Jump to content

Vereistes as jy jou goed oorvat?


DrievanBloem

Recommended Posts

Ek wil net graag uitvind waarna moet mens kyk as jy jou goed wil oorstuur na Australia. Ek weet nou al die hout goed moet behandel word, maar met wat??? Moet dit vernis word as daar oop plekke is, of moet mens iemand uitkry om dit met gif te spuit?

Die elektriektriese goed, soos yskaste, tv's ens. Ek het gehoor die yskaste moet CFC Free wees, wat is daar nog? Hoe oud kan jou goed wees, en moet mens strokies hê van al die nuwe goed wat jy die laaste jaar of twee gekoop het?

Is daar mense wat garage goed soos "grinders", elektriese saag, sweismasjien, houtgereedskap ens saamgevat het, en was daar probleme?

Het iemand al 'n karavaan oorgevat?

En gasbottels?

Ek hoor mens mag net drie bottels wyn/drank ook saamvat?

Het iemand nie 'n lys van goed wat mens moet verklaar nie?

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Ja ek wil ook graag weet asb. Veral die Wyn en ekstra skoonmaak middels?

Link to comment
Share on other sites

"Hoe oud kan jou goed wees, en moet mens strokies hê van al die nuwe goed wat jy die laaste jaar of twee gekoop het?

Is daar mense wat garage goed soos "grinders", elektriese saag, sweismasjien, houtgereedskap ens saamgevat het, en was daar probleme?"

Is ook vir my onduister, as iemand kan hetl.

Link to comment
Share on other sites

Ek wil net graag uitvind waarna moet mens kyk as jy jou goed wil oorstuur na Australia. Ek weet nou al die hout goed moet behandel word, maar met wat??? Moet dit vernis word as daar oop plekke is, of moet mens iemand uitkry om dit met gif te spuit?

Die elektriektriese goed, soos yskaste, tv's ens. Ek het gehoor die yskaste moet CFC Free wees, wat is daar nog? Hoe oud kan jou goed wees, en moet mens strokies hê van al die nuwe goed wat jy die laaste jaar of twee gekoop het?

Is daar mense wat garage goed soos "grinders", elektriese saag, sweismasjien, houtgereedskap ens saamgevat het, en was daar probleme?

Het iemand al 'n karavaan oorgevat?

En gasbottels?

Ek hoor mens mag net drie bottels wyn/drank ook saamvat?

Het iemand nie 'n lys van goed wat mens moet verklaar nie?

Hi DrievanBloem

Sal probeer help waar ek die antwoorde weet. 1. Vernis is reg vir die hout tensy jy weet van kewer probleme.

2. Yskaste moet CFC free wees en baie skoon. Selfde met wasmasjiene en tuimeldroers, baie baie skoon wees.

3. As jy iets het wat die laaste jaar gekoop is, moet jy die strokie kan wys, hul tax jou op die koopprys.

4. Alle garage goed wat oorgaan moet silwer skoon wees, roesvry en niks grond of so nie.

5. Weet ongelukkig nie van die karavaan nie.

6. Mag nie gasbottels oorvat nie.

7. Wyn word glo baie swaar getax by die doeane, so dit hang seker af hoe graag jy dit wil vat en hoeveel geld jy bereid is om te

betaal.

Dan kan jy ook na die doeane website gaan, waar jy ook nog baie inligting kan kry. www.daff.gov.au/aqis/travel/enteringaustralia

Sterkte verder, ILze

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...