Jump to content

Sommer net nonsense op 8 Augustus 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 28 Augustus 2008

Na vele dae en nagte het ek weer die lus om die pen op te vat. Die afgelope paar maande het dit maar op en af met ons gegaan. Daai storie van dat jy net vir twee jaar moet uithou en dan is alles weer honkiedorie, is bull. Enige iemand wat die swaard wil opvat oor die stelling- f-off. Dit is my storie en wat met my gebeur het.

Soos vele van julle, het ek ook aan die kortste end van die nuwe Suid Afrika begin trek. Na heelwat negatiewe belewenisse het ek op ‘n dag besluit, tot hier na toe, en nie verder nie. Ek was gelukkig dat my dogter met ‘n Ozzie getrou het en ons hier in Adelaide was vir die troue. Ons het gehou van wat ons gesien het en het die immigrasie proses aan die gang gesit toe ons weer terug in Suid Afrika was.

Omdat ons te oud was, ek was 54 en my vrou 52, het ons op die “Contributory Parent†roete besluit. Gelukkig vir ons het ons ‘n paar Rand in die bank gehad en kon ons die roete, wat vinniger was, aanvat. ‘n Half Miljoen Rand en 27 maande later, sit ek nou die stukkie en skryf. Daar word altyd gesê dat Afrika nie ‘n plek vir sissies is nie. Laat ek julle vertel, immigrasie is ok nie vir sissies nie en kos baie geld.

Daar is vele perde hier oppie forum wat kan getuig van nagte se snot en trane huil oor dit wat was en dit wat nog gaan kom. Daar is hopelik meer wat deesdae met glimlagte op hulle gesigte deur die Ozzie lewe gaan. Ek was daar en gaan weer daar kom. “been there, done that†Ek kry baie briewe van mense wat wil weet hoe ons dit gedoen het. Ek is dan gewoontlik nogal afsydig en nie baie hulpvaardig nie. As jy hier na toe wil kom, moet jy self daaroor besluit en reg wees om die battles te fight wat jy defnitief gaan kry. Die Ozzies skuld jou niks en hulle soek hulle pond vleis. Ek kan maar net sê dat jy baie dae gaan wens jou ma en pa kyk nog na jou. Ek kan nou eers sien watter battles my dogter moes fight toe sy aanvanklik met sterre in haar oë, haar Ozzie vriend hierheen gevolg het.

Ekself, het op my rype ouderdom, vele onderhoude vir werk ondergaan, onsuksesvol. Laat ek julle vertel. Dit vat aan ‘n man as jy weet jy beteken iets en daar niks kom van ‘n goeie onderhoud nie. Ek dink my vrou het vir omtrent 200 poste aansoek gedoen, voordat sy kon kom waar sy vandag is. Wees gewaarsku. Hier is nie familie of vriende wat jou oppie hande dra en sal sorg dat jy ‘n joppie kry, soos wat ons vanouds in Suid Afrika beleef het nie. Jy word geweeg en as jy te lig is volgens hulle standaarde, sit jy sonder werk. Hier is baie werk. Maar, nie noodwendig waaraan jy gewoond was nie. Daai storie van “ek sal strate ok vee†is ook bull. Hier is baie gekwalifiseerde Asiërs wat maar te bly is om dit te doen. Glo my, dit is harde werk. Iets wat ons verleer het om te doen. Ek in elk geval. Ek was ‘n bestuurder. Ek het my kar gedryf en my lessenaar stoel op en af gestel en was ‘n “meneer†Hier is ek net Jan alleman.

Genoeg gal gebraak en swart gesien.

Ek het 10 dae gelede ‘n LAPBAND operasie ondergaan. Die Omie was lekker rond en gesond en het besluit om iets daaraan te doen. Dit is ok nie ‘n blits oplossing nie. Dit is vrek seer en kos ok ‘n trop geld. My maag skrou permanent vir my brein. “WAARS DIE KOS†Ek drink net sulke skottelgoed water soppies en my spoegkliere gaan defnitief ook een vannie dae complain want hulle werk nie. Ek was gewoond om op my maag te slaap. Nou kan ek nie want dit is nog vrekseer aan die binnekant waar die slagters perd seker ‘n klomp vetjies onstig het. Al 6 kilos verloor. Die Ozzie familie kom ook van heinde en verre om die wonderwork te aanskou en ek is al gatvol om die storie oor en oor te vertel.

Ek moet net gou die een vertel. My dogter se skoonpa steek toe hulle Katolieke Priester op om by my te kom besoek aflê, daar waar ek in die hospitaal gelê het. Hy het die laaste sakramente kom bedien aan ‘n sterwende. Gelukkig nie vir my nie. In elk geval, hy die priester, het toe al reeds ‘n paar wyntjies in. Hulle was besig met ‘n ge-etery op sy verjaardag. Hy kom spog toe by my wat daar uitgehonger lê, met wat hulle geeet en gedrink het. Ek troef hom toe met “where I come from, we call that bragging. Is that not a sinn? Die perd bloos toe bloedrooi en dreig dat hy my sal kry op ‘n latere stadium. Tipes Ozzie. Die predikant gooi sy dop saam met sy gemeente. “I laaik, I laaikâ€

In elk geval. Julle dikkes daar buite. Word maer vir Oz. Hier moet jy jou brood verdien. Ek sal die LAPBAND operasie aanbeveel. Hoop om by die einde vannie jaar vir Robert Redford weer ‘n traan te druk. Ek en die perd verjaar juis, net twee dae uitmekaar. Baie in gemeen, ons Leeus. My vrou begin my ook weer meer laaik en sien al klaar hoe sy moet veg om die wolfinne van die deur af weg te hou.

‘n Intresantheid. Jody Schecter, renjaar vanouds, is besig om ‘n killing in Engeland te maak met sy verkope van biltong. Hy gebruik glo die ou Vleisraad se resepte. Wys jou, nie alles in die ou RSA was sleg nie. Ek verlang nog baie dae na RED HEART & COKE. Die Ozzies se Rum proe soos medisyne. Het ok al klaar afgesweer van KWV. Suip nou goedkoop rooiwyne. Glo goed virrie cholesterol.

Groete tot oor ‘n paar maande. O ja. My Ingelse baba kleindogter begin al lag as haar Oupa aankom. Genoeg rede om nog langer te veg.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jan,

Ek wou al vra hoe gaan dit na die operasie, gedag ek sal maar wag vir jou om ons te vertel op jou eie tyd. Jy wil nie dalk se hoeveel die operasie gekos het nie? Sal jy ooit reg kan eet of gaan dit altyd flou soppies wees? Tas die hele besigheid enigsins jou spysverterings stelsel aan? Hoekom ek vra, ek weet van 'n ander siel wat ook die ding gedoen het maar was hy agterna nou vir jou wind op en af....sommer windverwaaid....as jy verstaan wat ek bedoel? Kon niks eet nie of hy vra jou of die wind pla.....as jy se nee, dan se hy nou maar hier kom nog een.

Jip Ozzie issie virrie sissie. Dit vat so 2 jaar voor jy weer smile en onder jou hoed uitloer. Mens kom regtig armgat annerkant uit, maar is orraait, is maar die moeite werd. Anyway, ek is bly ons is hier en ons lewe goed en die son skyn vandag hier in Adelaide. Hoe gaan ek nou weet wie is jy as jy so maer word? Ek sou gekyk het virrie die bree omie, nou moet ek seker kyk virrie omie met die rekkie om sy pens en die bree glimlag.

Ek is bly alles het goed afgeloop...........

Groete,

Ek.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Antjie

So 'n rukkie terug to lees ek dat hulle wil nou ietsie innie rekenars insit wat elke keer as jy oor 'n sekere onderwerp skryf, dan gooi hy vir jou 'n reukie eie aan die onderwerp. Gelukkig is dit noggie mode nie, anders was julle al vergas na my stukkie. Ja, ek gooi die metaangasse die wêreld vol. Dankie tog ek het 'n paar jaar gelede ophou rook anders was daar pêre. Embarriserend om die minste te sê. Ek storm kort kort buite toe as ons by mense kuier. Die enigste een wat niks sê nie is kleindogter en ok net omdat sy noggie kan praat nie. Sy sal ook later my altyd onmthou as die Oupa wat stink. Maar nou ja. Sacrefice, sacrefice. Die oorwinning sal hopelik soet wees aan die einde vannie dag. Ek begin al my bloeddruk pille verminder want ek kry die heeldag net koud oor die lae bloeddruk. Iemand stuur my net vandag 'n stukkie oor hoe sleg die kuns versoeters is. Daar gaat my laaste bietjie soetiheid in die lewe ok, voorlopig. Ek droom al van Tbene wat my jaag. Kersfees moet nou kom want ek het myself 'n moerse steak belowe by daai tyd. Al ou plesiertjie wat daar nog oor is is om die rooies innie aand seer te maak. Dokters orders. Ok net 200ml. As ons so aangaan koop ek 'n plaas cash met allie geld wat ons spaar aan kos koop. My vrou vind ok baat by die petalje, vergassing uitgesluit. Sy moet nou skelm eet om my die wroeg te spaar. Met die gevolg sy eet ok minder. Een vannie dae hol sy weer marathons. My uiteindelike doel is om eendag saam met my girlfriend, Jennifer Hawkins, op televise te verskyn.

Nou nou haar oppie nuus gesien in 'n geel bikini. Ai ai. Groete uit 'n winderige Salisbury.

Link to comment
Share on other sites

Ek leef broers, ek leef. Ok mar net. Kragteloos sien. Tik ok net met een vinger om energie te bespaar. Ek weet nou hoe daai mense in die depressie moes gevoel het. Dun ommmie lyf. Ek verstaan ok nou virrie eerste keer hoekom hulle dit "depressie" genoem het. 'n Man issie heeldag depressief en dink net aan kos. 'n Mens spot nie met siekte nie, maar ek weet darem nie. Hier in Oz het 'n jong akteur eergister van 'n gebou afgespring. Het glo aan depressie gely. So, ek sal maar nie in hogere geboue kom innie volgende weke nie. Mens weet nooit. As ek so depressief raak dan sal ek maar net innie lug opsring en myself desmoers val en begin eet. My vrou gee vanoggend vir my PRONUTRO wat sy in 'n Afrikaanse winkel gekoop het. Moet sê dit hettie sleg afgegaan nie. Dit was haar stapelvoedsel in RSA as sy laat was vir werk. Ek raak toe so depressief dat ek sommer vir my 'n gekookte eier liqiudize met melk. In my jong dae het ons dit met rou eiers gedoen. Was glo goed virrie libido. Weet nie, nie vir my gewerk nie. In elk geval. Hiers 'n nuwe woord vir julle Ozzie woordeskat. Die Ozzie perde liqiudize nie, hulle "vitamize"

Groete. N...o..u m...o...e...g. Gat nou lê.

Link to comment
Share on other sites

Hey Jan sterkte daar en asb bly weg van die hoë geboue af ! Hoop jy voel sommer een van die dae weer sommer 100%

Link to comment
Share on other sites

Ek leef broers, ek leef. Ok mar net. Kragteloos sien. Tik ok net met een vinger om energie te bespaar. Ek weet nou hoe daai mense in die depressie moes gevoel het. Dun ommmie lyf. Ek verstaan ok nou virrie eerste keer hoekom hulle dit "depressie" genoem het. 'n Man issie heeldag depressief en dink net aan kos. 'n Mens spot nie met siekte nie, maar ek weet darem nie. Hier in Oz het 'n jong akteur eergister van 'n gebou afgespring. Het glo aan depressie gely. So, ek sal maar nie in hogere geboue kom innie volgende weke nie. Mens weet nooit. As ek so depressief raak dan sal ek maar net innie lug opsring en myself desmoers val en begin eet. My vrou gee vanoggend vir my PRONUTRO wat sy in 'n Afrikaanse winkel gekoop het. Moet sê dit hettie sleg afgegaan nie. Dit was haar stapelvoedsel in RSA as sy laat was vir werk. Ek raak toe so depressief dat ek sommer vir my 'n gekookte eier liqiudize met melk. In my jong dae het ons dit met rou eiers gedoen. Was glo goed virrie libido. Weet nie, nie vir my gewerk nie. In elk geval. Hiers 'n nuwe woord vir julle Ozzie woordeskat. Die Ozzie perde liqiudize nie, hulle "vitamize"

Groete. N...o..u m...o...e...g. Gat nou lê.

Ek vitamize sommer 3 dosyn eiers vir my vrou...

Link to comment
Share on other sites

Nah, BieBie, dit werkie. Ek vreet so baie eiers ek kekkel al as die son opkom.... en dit werkie vi daai dengie!

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hallo Jantjie,

Ek kan mos seker nou nie meer se 'Jan' nie want jy krimp mos. Hoe klein is jy nou al of mag ek nie vra nie? Lig die wind jou nog steeds van jou stoel af?

Jy moet mens maar so nou en dan bietjie op hoogte hou, daar is van ons 'ou' forumiete wat nog so bietjie in kontak wil bly.

Anyway, ek hoop dit gaan goed met jou en jou rekkie, hoop nie hy skiet een of ander nier of iets raak nie, vertel my tog hoe voel jy want ek is seker ek sal ook een of ander tyd moet gaan elasticated raak. Ek is net doooooood bang, so praat my moed in asb.

Lekker bly,

Antjie..(dit rym met Jantjie)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Antjie.

Jong, jy het my nou lus gemaak vir 'n bietjie skryf. Sal vanaand 'n storie opdis. Moet nou gaat werk. Tot later

Link to comment
Share on other sites

Hallo Antjie.

Jong, jy het my nou lus gemaak vir 'n bietjie skryf. Sal vanaand 'n storie opdis. Moet nou gaat werk. Tot later

Horie, die wind waai in Addies, jy moet maar aan die bome vashou anners gaat jy wegwaai en koes vir die reendruppels....een druppel en jy is papnat!

Cheers,

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...