Jump to content

Interessante Artikel vandag in BEELD


sue845

Recommended Posts

SA is ‘in doodloopstraat’

23/11/2007 10:36 - (SA)

Riana de Lange

Suid-Afrika is in ’n doodloopstraat. Die land se internasionale beeld gaan ’n terugslag beleef ongeag wie van pres. Thabo Mbeki of mnr. Jacob Zuma in Desember leier van die ANC word.

“Dit is twee swak kandidate, albei met erge gebreke. En een van hulle gaan seëvier,” het dr. Xolela Mangcu, voorsitter van die Platform vir Openbare Oorleg, gister by die Oos-Kaapse swart sakeberaad gesê.

Volgens hom sou ’n regering in enige ander demokrasie waar armoede en werkloosheid so toegeneem het, en waar MIV/vigs en misdaad gehanteer is soos dit is, lankal die trekpas gekry het.

Of ’n gemeenskap dié kwessies behoorlik kan hanteer, gaan oor die gehalte van leierskap, het Mangcu gesê.

Amptelike werkloosheid in die land (net onder mense wat nog aktief werk soek) het van 1,9 miljoen in 1996 tot 4,2 miljoen in 2006 toegeneem. Nie-amptelike syfers wys 4 miljoen werkloses in 1996, teenoor 8 miljoen in 2006.

Altesame 2 miljoen Suid-Afrikaners het in 1996 in armoede geleef. Tien jaar later was dié syfer dubbel soveel.

“Voeg daarby die 5,5 miljoen Suid-Afrikaners wat met MIV/vigs leef en jy sit met maatskaplike verwoesting.”

Tog hoor ’n mens daagliks hoe fantasties die ekonomie groei. Mangcu wou weet hoe sulke teenstrydige interpretasies moontlik is.

Hy meen dinge het lankal begin verkeerd loop en dít is waar die leierskwessie ter sprake kom.

Die regering het Gear as ekonomiese beleid aanvaar teen alle intellektuele raad in. Lande het nuwe ondernemings en beleggings nodig, maar dit moet volg op plaaslike groei en belegging, want dan sien buitelandse beleggers die geleentheid om geld te maak.

“Geld jaag geld na.”

In Suid-Afrika het die regering dit andersom gesien en gesê regstreekse buitelandse belegging is nodig om die ekonomie aan te dryf.

Die regering het wel goed gevaar deur lae inflasie, lae rentekoerse en lae begrotingstekorte te verseker, maar ongelukkig het regstreekse buitelandse investering nie gevolg nie, uitvoer het nie toegeneem nie en daar was nie ’n toename in werkskepping nie. (Die bietjie buitelandse beleggings wat hierheen gevloei het, was in die vorm van verkrygings en samesmeltings.)

Van die 600 000 werkgeleenthede wat op Gear sou gevolg het, het niks gekom nie. Boonop kon gewone Suid-Afrikaners en vakbonde nie die beleid bestry nie, want die regering wou dit nie bespreek nie, het Mangcu gesê.

Nou wag die land om te hoor wie die volgende leier van die ANC en waarskynlik president van die land gaan word, terwyl gewone Suid-Afrikaners wat nie ANC-lede is nie, geen manier het om vir hul leiers te stem nie, het Mangcu gesê.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...