Jump to content

Afrikaans church services in Sydney


Liz123

Recommended Posts

Ek is nuut in Sydney en wil weet of daar enige kerke is wat afrikaanse kerkdienste het van tyd-tot-tyd.

Laat weet asb as julle weet van so iets.

Dankie

Link to comment
Share on other sites

Ek is nuut in Sydney en wil weet of daar enige kerke is wat afrikaanse kerkdienste het van tyd-tot-tyd.

Laat weet asb as julle weet van so iets.

Dankie

Hi Liz

Daar is twee waarvan ek weet. In North Ryde en ook een in Cecil Avenue in the Hills.

PM my vir meer info.

Burger

Link to comment
Share on other sites

As jy nie Afrikaanse kerke kry naby genoeg of waar jy tuis voel nie, moenie opgee op jou soektog nie. Ons was 'n rukkie betrokke by die Afrikaanse gemeente in Dural en het net nie lekker aanklank gevind nie. Na ons 'n paar ander kerke uitprobeer het, het ons 4 jaar gelede die Anglikaanse gemeente waar ons nou is ontdek, en ons is vreeslik gelukkig daar - hulle is soos familie! Hulle gebruike is baie soos die Afrikaanse kerke (gebruik ook die 12 artikels en dieselfde geloofsbeleidenis en al daai dinge...) Dit was aan die begin moeilik om die bybelboeke in Engels op te soek (mens voel so dom as jy blaai en blaai en dit weergalm so deur die kerk, terwyl almal al op die regte bladsy is... ;) ) Maar vir die res van dit, het ons vreeslik maklik ingepas.

Ek moet sê die kerk en gemeente waar ons nou is, is baie meer "liberaal" as in Suid Afrika t.o.v. die stilte/orde in die kerk en al daai dinge - ons moes gewoond raak aan kindertjies wat rondloop en sommer op enige iemand se skoot gaan sit, en met hulle karretjies oor die vloer speel, tannies wat sit en koffie drink wat hulle gemaak het voor die diens begin het en mense wat kommentaar lewer uit die gehoor as hulle die dominee se been wil trek oor iets wat hy sê... Ons het dit baie vreemd gevind, maar na 'n ruk was dit juis deel van die warmte en "familie" gevoel wat ons ervaar het. Almal ken almal en niemand oordeel niemand nie. Jy gaan kerk toe wanneer jy wil, trek aan wat jy wil, neem deel soos en wanneer jy wil en niemand probeer jou lewe vir jou rëel of jou laat skuldig voel oor enige iets nie. As jy bv nie 'n bybelstudie persoon is nie, dan karring hulle nie aan jou nie. Dit is vreeslik gemaklik - mens voel of jy daar "hoort".

Ek hoop jy kry 'n kerk en 'n gemeente waar jy gelukkig is - ons het 2 jaar gesoek, so moenie opgee nie. :)

Link to comment
Share on other sites

Hi Riekie

Dit klink nogals na iets wat ons sal pas - ons is nie baie groot op die manier wat die Gereformeerde Kerk jou hier behandel nie - hulle kan jou ook maar baie keer bietjie 'nag' vir huisbesoeke, bybelstudies ens.. - ons verkies ook 'n kerk waar jy bietjie meer gemaklik kan wees en inpas op jou eie manier.

Sal jy dalk vir my die naam vd kerk laat weet asb? Ons arriveer in Sydney in November hierdie jaar.

Groete

S

Link to comment
Share on other sites

Ons is in die Anglikaanse kerk - hulle is almal dieselfde, alhoewel die "kultuur" van gemeente tot gemeente kan verskil, aghangende van die omgewing. Gemeentes met meer jongmense is gewoonlik meer liberaal en "hip" waar gemeentes in ouer areas waar meer ouer mense is, bietjie meer "konserwatief" is.

Ons het 'n lekker mengsel van oud en jonk met baie kindertjies! Hulle het 3 dienste - een vir die ouer mense wat meer die ouer gebruike en formaat het, dan een vir die gesinne en in die aand vir die jongmense wat baie musiek en lawaai insluit. Mens kan na enige vd dienste gaan, so as jy meer van konserwatief en stilte hou, dan kan jy na die eerste diens gaan - jy hoef nie "oud" te wees daarvoor nie. Die kerk het ook 'n creche as julle klein kindertjies het - hulle is vir die eerste deel vd diens in die kerk en dan as die "preek' begin, gaan hulle na die vertrek langsaan vir kinderkerk en speletjies en teken en al daai lekker dinge. Hulle lawaai partykeer so lekker, ons hoor hulle tot in die kerk. :blush: Na kerk is daar koffie en koek vir almal - selfs die kinders het hulle eie koffie tafel met koekies en koeldrank wat laag genoeg is sodat hulle kan bykom - te oulik! Ons gemeente is in die Hills - waar in Sydney is julle oppad?

Link to comment
Share on other sites

Hi Riekie

Ons beoog om erens in die Hills, of Cherrybrook of een van daai areas in die omgewing te settle - enige van die goeie en populere areas - waar ons die kinders in 'n goeie skool kan kry. (2 dogtertjies - een word nou Augustus 8 jaar oud en die ander enetjie 4, word 5 in Januarie).

Dit klink na ons tipe kerk (ek is Afrikaans, my man is Engels, ons kinders is ten volle tweetalig)

Ons sou net graag iewers wil he om in te val om darem die kinders ook te help met aanpassing en miskien nuwe maatjies maak.

Ons is nie fanatiese kerk mense nie, en is nie van die tipe wat elke week bybelstudie doen ens nie - maar ons soek wel 'n kerk waar ons kan welkom voel en hopelik ook ander jongmense met kinders kan ontmoet.

Groete!

S

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Ek is nuut in Sydney en wil weet of daar enige kerke is wat afrikaanse kerkdienste het van tyd-tot-tyd.

Laat weet asb as julle weet van so iets.

Dankie

Hi

Ek is lid van die Christian Reformed Church of Sydney gebasseer in North Ryde maar wat ook die preaching post het in Castle Hill. Ons dienste in beide Caste Hill en Ryde is in Engels alhoewel 95% van die gemeente oud Suid Afrikaners is. Die beginsels is dieselfde as die 3 susters kerke in SA nl. dat sterk verkondiging van die Woord die kern is. Daar is een maal per maand in die aand om 6 uur 'n Afrikaanse diens in die Ryde gemeente. Elke Sondag na kerk word daar ook lekker tee gedrink en koeksisters geeet.

Hier is die website vir meer inligting alhoewel dalk nie heeltemal op datum nie.

http://www.sydneyreformed.org.au/

Dis 'n lekker gemaklike omgewing met geen stywe gewoontes nie en laat mens sommer gou tuis voel.

Hoop jy kan by ons aansluit.

Gazza

Link to comment
Share on other sites

Hi Riekie

Ons beoog om erens in die Hills, of Cherrybrook of een van daai areas in die omgewing te settle - enige van die goeie en populere areas - waar ons die kinders in 'n goeie skool kan kry. (2 dogtertjies - een word nou Augustus 8 jaar oud en die ander enetjie 4, word 5 in Januarie).

Dit klink na ons tipe kerk (ek is Afrikaans, my man is Engels, ons kinders is ten volle tweetalig)

Ons sou net graag iewers wil he om in te val om darem die kinders ook te help met aanpassing en miskien nuwe maatjies maak.

Ons is nie fanatiese kerk mense nie, en is nie van die tipe wat elke week bybelstudie doen ens nie - maar ons soek wel 'n kerk waar ons kan welkom voel en hopelik ook ander jongmense met kinders kan ontmoet.

Groete!

S

Hi Sunshine123

Verwys as ook na my reply aan Liz123 hier bo m.b.t. die Christian Refromed Church of Sydney in the Hills. Ek self woon in Cherrybrook en het 'n 7 en 4 jarige. Wat die kerk aanbetref is hulle dol gelukkig in Kids Church wat vol pret en kreatiwiteit is. Belangrik ook dan dat vanaf 12 jaar word Kids Church Sondagskool met 'n sillabus ter voorbereiding vir aanneming. Ons is meerendeels mense met jong kinders. Die wat wil behoort aan 'n "Klein Groepie" wat mekaar ondersteun en saam kuier ens. Ons betrokke groepie hou elke twee weke 'n kuier aan huis van 'n gesin en doen ons eie Bybelstudie met, ja, eet en drink saam. Oor skoolvakansies en lang naweke vat ons 'n breek en daar is geen verpligtinge nie. Ons koop ons eie boekies om te gebruik wat ons as interessant vind bv. "Couples of the Bible". As jy in Cherrybrook sou bly is dit ook minder as 10 minute van die kerk af.

Tot later

Gazza

Link to comment
Share on other sites

Baie Dankie Gazza! Gaan hierdie post save en hierdie inligting gebruik as ek daar aankom in November!

Groete

S

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hi Almal,

Ons is nou drie weker hier in Sydney en bly in die Northern Beaches. Laat weet asseblief waar die Anglikaanse kerke is waaroor julle gesels. Dit is tyd dat ons weer in die kerk kom.

Groete

Deon

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

Ons is nou drie weker hier in Sydney en bly in die Northern Beaches. Laat weet asseblief waar die Anglikaanse kerke is waaroor julle gesels. Dit is tyd dat ons weer in die kerk kom.

Groete

Deon

Hi Deon

Anglikaanse kerke sal jy orals vind en verseker in die Northern Beaches.

My verwysing was na die Christian Reformed Church of Sydney wat dieselfde beginsels het as die NG / Hervormde / Gereformeerde kerke in SA. Die Northern Beaches is bietjie ver van beide North Ryde en Castle Hill maar dis natuurlik vir jou om te besluit. Ryde is: 27 Conrad St, North Ryde NSW 2113. Die Castle Hill adres ken ek nie uit my kop maar sal kan kry. Ek ry eenvoudig soontoe.

Laat my weet dan kan ek jou die adres stuur.

Gazza

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

Ons is nou drie weker hier in Sydney en bly in die Northern Beaches. Laat weet asseblief waar die Anglikaanse kerke is waaroor julle gesels. Dit is tyd dat ons weer in die kerk kom.

Groete

Deon

Hi Deon

Ek het vergeet om jou te verwys na die Christian Refromed Church in Dee Why wat waarskynlik vir julle 'n goeie opsie is. Hier is die informasie:

58 Fisher Road, Dee Why, NSW, 2099

Family worship times:

Every Sunday - 10.00 am & 6.00 pm.

Sunday school during the morning service.

http://www.deewhy.crca.org.au/

Groete

Gazza

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...
  • 3 years later...

Die Roseville Presbyterian Church het nou-en-dan 'n Afrikaanse Kerk/Erediens in Sydney. Die kerk het ook baie Suid Afrikaners wat die gewone dienste bywoon. Ds Corrie Nel is self oorspronklik van Suid Afrika. Meer inligting op hul webblad.

Sterkte met die inskakeling.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...