Jump to content

Adelaide en PR


Blossom

Recommended Posts

Dis Maandag oggend, tyd vir die forum familie.

Na ‘n week van rondhardloop vir die PR, medies en al daai, is dit nou bietjie asemskep tot die volgende hekkies om oor te spring.

Alles gebeur mos hier in 55 Currie straat, die medies, die polisie klarings en paspoort hernuwings. Parkering is ‘n problem en ons moes doer ver gaan parkeer. Gelukkig ontdek ons toe die onderdak parkering naby, sommer so om die hoek en hubby gaan haal die kar.

Terwyl ons vir hom wag let ek op dat al die Adelaiders vroeg oggend met ‘n take-away koffie loop. Al die vrouens het tekkies aan, hulle hare is nog nat en hulle loop en drink koffie. En die meeste mense dra swart.

So dis swart-geklede, tekkie-draende, koffie-drinkende, plat-hare mense wat verby ons skarrel.

By die plek gekom, moet ons raak korrel in daai klein plastiese bekertjies, dis nie ‘n probleem nie want ons het omtrent 4 koppies tee agter die blad. Daarna is dit die bloed en oog toetse. Die oog toets is goed maar toe dit kom by die naalde in die arm steek raak ek vaal om die kiewe. Wie hou nou daarvan? Alles ter wille van ons nuwe land, ne?

Hubby se naald glip in en uit, seun sin ook. My beurt en ek pomp die hand en flex die arm, maar die aar wil nie wys nie. Uiteindelik is daar iets en sy druk die naald in. Sowat van brand….nee, nee. Hier sit ek nou en tik met ‘n potblou kol op die arm met twee rooi merke aan die kant waar die pleister geplak was. Ek weet nie watse pleister hulle gebruik nie maar jou velle trek saam met dit af.

Terug wagkamer toe en wag tot ‘we will call you shortly’, dis nou om die dokter te sien vir die res van die ondersoek. Hubby en seun worry want hulle sal moet ‘hoes’ vir die dokter. Ek grinnik want vir my is dit nou speel speel verder.

Ons word ge’call’ en in die gang staan so ‘n petite dametjie en glimlag vir ons. Sy wys ons moet ingaan en ‘have a seat’.

Toe gaan sit sy agter die lessenaar en groet ons met die hand en se sy is dokter so en so. Die twee manne raak so stil, dit het hulle nie verwag nie, ‘n vroue doktertjie en nog jonk en mooi ook.

Ons stel ons voor en sy lees die file, met ‘n glimlag kyk sy op en vra in suiwer Afrikaans

‘Van waar in Suid Afrika is julle?’

Hoe groot is die kanse dat dit kan gebeur? Nou besef ek…….groot! Ons is oral, ons is baie en ons is hier!

Dit was die lekkerste mediese ondersoek wat ek in ‘n lang tyd gehad het, meer gesels as ondersoek en o, ja, die manne hoef nie te gehoes het nie.

Daarna polisie stasie toe, Die Federal Police daar doen net Woensdae vinger afdrukke en dan moet jy nog ‘n afspraak ook he. Ons besluit dat ‘n gewone polisie stasie ook sal doen. Ry na die PStasie toe in Sturt str. Die Polisie stasie is stil, ons is die enigstes daar. Maar kan julle glo…die plek is skoon! Niks wat rondle of stink nie. Geen ink merke op die toonbank nie, die vloere blink, ek sien tot selfs ‘n potplant wat groei.

Dis so hush hush daar binne, almal is rustig, die konstabel wat help is nog ‘n mooi dametjie. Sy maak ogies vir seun en seun is soooo polite!

Nou ons is gewoond aan vinger afdrukke laat neem in the olden days. Gewoond aan ‘n swart besmeerde toonbank met ‘n nog swarter (as dit moontlik is) wasbak in die hoekie. Met sulke goo-seep in ‘n vuil plastic potjie vol vinger merke. Ek het liewer net so gery en gaan hande was by die huis.

Nie hier nie, oh, no. Hier haal sy ‘n silwerskoon koper plaat uit en sy smeer hom ink. Maar eers trek sy weg gooi handskoene aan. In die hoekie is ‘n skoon, skoon opwas bak met papierhanddoeke en ‘n groot houer vol groenerige suiker seep. Spotless!

Ons lag en maak grappies, daar kom nog ‘n polisie man by en hy help ook. Hy chap en stamp die res van die dokumente. Dinge loop seepglad en ons is klaar, sy wys ons ‘n agterpad uit die Pstasie uit. So ver ons loop let ek op dat alles skitter, die vloere, die mure, hulle uniforms, alles. Ek is sooo impressed!

My humeurtjie is maar kort, ek het my so gereeld vererg in die verlede en ook baklei dat ek altyd met hoe bloeddruk en lae moraal huis toe is. Nie nou nie, voel of ek ontsnap het uit die jungle uit in die beskawing in.

Dit is die PR storie sover, maklik is dit nie, maar so eerste werelds en proffesioneel. Gaan kyk maar op die South African High Commission se web blad en dan sien julle al die spel foute en swak taal gebruik daarin. Ga, sies!

Lekker week en God’s speed to all.

Link to comment
Share on other sites

Ai, KD, jy gee mens sommer hoop en laat mens uitsien na ons eie proses van PR. Sal seker een van die dae begin, want ons is hier om te bly!

Geniet jou dag, en ek hoop alles loop vlot!!!

Blessings...

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hi Kd!

Is bly die medies het oraaiterig gegaan (nou nie die bloed neem en naalde en pleisters nie), maar ten minste het julle 'n nice dokter gehad.

Hoop die PR kom sommer gou!

Groete

Michèle

Link to comment
Share on other sites

Vingerafdrukke in Milnerton polisiestasie.

HI KD ek moet darem 'n lansie breek vir die dames by bg polisiestasie.

Ons moes ook so agterom buitekant om by die korrekte lokaal uitkom. Dalk was dit omdat dit Maandag was , maar die plek was skoon, vloere het geblink. By die voorste toonbank en ook agterom.

Die telefoon het onophoudelik gelui en 'n vriendelike sekretaresse het so tussen die vorms in vul en fotostate maak geantwoord. Ek het saam met twee mans gewag - beide vir PDP (public drivers permit).

Dalk is dit omdat daar net dames in die afdeling was ( :-)), maar die inkblad..wasbak ens was ook nie so grillerig nie. En die vingerafdruknemer het ook handskoene aangehad.

Dit het my ma 5 min geneem om die dokumente in te handig in Pretoria. Dit was Vrydag 3 weke terug. Sal so teen die einde van die week skakel om te hoor hoe lank dit nog gaan neem.

Binnelandse sake...dis 'n perd van 'n ander kleur!

Lekker pienk Maandag vir almal

Antoinette

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Ek's bly vir jou part daardie deel is darem nou ook afgehandel. Dis nou een deel wat slegs is van hierdie hele immigrasie-besigheid - ons stres van die een event tot die volgende!

Maar op die ou end is dit sekerlik alles die moeite werd!!!

Groete

Sonja

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...