Jump to content

Perskes, Borste & Krulle


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Laaaank , lank terug verkoop ek my Zuzuki Jeep aan my mechanic, 'n Italianer - dit is nou hier in Stanthorpe. Man, hy's 'n goeie mechanic, maar werk vir iemand anners. Ek gaan gee die Jeep by sy huis af en tel my geld op. Dit is daar waar ek vir Mina ontmoet - 'n baie, baie aantreklike vrou.

Daardie tyd was ek vreeslik in 'Natural Medicine' in - ek sien die mooi vrou met al hierdie kringe om die oë - daardie tyd wou ek net almal help. Ons gesels almal lekka - ek vra haar 'n bietjie uit: "het sy rugpyn" - "sukkel sy om te slaap tussen 2am en 4am" - "sukkel sy met haar kniëe" ens. Sy val amper op haar rug - "Hoe weet ek al die goed", vra sy. Ek verduidelik wat ek doen en dat ek haar sommer gou kan regkry - dit is mos nie reg dat so 'n mooi mens nou so moet sukkel nie. "Neeeee", sê sy - sy sien al dokters vir jare lank - niemand kan haar meer help nie.

Ek moet eers bietje meer van Mina verduidelik - die mens is mooi man - net so mooi soos 'n vrou so bo 40 kan wees - dit is mos wanneer vrouens op hulle mooiste begin raak. Sy is nie tingerig nie - julle weet mos - hierdie nuwe 'skeleton' mode van deesdae. Neeee wat - sy is mooi gerond - baie donker vel - hierdie lank donker hare en groot bruin oge - 'n baie, baie mooi mens.

Sy's baie intelligent en kon enige iets gewees het - maar met die Italianers van ouds werk dinge mos nie so nie. Sy was slim op skool, goed in sport, maar nee - sy moet werk op die groente plaas. Julle weet mos teen die tyd - hier is mos nie handjies nie - almal werk. Sy mag nie weggaan vir sport nie - al is sy die beste in die distrik - sy kan nie skool klaarmaak nie - sy moet op die plaas werk. Julle moet mooi verstaan - dit is werk soos die arbeiders daar in Afrika doen op die plase - daar's niemand anders nie. Almal werk vandat hullle kan loop tot hulle doodgaan. Die mooi mens werk elke dag innie son - toe sy so in haar 20's is, toe loop sy weg - gaan werk in T'wmba. Sy ken groente, so sy gaan werk vir 'n groot groente retailer. Siedaar, vir die eerste keer in haar lewe het sy geld - sy spaar en koop haar eie meubels en later 'n kar. Al die jare op daai plaas en sy het nie 'n sent verdien nie - net haar kos en blyplek by die huis. Sien, sy vertel my al die dinge - in Natural Medicine kyk 'n mens na alles - nie net 'n 6 minute besoek soos by 'n dokter - dan 'n voorskrif nie.

Ek trek haar skoentjies uit en druk haar voetjies - loer in haar ogies en vertel haar wat sy moet doen ens. Na 'n maand is Mina reg en ek is haar hero - sy wil allerhande mense na my toe stuur - maar ek's klaar met die besigheid. Al wat ek nou regruk is perde en honne.

So begin 'n vriendskap. Wanner ons baie besig is - kyk Mina soms na ons kinners en is hulle nie lief vir daai vrou nie. Niemand sukkel met haar nie - sy is 'n 'fire cracker' - sy is amper aan die brand elke sekonde van die dag. Sy is 'loud' en reguit soos 'n stuk stainless steel. Sy vat nie nonsense nie - sal jou sommer van jou voete af klap. In 'n normale gesprek kan die hele buurt hoor wat sy sê.

Sien, so nou en dan gaan eet ons daar - regte Italiaanse kos - die vrou kan kook man. Anner kere, kom eet hulle hier - dan voer ons hulle regte Boerekos. Haar man doen nou al ons voertuie en hy sê nie veel nie - hy ken net twee woorde en dit is 'yes dear'. Sy gesels vir altwee van hulle. Die vrouens hou van haar man - hy het sulke groot puppy oge en hy's baie, baie goed gemanierd - dit lyk of hy redding nodig het - hy's klaar - kapoet.

As ons nou by hulle gaan eet - dan word allie nibbles met die hand gemaak - lyk soos Krismis - allerhande deeg goeterjies en dinge - ek vreet my oor 'n mik. Wanner dit by die hoofmaal kom, dan's ek lankal kapoet. Die rooi vino vloei en my gevreet gloei soos die van 'n kreef in paartyd.

Die mense trek ook altyd so mooi aan - veral Mina. Die een aand het sy hierdie mooi bloes aan - geen bloes kan inhou wat dit moet inhou by die dame nie. Die bloes en alles daar agter lyk soos twee tortelduif borsies tussen perske bloeisels - pure natuur. Dit is soos 'n magneet - my oge is op auto pilot.

Sien, sy krul daai lang donker hare so mooi en daai krul lê so mooi snoesig tussen die berge en dale, net so bokant die bloes - ek's vrek mal oor daai krul - ek's op hol - ek weet nie lekka waar ek is nie. Ek probeer my meditasie tegnieke en ek jaag daai duiwel van my skouer af - 'Foei duiwel, foei'. Binne sekondes is my oge weer vasgenael op daai krul - ek lyk soos 'n haas in 'n Scania trok se spotlights - daar's geen hoop vir my nie.

Sien, ek's vrek bang - as ek te lang onner hipnose is, dan sal sy sommer kliphard vir my vra waarna ek kyk. Wat dan??? "Jou bloes het sulke mooi bloeisels, Mina". Ag nee man - die aand gaan 'n lang aand wees.

Ek's dik gevreet, vol vino en ek's so rooi soos 'n kreef. As ek iets net klaargemaak het, dan vra Mina of ek nog wil hê - ek kreun so 'n "Nee dankie", maar dit help nie. Ek's so halfpad met 'n ekskuus, dan is sy klaar besig om nog in my bord te pak - daai krul doen allerhande danse terwyl sy opskep en ek hou my bek - mens stry nie met Mina nie. Ek sweer ek gaan 'n hartaanval kry - my glas en bord is nooit leeg nie en Mina gesels dat die byle huil - haar man sê net 'yes dear'. Ek battle met daai krul - ek kyk na die krul, dan na die soutpot, dan na die krul, dan na die peperpot - daar's geen hoop vir my nie.

Nagereg kom en ek is net te bly - alles is nou-nou oor. Die grootste skok van my lewe - nagereg is taaipit perske en roomys - perske self ingelê deur Mina, van hulle eie bome af. Luister nou mooi - ek het dieselfde vrees vir uitpeuloog Pugs as vir ingelegde taaipit perskes. Die een het op 'n keer in 'n geselskap, toe ek 'n vryende tiener was, my been gery en die ander spring rond soos 'n platanna in jou bord.

Toe ek so 5 was kuiers ons by die fancy mense - die ou tannie is so suur en hooghartig soos kan kom. Sy wys vir ons al haar hande werk - al haar konfyte, ingelegde perskes en blatjangs wat sy nou self maak. "Daar's ingelegde perskes vir nagereg", seg sy - ek kannie wag nie. Alma vreet so stadig - ek's lankal klaar - ek wag vir nagereg. Dit kom - my oge val amper uit - daar's twee perske helftes innie stroop met so 'n lekka bol roomys oppie kant en 'n dollop room. Man, ek's happy - ek eet eerste die roomys en room - die oorblyfsels swem innie stroop - lyk soos kondensmelk. Dit is nou my kans vir daai perske - ek gee dit so 'n steek met daai lepel en dit spring weg - ek kan my oë nie glo nie - asof die bleddy ding lewendig is. Ek mik mooi en gee nog so 'n steek met daai poeding lepel - die keer spring die ding amper uit die bord - so 'n paar druppels van die sous val oppie gehekelde tafeldoek. Die ou suurknol gluur my aan en stiefpa se nekspiere raak styf. Ek suie maar aan die sous.

Hulle gesels so lekka en ek loer daai taaipit perske so - my oge op skrefies. "Ek sal jou kry, jou bliksem" en druk my elmboog hoër as my skouer - 'n manoever heeltemal verbode aan ons huis tafel. Ek steek daai perske en die bliksem het genoeg gehad - spring uit daai bord uit, daai kondensmelk sous orals. Daai perske gee een sprong op daai mooi tafeldoek en los so 'n skrikmaak kol en spring reg in daai suurknol se skoot in. Haar bolip trek sommer so suur - julle weet mos wat haar agterent nou doen - die lammetjie drinkery. Stiefpa kry amper 'n beroerte en ek word uitgeruk en my ore reggeboks in die suurknol roostuin.

Sien, nou sit ek hier aan Mina se tafel - daar's geen hoop vir my nie. Ek eet so aan die roomys en die room - ek raak glad nie aan daai bleddy perske nie. Nou probeer ek loer wat die anner doen - maar ek kan net na Mina kyk. Ek loer na die krul en dan na haar perske - ek's heeltemal lost - ek het hulp nodig. Ek sien haar fokus op daai perske en sy mik mooi - ek hou daai elmboog aksie dop. Skielik vang iets anner my oog - die KRUL - die bleddy KRUL is nou weg - dit het verdwyn daar in die dal tussen die berge - ek kry amper 'n kleintjie. Ek kan nou glad nie konsentreer nie - ek loer na daai berge en dale - die perske is op daai lepel en skielik spring daai krul uit - ek's verlore.

Allie sous is op - net daai twee taaipit perske helftes is oor in my bord. Mina loer na my - sy frons en ek weet sy gaan nou vir my vra of ek allergies is vir haar perskes. Ek sweet, ek's rooi en ek mik - bugger daai krul en die perske - dit is nou of nooit. Ek steek daai bleddy perske en die ding spring so halfhartig - hang so oor die kant van my bord. So blitsvinnig fliek ek dit terug met die anner hand. Ek het nou genoeg gehad - ek gee daai krul een kyk en vra verskoning - ek gaan staan buitekant en haal diep asem. Wat 'n bleddy nag.

Link to comment
Share on other sites

Damn Mauritz, dit was nou 'n verloren gedagte stukkie. Toe ek my weer kom kry, toe besef ek dat ek by die werk is.

Dankie vir daai ander wereld wat ek kon beleef vir so wyle!

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Mog jy nie weer stilstuipe kry nie!!!!

Dit was BEVANGE!!!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Wat 'n lekker stukkie leesstof! Hou so aan!

Link to comment
Share on other sites

Jis Mauritz

Dit was nou jou beste stuk nog. Weet jy hoe goed skryf jy?? Dis flippen entertaining.

Daai "breuk" wat jy van die forum gevat het was goed vir jou skrywers pen.

F

Link to comment
Share on other sites

:whome: :whome: Ek nou so lekker gelag, laat die trane spat! :wacko::whome:
Link to comment
Share on other sites

Soos JJ se Mau, BEVANGE!!!! Jy's 'n absolute STER!!!

Link to comment
Share on other sites

Whaahaahaha! Ag nee man, my pelvic floor sukkel maar so met jou stories saam! Vrek goed.

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Dis nou bietjie laat, maar ek moet se jys vrek snaaks Mauritz.

Die trane biggel hier teen my wange af, en ek gaan nou eers 'n ander onderbroek soek... :)

Link to comment
Share on other sites

Mauritz jy besef nie hoe goed jy skryf ni - (Y&^%# sorry ek het net gese 'well done' en weer daaroor gedink ... ek klap vir jou hande !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...