Jump to content

Kreatief in OZ


Blossom

Recommended Posts

Ek het sopas die hele forum weereens deur gelees, wel, die meeste topics, en tot die besef gekom dat ek maar al die wat ek nou net geskryf het moet delete.....

liewers positief wees........

Instede van kritiek en vinnige ondeurdagte antwoorde, het ek gedink om my mede forumiete te vra waarmee hulle, hul self besig hou as daar 'n 'af' tydjie is?

Het enige iemand dalk 'n interessante stok perdjie wat hulle besig hou of selfs winsgewend is hier in Australia. Hier is soveel om te sien en te doen in die buitelug en mens is heeltemal veilig om met jou verkyker die voels te bekyk sonder om alles vas te grendel. Of erens in die veld te sit met jou esel en palet en te skilder.....sommer te vergeet van die wereld om jou. Ek sien die mense is lief daarvoor om model vliegtuigies en helikopters te vlieg hier.

Ek wonder maar net want ek is een van die gelukkiges wat vandag die heeldag het wat voor my uitgestrek le en wag vir iets kreatiefs.

Wil so graag 'n olieverf klub stig waar ons kan gedagtes en idees uitruil en kan sit en gesels terwyl ons skilder. Olieverf skilder is my passie en ek het nooit tyd gehad in S.A. om dit behoorlik uit te leef nie.

Is there anybody out there.............?

Groete en 'n wonderlike dag vir almal.

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 83
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Blossom

    20

  • da_feemail

    10

  • MCD

    7

  • Jeanne

    6

Top Posters In This Topic

Posted Images

Hi KD

Hoekom maak jy nie jou eie reborn nie. Dis mos nou daai poppe wat soos regte babas lyk. Hier is heelwat inligting en dinge daaroor te kry in Aus.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Wil so graag 'n olieverf klub stig waar ons kan gedagtes en idees uitruil en kan sit en gesels terwyl ons skilder. Olieverf skilder is my passie en ek het nooit tyd gehad in S.A. om dit behoorlik uit te leef nie.

Is there anybody out there.............?

Groete en 'n wonderlike dag vir almal.

Kannidood.

KD ek sal sooooo graag deel van jou klub wil wees maar jy sal my eers moet leer om met olieverf te skilder, ek het al probeer maar dis moeilik, ek hou baie van teken en enige vorm van kuns............ ;)

So wat sê jy KD, gaan jy vir ons skilderklasse begin aanbied? :holy:

Groete Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Het enige iemand dalk 'n interessante stok perdjie wat hulle besig hou of selfs winsgewend is hier in Australia.

Hi KD

(sorry - I understand Afrikaans perfectly, but just battle to write it! Hope you don't mind the english)

I do scrapbooking and i LOVE it ;) The good thing is you don't have to be creative or artistic to do it (I'm not!) and working with photographs (especially family photographs) gives me such pleasure. Sometimes I can sit for hours doing it, I get so involved and the time goes by so quickly!

:holy:

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

(sorry - I understand Afrikaans perfectly, but just battle to write it! Hope you don't mind the english)

I do scrapbooking and i LOVE it ;) The good thing is you don't have to be creative or artistic to do it (I'm not!) and working with photographs (especially family photographs) gives me such pleasure. Sometimes I can sit for hours doing it, I get so involved and the time goes by so quickly!

:holy:

It's OK Mary, I've got two tails.................. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Toe ek net in NZ gekom het, was ek baie verveeld, kon nie werk kry nie, het in die gopse gebly. Toe het ek begin rondspeel met PSP - nee die die game nie, Paint Shop Pro. Het myself geleer. vandag is ek heel goed met graphic editing, julle weet, soos om 'n hasie 'n hondekop te gee of 'n kat 'n krokkedilbek... you get the picture (all pun intended).

Toe ontdek ek pophuise. Nee nie poppe nie, dollshouse miniatures, ek hou van 1:12" scale. Dis ongelooflik verslawend, veral vir 'n mamma van seuns wat nooit 'n dogtertjie en poppe en pophuise gehad het nie. Ongelukkig het ek vandat ek begin werk het, baie min tyd daarvoor. Ek het begin spesialiseer in miniature woodturning. Ek sal bietjie fotos in my album plaas van goedjies wat ek al gemaak het, dan sal ek die link plaas.

Dis nou die ideale oplossing van iemand soos ek wat brandgraag wil skilder of so iets, maar in St 7 het my kunsonnie my baie diplomaties aangeraai om liewer te gaan tik neem.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
het ek gedink om my mede forumiete te vra waarmee hulle, hul self besig hou as daar 'n 'af' tydjie is?

Het enige iemand dalk 'n interessante stok perdjie wat hulle besig hou of selfs winsgewend is hier in Australia.

My hobbies & dinge:

Ek speel partykeer met Bonsai - groei hulle en maak ook 'natuulike' potte en watervalle vir hulle. Almal het klein pompies in - party ook van die masjientjies wat mis (dit is nou fog en nie perdemis nie) maak, ander het ondewater liggies en dinge in. Die dames hou baie daarvan - ek het oor die jare baie, baie van hulle verkoop. Hier is 'n prentjie of twee:

Ek doen baie wrought-iron en staalwerk - het onlangs begin met tradisionele 'blacksmithing'. Oor die jare was dit relatief winsgewend. 'n Bietjie staalwerk:

Vroulief maak kerse vir die staal kandelare - alle kleur en geure en grotes. As 'n mens in 'n groter stad is, kan dit relatief winsgewend wees.

Ek doen tradisionele 'archery, - ook horseback archery. Maak my eie pyle en dinge. Nie winsgewend nie, maar maak my 'siel' vry, sodat ek baie geld kan maak. Sit ook allerhande disse oppie tafel - eend, deer, vark, haas, bok en al die anner dinge wat mens nie hardop mag sê nie.

Doen 'natural horsemanship' - leer perde op 'n 'natuurlike' manier. Hoop om dit winsgewend te maak, in die vorm van 'endurance' perde. Dalk kan ek ook eendag perde verkoop vir $75 000 (US) aan Saudi & Dubai.

Ek leer honde vir boogjag en gaan spesifiek weer Rhodesian Ridgebacks daarvoor begin teel. Ek het op 'n tyd 'protection dogs' geleer - dit was in SA - hier is enige keffer mos 'n 'protection dog', so mens mag mos nie honde vir die doel leer hier nie. Mens kry nou tussen $600 en $900 vir 'n goeie lyn rifrug.

Ek het op 'n tyd tropiese visse geteel - begin nou weer daarna kyk - vroulief wil niks weet nie.

Ek het 'n lekka werk - sien dit sommer as 'n hobby - julle kan hier kyk:

http://stoneandironcreations.blogspot.com/

My werk/hobby sluit in 'landscape design', rotswerk, alle tipes waterfeatures, staalwerk, blokwerk, 'paving', retaining walls, houtwerk - sommer alles.

Daar is nog baie meer soos sjampoo koop in Woollies, beenhare skeer met slimline skeermesse en dinge, maar 'n mens mag dit nie hardop sê nie :rolleyes:

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Lekker Mauritz! Waar kry jy die tyd?

De Kat en Mary, wat van ook foto's plaas? Dis nou interessant.

Kan nie wag om te sien nie!

KD.

Link to comment
Share on other sites

Hallo KD

Dit klink wondelik om 'n klub te begin, ek het ook op 'n stadium geskilder met olieverf en sal definitief weer wil sodra ek in Aus is. Is jy reeds in Aus en as jy is waar bly jy of waarheen is jy van plan om te gaan?

Groete

Madie

Link to comment
Share on other sites

KD

Ek hou van jou idee van 'n skilderklub, maar ons is so wyd verspreid, hoe gaan ons bymekaar kom?

Ek het in RSA geskilder, ek verkies om van foto's af te werk en hou veral van 'nudes' nie heeltemal kaal nie maar 'n paar mooi tieties bly mooi. Ek is nie skeef nie, ek hou net daarvan om dit te skilder.

Ek het so pas 'n abstrak klaar gemaak waaraan ek amper 3 maande aan gewerk het, juis omdat ek nie van abstrak hou nie. Gelukkig het ek vanoggend die laaste paar goed gedoen en nou is dit van my lyf af!!!!!

Ek soek my stukkend na 'n foto van perde wat in die wind hardloop, wil die koppe en maanhare skilder. Ek moet maar aan hou soek want ek kry nerens iets wat met my praat nie.

Ek skilder ook nie sommer enige iets nie want dit wat ek skilder/foto moet met my praat. Miskien is daar iemand wat sal verstaan wat ek bedoel.

Ek kan ook nie worry wat iemand anders sê van my skilderye nie, ek skilder wat vir my mooi is, jammer om van ander se moeilikheid te hoor.

Ek probeer immers, in elkgeval, kuns is unlimited, dit moet vir jou mooi wees. Gelukkig weet ek niemand anders gaan hê wat ek het nie. Lekker!~~

Ek hou baie van olieverf, ek hou ook daarvan om met pastelle te werk.

Wel, laat weet hoe gaan ons idees uitruil. Ek wag in spanning!!!!

Carelene

Link to comment
Share on other sites

Ok, ek het my kosbare slaaptyd ingeboet en gou twee albums by my Picasa gevoeg. Die een is van my miniatures (as jy wil weet hoe groot dit is, deel mens-grootte deur 12, dan kry jy die afmetings. Met van die woodturnings is daar 'n liniaal wat grootte aandui. Ek het al daai potjies gedraai vir 'n "swap" wat ek met 'n SA-minis groep gedoen het, elkeen moes 16 van dieselfde ding maak, en dit stuur vir die een vrou in Kaapstad, dan het sy weer pakkies opgemaak sodat elkeen een van die items kry. Vet pret. Ek het ook fotos in van my mini-lathe, en van floppies.

Die Chip en dip bowl: Die dip is daai goed wat mens in gate in die muur druk??? en die "chips" is gedroogte soetrissie sade. Ek het dit verruil met 'n vrou in Australia, sy het vir my 'n tafeltjie gemaak.

My gunsteling potjie is die enkel een met die liniaal by, dink dis die 8ste een in die album. Dis van Kauri hout gedraai - wat 25 000 jaar in moerasse gelê het. Die wynstelletjie het ek nog, dis ook een van my beste pogings. Die "glasies" het ek seker 20 van gedraai, net 4 het die polishing oorleef.

Die ander album is koeke wat ek deur die jare vir my seuns gebak het met hulle verjaardae.

http://picasaweb.google.com/KitiKatter

Edited by De Kat
Link to comment
Share on other sites

Hi Careline,

Ek is mal oor gesigte met uitdrukkings op wat met my praat. Dan ook 'n stil lewe, maar nie sommer net 'n bak met vrugte nie, dit moet iets treffends wees. Hou van donker dramatiese onderwerpe met skop.

Ek het jare terug 'n boek gekry, Naked Yoga, die mooiste nudes daarin om te verf.

Dan loop ek ook ure in die shopping centres rond op soek na subjects, 'n mooi kaartjie of kalender.

Ek maak net seker dat ek nie verf wat alreeds geskilder is nie want dan is dit plagiaat.

Ek dink mooi perde sal jy dalk kry op daai mooi kalenders of dalk in die biblioteek in 'n boek oor perde.

Neem ook fotos van my kinders en man en probeer dit vas le op die doek.

Moet se ek is nie 'n abstrakte mens nie, meer realisties met baie detail.

Foto's asb.!

Hi Madie, ek is in Adelaide en hier is baie plek vir nog!

Mooi bly,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Hi julle kunstenaars

'n kunsklub klink wonderlik, maak mos nie saak as ons ver verspreid is nie! Ons het mos internet! Ek het beeldende kunste geswot, maar het 'n juwele onderneming. Landskappe en blomme is stunning, veral die kaap en die wingerde, en ek doen 'n portret nou en dan, vrek moeilik!!! Maar dis darem 'n lekker gevoel as dit min of meer lyk soos die persoon wat jy skilder!!!

Weet nog nie waar ons gaan bly nie, hang af waar ons werk kry.

Kannidood, dis net onwettig as mens 'n kopie van 'n ander kunstenaar se werk verkoop. Mens leer baie as jy ander skilders se werke skilder. Probeer dit bietjie, ons het dit in kunsskool gedoen as deel van ons opleiding.

da feemail, daar is verskriklik baie free photo websites, doen 'n google, ek moes nou die dag 'n ring maak met perde wat hardloop opgegraveer en ek het stunning fotos gekry.

Wys bietjie julle werk, toe! Hoe copy mens 'n foto hierop?

Groete van Pretoria!

Jeanne

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n paar van my pogings.

Die perd is net 'n bietjie verkeerd vir my, want sy maanhare lyk soos wolle, maar nou ja, die volgende perd sal baie beter wees.

Ek het ook my abstrak gecopy, maar oh boy! ek het gestoei met die ding.

Carelene

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n paar van my pogings.

Die perd is net 'n bietjie verkeerd vir my, want sy maanhare lyk soos wolle, maar nou ja, die volgende perd sal baie beter wees.

Ek het ook my abstrak gecopy, maar oh boy! ek het gestoei met die ding. Die vrou in die blom is 2 foto's wat ek gekombineer het. ek gebruik baie foto's van die 123Rf site, want mens kan enige foto wat op die web gepubliseer word, wat nie 'n "copyright" op het nie gebruik. Ek het al verskeie foto's van perde gesien, maar nie een het met my gepraat nie, my soektog is nog aan die gang. My ander nude kom uit 'n boek van Leonardo wat mens leer om te skilder. ek het net my eie kleure gebruik.

Carelene

post-2631-1202848421.jpg

post-2631-1202848536.jpg

post-2631-1202848573.jpg

post-2631-1202848761.jpg

Edited by da_feemail
Link to comment
Share on other sites

Jislaaik Mauritz & deKat...

Julle maak my skaam vir myself! Julle goedjies (bonsai en deKat se klein goetertjies) is pragtig. Mauritz , ek dink jy't 'n klomp talente (teveel vir een mens) En dan kan jy nog stories ok skryf!

Sw

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

Untitled.jpg

Die is van 'n foto af wat ek van seun geneem het toe hy een jaar oud was en later geskilder het.

Untitled2.jpg

Stil lewe, bietjie amateuragtig, sou ek se.

Julle goed is pragtig, ek wonder of daar nog mense is wat wil bydra?

Useful and handy tips would be appreciated!

KD.

Link to comment
Share on other sites

Amateuragtig se voet! Ek hou van jou werk, KD.

Link to comment
Share on other sites

Ek is mal oor jou stillewe! Dit is baie goed!

Carelene

Link to comment
Share on other sites

Wow.....julle goed is pragtig!

Ek het nooit klasse gehad nie maar probeer so op my eie. My goed is nog in die container, sal dit opsit sodra ek dit het, dan kan almal bietjie raad gee.......sien ons het sommer klaar 'n klub. :whome:

Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Wilna, ek het in die jare toet klas geloop vir een jaar, al vergeet wat ek daar geleer het.

Maar die beste is..JY IS IN ADELAIDE EN JY VERF! Hoera, 'n siels (verf) genoot?

Die begin van ons klub?

KD.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Man, van julle mense is goed kunstig. Betsy??????? Ek sal ene moet koop - ek hou van boots.

Ek sien julle soek so na nudes en perde - ek wou nog altyd kaalgat op 'n perd sit - ek's beskikbaar :whome:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
My gunsteling potjie is die enkel een met die liniaal by, dink dis die 8ste een in die album. Dis van Kauri hout gedraai - wat 25 000 jaar in moerasse gelê het. Die wynstelletjie het ek nog, dis ook een van my beste pogings. Die "glasies" het ek seker 20 van gedraai, net 4 het die polishing oorleef.

Ek hou baie van die klein goedjies. Ek het altyd innie Kaap na daai 'Design for Living' (dink dit was die naam) skou gegaan. Mens kon vir dae lank daar rondloop en idees kry. Ek het my altyd vergaap aan die mense wat hierdie klein meubeltjies en dinge draai. Al die gereedskap was ongelooflik om te sien. Ek dink ek gaan dit eendag aanvat.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...