Jump to content

Aussie Suidwester Dagboek - 21 April '08


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek bly mos in Stanthorpe in die 'Sticks' soos die Aussies sê. In die 'gopse' soos die Suidwesters sê - in bloody 'Whoop Whoop' as jy my nou sal vra. In die laaste jaar het ons darem 'n IGA en 'n Target gekry. Ek 'wheal & deal' met niemand hier in Stanthorpe nie - net 'n besigheid of twee - vir die res ry ek Warwick en Toowoomba toe.

Volgens die res van die Aussies - Warwick en Toowoomba is nog steeds in die 'Sticks' nog steeds in die gopse. Vandag moet ek Warwick toe - so 50km van my plek af. Hier in Aus ry ons sommer 50km om' n draai roomys te gaan eet - dit is sommer kiepie kos hier.

Sien, ek het mos hierdie Skotse vriendin - sy's 'n tough cookie. Sy't die volbloed Arabier perd in Adelaide gekoop en sy gaan nou van Stanthorpe na Adelaide toe ry in 'n oogknip op die gedierte huis toe te bring. Dit is glad nie vêr nie - net so 'n 1900km - dit is net eenkant toe. Sy's 'n vroedvrou en werk nou die heel week - sy maak Vrydag 3 uur klaar, dan gaan sy sommer van die werk af reg deur ry Adelaide toe. Mens sal sweer sy gaan 'n lover of twee ontmoet.

Wat het dit nou met Warwick uit te waai? Daar moet werk aan haar Ute (bakkie) gedoen word - sy moet voer vir die perde kry ens, ens. Sy werk en ek besluit maar om haar uit te help - ek gryp haar Utility (bakkie) en daar gaat ek. Ek luister na Leonard Cohen op daai fancy CD player in daai Mazda BT50 - splinternuut. Ek hou nie van Warwick nie - ek weet van die nuwe SAâ's bly nou daar. Ek het nog nooit so 'n lelike klomp bliksems bymekaar gesien as daar in Warwick nie. Net die plaas tannies is baie, baie mooi.

Die mense by Mazda is baie behulpsaam - ek spandeer sommer geld daar. Ek gaan daar in die Plaza in - probeer nie kyk na daai 'Eatery' nie - dit is nou waar al die mense sit en vreet - ek meen VREET. Julle het nog nooit so iets gesien nie - julle weet mos - 'n mens probeer nie kyk nie , maar 'n mens kyk - ek verloor amper my breakfast. As julle nou 'n freak show wil sien, dan moet julle in Warwick se 'eatery' gaan sit en kyk hoe daai mense vreet - lyk soos genetiese manipulated Bulldogs gekruis met oorgewig Pugs - hulle vreet en vreet - genoeg om 'n mens van enige take aways af te sit vir life.

Julle wil weet wat 'n Eatery is - probeer figure wat 'n 'cattery' is - dit is nou 'n plek waar jy jou katte parkeer as jy op 'n wille vakansie gaan. In die begin het die eateries en catteries my vreeslik confuse - ek het nie geweet wat die Aussies nou vreet nie - dalk vreet hulle katte vir -n snack.

Vandag is ek vrek honger - ek verloor my eetlus in die Eatery en oppad uit, stop ek by daai fancy deel van Kentucky Fried Chicken. Ek stop by daai speaker - die bloody ding is mos doer vêr en dan moet jy nou oor daai Diesel motor jou middagete bestel. Die Suidwes Boer is mos half doof - ek het mos tyd spandeer oppie Grens - in 'n Eland Pantserkar - langs 'n 90mm kanon. Ek kan beter deur my agterent hoor as deur my ore. Sien, nou praat so 'n jong meisietjie in hoog Ingels oor daai speaker en die Boer is vrek honger. Ek hoor net so 'n gesqueek - ek lig my agterent en ek hoor beter. Ek wil net 'n chicken fillet burger hê, dankie.

Ek wil boots koop - hierdie p@@fter Aussie boots met geen rieme nie - het julle die goed al gesien? Dit het my 4 jaar gevat voordat ek hulle gekoop het - nou dra ek niks anders nie. Sien, omdat die Aussies nie donker groen handjies het wat al die werk doen nie - mag 'n mens nie met skoene in hulle huise loop nie - dan moet hulle mos weer vacuum. Al wat 'n tradesman dra die skoene sonner rieme - dit het so 'n pieterjie in die agterkant wat 'n mens vasgryp - dan trek jy die boot sommer net so af - vat 'n volle sekonde. Wanneer hulle lekker ingeloop is, dan trap jy die eerste boot met die tweede boot vas en jou voet glip net so uit. Dan loop jy met jou stink sokkies so deur 'n Aussie huis en los jou iAfrika reuk daar vir life - ek dink daai Aussie 'homemaker' tannie is dan opgewonde vir 'n volle jaar - daai hormone kan net nie bedaar nie.

Ek gaan by Golders in - hulle het klere vir ware mans, nie soos daai Woollies nie. Ek koop so -n lekka baadjie met wol in - een waarmee ek kan werk, ry en jag. Ek sien nog 'n baadjie - hierdie 'dry as a bone' goed waarvoor die Aussies so bekend is. Lyk soos 'n 'oil skin' jas - net heeltemal 'waterproof' - baie lekker in hierdie koue wêreld of in die reen - so 'n lekka sexy baadjie. Ek loer so na die goed. 'n Mollige meisie - baie, baie nice kom vra of ek hulp nodig het. Ek sê sommer onmiddellik jaaa - sy kan my help uittrek - sy bloos bloedrooi en giggel benoud - ek voel sommer 17. Sy trek so ewe my anner baadjie uit en help my met die ander een - sien die Suidwes Boer het nou sommer tien duime vir vingers. Man, ek lyk sexy in daai baadjie - lyk soos Robert Redford in die 'Horse Whisperer' - sy smile vreeslik mooi en my bors raak amper die spiëel - ek koop die baadjie.

Nou wil sy my help met die boots - ek is vrek bang sy raak flou van daai lekka perde mis sokkies - ek het hoeka vroeg vanoggend perdemis gehark. Ek knip oog en maak asof ek nou skielik vingers in plaas van duime het. Ek koop 'n paar Aussie Redback boots. Al wat ek nou nodig het is 'n disco en die mollige blosende meisiekind se selfoon nommer.

Ek gaan laai al daai perde voer en daar gaat ek - terug Stanthorpe toe. Ry deur twee donnerstorms, maar geen water in Stanthorpe nie - net koue. Dit is nog nie eers winter nie en ons het al drie oggend van ryp gehad - 'n ewe -5 grade Celsius.

Kom by die huis - die Skotse vriendin wil die jong perde uitvat vir 'n stap. Ek vat my nuwe Arabier X meisiekind en sy vat haar Standardbred. Hulle is nog jonk, so ons kan hulle nie ry nie. Ons doen gewoonlik so 6km met hulle. Die Skotse dame het al 30 bene in haar se liggaam gebreek - haar voete is klaar. Sy is 45 jaar oud - blonde hare en staalblou oge - 'n klein vroutjie - so hard soos staal - ek soek nie moeilikheid met haar nie.

Ek hardloop/stap die perde in army boots vir die 6km. Sy daag altyd op in camo pants met boots. Vandag laat waai ek - ek hardloop al die bulte uit - dit is 'n rowwe pad die heuwels in. Ek kan haar nie afskud nie - sy bly net so agter my. Die perde sweet, maar sy hou by. Net so 'n rukkie terug het 'n perd haar gegooi - haar lae rug en holbeentjie morsaf. Met al daai anner gebreekte bene hou sy nog by met die hardlopery.

Ek's net geworry oor die trip van haar Adelaide toe - stoksiel alleen.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Ek het nou die storie gepost en daar is nou sulke snaakse syfertjies in - lyk nou om my ouma wragtag 'n Chinees was en nie 'n Xhosa soos oorspronklik gedink was nie.

Dalk kan iemand verduidelik waar die syfertjies vandaan kom.

Link to comment
Share on other sites

Goed om weer van jou te hoor Mauritz.

Sterkte vir jou Skotse vriendin, wragtig, sy't guts. Die ente pad daar van julle af na Burke se kant toe, dan weer van Burke af Broken Hill toe en van daar af Adelaide toe is LANG ente pad.

Ek onthou toe ons opgery het Coober Pedy toe vir 'n vakansie;

Jy ry en jy ry en jy ry totdat jy moedeloos en de Blikkners-In raak. En as jy klaar moedeloos en de Blikkners in geraak ket dan vat jy weer die wiel en jy ry en ry en njy ry totdat jy by Coober Pdy aankom.

En dan kuier mens lekker in Coober Pedy tot jy op 'n dag agterkom dat jou vakansie in Coober Pedy is klaar, en nou moet jy weer terug ry Adelaide toe... :rolleyes:

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Ek het nou die storie gepost en daar is nou sulke snaakse syfertjies in - lyk nou om my ouma wragtag 'n Chinees was en nie 'n Xhosa soos oorspronklik gedink was nie.

Dalk kan iemand verduidelik waar die syfertjies vandaan kom.

Dit gebeur met van my posts ok, ek dink daar is iets met die "scripting" vir Afrikaanse leestekens verkeerd.

Dit kom patrykeer reg nadat 'n mens uit saaustralia gelog het en weer inlog.

Dax

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mau!! Lekker gelees. Ek picture sommer daai blosende mollige meisietjie. Ek din jy het daar dag gemaak ook.

Link to comment
Share on other sites

Ai Mau daai Tradie bootse sonner die rieme!!! My man weier!!! Het toe maar vir hom sulke snazzy steelcaps gekry wat soos tekkies lyk!! Miskien oor so twee en 'n half jaar (dan's ons 4 jaar hier) sal hy vir hom ok sulke aanglip pietertjie bootse koop!!

So by the way miskien kom ons eersdaags daar na julle kant toe. Sien die man van my het Mc Donnald in sy gene (sy ouma grootjie) jy weet mos van "old Mc Donnald had a farm" wel hy soek 'n farm!! Nie watse farm nie soek 'n GROOT stuk grond. Daar annerkant julle is so 1000 aker wat hy nou in belang stel, sal seker ma moet ga kyk!!

Mooi bly

N

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Oooh, Jy praat nou van die lelike Saffers hier, ken jy hulle? ..... maar het jy gesien by daardie eetplek in die plaza - as jy mooi kyk - wie sit daar so deur die dag? Al die vettes! Jy druk nogal die "vreet" gedeelte mooi uit! Dit maak nogal sin, he?

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Oooh, Jy praat nou van die lelike Saffers hier, ken jy hulle?

Ek weet daar is 'n paar Saffers in Warwick :ilikeit: - wou maar net so 'n waarskuwing uitgooi :rolleyes: Neem altyd aan alle Saffers is mooi mense. As mense op 'n vinnige doelgerigte diet wil gaan - ek beveel Warwick se 'eatery' aan - baie goeie motivering om 'n paar hardloop tekkies te gaan koop.

Link to comment
Share on other sites

Guest wilna

Hi Mauritz, dis as jy 'n Quick Edit doen dan verander die rekenaar al die ê ô ens, om dit reg te maak kan jy net weer Edit maar sê Full Edit en save weer.

Het jou storie baie geniet.

Link to comment
Share on other sites

Ja Mauritz, ek probeer al lank om daai Suidwester man van my te oortuig om lekker Blundstones of RM Williamsse te kry. Dis vir my sooooo sexy! Maar hy WEIER! :lol: Hy dra net bootse of plakkies - nooit skoene nie. Maar sy bootse het sulke helse buckles en goeters. Hy wil niks weet van daai lekker aanglip en afglip bootse nie. Ongelukkig weier hy ok om sy bootse uit te trek, so ek vacuum maar. :wub: Wat kan 'n girl ok nou doen?

Dankie, lees weer lekker en kyk hoe slim is Wilna ook nou. Ek het dit wraggies nie geweet nie. Dankie Wilna, ek sal dit ook moet onthou, al is ek meestal in elk geval te lui om die kappies en dotjies op te sit ... ;)

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...