Jump to content

sydney-te duur?


aniena

Recommended Posts

Dag sê julle. Nou ja, ek en my vrou dog toe ons sou graag in Adelaide wou gaan bly totdat ons toe hoor dat dit maar aan die droë kant is. Ons wil glad nie in 'n droë area bly nie. EK sien Melbourne het meer reën as Adelaide en Sydney het die meeste van die drie. Ons versier is nou op Sydney, maar ons hoor huise is aan die duurkant. Kan iemand vir ons beaam of die huise baie duurder is in Sydney, watter tipe huise kry mens, en hou die salarisse tret met die duurder onkostes. Party mense op 'n ander forum het tot al van die huise as krotte, wat besmet is met termiete beskryf. Asb. raad en bystand sal waardeur word.

groete

aniena se man :stretcher:

Link to comment
Share on other sites

Dag sê julle. Nou ja, ek en my vrou dog toe ons sou graag in Adelaide wou gaan bly totdat ons toe hoor dat dit maar aan die droë kant is. Ons wil glad nie in 'n droë area bly nie. EK sien Melbourne het meer reën as Adelaide en Sydney het die meeste van die drie. Ons versier is nou op Sydney, maar ons hoor huise is aan die duurkant. Kan iemand vir ons beaam of die huise baie duurder is in Sydney, watter tipe huise kry mens, en hou die salarisse tret met die duurder onkostes. Party mense op 'n ander forum het tot al van die huise as krotte, wat besmet is met termiete beskryf. Asb. raad en bystand sal waardeur word.

groete

aniena se man :stretcher:

ek dink dis 'n welbekende feit dat Sydney die duurste plek in Australië is, en dan ook heelwat duurder as S.A. Soos ek nou al geluister het, is dit glad nie snaaks om die ekivalent van meer as R2 miljoen vir 'n gemiddelde 3-slaapkamer huis te betaal nie! Die salarisse is nou wel ook hoër as dié van Adelaide, maar klink my mens het nog steeds ten minste 'n 6-syfer inkomste ($100,000) nodig as jy enigsins ordentlik wil bly.

Maar laat die mense wat self daar bly, van hul eie ondervindings vertel...

kyk gerus ook hier:

Where2live en Living in Australia

Link to comment
Share on other sites

You can also have a look at http://www.realestate.com.au/

click your way to Sydney in New South Wales, and you will see what you get for your money. There are properties for sale and properties for rent. Just remember, when you see a house that appears to be built of brick, it will probably just be brick cladding and not the double brick walls that you are used to in SA.

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hi daar,

Ja Sydney is duur. Dit hang natuurlik baie af van waarna jy soek en hoe naby aan die stad jy wil bly. My sus bly in Faerie Glen (Pretoria) in 'n 4 slaapkamer huis, met 'n tuin. Dieselfde tipe huis hier in die Hills District in die Noord-Weste van Sydney kan enige iets van $ 700 + per week kos in die mooi buurte. In die Hills is daar baie verskillende buurte, sommige is ontsettend grand en eksklusief, terwyl ander baie bekostigbaar is, met kleiner tuine, ens. Cherrybrook, Castle Hill en Kellyville is baie gewild onder Suid-Afrikaners. Meeste van die mense in ons omgewing laat een keer per jaar 'n termiet inspeksie doen op hulle huise en mense kry ook een keer per jaar 'n professionele diens om te spuit vir ongediertes en goggas binne en buite die huis. Dit hoef natuurlik nie, maar so ver ek kan sien maak dit 'n verskil. Mense in Sydney werk oor die algemeen lang ure en in die meeste gesinne wat ons ken werk beide ouers om die lewenskostes te kan dek. Dit hang seker af van watter industrie mens in werk, maar die meeste professionele mense wat ons ken dink niks snaaks daarvan om sommige aande tot 8 (soms later) op kantoor te sit nie. Heelwat Saffers, veral plattelanders wat ek al hier in Sydney ontmoet het, vind die plek te besig, die verkeer te erg en die algemene lewensstyl ontsettend gejaagd. (Dit sal ook weer afhang van waarvan jy hou, ek vind die beskrywing van Sydney as Joburg-by-the-sea nogal raak in terme van lewensstyl.) Vra asb as ek nog kan help, of PM my enige tyd.

Hoop dit help 'n bietjie.

Liefde

SS

:blush:

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie julle vir julle opregte menings, ons besef dat mense se menings verskil en dat mense se behoeftes en smaak ook verskil en daarom sal die een stad reg wees vir die een maar verkeerd vir 'n ander, MAAR vir ons wat nog nie daar was nie, is julle menings regtig belangrik. Ek besef dat 'n LSD 'trip die beste sal wees. Ons hoop om dit te kan doen - sal maar sien ...

Groete

Aniena en gesin

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hi Aniena,

'n Goeie idee is om jou budget te gaan uitwerk om 'n idee te kry van hoeveel jy op behuising kan spandeer. (onthou mens betaal huur per week in Australië). Dan kan jy Mara se baie oulike idee gebruik en gaan kyk op die site wat sy genoem het om te sien wat jy in die verskillende stede met die geld sal kan huur/koop. Dit sal jou dalk 'n idee gee van die verskil in prys van Staat tot Staat. Jy kan ook onder die verskillende communities en in settling in gaan kyk om te sien watter voorstede in die verskillende stede is lekker om in te bly.

(Gebruik die voorstede dan as jy soek op Mara se real estate site).

Hoop dit help.

Liefde

SS

:blush:

Edited by Sunshine Sister
Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Sunshine Sister, dis 'n baie goeie idee ons sal dit doen. :ilikeit::lol::ilikeit::ilikeit:

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Hey Aniena,

Kom ek stel dit so: die huis wat ons in RSA gehad het, sal ons nooit as te nimmer hier in Sydney kan bekostig nie. Alhoewel die ander stede goekoper is as Sydney, is alle stede maar redelik duur wat eiendom betref. Jy kan in die platteland 'n pragtige plek kry vir 'n kwart van die prys in vergelyking, maar ongelukkig is meeste van ons afhanklik vd inkomstes wat ons in die stad verdien..... :huh: Ons was nou op 'n hengse lang road trip deur 'n groot deel van Australië en mens kry die mooiste dorpies met huise wat mens maar net hier in die stad kan begeer. As julle stad toe mik, kan jy jou maar regmaak vir 'n skok wat eiendomspryse betref - daar is nie 'n ander manier om dit te sê nie, ongelukkig.

Die huise waarvan jy "hoor" is sekerlik huurhuise en dit is die uitsondering. 'n Eienaar kan nie 'n huis aan jou verhuur as dit nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Jy kies waar jy wil bly en as 'n plek nie vir jou gepas is nie, dan huur jy dit doodeenvoudig nie. Ongelukkig word huurhuise in baie gevalle afgeskeep en verniel en mens moet maar na 'n hele paar plekke gaan kyk voor jy iets vat. Jy kan op "realestate.com" vir jou 'n persoonlike "alert" opstel oor die tipe huis waarna jy soek om te huur (jy kan bv spesifiseer hoeveel slaapkamers, swembad, ens ens.) Jy kan dit selfs nou al opstel al is jy in RSA want dit gaan na jou Email adres, en dit sal jou 'n idee gee oor wat beskikbaar is vir jou prysklas ens. Mens kry maar plekke wat bietjie oes lyk, maar ons bly in 'n pragtige huurhuis, so dit is maar net 'n kwessie van soek tot jy iets kry. :o

Link to comment
Share on other sites

Dis 'n baie goeie idee om op die Realestate webtuiste te gaan kyk na wat beskikbaar is. Onthou net altyd dat die agente weet hoe om die foto's te neem om die plekke heel ander te laat lyk as in die realiteit :o . As jy 'n plek of twee sien waarvan jy hou, vra dan vir die mense hier wat hulle dink van die buurte, want partymaal is die goed wat bekostigbaar is en goed lyk in 'n buurt waar die mense, kom ons se, ummmmm, nou nie juis "baie beskaafd" is nie :huh: .

Ou Springbok, jy sal hier in Adelaide omtrent R2 mil betaal vir 'n gemiddelde huis (ek praat nou van gemiddeld in SAffers se opinie). In Sydney sal dit heeeeeeelwat meer wees. :(

Link to comment
Share on other sites

Ou Springbok, jy sal hier in Adelaide omtrent R2 mil betaal vir 'n gemiddelde huis (ek praat nou van gemiddeld in SAffers se opinie). In Sydney sal dit heeeeeeelwat meer wees. :o

:( ja-nee daarvan ek is seker, Annette.... dis hoekom ek in die bankindustrie werk, heelwat finansiële voordele :huh: . Verder is ek single so hoef nie aan uitgawes vir kinders, ens. te dink nie. Nou vir daai werksaanbod...

Link to comment
Share on other sites

  • 3 months later...

Dag se Springbok, To add my 2 cents worth, hoekom huur jy nie 'n woonstel of townhouse vir 6 maande nie. Dan kan jy self sien waar jy wil bly en kan bekostig. Ja baie saffers bly' in the hills' maar wat hulle nie se nie is dat publieke transport is nie so goed nie, jy het a kar nodig omdat dit ver is van Central Business District is en local shops. Will graag sien hoe draf jy met pakkies straat af. :D The north of Sydney I personally find very snobbish, still got that Jones attitude, leave that behind in S.A. Lets rather help each other out without that added pressure of my son is doing so well..... Not everyone has come here with loads of money. Cherrybrook/St Ives area is lovely with huge homes but still far out. Check out Sutherland shire for more affordable prices and nice lifestyle.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...