Jump to content

RSMS visum goedgekeur!


Otto

Recommended Posts

Werk gekry begin November in NSW platteland.

Sukkel toe my as af om SA dokumentasie te kry.

My visum aansoek het ek aangestuur na my werkgewer in Oz op 16/1/2006 via TNT Couriers. Baie professioneel moet ek sê.

Visa land daar aan 18de, en word ingedien deur my werkgewer in Canberra op die 20ste. Kry Case Officer die 3de Februarie. Laat my weet dat ek nie die oorspronklike polisieklarings moet stuur (HOE DOM KON EK WEES?). Stuur dit dadelik, en dit kom die 8ste Februarie daar aan. Kry goedkeuring van visa die 15de Februarie. (JIPPIEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE).

Ek land in Sydney die 10de Maart.

Gevolgtrekking:

As alles in orde is, behoort/kan dit so 3 weke vat, en dit vir 'n PR visa.

Ek self is 'n konsultant, en doen aansoeke namens kliënte. As ek so 'n tipe aansoek sou moes doen vir 'n kliënt, sou ek so R2000 vra, want dit was wragtag nie so baie ure nie.

RSMS is die maklikste PR Visa wat daar is.

Link to comment
Share on other sites

Dis goeie nuus! Ek kan nie glo dit was so vinnig gewees nie. Wanneer vlieg julle? Ons is bietjie skrikerig om vir my man se werkgewer te vra of hulle bereid sal wees om hom te sponsor op 'n RSMS, want hulle het 4 ander ouens ook ingbring van ander lande. Wat behels die proses vir die werkgewer, moet hulle baie doen?

Link to comment
Share on other sites

Dedrei,

Ek weet nie. Dis 'n nominasieproses wat hulle moet doen, hulle moet bewys dat hulle nie iemand kon plaaslik kry nie en dat hulle orals geadverteer het, dan moet hulle bewys dat jy geskik is, en dan is die bal weer by jou vir die visa aansoek. Wat ek hou van die visa aansoek is dat alles in Canberra gebeur het, nie in SA nie, my werkgewer het sommer die aansoekfooi daar loop betaal, so die koste vir ons was die normale SA goete en koerierkostes, en dis dit. My my werkgewer het DIMIA gedruk vir 'n antwoord. Die proses was regtig pynloos aan die kant.

Al wat pynlik was is my kliente basis wat die hel in is vir my, en die bleddie familiesake, ek kan nie GLO die reaksie wat jy van familie en sogenaamde vriende af kry nie!!

Ek vlieg die 8ste Maart vanaf Kaapstad, en kom die 10de Maart daar aan.

Link to comment
Share on other sites

Ons was ook so dom om gesertifiseerde afskrifte van ons polisieklarings te stuur, maar die "case officer" was so gaaf om 'n e-mail te stuur toe hy ons dokumente ontvang het. Gelukkig is Brisbane so 8 ure voor SA en op daardie stadium het ek altyd in die nag mail getrek. Vroeg die oggend het ek die dokumente met die Poskantoor se spoeddiens gestuur, (dit voel of die vliegtuig vir ons koevert gewag het) en 3 dae later het ek 'n e-mail gekry ons polisieklarings was daar. Die PR visa het 2 weke geneem. Die "case officer" het die dokumentasie vir ons gemail en ons moes ons paspoorte instuur vir die visas in Pretoria. Ons het Sun Courier gebruik. Ons moes eers 'n bankinbetaling doen vir die mense wat die visas doen, en hulle het vergeet om te se daar is transaksiekoste vir kontantoorbetaling. Na dit afgehandel was, het ons 'n week later ons paspoorte gekry met visas in. 5 Dae later kon ons vlieg. (Ons was so voorbarig om voorlopige besprekings te doen)

Link to comment
Share on other sites

Was net so voorbarig, ek vlieg die 8ste Maart!

Link to comment
Share on other sites

Hi Otto,

Baie geluk! Wens ons was al so ver, maar almal is nie so gelukkig nie. My man moet eers nog sy eksamens doen ens!

Watse tipe werk doen jy en het jy 'n spesifieke "recruitment agency" gebruik?

Baie sterkte met al jou voorbereidings!

Groete Pippa!

Link to comment
Share on other sites

Dedrei,

Ek weet nie. Dis 'n nominasieproses wat hulle moet doen, hulle moet bewys dat hulle nie iemand kon plaaslik kry nie en dat hulle orals geadverteer het, dan moet hulle bewys dat jy geskik is, en dan is die bal weer by jou vir die visa aansoek. Wat ek hou van die visa aansoek is dat alles in Canberra gebeur het, nie in SA nie, my werkgewer het sommer die aansoekfooi daar loop betaal, so die koste vir ons was die normale SA goete en koerierkostes, en dis dit. My my werkgewer het DIMIA gedruk vir 'n antwoord. Die proses was regtig pynloos aan die kant.

Al wat pynlik was is my kliente basis wat die hel in is vir my, en die bleddie familiesake, ek kan nie GLO die reaksie wat jy van familie en sogenaamde vriende af kry nie!!

Ek vlieg die 8ste Maart vanaf Kaapstad, en kom die 10de Maart daar aan.

Hi Otto

Ja- nou gaan jy sien- mense gaan baie ,baie kwaad wees vir jou - en almal gaan net sit en wag dat jy faal.

almal gaan jou nou vertel van die duisende wat terugkeer van die buiteland want Ozz is eintlik maar baie goor. Wees maar voorbereid en moet asb ,asb nie kwaad word nie. Dit is n natuurlike reaksie.

Link to comment
Share on other sites

Queensland Girl,

Ek is al verby net kwaadraak, ek is nou net voor die aanrandstadium.

Wat my so ongelooflik die hel in maak, is die term dis "leeuwereld dié" of iemand moet bly en baklei.

Ek het nog nooit hierdie mense in die baklei gesien waarin ek betrokke was nie - vir Christelike Privaatskole, vir kerkhervorming a la Luther se beginsels, teen die vuurwapenwet, teen AA, teen sport op Sondae, teen dieremishandeling, teen dwelms, ens ens ens. Die persone wat hierdie stellings maak, is almal die lamgattigste skepsels op aarde!!!!! Hulle is almal die dreksels wat gesit het en kyk het hoe ek baklei, en hy te banggat was om uit sy comfort zone uit te beweeg. Ek het nou die dag 'n prokureur voor ons kliënte uitgeskel omdat hy die stellings gemaak het teenoor my, en dis darem maar snaaks hoe gou so 'n grootbek druipstert kan raak as hierdie leeu sy bek rek.

OK dis nou bleddie ontakvol gestel van my af, maar my draad raak somaar weer van vooraf kort!

Pippa, noudat ek rasioneel weer geword het, ek het niemand gebruik nie.

Ek is 'n stadsbeplanner en ek het eers op die Australiese Stadsbeplanners se website loop kyk. Ek het vir van die poste wat geadverteer is se werkgewers 'n e-pos gestuur, net om te vra hoe die lewenskostes in hulle areas is, en hoe die aanvraag na beplanners daar is. Ek het 6 mails gestuur, en 6 reaksies gekry, waarin 5 my gevra het om ASB aansoek te doen, en dat ek baie welkom in hulle dorp is, en dat hulle goed na my sal omsien. WOW!

Ek kry toe 'n SA beplanner in Victoria, sy gee my info, en laat my weet van 'n ander SA beplanner in NSW wat ook dalk iemand soek. Ek kontak die man in NSW, hulle skep vir my 'n pos, het telefoniese onderhoud, hulle help my met visum, en nou vlieg ek die 8ste.

En moenie vir my sê ek is gelukkig nie, en ek het net die regte beroep nie (hier in SA is ek onbemarkbaar weens AA), dis net die genade van Bo. Sonder dit...... ek weet nie.......

Link to comment
Share on other sites

Otto, 8 Maart! Dit is OM die draai! Jou maag is seker al goed op 'n knop getrek van afwagting, bang en opwinding sommer alles-in-een!?

Link to comment
Share on other sites

Wie wil met leeus baklei anyway?

Alle voorspoed Otto -Australie is nie perfek nie , en daar gaan dinge wees wat jou irriteer , maar dit is n makliker lewe omdat jy nie meer jou persoonlike veiligheid hoef te beskerm nie.

Ek is bly jy gaan na die platteland - jy is gelukkig!

Link to comment
Share on other sites

Sterkte, die belangrikste ding as jy immigreer is werk, en indien moontlik goeie werk. Dit het jy nou, van sukkel en swaar kry sal jy niks weet nie.

Groete uit Cairns

Link to comment
Share on other sites

Hi Otto,

Dankie vir jou reply. Dit is sowaar genade van Bo! Baie sterkte met al die pak en dink asb aan ons wat nog deur die proses moet gaan...!!!

Pippa!

Link to comment
Share on other sites

Jinne Pippa, op hierdie stadium is my doel om soveel as moontlik CV's van vriende saam te bring, en hulle te help soos ek gehelp is.

Riekie, die realiteit is nou eers besig om in te skop, en gister toe ek rustig raak vir die eerste keer in 'n lang tyd, toe dog ek: "Boetman, is jy nou mal? Wat het jy hier aangepak?!?" Jy los alles vir die onbekende, maar dis gelukkig nie die eerste keer wat ek dit doen nie. En die keer gaan dit werk - my visum is reg, die land is reg, die werk is reg.....

Link to comment
Share on other sites

Jy gaan nie spyt wees nie! "Enjoy the ride"!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...