Jump to content

Iemand daar?


Blossom

Recommended Posts

Ek was verveeld, die dag het eindeloos voor my uitgestrek. Alles is stil en ek hoor net die geraas van die verkeer in die verte. Hier om my is alles half roerloos. Tot selfs die vlinder vlieg papperig hier verby my. Die swart voels sit en staar reguit voor hulle uit op die telefoondrade, hulle vere beweeg so nou en dan in die ligte windjie.

Die telefoon lui nie, die forum is stil, die huis is skoon, dis te vroeg vir aandete maak.

Ek sit en wonder wat maak al die mense sonder gesigte wat ek nou al leer ken het op die internet.

Sommiges is seker skarrelend besig met die trek en die pakkery, ander vir medicals. Ander intellektueles is seker besig om een of ander omleiding of herleiding van die rand na die dollar of andersom.

Die gelukkiges wat hier is, is besig om hard te werk aan die toekoms en hulle aksente.

En die res sit en worry seker oor die moord en doodslag wat elke dag so om hulle plaasvind daar in donker Afrika.

Maar ek is moeg om aan sulke dinge te dink, ek het my beurt gehad vir al daai worries. Ek is daardeur en ek het soveel moed in gepraat as wat ek maar kan. Ek het ook genoeg propaganda gemaak vir OZ. Die wat nou nog daar wil bly en Russian Roulette wil speel, moet maar. Hoe se hulle…as jy nie wil hoor nie, moet jy maar voel. Dis nou met apologie gese aan die arme siele wat nie kan oor kom nie maar wat bitter graag wil.

Ek het nou al Freecell gespeel tot naar wordens toe, my ou laptoppie het ek nou al so gemodify, alles is pienk op hom. Sy letters is groter gestel sodat ek lekker ver kan sien om te tik. Die window frames is pienk, screensaver ook. Ek het ‘n Fairy of Darkness as background op gesit. Niks meer wat ek kan laai of download nie………kapoet.

Nou sit ek met my eie gedagtes en die duiwel kom fluister hier in my oor……………

Se nou ons slaag nie ons medicals nie, se nou daar is ‘n verskriklik vonnis of iets teen ons naam want hoekom kom ons police clearance dan nie?

Wyk satan! Ek is die een wat almal altyd moed inpraat, wat gaan nou aan met my?

Ek besluit om my tot die Here te wend en al my vrese aan Hom op te dra. Toe ek van my kniee af opstaan nou nou, toe weet ek my las is ligter. Eintlik is dit baie privaat wat ek julle hier vertel. Niemand weet hoe ek hierdie hele journey agter toe deure op my kniee deurgebring het nie. Soms sommer in die badkamer as die huis mense hier is. Dis privaat ja, maar eintlik weet ek tog nie regtig wie julle is nie en julle weet nie wie ek is nie. Of weet julle?

Skryf het hier in Aus ‘n uitlaatklep geword, die gedagtes hier binne in my kan ek deel met iemand, al is dit net virtual. Soms antwoord niemand my nie en ek weet nie of ek bloot net ‘n groot gek van myself maak nie. Maar dit maak nie saak nie want ek praat en praat is terapie. Ek wil vir my ‘n hondjie gaan koop al se die eienaar ek mag nie, ek sal hom wegsteek! ‘n Voel in ‘n kou is nog ‘n opsie, maar as ek al die mooi voels hier so vry sien rondvlieg dan word my hart week….ek sal nooit ‘n voel in ‘n hok kan aanhou nie, dis wreed. En Katte loop rond, so ‘n klein ou hond asempie sal dit wees. Moet eers met die Government praat, sien wat se hy.

Nog ‘n ding wat pla is die gewiggies wat so oornag hier om my kom saam bondel het, weet nie waar kom dit vandaan nie, toe ek sien, toe is dit hier. Ek wil nie alleen gaan stap nie, ek sit nog steeds met die oor die skouer loer sindroom in my. Bang daar spring sulke groen goed agter elke bos uit. En dis al ‘n jaar later. A, nee, a!

Sal maar met die rooi telefoon bel op boontoe en raad vra met die spekkies ook daarbo. Wonder wie sal my antwoord….

Daar is dit nou amper 5 uur en die dag is op sy agterend, tyd vir mense om huis te kom en tyd vir my om my gesig op die regte plooi te trek…..dankie vir die luister.

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ek's hier maatjie!!

Raai wat doen ek, ek soek die beste pryse vir 'n spa jy weet 'n jacuzi!! Beste wat ek kan kry is $5500.

Link to comment
Share on other sites

Ek's hier maatjie!!

Raai wat doen ek, ek soek die beste pryse vir 'n spa jy weet 'n jacuzi!! Beste wat ek kan kry is $5500.

Google!!!!!xxxxxxxxxxxxxxxKD

Link to comment
Share on other sites

:rolleyes: Ek is ok hier.... ek lees al jul briefies en probeer uitfigure of almal wat hier aangeland het so koekoes gevoel het vir die eerste 3 weke?

Voel nogsteeds of ek sweef... seker tog nie die jetlag nie?

O, en ek soek 'n huur huis ook op die net.

Nilo, is die jacuzzi vir julle holiday?

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hi KD, hoekom het jy my nie gePM nie, ek sit ook die heeldag hier by die huis en tone tel, het later op die bed gaan lê......die tuinier het my wakker geklop (nie 'n jong sexy een soos ek al op die forum gelees het nie, die oom is seker al oor 60). :rolleyes:

Ek stap in die oggende saam 2 ander vroutjies, so sê net as jy wil saam stap, ons maak maar beurte om na mekaar se huise toe te ry en stap dan daarvan af. Sê net en ons stop daar by jou huis.

Ek en my seun gaan nou eers potte en blomme koop, die eienaar het nou die 'erf' laat skoonmaak en ek kan nie wag om dit mooi te maak nie. :jester:

Mooi bly, en onthou ek bly net 'n klipgooi weg, altans ek dinks so ek weet nie presies waar jy bly nie..... :):)

Groete Wina

Link to comment
Share on other sites

Betsy

Jy sit nie alleen agter die deur en bid nie... ek doen dit ook. as die hartseer my so oorweldig, dan moet ek alleen gaan, want my kiddies is klein en ek wil hulle nie ontstel nie. Manlief is nie hier in daai tye nie, as hy is hou hy my maar net vas en se alles sal oraait wees!

Dis moeilik maar die Here wil ons op ons kniee hou. En moenie jou bekommer oor die PR goed nie. Die Here sal jou nie al die pad bring en dan drop nie....

'N Drukkie vir jou van 'n vreemdeling... :rolleyes:

Elize

Link to comment
Share on other sites

Elize eerste vraag JA mens is so bietjie in 'n dwaal die eerst rukkie, jy's heeltemal normaal!! Op 'n kol gaan jy ewe skielik voel dis ok, als is reg, dis lekker hier en ek weet waar ek is!!!

Die SPA, ja wel, my vriendin hulle het ene en ons spa omtrent altyd as ons daar gaan kuier. Sit elkeen met 'n drankie in die hand en ons chat en geniet mekaar se geselskap. Jy sien die water word verwarm so dis lekker cozy, ons het al tot na 1 in die dem ding gesit. Eet altyd eers LAAAAT!!! Want dis lekker in die spa. Nou ja nou kom my sussie hulle mos kuier en die dat dit so vrek warm was die naweek toe dag ek so by myself kom ons koop 'n spa!!

Die wat ek soek is portable en het geen setup nodig nie dis net inplug en volmaak en daar gaat jy!! Lekker ne?

Ek het ook al voor 10 vandag al my huiswerk gedoen, behalwe die strykgoed, net Dessie se werks klere. Het nou al my dinges deurgesit!! Nou moet ek gaan kos maak en nou word die Saffers wakker so nous daar weer lewe op die forum. Ag ja!!

Link to comment
Share on other sites

Hi KD, Nilo, Wilna, Elizes en al die ander

Ek het vanoggend gou gaan kos koop (en prepaid internet voucher), uitgepak, baba in bed gesit en nou is ek hier. Het lekker gesit en tjank oor Henriette se ouma Hien. Ons het almal 'n "ouma Hien" waaroor ons bekommerd voel en waaroor ons huil.

Ons was mos vrydag vir ons medicals (ek worry ook KD) - ek was baie impressed met die effektiwiteit van die HSA. Ons het in Frankryk medicals gedoen en ek het soos 'n bees in 'n drukgang gevoel daar. Daar moes ons sommer net uittrek en voor die xstraal masjien staan - geen skaamte of lappie of niks nie. Almal was baie onvriendelik (die Franse hou nie van Immigrante nie). Hier in Perth was almal vriendelik en bedagsaam en ons is met "dignity" behandel. Ons moet woensdag weer gaan vir die dokters afspraak en dan ons resultate kry. Maar nou gaan hul eers woensdag bloeddruk meet - so weer niks koffie nie!! (Ek ly mos aan white coat high blood pressure). Ek is bang hulle se ek's te vet. Was van plan om die ekstra kilos hier in oz af te skud, maar to kry ons 'n CO in rekkordtyd.

Ek is moeg .......gaan gou 'n powernap vat voor dogtertjie wakker word en man bd huis kom. Wonder ook wat om te maak vir aandete........................stir fry....alweer?

Lekker dag, praat more weer.

O'ja, Nilo....geluk met PR hier op die forum.

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Ons is druk besig met ons papier oorlog en al daai dinge, en ek raak baie opgewonde oor die veiligheid en al die posetiewe dinge wat ons OZ toe trek, maar daar hang een GROOT SWART (PIKSWART) donderwolk bo my kop . . . . . . . . . . . . Ja noem my nou maar op die ouderdom van 30 'n mamma's girl, maar dit is 'n feit soos 'n koei. Ek is baie erg oor my ouers. Die liewe Here het vir my die wonderlikste skoon ouers gegee waarvoor ek ooit kon vra. Nou ja ek weet sommer ek gaan vreeslik verlang. Dit maak my eintlik bang om daaraan te dink. Se nou ek maak nie nuwe vriende nie, en se nou ons pas nie aan nie, en se nou .. . . se nou

As ek so luister na julle wat alreeds daar is klink dit of julle ook somtyds lekker verlang. Aan die anderkant is ons vreeslik opgewonde en 100% seker dit is wat ons wil doen.

Ons "stirfry" ook gereeld, so eks bly om te hoor dis daar ook op die spyskaart.

Nou ja ons dag het nou begin. Kinders by die skool en op ons poste.

Cindy

Link to comment
Share on other sites

Hi KD,

Geniet jou posts altyd baie!

Dink aan jou, EN die medicals gaan fine wees, jy sal sien! :blush:

Groete van huis tot huis, uit Sydney!

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi Kd.

Moenie nou so worry nie, jy sal sien, alles sal oraait wees. Weet dis moeilik om nie te stress nie.

Lol, ons stirfry gereeld ook, en pasta. Gelukkig neem hubby deel aan die Argus mountain bike die naweek en die normale Argus volgende naweek, so ons gaan baie pasta die volgende 2 weke (ek sal maar moet gaan gym!)

Stuur vir jou 'n groot druk Kd! :blink: Alles sal fine wees!

Michele

Link to comment
Share on other sites

More vriendinne

Hier sit ek nou weer oppie stoep!! Regtig!! Ek rook nie in die huis nie en ek het 'n laptop en 'n forum!!!

Die 2 potte fudge is op die stoof en die huis is reg, sal nou nou as ek die fudge klaar het net die mop oor die vloer sit.

Het vanoggend gou my sussie gebel. Sy se ek sal nie glo hoe Suid Afrika die afgelope paar maande agteruit gegaan het nie sy se dis scary!!

Hulle kom maandag oor 'n week hier aan, dis lekker exciting ek kan nie wag nie!!! Ons gaan soooooo lekker kuier!!

Ek try mos nou 'n spa organize vir ons lotte. Nou wonner ek is dit die moeite werd? $5500 is eintlik baie geld en ons het nou net amper die deposito vir die huis gespaar nog so 2 of 3 weke dan het ons genoeg. My arme man werk hom oor hoeks oortyd so die ekstra spaar ons dan.

Sien die ding is ons is middel 40's en as ons wil bou vir oudag moet ons gou bou!! Net oppas en mooi bou!! Dis darem moontlik hier in AUs ek glo nie ons sou so maklik kon doen wat ons nou kan doen in SAfrika nie!!

My arme seun werk nou al 2 dae van 4 uur in die oggend tot 8 uur dis net 4 ure ek weet maar dan gaan hy nog TAFE toe ook, maandag aande 3 ure Dinsdag van 2 tot 9 en hy ry trein, woensdag aand weer 3 ure, maandag en woensdag kan hy darem met sy kar ry. Ek is tog so trots op hom!!! Hy kan doen wat hy nou doen omdat ons hier in Aussie bly, glo wraggies nie dit sou in SA moontlik gewees het nie. Dankie Liewe Jesus vreeslik dankie!!

Moet gou die kondensmelk in die potte kry is nou nou terug!!

N

Link to comment
Share on other sites

Jislaaik, dis lekker Nilo....sit op die stoep en fudge in een oggend, jy is voorwaar gebless!! Ek het nou net van Wendy af gekom, en baie lekker gekuier daar. Nou weet ek darem weer dat al die feelings normal is en dat ek net moet uithou en aanhou.

Cindy, jy sal verseker verlang, ek is ook baie close aan my skoonouers. Ek mis hulle so nou en dan, maar eintlik mis mens net die bekende...Dis great om voor die tyd te weet daar gaan dae wees wat moeilik is, want dan is jy voorbereid. As jy nie geweet het nie, sal jy dink dis abnormaal. Maar nou weet mens dis deel van die proses.

Ek gaan nou rondblaai in die resepteboeke, want Manlief se hy is in Oz, hy soek nog nie boerekos nie, maar Ozzie tucker..... Nou wat sal julle se is regte (lees ook maklike en vinnige) Ozzie geregte???

Help!

Elize

Link to comment
Share on other sites

Maak hom 'n floater!

Of 'n hamburger met beet!

Link to comment
Share on other sites

Maak hom 'n floater!

Of 'n hamburger met beet!

Sorry, ek is nog nie sooo clued up met die lingo nie... wat is 'n floater??

Link to comment
Share on other sites

Ja ek wonder ook want die floater wat ek van weet moet mens liewer nie eet nie!!!!

:censored: Dis wat ek ook gedink het!

Ek is sommer omgewonde vir jou omdat jou sussie oor kom.

Het gister met die hubby gaan draf, en daar kom so groep mans aangestap na ons toe, niks vreemd nie want hulle is bouers. Hulle draai by so sy straat af maar toe ons weer kyk draai die een om en maak of hy my gaan gryp. Jissie dames ek het geskrik hoor! Is nou nie seker wat hy gedink het nie, maar ek het net vinniger gedraf!! My arme hart het amper gaan staan! Self hubby was worried. Weet nou nie of hy gedink het dis 'n joke nie, maar ek het nie so gedink nie. Kan nie wag om aansoek te doen en oor te kom nie sodat ek in rus en vrede kan draf!

Oooh Nilo, jy maak my gedurig lus vir fudge! Dink ek moet gaan maak, is 'n reen dag hierso in die Kaap, so perfek vir lekker soet goed! Oh, laat weet wat jy besluit oor die jacuzzi! En jy mag maar trots wees op jou seun! :censored:

Kd- hoe voel jy vandag? Hoop dit gaan beter.

Lekker dag vir al julle dames!

Link to comment
Share on other sites

Hierdie floater ding het my amper slapelose nagte gegee.... B) Toe moes ek dit vinnig google. So, hier's die definisie van 'n floater:

"The pie floater is a meat pie turned upside-down in a bowl of thick pea soup. It is traditionally served with tomato sauce."

Also see:

http://en.wikipedia.org/wiki/Pie_floater

And here's a recipe for meat pie:

http://alldownunder.com/oz-u/food-recipes/meat-pies.htm

And here's a recipe for a nice pea and ham soup:

http://www.woodworkforums.com/showthread.php?t=50713

And now you can all float in peace :P

Link to comment
Share on other sites

Hierdie floater ding het my amper slapelose nagte gegee.... B) Toe moes ek dit vinnig google. So, hier's die definisie van 'n floater:

"The pie floater is a meat pie turned upside-down in a bowl of thick pea soup. It is traditionally served with tomato sauce."

Hi,

Thanks SO much for clearing this up! I read this thread this morning before I went to work (I run a catering business) and could not get the damn "floater" out of my head... B)

You can imagine what I was thinking all day, while working with food nogal - floater..edible?!...yuch!!...

zorba :P

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...