Jump to content

Die 'Poofter' seksie in Woollies

Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Gister gaan ek Woollies (Woolworths) toe om "Men's Shampoo" te gaan koop. Ek gebruik net gewone shampoo - ek wil nie soos 'n appel of 'n aarbei of 'n eksotiese blom ruik nie - net nou steek die bye my - dit is nou hierdie grillerige Aussie mannetjies met 'n oorring, nippelring en 'n watsenaam se ring. Hierdie mannetjies met die benoude boudjies en ski pants.

Ek loop nou daar in Woollies rond en soek in die "Men's Section" - ek frons, ek vat hier en daar - ek kry niks nie man. Nou en dan tel ek iets op wat soos 'n botteltjie shampoo lyk, dan sê dit "Hair Removal for Men" - sies, man - ek sit daai botteltjie so vinnig neer - die duiwelsgoed. Dan frons ek en soek nog - tel nog 'n botteltjie op - iets wat jou soos "Africa" laat ruik - my neus trek sommer reg oor my kop, agter na my holbeentjie toe - wie wil nou soos bleddy Afrika ruik.

Daar is allerhande goed wat my borshare sommer automaties laat uitval - laventeltjies vir dit en geurtjies vir dit. Ek stap uit daai lyn uit en lees daai bordjies daarbo - dit is wraggies die "Men's Section" - ek gaan weer terug - nou frons ek eers. So 'n mooi jong dametjie, wat my seker al lank dophou, kom vra of sy kan help - sy kan sien hierdie Boer is benoud en soek sy shampoo. Ek sê sommer vir haar, ek's nou bekommerd - wat het hulle nou met Woollies gedoen???? Ek dog ek's in die "Men's Section", maar ek's doodseker hulle het 'n Poofter Section oopgemaak. Die dametjie bloos bloedrooi en giggel benoud - neeeeee sê sy, DIE IS DIE "MEN'S SECTION." Nou weet ek daar's iets verkeerd. Laaste wat ek hier was, het ek alles hier gekoop. Nou verkoop hulle al hierdie grillerige skeermesse en dinge om jou 'body hair' mee te verwyder. Wat se nonsense is dit die????

Ek vra haar, groot asseblief - al wat ek soek is "Men's Shampoo" - ek het nie krag vir al hierdie grillerige goed nie - ek's nie 'n Drag Queen nie. Sy vat my om die hoek - daar moet ek nou tussen al die appel en aarbei shampoos staan en soek vir een botteltjie man's shampoo. Ek's seker almal staan en loer na my - wonder waar die krullers in my hare is. Wat het van die wêreld geword - mans sonder 'body hair' wat nou ewe soos Africa wil ruik?

Uiteindelik kry ek die botteltjie, waarop GROOT staan - "Men's Shampoo." Terwyl ek so loop, loop ek by die dames se seksie verby - ek wil nie kyk nie, maar ek kyk - allerhande 'Pads' en dinge. My oog vang iets - ek sluk amper daai botteltjie in - "Pads for Men" - as julle my nie glo nie - gaat kyk - julle sal nie julle oge glo nie. Waar het jy nou al so iets gesien - "Pads for Men" - sies man, ek sal nou glad nie eers daarin gaan nie. Ek knyp sommer my bene toe en sleep sulke benoude boude na daai 'checkout girl' toe - hoop net sy't nie gesien waarna ek gekyk het nie.

Ek stap verby die toiletpapier seksie - nou kry 'n mens gegeurde toiletpapier. Ek moet nou uit die plek uit - watse en wie se hol is nou so bederfd om toiletpapier te gebruik wat soos die "Beach" of "Daffodils" ruik??????

Terwyl ek nou daar in die ry staan en wonder hoe hierdie "pads' werk - lees ek daai Shampoo botteltjie - natuurlik klein geskryf staan daar - "anti dandruff shampoo" - aaaaaaaarhg man - is die plek nou heeltemal mal of wat. Ek soek my vrek na 'n simpel bleddy ding tussen al die poofter stuff, pads en dinge - nou gaan almal dink en het bleddy dandruf. Nee wat - nou's die Boer kwaai - ek loop na die eerste man toe wat daar werk. Hy lyk na die tipe wat pads en dinge gebruik - ek sê sommer vir hom ek gebruik anner shampoo as hy - ek wil nie soos 'n bleddy moerbei ruik nie en ek het nie skilfers nie - ek soek net gewone shampoo - shampoo vir mans - dit is nou regte mans - mans wat perdry en dinge.

Die mannetjie trek sy neus op en vat my weer terug na al daai arbei & appel shampoos - drink sy ou pootjie daarin en ruk 'n botteltjie uit. Hy druk dit in my hand, sê nie 'n woord nie - daar gaat hy - swaai boudjies en al. Ek gril my vrek - sleep na daai 'check out girl' toe. Wat 'n dag.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

  • Replies 113
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Blossom

    6

  • JayJay

    5

  • Leigh MC

    5

  • AfrikaSon

    4

Mauritz

Dis nou die eerste keer wat ek sooooo lag dat die trane loop. :cry: Absolutely brilliant. :rolleyes:

briggs

Link to comment
Share on other sites

Ag nee man Mauritz, amper maak ek my broek nat van die lag, ek wonder of een van daai 'pads' daarvoor sal help? :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

:lol: Kom 'n bietjie Sydney toe dan wat Ek jou vir 'n drive af stad se kant toe, hier loop die mannetjies sommer hand in hand rond en meer..... moet iets in in die water wees......... gril my mors dood. Maak seker Jy kom ook sommer vir die Mardi Gras Parade.
Link to comment
Share on other sites

That was a great bit of reading.

Afrikaans is so expressive.

Mooi so Mauritz. :lol:

Link to comment
Share on other sites

Mooi Mauritz!!!!!........ek sien nou nog daai benoude boude!!!

Jy maak my bekommerd voor ek arriveer!!!

Wat doen die girls dan as meeste mans moffies is??

Link to comment
Share on other sites

Guest beninsyd

Ek neem regtig aanstoot teen die homofobiese aanmerkings wat hier gemaak word.

Nie almal wat emmigreer is "breeders" nie.

Ja, ek is 'n poofter/moffie/etc etc etc and proud of it!

Good on you :rolleyes:

Glo dit of nie - ek het vriende (mans en vroue) wat gay is. Daar was 'n tyd, lank terug, toe ek homofobies was. Dit is nie te sê dat my beenhare gaan begin skeer en strawberry shampoo gaan gebruik nie. Ek sê wat ek wil en as mense aanstoot neem, dan is dit hulle probleem. Ek het swart vriende - my tandarts hier in Stanthorpe is 'n Masai van Kenia af - kom kyk as jy wil. Dit is nie te sê dat ek my bek voor hom gaan hou oor wat in Afrika aangaan nie.

Daar is vrouens wat nie na mans dokters toe gaan nie - ek kan aangaan en aangaan. Ek sit nie 'n goeie voetjie voor, voor my tandarts of voor my lesbiese vriendinne, net om hulle happy te hou nie. Almal in die wêreld is nie dieselfde nie.

In die Hotel/Motel bedryf het ek baie met Galta (Gay & Lesbian Tourism Association) te doen gehad - ek het baie seminare bygewoon. Ek het baie respek vir die sukses wat gay couples in die lewe bereik.

Die lewe is soos dit is - daar is mense wat nooit van die gay situasie in die wêreld gaan hou nie - daar is mense wat gaan verander - daar is mense wat dinge gaan sê wat nie reg/aanvaarbaar is nie. Dit kom met die hele package. Die Pom's dra bagasie, ook die Boere, ook die Kleurlinge, ook die Moslems - wat ookal. Dit is soos die wêreld is en sal wees.

Ek het niks teen jou of enige iemand wat gay is nie - ek wil net 'n bloody bottel shampoo koop wat my nie soos 'n fruitcake gaan laat ruik nie.

O ja - ek is bleddy bly dat ek 'n 'breeder' is :lol: Net soos jy hopelik bly is om nie een te wees nie.

Link to comment
Share on other sites

Dear Mauritz

I love reading your journals, I think I really miss that "egte" South African sense of humour. You are an absolute gem.

I think some one needs to send your posts to the Beeld or Vaderland so that people back in SA can see what the Emmigrants have to go thru and bring some laughter into there lives. :lol:

I hope that you keep copies of your posts and perhaps one day we will see your "diaries" being published.

I must tell you that my husband- nou hy is ook a egter boer man se man, has a good laugh.

Yours are the only posts that he reads. :ilikeit:

Thanks for the laughs.

Link to comment
Share on other sites

Ek wil net 'n "Dankie" rig aan Mauritz, jou skryf styl en woordeskat met jou woordspeling is great en dit pas my, ek lees graag en sal net so graag kommentaar lewer. :ilikeit:

Selfs ons in SA is meer "blootgestel" as ooit en defnitief meer gewoond as altyd, en ons aanvaar mense vir wat hul is en gun hul dit...maar boetiekie as jy die balls het (of moet ek 'n ander voorbeeld gebruik?)...okay, as jy die guts het om uit die closet te kan klim en so trots is daarop - dan moet jy mos die shots kan vat wat jou kant toe kom. Ek dog juis hul soort hou van shots vat!

Ja so kan ons skerts en aangaan, en try verstaan dat ons niemand afkraak nie, dis maar net 'n feit soos 'n koei dat jy my ook nie sal vang soos 'n fruitcake ruik nie!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Aangesien ons nou iemand het wat vir die ander span 'bat', kan hy dit dalk vir ons ander oningeligte poepolle laat weet waarvoor die pads is?? Ek is nogal nuuskierig!

Ek wil ook net sê - voorkeure bestaan en is 'n realiteit, want tussen mooi en lelik, lekker en sleg - kan geen mens stry nie. Miskien sit die breeders (lelike woord man) sommige mense ook af, maar ons is nou maar so en dis maar hoe die koekie crumble. Jy's trots oordat jy gay is, en ek, omdat ek 'n natuurlike lewe kan lei.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Nee wragtig, waarvoor sal mans dan "pads" nodig he?

Ek sit en dink en dink en dink.... en ek wonner...

Kyk, ek is 'n man al vandat ek gebore is, maar wragtig, pads vir mans :ilikeit::lol:

Tensy dit iets met aambeie te doene het?

Dax

Link to comment
Share on other sites

Kêrels,

Ek loop bel maar toe eerder 'n mediese-dokter-pel van my, hy is tog te gereeld van mening dat hy al als gesien het...hy spog veral so rondom 'n braaivleis vuur. (vir die sagte seuns onder ons, staan terug daai ding is warm!)

Die dokter vertel : 'n man (vir alle praktiese redes 'n vrou ook) word gebore met 'n sluit spier, 'n sfinkter of 'n ding praat hy van, maar jy sal ken van jou sluit spier, jou kring spier, ja jou poeper man. Nou kyk, hy's gemaak vir een job en hy werk goed vir een job only, en hy's soos die man van ouds...wil nie te veel aan gekarring en getorring word nie.

Want met so getorring en misbruik verloor hy sy kragte, hy strek en rek, hy word slapper - jy's reg, hy word slapgat. Soos enige slapgat doen hy nie sy werk behoorlik nie, en onthou hy's vir een job gemaak, so nou sit sekere menere met 'n lekasie. Hul ervaar meer as die once in a blue moon briekmerk van groot skrik vir 'n leeu om 'n bos op 'n jagtrip.

Die dokter seg verder, hoe ouer hoe erger en wat die jong mannetjies (of eintlik wyfies) nie besef nie is dat dit groot moeilikhede voorentoe veroorsaak en hul sukkel om die hele proses te reverse...wel nie sommer ooit weer daai sluit spier reg kry nie!

Ek stop hom toe net daar en seg dis genoeg dankie, meer as dit wil niemand weet nie.

Maar soos ek die dokterkie ken wil hy toe nou ook laaste woordjie inkry en hy heg aan met die feit dat ek net moet weet die pads storie is maar 'n gemorsery, en dat die manne en manninne hier in SA eerder tampons verkies!

Toe sit ek die foon in sy oor neer!

Link to comment
Share on other sites

Wat tragies is.....is dat jy maar hoe ookal kan spog oor al jou gay, lesbiese en swart pelle, maar al wat hier deurgeskemer het, is jou vooroordele! As jy weer shampoo moet gaan koop, koop die bleddie shampoo en spaar ons jou kommentaar. En as jy weer in die vroueafdeling is, koop n korter onderrok...joune hang 'n bietjie uit.

Gister gaan ek Woollies (Woolworths) toe om "Men's Shampoo" te gaan koop. Ek gebruik net gewone shampoo - ek wil nie soos 'n appel of 'n aarbei of 'n eksotiese blom ruik nie - net nou steek die bye my - dit is nou hierdie grillerige Aussie mannetjies met 'n oorring, nippelring en 'n watsenaam se ring. Hierdie mannetjies met die benoude boudjies en ski pants.

Ek loop nou daar in Woollies rond en soek in die "Men's Section" - ek frons, ek vat hier en daar - ek kry niks nie man. Nou en dan tel ek iets op wat soos 'n botteltjie shampoo lyk, dan sê dit "Hair Removal for Men" - sies, man - ek sit daai botteltjie so vinnig neer - die duiwelsgoed. Dan frons ek en soek nog - tel nog 'n botteltjie op - iets wat jou soos "Africa" laat ruik - my neus trek sommer reg oor my kop, agter na my holbeentjie toe - wie wil nou soos bleddy Afrika ruik.

Daar is allerhande goed wat my borshare sommer automaties laat uitval - laventeltjies vir dit en geurtjies vir dit. Ek stap uit daai lyn uit en lees daai bordjies daarbo - dit is wraggies die "Men's Section" - ek gaan weer terug - nou frons ek eers. So 'n mooi jong dametjie, wat my seker al lank dophou, kom vra of sy kan help - sy kan sien hierdie Boer is benoud en soek sy shampoo. Ek sê sommer vir haar, ek's nou bekommerd - wat het hulle nou met Woollies gedoen???? Ek dog ek's in die "Men's Section", maar ek's doodseker hulle het 'n Poofter Section oopgemaak. Die dametjie bloos bloedrooi en giggel benoud - neeeeee sê sy, DIE IS DIE "MEN'S SECTION." Nou weet ek daar's iets verkeerd. Laaste wat ek hier was, het ek alles hier gekoop. Nou verkoop hulle al hierdie grillerige skeermesse en dinge om jou 'body hair' mee te verwyder. Wat se nonsense is dit die????

Ek vra haar, groot asseblief - al wat ek soek is "Men's Shampoo" - ek het nie krag vir al hierdie grillerige goed nie - ek's nie 'n Drag Queen nie. Sy vat my om die hoek - daar moet ek nou tussen al die appel en aarbei shampoos staan en soek vir een botteltjie man's shampoo. Ek's seker almal staan en loer na my - wonder waar die krullers in my hare is. Wat het van die wêreld geword - mans sonder 'body hair' wat nou ewe soos Africa wil ruik?

Uiteindelik kry ek die botteltjie, waarop GROOT staan - "Men's Shampoo." Terwyl ek so loop, loop ek by die dames se seksie verby - ek wil nie kyk nie, maar ek kyk - allerhande 'Pads' en dinge. My oog vang iets - ek sluk amper daai botteltjie in - "Pads for Men" - as julle my nie glo nie - gaat kyk - julle sal nie julle oge glo nie. Waar het jy nou al so iets gesien - "Pads for Men" - sies man, ek sal nou glad nie eers daarin gaan nie. Ek knyp sommer my bene toe en sleep sulke benoude boude na daai 'checkout girl' toe - hoop net sy't nie gesien waarna ek gekyk het nie.

Ek stap verby die toiletpapier seksie - nou kry 'n mens gegeurde toiletpapier. Ek moet nou uit die plek uit - watse en wie se hol is nou so bederfd om toiletpapier te gebruik wat soos die "Beach" of "Daffodils" ruik??????

Terwyl ek nou daar in die ry staan en wonder hoe hierdie "pads' werk - lees ek daai Shampoo botteltjie - natuurlik klein geskryf staan daar - "anti dandruff shampoo" - aaaaaaaarhg man - is die plek nou heeltemal mal of wat. Ek soek my vrek na 'n simpel bleddy ding tussen al die poofter stuff, pads en dinge - nou gaan almal dink en het bleddy dandruf. Nee wat - nou's die Boer kwaai - ek loop na die eerste man toe wat daar werk. Hy lyk na die tipe wat pads en dinge gebruik - ek sê sommer vir hom ek gebruik anner shampoo as hy - ek wil nie soos 'n bleddy moerbei ruik nie en ek het nie skilfers nie - ek soek net gewone shampoo - shampoo vir mans - dit is nou regte mans - mans wat perdry en dinge.

Die mannetjie trek sy neus op en vat my weer terug na al daai arbei & appel shampoos - drink sy ou pootjie daarin en ruk 'n botteltjie uit. Hy druk dit in my hand, sê nie 'n woord nie - daar gaat hy - swaai boudjies en al. Ek gril my vrek - sleep na daai 'check out girl' toe. Wat 'n dag.

Link to comment
Share on other sites

Dierdare Seun,

Ek gaan nou nie ekkus vra vir my post nie, That is how I feel about the relationship between Gays, I am still from the old school and just can't & don't want to understand either. But that is your life and if you want to go that way, so be it. If my Sons came to Me and said they Gay, I would still love Him for himself and will not be Rude to his Partner, but don't rub it in My face. As for being a Breeder, I am proud to have had 3 lovely kids and am very happy being a Grandmother.

Have you told your Mother she is a breeder? Maybe you better not ........... Grow a thicker skin and don't take everything so personally. There is a place for you under the sun as well.

Link to comment
Share on other sites

Hi julle almal,

Ek het twee dierbare ooms wat "moffies" is en ek is VREESLIK lief vir hulle. Hulle het my en my sussie "aangeneem" toe ons ouers so paar jaar gelede dood is. Hulle is nie obviously gay nie (ek bedoel die maniertjies) maar het hier in Brissie opgedaag met die pragtigste pienk hemde. So by the way een is 75 en die ander 60. Hulle is baie wys en baie ryk en baie gesofistikeerd en HARDE werk, maar ek sal vir hulle enige iets doen en ek weet hulle sal vir my ook!!

Lovies

N

Beninsyd - dis ok man jy ken mos ons Suid Afrikaners kan van alles 'n grap maak. Moet nie te sensitive wees nie. Ons like in elkgeval "moffies" a girls best friend, en ek se dit met alle eerlikheid.

Africasonaangaande die sluitspier, ongelukkig is alles wat jou Dr vriend gese het die waarheid , maar nie alle gay mans gebruik die hele tyd "daar" as 'n enty point nie.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Yup, ek het die pads ook al gesien in winkels. Het geen idee hoe dit nou werk nie, maar het ook nie rondgehang daar in die rakke om verder uit te vind nie. Moes my vrou gaan wys, so met die ooghare soos 'n aap in die verbyloop, sy wou my eers nie glo nie.

Ek weet nie so lekker van die "ware man wat perd ry" nie. Ek self ry nie, maar glo nie daaroor is ek nou minder man nie, ek reken die veralgemening en lae hou is bietjie growwerig. Dit is jou keuse om ongegeurde shampoo te gebruik, maar ek glo nie jy eien dan die reg toe om ander wat wel "poofters" te noem nie. Weer 'n swaaiende dwarshou. Ek het 'n oom gehad wat so geredeneer het, hy het altyd 'n safaripak aangehad,met kam in die kous, die lot. Hy was erg konserwatief, alles wat nie in sy konserwatiewe sienswyse gepas het nie afgemaak as drek. Alles lekker onder die dekmantel van "Afrikaner"en "man wees" verdoesel. Ek wonder toe - Dra jy jou safaripak as jy so perd ry of wat ?

Ons praat maar mos net sommer tong in die kies hier, ne ? :blush:

Link to comment
Share on other sites

While I enjoyed some of Marius' humour, and the difficulties of finding a non-fruity smelling shampoo, it ultimately has nothing to do with being gay.

More and more men are happy to experiment with scents, shampoos, beauty treatments - and not just gay blokes. In fact, one of my friends (a very married bloke's bloke) spends more than I do on lotions and potions. It has nothing to do with being gay - he just wants to keep his skin looking healthy and young. No, he is no supermodel either, just a ordinary fellow, who just happens to take care of himself. And no, he doesn't smell fruity or flowery either. But he is always well-presented.

I enjoyed Marius's scenario for the challenges the old-school bloke faces when going down the health & beauty aisle, but I don't particularly enjoy the fact that he labels it purely for the gay community.

And as for the Man Pads. Have you people not got elderly folks in your lives? Unfortunately a fact of getting older, with prostrate problems, and bowel problems, causes many to suffer from an inability to control their "output". There are aslo wheelchair or bedridden people of all ages that face the same difficulties. What would you rather have - an old man wearing a pad and being otherwise happy and out and about, or for that old man to face a miserable life indoors at home because he is too afraid to go out in case he has an "accident."

I have gay family members, and some gay friends. Very few of them are fem and go for the fruity smells. Many, like Marius are also simply in search of a more "traditional" smelling product. So that after a game of rugby they can smell like clean blokes and not the local rosebush.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...