Jump to content

Die volgende ou wat se ek vat die maklike uitweg bliks@m ek


Biltongboer

Recommended Posts

As iemand weer sê ek vat die "maklike uitweg" of "vlug", dan moer ek al sy patriotiese tanne uit sy lam bek uit! :angry:

Niks is maklik hieraan nie! :angry:

Jy moet alles hier agterlos waarmee jy grootgeraak het. Jy moet jou hele huis en alles wat dierbaar is in 'n 20voet container indonner. Jou karre verkoop. Vir almal bye sê, en verduidelik hoekom jy nou eintlik gaan, vir die idiote wat nou nog nie kan aanvaar die land is op sy rug nie. 'n Vlak laer se pos aanvaar, want "beggars cant be choosers", en jy weet jy kan jouself weer opwerk teen die leertjie uit sonder BEE wat jou bedreig, al was jy al 'n Manager vir wie weet hoe lank. :blink:

En bo-op dit alles, moet jy hierdie beurokratiese klomp flippen vorms invul, in rye gaan staan vir al wat 'n blerrie unabridged dokument is, betaal dat jy hoes vir elke liewe ding, jou dood stress oor die helse stap wat jy moet neem. Vir jou kinders verduidelik hoekom jy hulle nou in 'n engelse skool gaan invoeter, en van hulle maatjies af wegvat... :unsure:

Jy het wragtag hare op jou tande nodig om te emigreer. Dis seker beter as om letterlik in die see in te vlug met jou klere aan jou lyf, soos die Portugeuse destyds uit Angola by ons aangekom het.

Maar wragtag, dis nie vir sissies nie. En om dan te hoor: "moet net nie weer terugkom as ons die land weer reggeruk het nie"!

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 55
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Biltongboer

    15

  • Bloubul

    3

  • Happy2Bhere

    3

  • ANNETTE1

    3

Ek hoor jou.

Die maklike uitweg is om te bly. Dis maklik om in jou Comfort zone te bly.

Ek steur my nie meer aan kritiek nie.

Ek is net baie jammer vir mense wat wil waai maar hulle kan nie (Kwalifikasies ens)

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
As iemand weer sê ek vat die "maklike uitweg" of "vlug", dan moer ek al sy patriotiese tanne uit sy lam bek uit! :angry:

Niks is maklik hieraan nie! :angry:

Hardloop mense - ek sien 'n Suidwes Bosvark op Viagra aan die kom. :unsure:

Weet wat jy bedoel - moet net nie te kwaai raak en gewoond raak daaraan nie. Dan is jy soos ek, toe ek hier aangeland het. Jy kom uit hel uit hier na Koala Land toe - dis net bye, blomme, koalas en vriendelike mense om jou. Jy lyk en voel dan soos 'n swart renoster by 'n Kinderkrans dans. My jare gevat om die bye en blomme raak te sien - die rose te ruik en gat omhoog harige wurms te bestudeer - en nie heeldag oor my skouer te loer vir die hyena nie.

As jy eers hier is, kan jy 'n diep asem vat - onmiddellik die rose begin ruik :blink:

Link to comment
Share on other sites

Sterkte Biltongboer.

Ons weet presies waar jy nou is- ongelukkig is dit deel van die proses wat ons almal moet deurworstel- maar soos Mauritz se- eendag sal jy weer kan asemhaal.

Link to comment
Share on other sites

Guest wilna
Jy moet jou hele huis en alles wat dierbaar is in 'n 20voet container indonner. Jou karre verkoop.

Ek weet dit is nou bietjie van die onderwerp af maar weet jy hoe snaaks voel dit as daai trok met jou 20f container by jou huis in RSA wegry........jou hele lewe in 'n 20f container........jy weet nie of jy wil lag omdat dit uiteindelik gebeur of huil omdat dit die einde is van "iets" wat kosbaar was nie........

Maar dan kom jy in Aus en lewe happy ever after......glo my dis die moeitewerd en jy vergeet gou van al die stress.

Sterkte.

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Moenie dat hulle jou so omkrap nie, dit is hulle wat moet omgekrap wees dat hulle so stupid is om met 'n "kop in die grond" gesindheid (en klappe aan) deur die lewe wil gaan. Skud net jou kop en lag in jou mou.

As julle eers hier is sal al daai stress die moeite werd wees - ons is nou maar eers 'n paar maandjies hier en is nuwe mense.

Voorspoed met julle tog.

Link to comment
Share on other sites

Maklik se mo@r, dis een van die moeilikste en stressvolste dinge wat ek nog ooit aangepak het. Maar sterkte daar vir jou en onthou immigrasie is nie vir "sissies " nie.

As jy eers hier is vergeet jy vinnig van hoe aaklig en stressvol die hele proses was. Gelukkig vir dit.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

SPOT ON!!!

Ek het gisteraand vir een van die wat vir my wil vertel ek vat die maklike uitweg en niks is beter daar nie op 'n mooi manier vertel om leiwer stil te bly.

Dit is dan ook die met 'n ander land se paspoort in die sak.

Groete

Pine

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer - ek stem heelhartig saam - maklik se g@t!!!

Ai Mauritz -

My jare gevat om die bye en blomme raak te sien - die rose te ruik en gat omhoog harige wurms te bestudeer - en nie heeldag oor my skouer te loer vir die hyena nie.

hier is ek, ou brombeer, reg om die stormloop saam Biltongboer aan te pak en nou lag ek so dat die trane spat!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Ai Biltongbroer jammer dat julle nou nog sulke kekkelbekke ook nog moet hoor brom.

Genoeg om jou n pyn in die g@t te gee en JA jy is reg dis juis nie vir sussies soos hulle nie.So wat is die oplossing vir sulke swainz?Hulle het dit nie in hul broeke nie so hul target mense soos ons almal wat dit aanpak en wel die GUTS het en die kans vat en ALS opoffer en OZ toe kom vir n BETER toekoms en VEILIGHEID vir ons kinders!!!!!!!!

Uuu ek raak so kwaad wag ek moet eerder weer hier af klim!!!!

Sterkte

Urs

Edited by URS.LITTLE SHE BEAR
Link to comment
Share on other sites

Dit was nou 'n lekker post om te lees... lekker om te sien ander mense se gevoelens is ook oor die hele spektrum!

Ek kan maar net hoop dat SA 'n sukses van homself sal maak (want my familie en vriende bly hier agter)... maar as SA onmiddelik begin gatskop gaan dit baie jare neem om te wees waas Aus nou reeds is. Die hartseer storie is dat die regering so hard probeer om van die Kolonialistiese geskiedenis ontslae te raak dat hulle die baba saam met die badwater uitgooi!! Face it, the 'African way' is not a prosperous way in our western eyes!

Wat meer is, ek het besef dat ek 'n 'European' is (volbloed-Boer en al), if push comes to shove is dit hoe ons mede Africans ons sien.

Genoeg geramble van my kant af... sterkte vir almal!!

Anton

Link to comment
Share on other sites

Mooi gese, Biltongboer... lyk my ons het 'n tweede Mau... moet wees omdat julle altwee suidwesbloed het. Laaik jou staail :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Mooi gese, Biltongboer... lyk my ons het 'n tweede Mau... moet wees omdat julle altwee suidwesbloed het. Laaik jou staail :ilikeit:

Janee, ek moet erken ek lag my gat af vir Mauritz se stories. Sal beslis by hom moet gaan kuier in "Pofadder downunder", waar hy bly...

Link to comment
Share on other sites

As iemand weer sê ek vat die "maklike uitweg" of "vlug", dan moer ek al sy patriotiese tanne uit sy lam bek uit! :blink:

Niks is maklik hieraan nie! :blink:

Maar wragtag, dis nie vir sissies nie. En om dan te hoor: "moet net nie weer terugkom as ons die land weer reggeruk het nie"!

100% vir jou Biltonboer. Kon dit self nie beter gese het nie. Jy het my so pas krag gegee om hierdie dag aan te pak!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Jy lyk en voel dan soos 'n swart renoster by 'n Kinderkrans dans.

As jy eers hier is, kan jy 'n diep asem vat - onmiddellik die rose begin ruik :blink:

Dis darem maar 'n plesier om jou idiome te lees, goed om te sien mens los nie alles agter as jy gaan nie, daai manier van dink en praat kan niemand steel by jou nie, ne.

Ek is eintlik darem nie te beneuk nie, maar dis so emosionele ding hierdie hele Groot Trek. Ek verstaan nou hoekom die ou Dorsland trekkers sulke moeilike mense was. Die gevoelens loop op en af, en die ding wat jou die meeste irriteer is die feit dat jy gedwing word om dit te doen deur ander mense se useless-geid en onbedagsaamheid. Daars mos geen manier dat 'n suidwester hier loop as daar nie blerrie goeie redes is daarvoor nie. Mens word in hierdie land ingewortel soos 'n kameelboom, en jy word nie maklik hier weggevat nie. (Ek sing sommer die Suidweslied, so nostalgies raak ek nou.)

Ek ruik al klaar die blomme, kan nie wag om nader te gaan nie. As ek eers op hierdie vlieende ossewa klim, kyk ek nie weer terug nie. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dis darem maar 'n plesier om jou idiome te lees, goed om te sien mens los nie alles agter as jy gaan nie, daai manier van dink en praat kan niemand steel by jou nie, ne.

Ek is eintlik darem nie te beneuk nie, maar dis so emosionele ding hierdie hele Groot Trek. Ek verstaan nou hoekom die ou Dorsland trekkers sulke moeilike mense was. Die gevoelens loop op en af, en die ding wat jou die meeste irriteer is die feit dat jy gedwing word om dit te doen deur ander mense se useless-geid en onbedagsaamheid. Daars mos geen manier dat 'n suidwester hier loop as daar nie blerrie goeie redes is daarvoor nie. Mens word in hierdie land ingewortel soos 'n kameelboom, en jy word nie maklik hier weggevat nie. (Ek sing sommer die Suidweslied, so nostalgies raak ek nou.)

Ek ruik al klaar die blomme, kan nie wag om nader te gaan nie. As ek eers op hierdie vlieende ossewa klim, kyk ek nie weer terug nie. :ilikeit:

Was gister ook aangevat oor die Groot Trek...........toe ek hom se ek's jammer hy's te slapgat om te immigreer was hy sjoepstil..........probeer dit volgende keer :blink:

Groete uit die Laeveld

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer

Ek kan jou amper waarborg dat 50% van die agterblywendes gaan jou binne die volgende jaar kontak om te hoor of jy nie vir hom 'n ou joppie daar oorkant kan orginize nie. Dit gebeur gereeld met my.

As jy eers hier is en die gebottelde water gedrink het, kom jy eers agter hoe dinge daar agteruit gegaan het. Ek sien in die Beeld dat die grootste Porch vertoonlokaal in die wêreld in Sandton oopgemaak het, dan wonder ek wie koop dit. Dit voel so vir my of baie in SA in 'n bubble leef wat eendag gaan bars. Dalk na 2010? Wie weet. Dalk bars dit nooit en bly die agterblywendes baie veilig en baie gelukkig daar.

Good luck vir hulle, SA is 'n pragtige land, maar ek is nie bereid om daai kanse te vat nie. Daarvoor is die kinders te belangrik.

Sterkte met die groetery, moet dit nie los vir die lughawe nie. Te erg vir kids.

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer

E

Ek sien in die Beeld dat die grootste Porch vertoonlokaal in die wêreld in Sandton oopgemaak het, dan wonder ek wie koop dit.

Jy hoef nie te wonder wie koop dit nie. Die Gautrein betaal vir dit. Jy kan ook afkortings (BEE,AA) of soustrein gebruik.

En dan seker 'n gunsteling - Eishkom

Link to comment
Share on other sites

En om dan te hoor: "moet net nie weer terugkom as ons die land weer reggeruk het nie"!

LOL, so wanneer gaan hulle begin om "die land reg te ruk" en wie gaan dit doen?

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer....

Vra enige van daai bliks@ms (of bl@ksems) hulle moet jou enige land in afrika wys wat al ooit deur enige 'colonial' reggeruk is en vandag 'n vaandel van vooruitstrewendheid is.

Enige een wat Namibia of SA regruk in enige leeftyd van my, ek sal persoonlik sy gat kom lek op SABC1/2/3/E-TV of NBC of elke ander kanaal van MNET.

I'm so not in the arse-kissing business, but for this one I will most definitely make an exception!

Link to comment
Share on other sites

As iemand weer sê ek vat die "maklike uitweg" of "vlug", dan moer ek al sy patriotiese tanne uit sy lam bek uit! :ilikeit:

Jy kan dit weer sê. Dit was en is die moeilikste besluit van my lewe en ek twyfel elke aand, maar die volgende dag lees ek die koerante en ek kan nie wag om te gaan nie.

Ek word van alle kante teëgesit, en gevra hoekom - ons is dan nog nie eers aangeval nie.

"Gelukkig" ondersteun my man se ouma ons darem nou al nadat hulle laasweek die vrou in die huis langs haar verkrag het, dieselfde week in dieselfde kompleks 'n huis beroof en die res stukkend geslaan het, en in dieselfde week in dieselfde kompleks 'n ou omie doodgeskiet en die tannie so aangerand het dat sy in intensief is. Nou mag ons maar gaan...

Maar dis nog steeds nie maklik nie :ilikeit:

Lize

Link to comment
Share on other sites

Moet se Biltongboer ek is mal oor hoe jy dit stel. Ek kon dit nie beter gedoen het nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

As iemand weer sê ek vat die "maklike uitweg" of "vlug", dan moer ek al sy patriotiese tanne uit sy lam bek uit! :ilikeit:

Niks is maklik hieraan nie! :angry:

Jy moet alles hier agterlos waarmee jy grootgeraak het. Jy moet jou hele huis en alles wat dierbaar is in 'n 20voet container indonner. Jou karre verkoop. Vir almal bye sê, en verduidelik hoekom jy nou eintlik gaan, vir die idiote wat nou nog nie kan aanvaar die land is op sy rug nie. 'n Vlak laer se pos aanvaar, want "beggars cant be choosers", en jy weet jy kan jouself weer opwerk teen die leertjie uit sonder BEE wat jou bedreig, al was jy al 'n Manager vir wie weet hoe lank. :ilikeit:

En bo-op dit alles, moet jy hierdie beurokratiese klomp flippen vorms invul, in rye gaan staan vir al wat 'n blerrie unabridged dokument is, betaal dat jy hoes vir elke liewe ding, jou dood stress oor die helse stap wat jy moet neem. Vir jou kinders verduidelik hoekom jy hulle nou in 'n engelse skool gaan invoeter, en van hulle maatjies af wegvat... :rolleyes:

Jy het wragtag hare op jou tande nodig om te emigreer. Dis seker beter as om letterlik in die see in te vlug met jou klere aan jou lyf, soos die Portugeuse destyds uit Angola by ons aangekom het.

Maar wragtag, dis nie vir sissies nie. En om dan te hoor: "moet net nie weer terugkom as ons die land weer reggeruk het nie"!

Beste Biltongboer.

Jong ek is jammer vir jou. Dit lyk my iemand het jou baie kwaad gemaak. Ek hoop dat dit nou met jou beter gaan. Ek sien hierdie boodskap is al laas jaar geskryf. Sal jy asb reply en se of dit met jou beter gaan in Australie? Ons is nou op die punt dat ons wil oorgaan en soos jy weet is dit groot besluite en mens weet jie of jy die regte ding doen nie.

Groette Annett

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer...sterkte!

Ek praat uit Kanada uit, maar die beginsels is dieselfde.

Wat my betref is daar altyd die tiepe mens wat redes vind om niks te doen aan 'n gemors nie. Ek het vele in my familie wat nie die guts het om iets te doen nie, terwyl ek weet hulle kan. Van hulle het doringdraad op hul mure en 'n Mercedes in die garage. EK mors nie my tyd op hulle nie. As 'n man meer omgee vir sy Mercedes as vir sy kinders se toekoms, is hy nie my tyd werd nie. Dis dié wat die waarheid raaksien maar wie hulpeloos is, wie my bekommer.

Toe ek hier geland het, sowat 8 jaar gelede, het een van die ex-SA mense by die werk my so aangekyk en gesê:

"Ou Herrie, vir die eerste drie jaar gaan jy gefrustreerd en deurmekaar wees. Na drie jaar gaan jy besef dat wat jy deurleef het in SA onnaturrlik was en dat geen mens ontwerp was om met soveel stress te leef nie. Dis sieklik. Maar 'n mens kom dit eers agter na drie jaar se afkoel hier. Jy sal sommer die ex-SA ouens maklik uitken in die straat. Dis die ouens wat die heeltyd oor hul skouers kyk as hulle in die straat afloop."

Die lewe kom weer aanmekaar, maar dit werk anders.

Link to comment
Share on other sites

Beste Biltongboer.

Jong ek is jammer vir jou. Dit lyk my iemand het jou baie kwaad gemaak. Ek hoop dat dit nou met jou beter gaan. Ek sien hierdie boodskap is al laas jaar geskryf. Sal jy asb reply en se of dit met jou beter gaan in Australie? Ons is nou op die punt dat ons wil oorgaan en soos jy weet is dit groot besluite en mens weet jie of jy die regte ding doen nie.

Groette Annett

Nee, Anette, die boosdkap is gister geskryf. Jyt seker na my datum gekyk waar ek die forum ge-join het, wat al laasjaar was. Ek is nog nie in Australia nie, maar ek het laas week 'n job-offer aanvaar, en is besig met die immigrasie-agent se lang moeilike vorms wat ek nou moet invul. Dis een ding om te besluit jy wil gaan, dis 'n ander ding om dan agter te kom watter nagmerrie dit is om alles gereel te kry, ten midde van al hierdie ander frustrasies. Jy sal nie glo hoeveel burokratiese crap jy moet deurgaan om daai visa in jou paspoort te kry nie. Eers leer ken jy al hierdie kodes soos PR, 457, employer -sponsored what-not, en dan later uit die bloute kom daar goed hier van die kant af wat jou omslaan soos 'n 1066 form, 'n 956 form, wie mag certify en wie nie, ek se jou jy blaas blou rook by jou agterend uit na 'n halfuur se gesukkel met die goed.

Elke keer as ek dink dit was nou die laaste keer dat ek copies van my graad en my paspoort en my UNABRIDGED Birth certifcate en my UNABRIDGED marriage certificate laat sertifiseer het by 'n gekwalifiseerde sertifiseerder (lees maar op, dis 'n lang storie daai...), dan vind ek uit ek moet dit alweer gaan doen. Al my goed is gescan, so dis maklik om copies te maak, maar die sertifikasie is 'n ander storie hoor.

Niks hiervan is seker moeilik nie, dis net helse schlep...

En, soos een van my vriende, wat reeds daar is, vir my eendag gese het: Jy het nog nie die opsie om te emigreer voordat daai visa nie in jou paspoort is nie!

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...