hulle spalk die ou vlerkie.

Sy ry sommer gou weer - spalk en al - maar sy ry my Connemara - die Ierse perd wat slange soos spaghetti vreet. Hulle kom goed oor die weg. Daai vlerkie is net reg - sy ry weer daai wilde ding - ons galop die wêreld vol. Eendag sweis ek innie shed - ek kry 'n oproep van Karen af - ek kan nie mooi hoor nie. Ek hoor net Foreman (dit is die gedierte se naam) - ek weet daar's probleme. Ek spring in die bakkie - ek kon nie mooi hoor nie - die selfoon is sleg - hoop maar net sy's by die huis. Ek kom daar aan, daai gedierte staan daar gesaal en vreet gras. Karen lê in haar arena, plat op haar rug.

Ek op die ou man, Cherokee en Karen op die slangvretende Connemara

Daai perd het haar sommer lelik gegooi. Sy het nie ontvangs gehad nie en moes toe 45m kruip om ontvangs te kry. Sy wil hê ek moet haar ophelp. Ek ondersoek haar eers deeglik - ek sien die ding is sleg. Neeee, sê sy - as ek haar op haar bene kry, sal sy ok wees - sy wil daai bliksem gaan ry. Ek sê, "vroumens is jy nou heeltemal simpel - jy sal nou nie eers 'n brander kan ry, so plat soos jy daar is nie." Neee, ek moet haar net regop kry en daai perd gaan vang - sy sal ok wees. Ek skud my kop en klik my tong soos 'n kwaai Boesman - Tssk, Tssk. Daai oge skiet weer vuur, maar ek roer nie. Ek sê, "As jy daai bleddy ding wil ry, gaan vang hom self." Sy probeer, maar sy raak sommer so vaal - ek sit en ek wag - sy hou nie op probeer nie. Ek het nou genoeg - ek bel die ambulans - die vrou is kwaai man. Sy's 'n midwife sê sy, sy ken al die ambulans mense - sy wil net in die huis kom en 'n bietjie lê, dan sal sy ok wees - sy wil nie in die ambulans ry nie. Ek sê, se gat - jou rug is af - ek het al 'n paar gesien - vergeet van innie huis kom.

Die ambulans kom, ek gaan hospitaal toe - hulle doen hulle ding. Resultaat - bekkenbeen af, lae rug af - hulle boek haar af vir 'n paar maande. Hulle sê vir haar, as sy trappe kan klim kan sy huis toe gaan. Ek smokkel Gin & Tonic in vir haar. Sy's vol morphien, maar binne 4 dae klim sy trappe en sy's by die huis. Sy moet in die bed bly sê hulle - ons gaan kuier - sy's 2 dae by die huis en ek kry haar in die tuin - besig om gate te grawe en bome te plant. Sommer gou skuif sy rotse rond - sy's nog steeds op allerhande 'pain killers'.

Ek vat haar na 'n vriend van my in T'wmba wat akupunktuur doen - sommer vinnig is die pyn heelwat beter - voor ek my oë kan knip, ry sy weer perd. Nou die dag aan sy weer fisio toe - hulle kom agter haar een 'joint' is geskeur - hulle het dit nooit raak gesien nie, want sy't nog steeds pyn na maande. Hulle gee haar 'n splint - nou ry sy perd met die spint - ons doen 20km ritte met die perde.

Ek dink die vrou is bionies - gemaak van staal. Niks kan haar onnerkry nie.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Ek wil net sê dat ek al vroeg-vroeg met jou stories wat jy so plaas vir my man gesê het, hier is 'n man wat ons moet gaan opsoek sodra ons in Adelaide ge'settle' is. My man lag maar oor min dinge deesdae, maar JOU posts haal die wag-angs uit sy longe.

Dankie man.

Link to comment
Share on other sites

" gemaak van staal" is 'n understatement Mauritz!!! Dankie vir die storie!! Het baie lekker gelees!!

Link to comment
Share on other sites

Liewe hemel, ek kry skoon skaam.. :thumbdown: en hier sit ek en moun oor my seer rug!

Link to comment
Share on other sites

Oe die goed, en ai dis te lekker man!

As ek nou daai eendag oorkom vir 'n laaang bier, sal ek jou moet vertel van die dag toe my vroukie geval het dat sy net kon hyg-fluit...g'n woord uitgekry nie. Mos gedink sy's mean om die perde wat in kwarentyn staan vir drie mnde in Mauritius nogals, te gaan oefen. Vir daai drie mnde het sy geleer hoe werk so gefrustreerde perd se kop...en toe agtergekom dat 'n perd dae voor die tyd weet daar's 'n tsunamie oppad - heel beserk.

Thx Mauritz!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Vandag gaan die 'vrou van staal' die spesialis sien in T'wmba. Ek vang 'n lift en ek brand daai nuwe Mazda BT50 van haar - ek het ook besigheid te doene in T'wmba. Ek laai haar by die hospitaal af - ook nuuskierig, want ek weet sy't baie pyn, maar sy wys dit nooit nie.

Ek tel haar later op - sy's ene smiles - haar gatbeentjie is heeltemal los en die spesialis reken dit sal nooit regkom nie - sy moet maar net leer om saam met die pyn te leef. Oraaaaait dink ek, waaroor smile die vrou nou? Neeeeee, reken sy - sy vra vir daai spesialis of dit nou enige verskil gaan maak as sy nou vreeslik fiks raak en daai gatbeentjie behoorlik beweeg. Neeeee, seg hy - daar is geen verskil nie.

Wat doen die bleddy vrou. Ek moet nou ewe saam met haar gaan en sy gaan koop 'n vreeslike 'weight bench' met vreeslike gewigte en dinge aan - ek's skoon bang om naby die ding te kom. Die affêre is klaar gekoop - sy stap vroëer vandaand in en sê ewe - "watse plek is dit die wat die apparate verkoop?" Die instruksies sê blykbaar, daar is twee mense nodig, 'n bottel vaseline en 'n rubber mullet. Ek het na die instruksies gekyk en vir Karen gesê sy moet maar 'n anner maatjie soek om die affêre op te slaan. Ek is klaar deur 'n bloedbad. As julle my nie glo nie - ek sal die instruksies scan en vir julle wys. Waar het jou nou so iets gesien - 'n bottel vaseline en 'n rubber mullet??????????????

As julle dink dit is nou al wat die vrou in gedagte het, julle maak 'n groot fout. Sy't klaar 'n splinternuwe volbloed Arabier gekoop, wat nog so groen is soos jy kan kry. Hy's in Adelaide en moet binnekort gehaal word. Sy gaan nou ewe met daai afrug en af bekkenbeen en los gatbeentjie endurance races begin doen. Ek praat nou van ritte tussen 160km en 600km.

Vergeet van geboorte skenk dames - dink bietjie mooi hieroor - ek sluit sommer my bene en draai my gatbeentjie toe in 'n pienkstrik en sit dit weg vir volgende Kersfees.

Vir die van julle wat eendag hier gaan uitslaan - julle sal die dame ontmoet - wees voorberei - julle is gewaarsku - jy moet hare op jou tanne hê om by te bly. Vergeet van mans met safaripakke en kamme in hulle se kouse wat perdry - dink bietjie mooi oor die dame.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...