Jump to content

Geweld by skole, kinders wat dwelms gebruik, neem toe


sue845

Recommended Posts

Dinge is ook besig om baie te verander by SA Skole. Ouers moet baie meer verantwoordelik begin optree.

Berig Beeld Sep 17 2007 10:58:47:577PM - (SA)

Geweld by skole, kinders wat dwelms gebruik, neem toe

’n Skool is nie ’n eiland nie.

Dit is ’n spieël van die gemeenskap. En as daar geweld en dwelms in die gemeenskap is, sal dit oorspoel na die skool.

Só sê me. Judith Cohen, hoof van die parlementêre komitee van die Menseregtekommissie (MRK).

Beeld het verskeie kenners oor die patroon en die rede vir sulke aanvalle uitgevra, na aanleiding van die onlangse vlaag van messteekvoorvalle in en om Johannesburg en ná die tweede kinderpartytjie in twee weke waar kinders dood is.

Cohen sê as kinders se lewens by skole bedreig word, is drastiese stappe soos deursoeking en dwelmtoetse nodig.

Sedert verlede jaar, sê Cohen, hoor en sien mens minstens een maal per week en dikwels elke dag mediaberigte oor geweldsvoorvalle by skole.

Mev. Dorothy Khosa, bestuurder van die jeuggeweldvoorkomingsprogram van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening (SSGV), sê hulle kry toenemend versoeke om onderwysers te leer hoe om in geweldsituasies op te tree.

Daar is ’n algemene toename in geweld by skole, sê Khosa.

Sy het nie syfers nie, want ’n groot aantal van die voorvalle, veral by “beter skole”, word nie by die polisie aangemeld nie. Minstens twee voorvalle van geweld by skole per week word by die SSGV aangemeld.

Huispartytjies is ’n gruwel, sê supt. Piet Byleveld, die bekende speurder. “Daar is geen behoorlike toesig of beheer nie. Skoolmeisies wat met naskoolse mans uitgaan, is ’n groot probleem. Dit is meestal dié mans wat die dwelms voorsien. Die groot resultaat van dwelms op partytjies is dat meisies misbruik word.”

Wanneer kinders ’n sekere ouderdom bereik, sê hy, “word hulle vir hul ouers ’n las en laat hulle hul kinders aangaan soos hulle wil.”

Me. Cathy Vos, direkteur van die Sanca Horizon-dwelmrehabilitasiesentrum in Boksburg, sê dit is makliker vir kinders om dwelms te koop as vrugte.

“Om vars vrugte te koop, moet ’n mens weet na watter winkel om te gaan, maar om dwelms te kry, moet kinders net die woord spreek en dan sal die dwelms by hulle uitkom.”

Vos sê daar is nie een private- of openbare skool in Gauteng van wie minstens een leerling nie die afgelope drie jaar by Sanca-programme ingeskakel het nie. “Daar was die afgelope 18 maande ’n toename in kinders tussen die ouderdomme van 14 en 18, en deesdae veral meer meisies, wat by ons programme inskakel.”

In townships, sê Vos, is ’n kombinasie van dagga en heroïen die dwelm wat skoolkinders die meeste gebruik, terwyl Cat, Ecstacy en crack voorkeurdwelms in rykmansbuurte is. Die mag om die euwel te stop, sê Vos, berus net by ouers. “Ouers is oningelig en verkeerd ingelig. Dit is tyd dat hulle standpunt inneem.”

Mnr. Mark Stokoe, ’n woordvoerder van Netcare 911, sê op 30 Augustus is die ambulansdiens na ’n voorval in Johannesburg ontbied waar twee seuns in ’n messtekery by ’n skool gewond is. Op 31 Augustus is vyf skoolkinders in drie voorvalle in Vanderbijlpark en die noordweste van Johannesburg beseer.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...