Jump to content

Sommer net nonsense op 15 Maart 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 15 Maart 2008

Wanneer in Rome, maak jy soos die Romeine. My dogter het mos in ‘n Ierse familie ingetrou. Baie dae weet ek nie of ek moet bly, of spyt wees nie. Vandag is ek weer moerse spyt. Die “gout†sien.

Een van die lotte het ‘n klomp Iere wat hier by hulle kuier en weer Sondag terug gaan. Die rou Iere het die laaste week gevrek vannie hitte. Ons hier in Adelaide het nou mos die twyfelagtige eer om die record te hou. Wat se record? Dit was naamlik al 12 dae aaneen wat ons hittegolf al aanhou. Dit beteken dat dit elke dag hoër as 35 grade was. Die Iere met hul melkwit velletjies het die heel tyd innie huis gebly. Toe word daar maar ‘n paartie gereel om hulle ‘n bietjie op te beur.

Dit word toe St Patrics Day genoem, wat eers die 17 de is, om dit ‘n amptelike okasie te maak. Daar word toe sommer ook geld ingesamel vir die 2000 man sterk “youth†wat Adelaide een of ander tyd gaan inval. Die gevolg is ons kry toe ook ‘n skoolsaal verniet en die paartie word “grootâ€

Hulle kry toe ook ‘n Ierse band om die saak ‘n bietjie woema te gee. Daar dans toe ook ‘n paar Ierse poppies. Oe la la.

Wat ek van die paartie gelaaik het is. Ons manne los die wêreld, en RSA, se probleme op en die vrouens dans hulle Ierse volksdanse. Ek voel naderhand skuldig en wou met my vrou gaan dans. Maar, nee, sê die manne. “we have important things to discuss†Wies ek om te stry. Ons maak Mauritz se Chardonay seer en bespreek gewigtige sake. Ek dink ons het op ‘n stadium consensus gekry oor die volgende. RSA is gone. South Australian Chardonay is tops. I will visit Ireland sometime.

Die manne reken ok dat die Protestantse en Katolieke kwessies het baie verbeter en daars hoop. Hulle vertel my van broers wat in dieselfde dorpie bly en in twintig jaar nie met mekaar gepraat het nie. Gaan nou blykbaar baie beter. Dit is ok tradisie dat die ou manne gewigtige dinge bespreek en die vrouens kinders die dans werk doen. Hulle reken ok die feit dat die ouens nie met mekaar se vrouens dans nie, laat die huwelike langer hou. Pas my soos ‘n handskoen.

Kom toe laterig by die huis. Vroulief bestuur. Eks mos ‘n wets gehoorsame burger deesdae.

Ek droom ek dans met een van daai Ierse poppies. Sy trap op my voet en dis seer. Ek word wakker. Daai gout pyne skiet soos weerlig strale deur my voet. Vroulief moet net doepatjies aandra. Sal maar nie vertel van my droom nie.

As enige Pretorianer hier lees. Wil julle nie vir Dr Tros Bekker gaan vra om te immigreer nie.

Ag toe, asseblief. Ek mis sy konkoksie inspuiting.

Ek is seker, daar is ook ‘n paar Iere êrens, met ‘n moerse kopseer.

Link to comment
Share on other sites

oor die kopseer worry ek nie...jy wil mos. Ek sal nog met 'n paar potdeksels ook daar langs jou gaan staan en simbale speel. :)

Maar, shame man, oor die ghout! Ek lees so tussen die lyne dat jy vrek seer het. Ek verstaan dis hel seer. Sorry en bly weg van die suur goeters af......tamaties, groenboontjies, wyn, Ierse meisies, ens.

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Ek weet hoe om die hoofpyn te voorkom. Moenie gaan slaap nie. Dis die slaap wat jou hoofpyn gee. 'n Paar van ons het nou die dag deurnag gekuier. Laaste Whisky 6 uur die oggend gedrink. Geen hoofpyn. Net bietjie moeg gewees die middag. Die ander klomp wat gaan slaap het, het swaargekry.

As jy gereeld genoeg rooi wyn drink sal jy ook nie gout hê nie - so sê die Franse

Ps. daar is 'n verskil tussen kopseer en hoofpyn

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die raad van alle kante af. Nou die aand "House" gekyk. Daar was 'n perd wat sy voet met 'n ketting saag afgesny het. Ek kan bloed vat. Was 'n jagter en in oorlog (sorry KD by voorbaat) Maar daai ou se storie wou my 'n kat lat skiet. (sorry kat liefhebbers) Ek weet hoe hy voel. 'n Ou kuier lekker en dan vergeet jy vannie gevolge. 'n Ou se geheue raak kort want dit is dan soooo lekker. Dan vat ek maar die pyn. Bronwyn ek weet Voltaren is die antwoord maar my vroue dokter weier om my te spuit. Sy sê sy wil my dwing om sober te lewe. Sy wil nog lank na my kyk. Ek laaik haar ongelukkig anders het ek lankal 'n ander een gaan soek. En besides, ek weet sy is reg. Die perd wat op my skouer sit en my mettie hamer agter die oor kap, gee my kopseer. My vrou gee my hoofpyn as sy weier om huis toe te bestuur na die party. Tussen haar en die dokter is daar 'n conspiracy aan die gang om my weer soos Robert te laat lyk. My voorouers is van Hollandse afkoms. Hulle kon met water toor. Sal maar water begin suip. Alhoewel, die Ozzies probeer hard om van my 'n Fransman te maak. 'n Goeie boerenaam soos Van der Merwe word hier. 'Vandermeerxxwdegfr" so Fransagtig uit gespreek. Ek gaan toets 'n klient se goeters Vrydag by sy huis. Toe hy die deur oopmaak sê hy in suiwer Ozzie. "Dag Jan van der Merwe" Ek dag toe onmiddelik hy is 'n boer en begin Afrikaans te praat. Nee seg hy. Ek is Ingels, maar ek het 'n Van der Merwe vriend in Kaapstad wat ure spandeer het om my uitspraak reg te kry. Ek weet toe sommer ek en die perd gaan nog pêlle word. Gelukkig is sy vrou so lelik soos die nag(ek lieg) en my vrou sal nie bedreig voel nie. Nou die bargain vannie dag. Hy smokkel met SQUID. Ek sal sy naam en nommer verskaf aan die wat belangstel. Hy verkies om dit voor te berei op sy spesiale manier en dan te smous. Maar ek dink hy sal verkoop as jy hom mooi vra. Jy mag net nie sê ek sê sy vrou is lelik nie want dan bederf julle my bron virrie toekoms.

'n Pynlose groetewens aan almal wat die lewe geniet.

Link to comment
Share on other sites

Ai siestog, jy het AL my simpatie, veral na jou laaste sin.

KD, nie geweet die Ierse meisies is suur goetertjies nie (grappie, nie ernstig nie)

Link to comment
Share on other sites

Miskien kyk ek net met 'suur' ogies na hulle. :rolleyes: Jaloesie sien, want ek dink die Ierse meisies is van die mooiste ter wereld. Met hulle donker hare, blou oe, rooi wange en ligte velle. En ek is mal oor die Ierse aksent. Irish musiek ook...net so mooi. Miskien moet ek maar daar gaan bly. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Jan, elke sport het sy beserings en so lank jy die deelname geniet het en dit klink so is dit als die moeite werd !! Dis vreemd dat dinge wat so lekker is 'n mense so sleg kan laat voel....

Link to comment
Share on other sites

Jan, aangesien daai Doktela jou nie wil inspuit nie, moet jy maar die vaste stowwe probeer. Ek het gelukkig vir my 'n paar "gout bomme" van die apteker in SA saamgebring, maar sien jy kry Brufens hier oor die toonbank. As jy Voltaren se boetie kry, Diclofenac Sodium - vat so twee daarvan met 'n Brufen saam, en dalk so 'n ietsie met Parasetmol vir die pyn - en drink sommer 'n galling water daarmee saam. Dit help ook.

Weet hoe dit voel as die Ierse girltjies op jou voet trap en sorg dat jou voet in 'n appelbox moet slaap sodat die laken nie aan hom kan raak nie... wil nie eers daaraan dink nie!!! <_<

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...