Jump to content

Is jy orraait?


Blossom

Recommended Posts

Is jy orraait!!!

'n Boer, Piet was in 'n motor ongeluk.

In die hof , is die Derdeparty se hot shot prokureur besig om hom te ondervra:

Het jy, op die ongelukstoneel, gesê: "Eks orraait!" vra die prokureur.

Piet: Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei, Bessie, op die sleepwa gelaai en......

Die Prokureur val hom in die rede:"Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag. Het jy, op die ongelukstoneel gesê: "Eks orraait!" Ja of nee?"

Piet: Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad......

Die Prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter: "Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel, dat hierdie man, by die ongelukstoneel, aan die verkeersman gesê het dat hy oraait is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is 'n bedrieër. Sê asb vir hom hy moet net die vraag beantwoord."

Teen hierdie tyd is die regter al redelik geintresseerd in Piet se storie oor Bessie, en sê vir die prokureur: "Ek wil graag sy storie oor die koei hoor".

Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. "Wel, soos ek gesê het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik 'n moerse trok van die kant af kom, 'n stop straat skip en my bakkie en sleepwa in hulle moer in ry. Ek is eenkant toe gegooi in n sloot en Bessie anderkant toe in 'n ander sloot. Ek was seer, nogal erg seer en wou nie beweeg nie. In elk geval, ek het toe vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te luister na haar kreune. Nou, net na die ongeluk, kom daar n spietkop op die toneel aan en hy het ook Bessie se gekerm gehoor, so hy het toe nader aan haar gegaan. Nadat hy na haar gekyk het en die toestand gesien het waarin sy was, het hy sy pistool uitgetrek en haar tussen die oë geskiet."

"Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nogsteeds in sy hand, en hy vra: Hoe voel jy?"

"Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de ***sou jy vir hom gesê het?"

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

He, he :ilikeit: :ilikeit:

Eg Afrikaans! Ek wonder hoe sou die grap klink as Jan spies hom kon vertel...

Dankie Tannie Kannie!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...