Jump to content

Sondag oggend chat


Blossom

Recommended Posts

Lanklaas journals besoek en bygedra. Ek lees gereeld die lekker insetsels hier en voel vanoggend dat ek ook iets te se het.

Oor hierdie nuwe land van my........en sy mense.

Vrydag gegaan vir die eerste stap van die medicals, die X strale en ek moet dit deel met al die voornemende Ozzies.

Ons is op die ENS visa hier, gesponsor deur my man se werk, gelukkige ons!

Vrydag middag in Adelaide was 'n nagmerrie om te parkeer met die Clipsal en versperde paaie, gelukkig het ons dit geweet en was voorbereid. Hubby se werk is 'n spoegie van die X straal plek af, hy laai my voor die plek af en gaan parkeer sy kar by sy werk. Hy loop sommer soontoe en kry my daar.

Ons is maar vreemd met al die dinge en weet nie lekker nie. Ek is seker julle het ook so gevoel, onseker en weet nie presies wat om te doen nie.

Ek het 'n file vol vorms, dis x strale, gewone medicals, vorms vir paspoort hernuwing, police clearances, vingerafdrukke en, en, en.........

Ek maak seker ek vat sommer die hele file saam, net om seker te wees.

Omdat ons gesponsor word deur die werkgewer, reel die werk die betaling en ons seil deur die betaal storie, dit sou ons amper $300 gekos het net vir die x strale! Dan kom al die ander kostes ook nog by...ek se weer, gelukkige ons!

Ons moet 'n sekere dame gaan sien voor ons kan aangaan met die x strale, sy is oorkant die pad en ons word verwys na haar toe. Op pad soontoe loop ons hubby se 'baas' raak. 'n Vrou, sy sien ons en steek vas, steek haar hand uit en groet my met die breedste glimlag. 'Nice to meet you at last' se sy. Sy groet seun net so gulhartig en ons praat oor die medicals. Ons se vir haar waarnatoe ons op pad is en sy se nee ' Everything is taken care off'

Al wat ons hoef te doen is ingaan, se wie ons is en alles sal gedoen word. Hulle weet van ons.

Ok. Ons maak so. Maar trou aan my geaaardheid het ek toe vergeet om die foto's saam te bring. Nou moet ons loop en gaan foto's neem en ek raak knorrig, dis ver, die wind waai my haarstyl uit proporsie uit en die file raak swaar. By die paspoort foto plek weet die laaitie nie lekker hoe werk die kamera nie en ek staan en staan. Hoe moeilik kan 'n digitale kamera nou wees om te werk? Die kind is stadig en net een van sy twee breinselle werk ( sies vir my!)

Maar ek wil huis toe gaan! Hy neem ten einde laaste die foto's en wys vir ons. Hubby lyk goed en seun lyk gesond en blosend. Dis net ek, rooi in die gesig, geen teken van 'n ou glimlaggie om die mondhoeke nie en met hare wat soos 'n kokketiel sin staan. Agge nee, kyk hoe lyk ek!

$36 later is ons weer by die X strale, ons seil sommer deur, ons vorms is al by die huis in gevul en ons hoef nie te betaal nie. Daar is tot selfs 'n dame wat van agter uit kom en ons met die hand groet en se stap maar deur Mr. en Mrs. so and so. Ons neem plaas agter in die tou, ja daar is stoele, jy hoef nie te staan en wag nie. Alles loop so seep glad.

Volgende week is die res van die medicals en dis ook al klaar betaal deur die werkgewer. Ek sit vanoggend hier onder die pergola met my laptop en tel my seeninge. My mense slaap nog, Sondae is hulle lui dag. Dis heerlik buite en ek hoor die see ruis, ruik hom.

Ek het die aller aakligste e mail gekry vanaf Suid Afrika met die gewone ou rassistiese inhoud, ek het gewonder of ek dit vir julle moet post om te lees. Daarteen besluit, daar is genoeg haat en onmin gespoeg nou al. Dis onnodig dat ek ook daarop reageer. Ek sien liewer die Ozzies se vriendelikheid raak en gedy in die goodwill van die mense hier.

Dis met die ongelooflikste gevoel van vrede in my wat ek hier sit en tik vanoggend, ek skryf hierdie vir al die mense wat so sit en gespanne wag vir hulle visas. Vir die wat nog besig is met alles...julle moenie worry nie, op die ou end is alles so die moeite werd. Ek weet want ek moes myself knyp vanoggend om te weet alles is waar. Vir die met al die vrae en onsekerheid, dis so moeilik, ek weet, maar net vir 'n klein rukkie, dan is julle weer op track en reg vir die ding!

Lekker Sondag vir almal, wees nice met mekaar.........

Groete, Kannidood,

Link to comment
Share on other sites

Baie goed geskryf KD. Lekker om te lees

Ek weet nie watter tyd julle daar in die stad was nie, maar as dit middag was wens ek ek het geweet, dan kon julle my join vir 'n koffie. Ek moet 2 ure lank in Cibo wag vir my man en kinders, want ek het sommer my kar by die werk gelos vir die groot paartie Vrydagaand. Ongelukkig was my tydsberekening bietjie uit, so daar sit ek toe. Gelukkig kon ek lekker lees en kyk vir al die "interessante" karakters wat nou in die stad is. Is dit nie net te lekker om al die "buzz" te beleef nie?

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Goeie bemoediging vir die wat nog wat KD! :ilikeit:

Groete uit sonnige Sydney

Tania

Link to comment
Share on other sites

Ek geniet altyd Kanidood en Nilo se posts vreeslik. . . . . . Eintlik geniet ek almal sin. Ek dink net Nilo en Kanidood is "tannie" vir my. Nilo klink my jy like ook van bak en brou. Ek lief kosmaak en my kombuis vreeslik. En kanidood ek like dit ook om altyd besig te wees met my hande verf, scrapbook, borduur en ag sommer als wat lekker is en bietjie tydverdryf. Die volgende twee dinge wat ek wil doen is "sugar craft" en daai poppe "new born". Is daar sulke tipe klasse in OZ wat mens kan bywoon?

Ek hoor in OZ gee hulle oxtail vir die honde !!!! Sjoe ek kan dit amper nie glo nie. Wel . . . . good for us. As dit waar is gaan ons lekker smul aan die hondekos.

Lekker sondag.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...