Jump to content

Soek Potchefstromers


Kits

Recommended Posts

Hi daar,

Ek is nuut op die Forum en sal graag wil weet of daar ander Potjiestromers is wat ook soos ek tussen die boom en die bas sit. Kan ons miskien reel om mekaar te ontmoet en te ondersteun. Somarie ek sien jy is van Potch. sal jy asb. kontak sodat ons saam tee kan drink en gesels. Baie geluk ook met julle IELTS uitslag.

Groete Kits.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Kits!

Ek is ook van Potch! :ilikeit: Ons word by die dag meer, sal beslis een van die dae ons eie "Coffee Club" kan hê. (Kan net nie nou aan 'n sinvolle plek dink om bymekaar te kom nie!!)

Ek dink Limpie is ook van Potch, en dan Somarie en StefB.

Laat maar weet as daar iets gereël word!!

Maria

Link to comment
Share on other sites

Hi Kits

Dankie Kits, ek's bly die IELTS is dan nou ook afgehandel. Ek het jou PM gekry en sal reply om te reël vir 'n date.

Ek dink verseker ons moet iets reël vir Noord-Wes. As daar dalk ander Noord-Westers is wat belangstel, laat weet. Sal bietjie dink daaroor en dan kan ons koppe bymekaar sit daaroor, Maria.

Btw, Limpie is my man.

Groete

Sonja

Edited by somarie
Link to comment
Share on other sites

Hallo Kits

Ek en my vrou wag nou net vir om ons laaste goed af te handel,visums,medicals en tax clearence. Ons hoop om einde Maart te vlieg .Ons is nou wel nie van Potch nie maar in Klerksdorp.My vrou het werk in Subiaco in Perth gekry met n sponser, haar neef was n onderwyser by Mooirivier Laerskool Johan van Wyk hy is nou al twee jaar in OZ hulle het ook nou op die 21 Jan hulle PR gekry Jy is welkom om iets te vra as ons jou dalk kan help. :rolleyes::whome:

Link to comment
Share on other sites

Hi Marlize/Igno

My kids is in Mooirivier, so ek ken vir Johan. Is ek reg as ek sê hulle bly nou in Mandurah? 'n Vriendin van my wat Januarie geemigreer het, het gesê sy gaan saam met Johan se vrou in 'n praktyk werk en haar kinders is by hom op skool.

Sterkte met al julle laaste reëlings!

Sonja

Link to comment
Share on other sites

Hallo Kits

Ek en my vrou wag nou net vir om ons laaste goed af te handel,visums,medicals en tax clearence. Ons hoop om einde Maart te vlieg .Ons is nou wel nie van Potch nie maar in Klerksdorp.My vrou het werk in Subiaco in Perth gekry met n sponser, haar neef was n onderwyser by Mooirivier Laerskool Johan van Wyk hy is nou al twee jaar in OZ hulle het ook nou op die 21 Jan hulle PR gekry Jy is welkom om iets te vra as ons jou dalk kan help. :ilikeit::whome:

Hallo Marlize,

Ag julle is gelukkig om nou te kan gaan. Ons gaan die 15/29 April om LSD. te doen. Ons gaan by Ds. Gawie vd Merwe voorheen van Potch tuis. Hy is nou predikant van die Afrikaanse kerk in Perth. Ek sal graag met julle in verbinding wil bly as julle anderkant is. My skoondogter is 'n musiek onderwyseres en sy gee klas by die Hoerskool in Fochville. Hulle oorweeg dit ook om te gaan. Ek sal graag met jou neef in verbinding wil tree om bietjie raad te vra. Sal bly wees as hulle ook gaan want ek moet 6 kleinkinders agterlaat. My goeie hart sal dit mos nooit hou.

Baie sterkte met jul laaste reelings, en tonne voorspoed in jul nuwe tuiste.

Groete Kits.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Marlize,

Ag julle is gelukkig om nou te kan gaan. Ons gaan die 15/29 April om LSD. te doen. Ons gaan by Ds. Gawie vd Merwe voorheen van Potch tuis. Hy is nou predikant van die Afrikaanse kerk in Perth. Ek sal graag met julle in verbinding wil bly as julle anderkant is. My skoondogter is 'n musiek onderwyseres en sy gee klas by die Hoerskool in Fochville. Hulle oorweeg dit ook om te gaan. Ek sal graag met jou neef in verbinding wil tree om bietjie raad te vra. Sal bly wees as hulle ook gaan want ek moet 6 kleinkinders agterlaat. My goeie hart sal dit mos nooit hou.

Baie sterkte met jul laaste reelings, en tonne voorspoed in jul nuwe tuiste.

Groete Kits.

Sorry, Sorry Igno sien eers nadat ek boodskap gestuur het, jy het die briefie geskryf en nou skryf ek net jou vrou se naam bo. Jy is 'n baie slim man wat aan jou familie se veiligheid dink. Wens my kinders wil wakker skrik. Groete. Kits.

Link to comment
Share on other sites

hi!! Ons sê maar net hallo - ons is oud Potch's - geskool, geswot, getroud, die lot!

Ai, ons mis die Bult! ..nou in die UK al vir 8 jaar!

Link to comment
Share on other sites

hi!! Ons sê maar net hallo - ons is oud Potch's - geskool, geswot, getroud, die lot!

Ai, ons mis die Bult! ..nou in die UK al vir 8 jaar!

Hi Kaalvoet

Ja, Potch bly 'n lekker plek met die studente vibe. Ek en Kits gaan juis vanmiddag 'n koffie drink op die Bult! Sal aan julle dink!

Groete

Sonja

Link to comment
Share on other sites

Haai Kaalvoet,

Ek dink Puk is ook nie meer die Puk wat jy in die lekker ou dae verlaat het nie. Maar nou ja al is dit hoe sleg en agteruit gegaan dit bly maar in ons bloed. Ja dit is baie hartseer om te dink ons is soos jong lammertjies wat vir die jakkalse moet vlug. Ek dink ons sit almal maar met 'n stuk hartseer om die land te verlaat, maar nou ja mens moet maar aan die kinders se toekoms en veiligheid dink. Ek wens soms dit is 'n nare droom as ek wakker word is alles weer dieselfde. Baie sterkte en groete

Kits. :blink:

Link to comment
Share on other sites

  • 4 years later...

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...