Jump to content

en toe is dit nie meer goed genoeg nie...


sandaleen

Recommended Posts

Hi

Die besluit kom al ‚n lang pad, maar is onlangs weer geaktiveer deur vriende van ons wat besig is met hulle planne – toe dink ons, hoekom nie? En hoe meer ons daaraan dink hoe beter klink die geleenthede – ‚n regte avontuur! My ma moedig ons geweldig aan. Daar’s soos met almal ‚n paar persoonlike redes om dit te doen –

· Johann is verveeld by die werk en doen al die afgelope jaar vir poste aansoek – sonder om ‚n enkele onderhoud te kry – dis nogal vreemd – om nie ‚n enkele kortlys te haal nie! Vir ‚n ou wat besig is met sy 3de M en loopbaan gerig werk – is dit ‚n gatslag. Hy’s ook geireteerd met sy maatskappy wat onlangs ge-BEE is.

· Ek het nou die dag by die werk vir ‚n pos geadverteer en kon nie ‚n enkele blanke man eers vir ‚n onderhoud nooi nie, selfs met ons jaarlikse prestasie beoordeling word die blanke mans se gradering afgetrek – dis nogal ‚n eye opener as jy as bestuurder geforseer word om ouens wat hulle alles gee se bydrae te misken, en mense wat bloot net opgedaag het ‚n groter bonus moet gee!

· Johann is in Junie 2004 een aand in ons garage gehijack terwyl ek en HR in die huis geslaap het, hulle het my kar gesteel, toe die goed gebeur het, het ons aangehou soos altyd, maar hy loop nou nog nie in ‚n winkelsentrum verby ‚n groep mans sonder om HR op te tel en my hand te vat nie, ons ry nie na donker om eers te gaan melk koop nie. 2004 was nie ‘n goeie jaar nie: my beste vriendin is in September 2004 deur hulle tuinjong 11 keer met ‚n mes gesteek en verkrag – sy was amper dood.– sy’t nog nooit weer by haar huis verbygery waar sy aangerand is nie.

Alhoewel ek gelukkig is by die werk (ek’s onlangs onverwags bevorder!) en baie lekker bly, kan ek nie die gevoel van ‚n 2de rangse burger afskud nie – niks is meer soos wat jy dit onthou nie en jy moet altyd die askies dat ek lewe houding inneem. Dan is ek eerder ‚n Suid-Afrikaner in Oz as om ‚n Afrikaner in SA te wees. Ek wil nie eens begin om oor die skole en my kind se toekoms te praat nie – dis net depressing.

Ek het al die immigrasie site deurgewerk en besef dat ons het net 110 punte so moet werk kry of 'n area wat ons sal borg. Ons moet ook wag vir die veranderinge wat in September van krag kom om ons te bevoordeel. Ons ontmoeting met 'n agent was minder aangenaam so ek het besluit om dit liewer self te doen.

Ek sal maar verder op die joernaal skryf - ek kan nie ophou om hieraan te werk/dink nie...

SD

Link to comment
Share on other sites

Welkom op die Forum!

Begin solank met al die dokumentasie al doen jy eers sept aansoek. Kry solank al die sertifikaate ens. Die tyd gaan vinnag verby!

Groete,

N.

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom!

Ja dis 'n groot besluit en nie maklik nie, maar die redes is oorweldigend hoekom mens eerder moet gaan. Ek stem saam met jou dat dinge nie meer is soos ons dit geken het nie. Dit lyk of julle die saak goed oorweeg het en oortuig is van julle besluit. Dit sal julle help deurdra wanneer julle hier 'n nuwe lewe begin.

Baie sterkte en ek hoop alles verloop goed met julle beplanning.

Groete Riaan

Link to comment
Share on other sites

Sandaleen

Soos Nikki sê, tyd gaan vinnig verby en mens kan solank die papierwerke begin regkry. Ek wag ook vir die 1ste September se veranderinge want hopenlik sal dit dan ook vir ons makliker wees om die puntetelling te haal. Het nou net na die IELTS "site" gekyk en besef daar is nog heelwat wat ons moet doen en dit lyk my die afsprake is ook nogal ver vooruit bespreek, so mens moet ook nie te lank wag nie!

Sterkte met al jou navorsing. Ek kan regtig die forum aanbeveel - baie vriendelike en hulpvaardige mense! :whome:

Link to comment
Share on other sites

Hi sandalleen,

Ek verstaan 100% wat jy se en ons voel dieselfde.

Hou in gedagte dat Adelaide beskou word as regional en daarom sal jy soontoe kan gaan met 110punte.

Adelaide is 'n baie lekker stad en ons is op pad soontoe, selfs al kwalifiseer ons vir enige een van die stede, Adelaide is ons eerste keuse.

Maar, ja, begin beslis met die papierwerk, dit is partykeer 'n laaaang proses, maar BESLIS die moeite werd!

Groete

W

Link to comment
Share on other sites

Dan is ek eerder ‚n Suid-Afrikaner in Oz as om ‚n Afrikaner in SA te wees.

Puik gesê!!! Baie welkom op die forum en jy sal baie antwoorde hier kry.

Sterkte met alles.

Suidwes

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom,

Dit is baie baie sad dat mense so deur crime uit die land gejaag word.

Selfde hier en ons is ook oppad.

Vra maar as jy iets wil weet soos jy kan sien is ons klomp al te gretig om te help of opinies te lig.

Cheers

T

Link to comment
Share on other sites

Hallo Daar!

Ons is ook net in die begin proses met die hele affere, maar soos julle het ons ook al gebuk gegaan onder misdaad. Slaap met een oog oop. Ry nie snags nie en as ons moet, stop net vlugtig by verkeersligte ens.

Ons sal almal nog wen, ek is seker

Groete

Nick

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Ek's ook oppad Aus toe maar na Queensland toe, Toowoomba - 'n stad naby Brisbane.. Waarnatoe is jul almal oppad?

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Sandaleen,

Ek hoor wat jy sê as dit kom by tweedeklas burgerskap. Gedink dis net ek maar lyk my Afrikaners sukkel meer daarmee. Dis baie frustrerend as jy al die werk ingesit het om die regte kwalifikasies te kry en iemand minder gekwalifiseerd kry dan die posisie. In my beroep is dit nie net BEE kandidate wat bevoordeel word deur verandering nie, maar as gevolg van BEE regulasies om meer nie-blanke kandidate te laat registreer, kan die wit outjies wat nie gaan swot het nie ook nou aansoek doen vir dieselfde professionele registrasie danksy "ervaring". Wat is ervaring sonder kennis? Klink nie reg vir my nie! Ek vind dit selfs meer frustrerend as BEE en ek hoop dat nadat ek weer van voor af begin het in Australië, dinge nie ook so sal verander om meer "inklusief" te wees nie. Ek raak te oud om elke keer weer oor te begin. (Ek wonder hoe lank dit gaan neem voordat verpleegsters toegelaat gaan word om te registreer as mediese dokters hier in Suid Afrika aangesien soveel dokters reeds ge-emmigreer het.)

Ek verneem dat mens in Australië moet opleiding doen in alle beroepe voordat jy 'n posisie mag beklee soos bv. elektrisiën, haarkapper, yskas tegnoloog ens. Dis myns insiens die regte pad om te volg om goeie standaarde te handhaaf en dit verseker daardeur 'n ordentlike inkomste vir die ouens wat die werk reg kan doen sonder om te moet kompeteer met ongekwalifiseerde outjies wat minderwaardige werk doen vir minder betaling. Hier in SA word die meerderheid van bouwerk deur ongekwalifiseerde mense gedoen, wit "entrepreneurs" ingesluit.

André S.

Link to comment
Share on other sites

Jissie Sandaleen, dit voel vir my asof ek daai brief geskryf het. Ek wens julle alle sterkte toe met die proses en die emosie.

Link to comment
Share on other sites

Dag,

My hart is so seer oor die SA. Wat gaan van ons land word. Ek is ook nou in die begin proses. Weet nog nie watter visa om aansoek te doen nie, maar uit wil ek. Ek was al in al die groot stede van Aus gewees. Ek kom nou net van vakansie af in Perth. Jy weet wat was vir my die lekkerste van als gewees. Om in die nagte te gaan slaap. Sonder om bang te wees, dat daar iemand vreemd in die huis ingekom het.

Alles is so anders daar. Die mense hou braaivleis in die parke. Elke woonbuurt het sy eie park in perth. Dit is so mooi.

Hier is geen toekoms vir ons wit SA nie! Ek se vir almal. Moenie twee keer dink oor hoeveel geld dit jou gaan kos nie of oor al die papier werk nie. Glo my dit is die moeite werd.

Doen dit en sterkte!!!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

Ons is seker nou al meer as n jaar lede van die Forum, lees altyd net, maar vandag dink ek dis tyd om iets te se, ons woon hier in Perth al 11 maande, Vrou en Kinders. Was nog nooit in Australia nie, net opgepak en geland, het net altyd gehoor dat dit beter is en DIT IS. Ek was gelukkig om werk te kry voordat ons oorgekom het, maar as ek nou terug dink sou ons inelkgeval gekom het.

Suid Afrika is kla, moeg en gaan nooit beter word nie. BEE is in WIT is uit. Besef dit, neem dit in. Ek IS negatief oor SA, en ek vra onverskoning vir die wat nie saam stem nie.

Al ons mense is nog daar, en ons probeer maar om hulle hier te kry, al wat ons vir hulle kan doen is Bid en hoop dat dit goed sal gaan. Maar soos dit is in Suid Afrika gaan dit nie altyd goed nie, daar gebeur maar dinge wat jou siel laat huil. Gisteraand was n vriend van ons en sy Ma geskiet, hy in die gesig en sy Ma in die heup. Gelukkig is julle nie dood die "regte Suid Afrikaanse mentaliteit".

Ek weet daar is baie mense daar buite wat so iets al deur gegaan het en wat nog meer stories kan vertel.

My eintike rede vir die stuk is om te vra "Wat is meer kosbaar, jou mooi huis, 2 karre, huishulp en tuinier, of net die lewe van jou vrou en kinders" dit maak nie saak wat jy hier kan bekostig nie, of waar jy gaan bly nie, of jy in n tweeverdieping huis of n groot tuin gaan he nie" doen dit regtig?.

Ek het vir my vrou gese "ek wil terug gaan na "Back to basics" en ons het, en ons survive. As ons dit kan doen kan enige iemand.

Vir die wat dink daaraand om oor te kom, doen dit, vir die wat reeds besig is, sterkte. Ons is gelukkig in ons NUWE LAND.

Ek nooi almal uit "die wat reeds hier is" om hul hande uittesteek en vir die wat kom en die wat wil kom, te help. En ek se dankie vir die Forum en vir die mense wat reeds help.

Vir die wat hier in Perth gaan land sonder meubels, ek het n paar goed wat ek kan uitleen, yskas, video masjien en Microwave. PM my net. Vir die wat in die mynbou bedryf is stuur vir my jul CV's al wat ek kan doen is dit vir ons HR gee, miskien help dit, ek kan geen beloftes maak nie.

Sterke vir almal.

Weer eens maak ek verskoning vir my opinie.

Werner

Link to comment
Share on other sites

Hallo San Daleen,

Ek is al 'n geruime tyd besig met die immigrasie proses en ek moet se dit verg baie. Dit wil ook voorkom of daar nie regtig 'n maklike manier is om daardeur te kom nie. Ek probeer kontakte reel sodat ons in die volgende maande vir twee weke na Oz en NZ kan gaan met die hoop om 'n werksaanbod te kry. Ek voel as ons eers daar is en 'n werk het kan ons deur die motions van immigrasie gaan. Miskien is dit die verkeerde benadering.

In Oz is baie werksgeleenthede, maar dit lyk nie of daar 'n tekort aan bronne in die veld is waarvoor ek aansoek doen nie. Ek glo ek is goed gekwalifiseerd en het baie goeie ondervinding. Met die huidige tekort aan geskikte kandidate om poste gevul te kry in die veld hier by ons in SA sou mens amper hoop dit is ook die geval in Oz. As ek reg onthou is jou man in dieselfde veld. Jy is in 'n betreklike nuwe veld. Het julle al gekyk na werksgeleenthede?

Sterkte

NS. As J&SD en D&J suksesvol is met immigrasie gaan KO HR tekorte he.

Link to comment
Share on other sites

Vir die wat hier in Perth gaan land sonder meubels, ek het n paar goed wat ek kan uitleen, yskas, video masjien en Microwave. PM my net. Vir die wat in die mynbou bedryf is stuur vir my jul CV's al wat ek kan doen is dit vir ons HR gee, miskien help dit, ek kan geen beloftes maak nie.

Hi Werner

No need to apologise, you're entitled to you opinion like everybody else. Thank you very much for your offer to help newbies in Perth. Much appreciated.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...