Jump to content

My raad oor 457


Emille

Recommended Posts

Sorry for posting it in Afrikaans only ;)

1) Ek dink die grootste issue is die besluit om te emigreer self. Dit is ook iets wat die langste vat- ek ken mense wat nou al 10jaar lank se hulle wil emigreer! Ook baie belangrik is dat jy en jou vrou/meisie as jy een het saamstem, ek ken so baie mense waar die 2 nie saamstem nie en dan kan jy maar vergeet- jy wil nie in Aus sit en dan blameer sy jou vir alles wat verkeerd gaan nie omdat 'jy' wou trek nie. Maar wees eerlik oor presies waarom jy wil gaan (pros en cons) en baie keer kan julle mekaar beinvloed- en gee mekaar die ruimte dat die idée op jou kan 'groei', want dit doen veral as jy sien wat om jou aangaan. Sodra jy die besluit geneem het en jy weet presies waarom, kan jy die proses begin. Ek dink dis belangrik om seker te wees van die redes. Ons was in Engeland vir 2 1/2 jaar en ek se jou as jy oorsee woon dan blur alles en jy vergeet baie gou waarom jy besluit het om te gaan en jou emosies kan partykeer oorneem- van al die mis en al die verlang na jou land. Die voordeel van Aus is die weer, en die lewenswyse is baie soos SA, so dis al klaar 2 groot voordele. As jy begin verlang as jy daar is sal jou redes (wat jy moet neerskryf!) jou deur die moeilike tye bring. Maar emigreer moenie net gaan oor die goed waarvan jy wil wegkom nie, ook die goed wat jy wil he en waarheen jy wil gaan, baie belangrik...

2) Dan hoewel emigreer 'erg' is, is dit ook nou nie die einde van die wereld nie. Jy moet steeds werk, jy gaan steeds met jou vrou of meisie stry, jy gaan steeds moeg raak, jy gaan nice tye he en jy gaan slegte tye he. Die addisionele ding is jy sal SA en jou familie/vriende mis, maar jy sal ook aanpas en nuwe mense leer ken. Ook is dit ook nie deesdae so erg agv al die kommunikasie nie- daar is fone (goedkoop om te bel van daar af), skype, webcams ens. ens.

3) Die proses is nie rocket-science nie, so as jy redelik opgevoed en noukeerig is, kan jy dit self doen. Ek sien nie die sin in om n agent te kry teen R35 000 om aansoeke te doen wat jy self kon doen nie. Al die info wat jy nodig het is op die website van die immigrasie dept- lees alles sorgvuldig deur, email die departmenet as jy vrae het (anders as in SA antwoord hulle altyd en is redelik vinnig), gebruik die forum om ander goed uit te vind- en jy vat dit stap vir stap. Sorg net dat jy alles doen volgens die boek soos wat op hulle vorms/brosjures staan.

Die departement se website is: http://www.immi.gov.au/ Baie belangrik: jou beroep moet op die 'General Skilled list' wees, anders is jou kanse baie minder, maar ek dink nie onmoonlik nie. As dit nie daar is nie dink ek (praat onder korreksie) sal jy moet werk kry en n werkgewer wat jou sponsor. Persoonlik sal ek vir die immigrasie agent gaan as jy nie op die lys is nie. Vind meer hieroor uit op die forum. Onthou ook mens kan partykeer 'gratis raad' kry by immigrasie agente (dis bietjie sneaky maar mens kan vir sommige preliminary raad vra sonder om te betaal- bv. Wat om te maak as jy nie op die lys is nie ens.) Jy kan die departement email by : e457.brisbane@immi.gov.au (dis die 457 kantoor)

4) Onthou ook dat dit n lang proses is, dis nie van vandag besluit jy en oor 2 maande sit jy in Aus nie. Myne is 8 maande vanaf ons besluit, tot werk kry tot wanneer ons in Aus arriveer, en dis vinnig want dis op die 457. Maar die meeste van die tyd was om te wag vir my dokumente, veral die police clearance. My actual aansoek het geneem van 26 Julie tot 20 Augustus – hulle het vir die 457 nuwe ‚business centres’ in 3 stede wat baie gouer aansoeke hanteer as van te vore, want daar is baie druk op die department nadat die Aussie parlement besluit het vroeer die jaar hulle verhoog die hoeveelheid immigrante met 30 000 per jaar (hulel soek mense- maar met die regte skills). Jy kan die tyd baie sny natuurlik (tot 3 maande), as jy reeds al jou dokumente reg het en bv. nie hoef te wag vir police clearance of so iets nie. As jy nie ge-sponsor word nie neem dit baie langer- omtrent 2 jaar.

O.k dit was my 'pep talk', nou vir die konkrete goed.

5) Eerste stap is natuurlik om n werk te kry. Eks n stadsbeplanner en dit was vir my redelik maklik want hulle het beplanners baie nodig agv al die ontwikkeling in die property sector. 'Leave no stone unturned' as dit by werk soek kom. Die Seek.com website is goed want daar word baie poste adverteer en dis ook maklik om aansoek te doen- as jy jou CV gesave het en jy het n dekkingsbrief, gaan dit vinnig om aansoek te doen- partykeer n paar sekondes. Onthou om jou CV aan te pas tot die Aussie format en ook terme gebruik wat hulle gebruik- doen bietjie navorsing oor jou beroep in Aus en kyk wat se terme hulle gebruik vir sekere adverts ens. (goed is dieselfde maar word partykeer verskillend genoem).

Wat ek gedoen het is ek het n paar dekkingsbriewe geskryf- een vir elke 'soort' werk (een vir elke spesialisrigting waarin ek ondervinding het in my veld)- so as jy aansoek doen verander jy net die naam van die firma en die pos se naam bo-aan) en jy 'attach' jou aansoeke. Gaan letterlik elke dag op die site en doen aansoek vir alles- maak nie saam waar in Aus nie- jy kan altyd later skuif. Moet jou nie steur as die website of adverts se 'applicants must be eligible to work in Aus'- as daar n groot vraag is vir n beroep worry hulle nie en partykeer is dit n standaard ding wat hulle insit- om te keer dat Pietie van Nigerie of Soedan of Bolivia wat n straatvieer is aansoek doen vir al wat n pos is in Aus.

Ek het bv werk gekry in Rockhampton, Queensland, wat o.k is maar dis nou nie presies Sydney of Melbourne nie, hulle sponsor my, betaal my trek, vliegtuigkaartjies ens. - die voorwaarde is ek moet vir 2 jaar vir hulle werk. My 457 is goedgekeur en nadat ek my 3 maande probation gewerk het, help hulle my met my permanent residency aansoek ('regional sponsored visa'- maw ek moet in die platteland van Queensland woon vir 2 jaar- dis die voorwaarde, daarna kan jy enige plek toe trek). Doen ook aansoek en search op ander sites (soek dit deur www.google.com.au in te tik en merk dan 'Australian sites only'). Soek ook agentskappe (recruitment agencies) wat in jou veld werk, maak kontak met hulle en stuur jou CV. Sorg dat jy n naam en email van n persoon kry - jy sal gou agterkom sommiges is useless, ander is uitstekend. In die begin vra eers vir hulle vrae soos die aanvraag vir jou beroep, of jou ondervinding reg is ens. ens. Die eerste prys is dat jy n werkgewer kry wat jou sponsor vir die 457- dis die vinnigste. Myne het my per telefoon ge-interview. Ander wil jou eers ontmoet- hulle stel dalk belang maar sal jou graag wil sien. Ek het 2 onderhoude per telefoon by dieselfde employer in Melbourne gehad, en toe na die 2 se hulle hulle sal my wil ontmoet ens. en sal 50% van my kaartjie betaal. Ek het toe die ander Rockhampton pos gevat agv verskeie redes. Ander mense vlieg vir n week of 2 Aus toe nadat hulle kontak gemaak het met n paar werkgewers per email/foon- dit klink of dit baie keer dan makliker gaan vir werk kry, maar dit kos geld.

As jy nie een kry wat jou wil sponsor nie, is die 2de prys om self aansoek te doen ens. vir n visa (bv. Skilled migrant visa)- dit neem langer (ek dink dis nou n jaar en tot 18 maande). Die idee is dan om as dit goedgekeur word, jy dan trek Aus toe en dan werk soek. As jy wetlik daar kan werk en jy dus nie sponsorship nodig he nie, sal baie werkgewers jou wil he (afhangende van jou beroep natuurlik). Ek sou se as jy so 2-3 maande probeer het vir werk vir iemand wat jou sponsor, en van die info wat jy kry van Aus af wat impliseer dat dit moeilik gaan wees om ge-sponsor te word, begin hierdie opsie oorweeg.

6) Dan natuurlik doen aansoek vir al die goed wat lank neem- die police clearance neem 3-4 maande, die paspoort neem 3 maande, die unabridged birth/marriage kan maande vat (nog langer as 3 maande), die IELTS se waglys is partykeer 3-4 maande in SA. So sorg dat jy al die goed boek en aansoek voor doen. Moenie in die begin worry oor mediese toetse nie as jy redelik gesond is en nie vreeslik sieklik is nie (ek dink Aids en TB mense laat hulle nie toe nie- daar kan ander goed ook wees). Hou ook gedagte dat party van die dokumente verval na n tyd so as jy nie vir die 457 gaan nie moet jy dalk seker goed time dat jy dit kry wanneer jy dit nodig het.

7) Daar is nogal confusion oor die IELTS. Party se dis nodig vir die 457, ander se dis nie nodig nie - die key hier is dat almal se omstandighede verskil. En daar is altyd persoon A wat sy sy ken persoon so en so wat gedink het hulle het dit nie nodig nie en toe het hulle dit nodig ens. ens. My persoonlike opinie, waarvan ek 90% seker is op feite gebaseer is, is die volgende: (1) vir permanent residency het jy dit nodig in alle gevalle(behalwe as jou studies in engels was) en (2) vir 457 het jy dit nodig as as jy nie aan een van die uitsluitings voldoen nie - in hulle woorde:

"From 01 July 2007, primary applicants for a Temporary Long Stay Business Visa (subclass 457) are required to undertake an English language proficiency test. Applicants must have English language skills equivalent to an average band score of 4.5 across the four test components (reading, writing, listening, speaking) in an International English Language Testing System (IELTS) test.

A higher level of English language proficiency is required for certain occupations for the purposes of licensing / registration / membership requirements in the nominated industry.

Hier is die uitsluitings baie baie belangrik:

http://www.immi.gov.au/skilled/skilled-wor...ges-eng-req.htm

Die IELTS word aangebied deur die British Council (tik in British Council South Africa in google, en gaan na die link IELTS toe). Hulle is net in Jhb, Dbn, CT- maar Jhb hanteer al die besprekings vir SA. Die waglys in SA is omtrent 3 maande (hulle se op die website- ‘bookings are now taken for the …………bv. Sept, Des, test.) Die vorms vir die bespreek ens. is alles op hul website- so doen net alles wat hulle se presies. Mense wat vinnig hul IETLS wil skryf vlieg die hele Suider-Afrika vol- Maputo, Gaborone, Windhoek – selfs Zambie en Mauritius! Die waglys op hierdie plekke is baie korter- partykeer net n maand. Ek self het in Windhoek geskryf want ek wou dit gou doen. Dis duurder maar tyd in hierdie game is partykeer meer belangrik as geld.

Ek sal nie bother om nou IELS te bespreek voor jy nie eers werk het, of ten minste weet daar is moontlikhede nie.

Die toets self is so R1800, en bestaan uit 4 dele- skryf, lees, praat, luister. Daar is n geskrewe toets en n oral. Met die besprekings is die oral en geskrewe nie altyd op dieselfde dag nie, maar as jy ver ry (bv. ek van Kaapstad af Windhoek toe – probeer hulle dit op dieselfde dag doen). Dis nie nodig om die ‚test pack’ te bestel nie, hang af hoe jou engels is. Dis wel nodig om voor te berei, maar daar is nogal heelwat voorbeelde ens. op die internet. Ander mense se weer die test pack het hulle baie geheldp (ek dink dis R500 of R600). Ek kan vir jou meer info gee oor die toets self when we get to that stage.

Baie belangrik, om die toets te kanselleer of uit te stel, gaan jou R800 kos, so wees seker jy moet dit doen ens as jy bespreek.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...