Jump to content

Aanleg toetse


Willa

Recommended Posts

My 2ling is in Gr7 en by die skool skryf die kindersaanleg toetse vir volgende jaar se vakkeuses by die H/skole. Dit kos 'n paar rand, is dit enigsins nodig aangesien ons hulle volgende jaar in Melbourne inskryf by skole. Is die skole se vakkeuses daar net soos hier by ons.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...
My 2ling is in Gr7 en by die skool skryf die kindersaanleg toetse vir volgende jaar se vakkeuses by die H/skole. Dit kos 'n paar rand, is dit enigsins nodig aangesien ons hulle volgende jaar in Melbourne inskryf by skole. Is die skole se vakkeuses daar net soos hier by ons.

Hi Willa

Ek het ook tans 'n dogter in gr7 en ons vertrek eers oor 18 mnde - ek het egter nie dat sy aanlegtoetse skryf nie! Ek is van mening dat dit te vroeg is en dat hulle belangstellings later 'n baie groter rol speel. Jy het waarskynlik 'n goeie aanvoeling waarin jou kinders presteer en waarvan hulle hou? Ek dink die vakkeuses in jaar 8 en 9 is in elk geval maar redelik beperk (in SA en Oz) en hulle gaan dalk een xtra vak kan kies (drama/ musiek of dalk mandaryns).

Is die 2ling in 'n Afrikaanse skool? Hoe voel julle oor die oorskakeling na engels? Dit maak ons maar bietjie benoud....

Hoor graag van jou.

Groete

M

Link to comment
Share on other sites

Hi julle, ek is 'n sielkundige wat gereeld die tipe toetse doen. Dit is elke ouer se besluit, moet net nie die toetse afkeur oor finansiele redes nie. Twee jaar op universiteit in die verkeerde rigting is heelwat duurer as enige hoeveelheid aanlegtoetse...

'n Paar voorstelle van my kant af:

1. Belangstellings verander, maar die kontak met iemand wat na jou luister en moontlikhede voorstel vir 'n toekomstige loopbaan help dat 'n tiener solank begin dink oor moontlikhede. Die kontak en terugvoer van die assesserings is die belangrikste, vra baie vrae, gebruik dit as 'n beginpunt.

2. Maak seker die toetse word gedoen deur iemand wat 'n "persoonlike" verslag skryf, nie 'n rekenaar uitdrukstuk van toets resultate nie. As jy nie 'n terugvoer sessie het met die persoon wat die assessering gedoen het nie, dan mors jy moontlik jou geld, want die resultate is reg, maar die interpretasie daarvan is meer belangrik.

3. Laat jou kind soveel moontlik assesseer - dit help hulle om verantwoordelikheid te neem vir hulle studie besluite(want jy gee vir hulle inligting, dieselfde rede hoekom hulle skool toe gaan), en dit gee ook 'n goeie idee van watter skoolpunte hulle behoort te behaal.

4. Tydens 'n ordentlike assessering tel ons depressie en angs simptome (ens) op wat dalk baie kan help om probleme op te los, nou en vir die toekoms!

Ek sien gereeld mense wat om "finansiele redes" nie sulke dienste gebruik nie, dit is persoonlike keuse, maar die gemiddelde kind weet nie wat hy wil word nie, en bitter min mense kies 'n beroep wat hulle gedink het sal lekker wees op skool.

Die meeste assesserings wat ek tans doen is agv desperate ouers wat NOU wil weet wat hulle eendag moet doen :blush: Dit veroorsaak gewwonlik groot spanning in die huis.

Ek kannie kommentaar lewer oor die skole in Aus nie, hoop ek het bietjie gehelp.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ons vertrek die 26ste September na Melbourne, kinders gaan oorslaan Engels toe. Nie regtig bekommerd aangesien hulle redelik al vlot Engels praat en verstaan, skryf is natuurlik 'n ander ding. Asook om in Engels skool te gaan sal maar sukkel in die begin. Het hulle by 'n leesprogam ingeskryf, Wise Eye wat hulle engels 'n hupstoot gee.

My kinders het aan die Voortrekkers behoort, asook elke vakansie na een of ander kamp gegaan wat redelik oor die taalgrens was soos Bushtrails en Sugarbay. Aanpassings probleme voorsien ons nie, maar mens weet nooit.

Enigste rede wat ek gewonder het oor die aanlegtoetse was of dit nodig is so vroeg in hulle skool loopbaan. My seun in Gr9 kan ek verstaan want daar is vakkeuses van uiterste belang.

Link to comment
Share on other sites

My only comment about Australian schools is that they do not all offer the same subjects, so if you have a good idea of what interests your child, or what career they may one day wish to follow, it is going to assist you in choosing the school that you send your child to.

Link to comment
Share on other sites

Hi Willa,

ek se gewoonlik vir ouers hulle moet hulle instinkte volg. Party kinders is hopeloos en lyk soos skapies wanneer daar enigiets oor verder as skool gepraat word...

Ek kyk gewoonlik na persoonlikheid, potensiaal om te presteer en belangstellings. Dit is belangrik vir skoolkeuses, soos Mara se, ook. Ek weet nie of aanlegtoetse ooit te vroeg toegepas kan word nie, want dit is ouderdom verband. Ons doen dan skoolgereedheidstoetse, wat baie kinders baie swaar tye spaar. Ek is 'n groot voorstaander om enige hulpmiddel te gebruik sover moontlik om my kinders die beste moontlike opsies te gee.

Ek sal dink as ek in jou posissie was dat ek dalk eers sal wag, kyk wat doen die aanpassing ook miskien eers? Dalk goed om die toetse daar (in Aus) te doen?

Link to comment
Share on other sites

M,

I do psychometric tests here in South Africa, and I was wondering if I should bring my tests over? Oz does not have psychometrists (which I am), only psychologists. Will I be able to use them, and do you think i should still keep on paying registration fees this side to the HPCSA when I am there?

(sorry for :) ) :unsure:

Edited by Toitjie
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...