Jump to content

Inkomste uit Besigheid in Australia?


Die Du Plooys

Recommended Posts

Hi Almal

Ek wil graag probeer uitvind dat as ons 'n besigheid in Australia sou koop van sê AUS$250 000, wat sal die inkomste omtrent wees wat mens daaruit kan verdien per maand, na aftrekkings etc. Soos wat jy kan huis toe vat.

Ek weet dis bietjie baie moeilik om so te veralgemeen, maar net 'n rowwe idee. Dis nou as mens dink aan 'n retail besigheid, iets soos 'n convenience store, supermark (baie klein seker maar), so iets.

As enige iemand raad het hieroor!

Dankie

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Hi Annelize,

Dis nou a baai mooilike vraag. n Mense kan ook vrae hou lank is a stukkie tou?

Vir $250 000.00 in a stad gaan dit maar n klein convience store wees.

Kry maar vir jou a baaie goeie rekenmester. Wees maar baaie versigtige ......

The Theory on paper is that the R.O.I on any business that you purchase the min should be around 27% per annum.

So on $250 000 x 27% = $67500.00 per annum = $ 5625 per month, so basically you are buying your self a job!!

But even then, there is no guarentee that you will actually achieve this turnover.

Be very wary of parting with your hard earned Rands with out a good accountant, some one you can really trust.

Be very wary of franchises , as the franchising fees take a big chunk out of your bottom line.

So good luck

Regards

Enrica

Link to comment
Share on other sites

Maak sin wat jy sê van die R.O.I.

Ons idee is om eers te werk as ons in Australia kom en dan met tyd uit te kyk vir 'n besigheid. Wil eers die plek, mense en gewoontes leer.

Sal dom wees om te dink jy weet als van 'n mark waar jy nog nooit was nie. Selfde om in die lokasie 'n health spa oop te gaan maak.

Maar dankie, ek wou graag weet van die tipe geld wat mens kan verwag soos jy genoem.

Weet jy dalk ok as hulle 'n besigheid adverteer en hulle noem die turnover, wat is die GP% wat op daardie turnover gemaak word, spesifiek vir supermarkte. In SA werk supermarkte op 'n 20-25% GP gemiddeld.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Vir 'n idee wat jy kan koop met $250,000 kyk by www.pbsbusiness.co.au

Hulle gee jou die Prys en GP en Netto Wins. Daar is 'n ander website, kan nou nie onthou nie sal later post, wat jou ook die opbrengs en aanvraag van sekere soorte besighede gee, ie Florist vs Convienience vs Others etc.

BELANGRIK jy kan ook soveel as 70% van sekere besighede finansier in Australie veral die met bates en goeie geouditeerde state wat sterk kontant vloei het. So as jy $250,000 het kan jy 'n besigheid van $500,000 - $700,000 aanskaf.

Onthou dit kan 'n 7-10jaar tydperk teen 10-12% wees, so die raad is koop die grootse beste besigheid moontlik, huur verbly, tweedehandse motor etc. As die besigheid betaal is, is jy terug by waar jy in Suid Afrika was. Dan kan jy daai huis koop.

Ek kan jou besonderhede gee van Suid Afrikaner in Brisbane wat die finansiering kan reel. Het dit nie nou by my nie.

Australie is vol Suid Afrikaanse entrepeneurs wat hard werk en bo uitkom, veral as hulle vir hulle self werk. ;)

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Ek wil graag probeer uitvind dat as ons 'n besigheid in Australia sou koop van sê AUS$250 000, wat sal die inkomste omtrent wees wat mens daaruit kan verdien per maand, na aftrekkings etc. Soos wat jy kan huis toe vat.

Ek weet dis bietjie baie moeilik om so te veralgemeen, maar net 'n rowwe idee. Dis nou as mens dink aan 'n retail besigheid, iets soos 'n convenience store, supermark (baie klein seker maar), so iets.

As enige iemand raad het hieroor!

Dankie

Annelize

Ek het net 3 woorde hierop - Moenie, Moenie, Moenie!!!

Nee ek is nie n ou pessimis nie, maar het in my 2 jaar hier (het met n skilled migrant visa gekom) te veel van my ex landgenote hier teegekom wat dud besighede gekoop het.

Vir Australie(net soos enige ander 1ste wereldse land) geld dievolgende:

  • Meer as die helfte van die arbeidsmag werk vir hulself
  • Arbeid is duur (baie duur - sowat $48000 is die minimum loon) so meeste mense begin n besigheid en hou dit n eenman of pa en seun saak todat hulle aftree
  • Dit is die groot Ausie droom om vir jouself en nie vir n baas te werk nie
  • So as n besgheid op die mark kom, is daar n paar duisend Aussies wat hom sal koop as die prys vs verdienstepotensiaal billik was ( ons boere is slim, maar glo my hier is darem een of twee (duisend) Ausies wat net so slim is)

Ek het n paar besigheidsbelange in SA gehad - een van hulle was om klein besighede "om te draai" as hulle in finansiele moeilikheid was. In die proses het ek so n paar honderd besighede se finansiele state ontleed en ook n besigheids (nie finansiele) bepaling gedoen van elke besigheid. Van die paar honderd wat ek ontleed het was daar minder as 10 wat ek self sou koop, omdat die besigheids omgewing (mark, produk,ervaring van die eienaar/bestuur, bestuur se netwerke in die industrie) goed genoeg was om sukses te verseker.

Na daai slim storie - die boodskap wat ek probeer oorkry is dat die finansiele state nie die volle perspektief van die besigheid gee nie. ( Baie van die werk het ek vir SA se tweede grootste bank gedoen - hul eie finansiele oukies het nie die volle prentjie verstaan nie en het besef hulle het hulp nodig) Jy moet die mark ken en ontleed, jy moet die kultuur en gebruike in die teiken mark en industrie ken, jy moet die industrie se persoonlike netwerke ontleed voordat jy weet of die besigheid sal werk.

So, tensy jy hier bly en die "kultuur en gebruike" hier verstaan, kan jy vir jouself n hoop probleme koop as jy n besgheid oor die web en op n finansiele adviseur se aanbeveling koop. As jy wel diep sakke het en n besigheid vir twee jaar of so kan dra, kan jy natuurlik enige dud omdraai na n winsgewende besigheid of selfs die aard van die besigheid verander ( soos party mense wel gedoen het)

Ek sit op die oomblik met n paar ex landsgenote wat ek na solvensie probeer help juis oor hulle in die slaggat getrap het. Ek help o.a. n ou wat n boekwinkel/nuusagentskap gekoop het, n ou wat n dakherstel besigheid gekoop het, n ou wat n elektroniese ontwerp/instellasie besigheid gekoop het (hom sal ons seker deurhaal) en n ou wat n loodgietersbesigheid gekoop het ( hy maak geld, maar nie genoeg om onder sy skuldlas uit te kom nie - die koopsom was te hoog)

Ek ken nie jou agtergrond of ervaring nie, maar weet net dit - die land is ook vol entrepeneurs wat almal na geleenthede soek, so daar le nie goud op die straathoeke rond nie. Ja daar is geleentheid vir ouens wat hard wil werk om n goeie, gemiddelde lewe te maak hier. Maar soos in die geval van my loodgieter vriend wat te oud was vir skilled migration en sy pad in gekoop het; Hy sou beter af gewees het om maar eerder oor te kom op n werksvisa (en daar is ook een of 2 slaggate hiermee) en dan sy eie besigheid te begin het, eerder as om een ten duurste te koop oor die internet (en met die aanbeveling van n $10,000.00 finansiele adviseur - wat natuurlik niks waarborg nie)

Dit is nou nie eintlik opwindende raad nie, maar ek hoop dit help.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Staal

Ons is ook in dieselfde bootjie as die Du Plooys. En ek moet erken ek sal dit ook nooit waag om 'n besigheid oor die internet net op grond van finansiele state koop nie.

Dink jy 'n mens kan dit waag soos Annelize se om eers vir 'n jaar of wat daar te gaan werk om navorsing te doen oor die mark en die lewensvatbaarheid van die bestaande besigheid?

Of dink jy 'n mens moet liewer 'n nuwe besigheid begin met die $250 000?

Ons het ongelukkig ook nie 'n ander opsie nie, asgevolg van ons ouderdom.

Baie dankie vir jou raad, ons waardeer dit!

Groete

LIGGIE

Link to comment
Share on other sites

Haai Liggie

Elke ou se situasie is anders en elke ou moet vir homself besluit wat vir hom sal werk. As ek $250,000.00 gehad het en na Ozz wou kom met net die opsie van n besigheidsvisum, sou ek kom en n besigheid hier stig in die naam van een van die "partners" en so die ander een bemagtig (ek dink die besigheidsvisum laat dit toe) om hier te werk - persoonlik dink ek die risiko van jou neseier verloor is laer op die manier omdat dit jou toelaat om jou "belagging" te skaal na gelang van jou vertroue en plaaslike ervaring.

Ek is te lank hier om te weet wat op die tydstip (die goed verander gereeld) die voorwaardes verbonde aan n besiheidsvisum is - maak seker van die voorwaardes!

En onthou, hier is baie werk werk vir diegene wat fisies kan werk om die pot aan die kook te hou oor die eerste 1 of 2 jaar - todat jy jou ou plekkie in die son ontdek en kan beset. Ek het bv n vriend wat nou n HR bestuurder is, maar sy eerste jaar hier het hy snags vloerteels opgekap in supermarkte en het so die pot aan die kook gehou.

n Ander vriend het as winkelassistent in n skryfbehoefte/kantoormeubel winkel gewerk en is nou die kommunikasie/skakelbeampte van n groot universiteit

Werksvisums is die ander moontlikheid, maar die is skaars aangesien die werkgewer moet bewys dat hy nie plaaslik mense kan kry nie, voordat hy n werksvisum toegestaan word. Maar daar is mense wat as slagpaal arbeiders en plaasarbeiders op die manier ingekom het (besighede op die plateland sukkel om mense te kry wat daar wil bly en werk) en n paar jaar later aanbeweeg het na groter dinge. ( Ja ek weet ons boere is nie gewoond om as arbeiders te werk nie, maar hier is daar geen stigma aan n arbeider wees nie - en die gesegde se mos: You can't keep a good man down)

Hoop die help so effens.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 months later...

Louisbr: Kan ek daardie suid afrikaner kontak besonderhede kry in Brisbane. Die een wat jy genoem het finansiering kan reel

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...