Jump to content

Kan nie ophou gesels nie.


Blossom

Recommended Posts

Goeie more mede forumiete,

Hierdie is nie 'n storie nie, sommer net 'n gesels.

Ek het vanoggend opgestaan met 'n lied in my hart en vreugde in my siel. Wat 'n mooi dag is dit nie, die see le blou, nie 'n wolkie in die lug nie...die somer is op pad!

Ek is besig om wasgoed te was en nie eers dit kan my onderkry nie, ek is stoksiel alleen en dit is ook OK. Die radio is aan en tot selfs die musiek is vrolik. Hoe wonderlik is die lewe net nie?

Aan al die mense wat sukkel met die immigrasie ding of met aanpassing in 'n vreemde land wil ek net se om vas te byt. Alles word met tyd altyd beter. En as julle eers gesettle is dan gaan al die gesukkel SOOO die moeite werd wees. Wag net en sien.

Ek lees erens hier dat mense praat oor meubels en wat om te doen sonder meubels as hulle hier kom. Ons het die heel eerste keer ook oorgekom met niks. Ek het na ons van alles van ontslae geraak het 'n eensame teelepel in die laai ontdek toe ons deur die huis gaan om te kyk of alles nou weg is en skoon is. Toe sit ek die teelepel sommer in my handsak en toe ons hier kom ontdek ek die arme ou lepeltjie weer.

Gewoonlik sou ek se dat ek nie eers 'n teelepel in my naam gehad het nie maar ek kon nie. Dit was nie so nie...ek HET 'n teelepel gehad.

Toe los ek die teelepel in my handsak, die stupid lepel het 'n simbool van hoop, vooruitsigte en nuwe dinge geword. As ek nou deur my huis loop sien ek hoe ons gegroei het en hoe gelukkig ons is. Die teelepel laat my dink aan die verlede en hoe bevoorreg is ons is en was om weer van voor af te kon begin.

Hoop dit maak sin vir julle.

Dit was in Junie maand toe ons hier aankom die eerste keer, in 'n lee huis wat my man vir ons gekry het. Al wat in die huis was, was 'n bank wat hy op geslaap het. Alleen in die voorhuis het hy geslaap onder beddegoed wat hy gekoop het pas nadat hy van die vliegtuig afgeklim het. Dit was maar sukkel, sukkel vir hom. 'n Week later het hy uitgevind dat mens alles kan huur hier in OZ. Hy het gaan beddens huur vir ons en nog beddegoed gaan koop. Toe ons 'n maand later hier aankom het ons so met die tyd die res van die goed aangekoop. Dit was moeilik, maar alles deel van die avontuur, niemand van ons het ooit gekla nie, ons het geweet ons is besig om 'n nuwe lewe te bou.

Eendag ry ek toe bietjie rond om die plek te verken, oral waar ek ry sien ek meubels, fietse, tv's, wasgoed mandjies en huishoudelike items rondstaan op die sypaadjies. 'n Vriendelike buurvrou vertel my toe van die "White goods". Dis goed wat die mense nie meer wil he nie en ontslae wil raak van. Soos stukkende pc monitors, ou yskaste ens. Daar is 'n span mense, ek dink amper hulle word "Good Sammy" genoem (nie seker nie), wat een of twee keer per jaar al die goed kom oplaai, herstel sover hulle kan en dan die minderbevoorregtes help daarmee............Wonderlik, briljant! " You may help yourself" se sy vir my.

Verslae ry ek verder en dink by myself dat so iets nooit in Suid Afrika kon gebeur nie. Dink net aan die riot wat dit sou veroorsaak, almal sou staan en grou en baklei en wegdra nes hulle wil. Dit sou 'n oorstroming van ongewenste karakters veroorsaak.

'n Bietjie verder af in die straat (onthou, ons het nog amper niks in ons huis nie) sien ek die mooi kassie met 3 laaie sommer so onderstebo le. Ek ry verby en onder in die straat maak ek 'n U turn. Kom terug en kyk weer. Die kassie lyk dan nog heel en mooi, niks wat bietjie verf nie kan reg maak nie. Maar ek is te skaam om te stop, bang die mense kyk vir my. Ry bietjie verder en skraap my moed bymekaar, stop die kar. Ek sit so bietjie en klim vinnig uit. Nou is daar nie omdraai kans nie, ek hardloop oor die pad en bid dat die kassie nie te swaar is vir my nie. Vinnig tel ek dit op en sukkel terug kar toe. Nou is dit 'n stryd om die kas in die kar te kry, wil nie in die kattebak pas nie, probeer die agter sitplek...ja, hy kom net net in en weg is ek!

Ons het Bunnings net ontdek en ons kan nie weg bly daar nie, ek is en bly 'n Bunnings girl, soek iets en Bunnings het dit. Hulle het sulke sample potjies verf vir sowat $6 en ek koop die mooiste kleure, rollertjies en kwaste daar. Ook handvatsels vir die laaie.

Tuis gekom verf ek die kassie in die mooiste tinte van blou, hy lyk splinternuut.

Die laaikassie het staanplek gekry in die huis waar almal hom kon sien, ek was so trots op my opgetelde kassie. Ek kan nie glo dat ek wraggies goed langs die pad optel en huis toe bring nie. My man spot my nou nog daaroor. Ek het nou nog die kas...ek sal nie vinnig daai dag vergeet wat ek soos 'n dief gevoel het nie. Onnodig so gevoel want buurvrou het gese dat as iemand iets nodig het, dan is die goed daar om gevat te word. Nogtans...

Ag OZ is 'n wonderlike plek en al verlang ek 'n hond uit 'n bos uit na die dinge wat was, bly ek vir die res van my lewe net hier. Ek verplant nie weer nie.

Ek hoop en bid dat almal sukses het met die verskuiwing en ook gelukkig sal wees. Soos ek.

Groete.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Kannidood,

Ai, ek het jou storie geniet van die kassie en die teelepel! Ek verstaan dat dit moed gekos het om daai kassie in jou kar te laai, ek sou presies dieselfde gevoel het. Ek dink ons (verwys meer na myself) is partykeer te trots om te vra vir hulp of te erken dat dinge nie altyd vlot verloop nie!

Ons bly hier in die Sunshine Coast en soos jy seker op die nuus gesien het gisteraand, reen dit vanaf gister tot nou en die winde is stormsterkte. Die droogte is nog lank nie gebreek nie, maar ten minste het ons nou ekstra water vir so 2-3 weke sê die wat weet!

Ek het nie 'n motor nie (nog nie) en stap soggens werk toe (so 3km) en gister toe ek moes stap toe is dit regtig amper sikloon-weer buite. Ek weet toe ek gaan papsopnat word, dis verseker en maak toe die nodige voorsieninge, pak my droe klere en handoek en mooimaakgoed in en klim toe op my bergfiets en trap vir die vale! Reenjas het darem die longe droog gehou maar die res van my was sopnat! Nadat ek myself toe droog aangetrek en mooi gemaak het in die publieke badkamer net om die hoek, het ek by die werk ingestap en niemand kon eers agterkom dat ek so pas letterlik 'n storm getrotseer het net om by die werk te kan kom nie. Hoe's daai vir "dedication"?

Ek kon seker maar die maklike uitweg gekies het en gebel het om te sê dat ek nie kan kom werk nie, want ek kan nie daar kom nie of net gevra het dat iemand my gou kom haal as hulle nie omgee nie. Maar aangesien ek net onlangs daar begin het, wou ek nie 'n "oorlas" van myself maak nie! lekker simpel ek weet! My punt is dit: Ons almal het ons eie stories van ontberinge en sukkel, maak dit hou ons nederig en ek glo dis 'n goeie ding! Mens waardeer net meer wat jy het en wat dit geneem het om daar te kom!

Ons het murg in ons pype ons Suid-Afrikaners, dis verseker en ons is sterker as wat ons dink!!!!

Groete

Manz

Link to comment
Share on other sites

Betsy, your story made me think of a Zimbabwean couple who arrived in New Zealand with only their suitcases. They managed to get a TV, crockery and cutlery from the pavements and in the end furnished their entire rental home. They even managed to build a computer with the bits and pieces they picked up.

Moving countries is not always easy for every one and sometimes many people have to eat humble pie.

SAS

Link to comment
Share on other sites

Hoe lag ek nou nie vir myself nie! :ilikeit:

Hulle het dieselfde ding gedoel waar ek in Amerika gebly het.

Ons het ontrent niks meubels gehad nie en my pa het toe ook na 2 weke meubels gaan huur. (Het lekker gekamp in die huis tot dan!) Elke geval, ek het 'n stoel nodig gehad om op te sit om huiswerk te doen. Maar jy weet mos, wanneer mens net geland het koop mens net die belangrike goed, daar's nie geld vir luxuries nie. Toe ek een oggend my oe oop maak, staan daar al die meubels buite. Ek en my dierbare ma gaan toe vir ons oggend stap en ek sien toe hierdie mooi stoel op een van ons bure se sypaadjies. So loop ons verby en wonder of ons dit mag vat. Dit het ons so 2ure gevat om die moed op te skraap. Ons het seker gemaak die straat is dood stil, vinnig by die pad afgehardloop en die stoel opgetel. Os het so gegiggel met die draf terug huis toe, maar ek moet se, ek het hom mooi reg gemaak en saam terug SA toe gebring. Hy staan nou in my en Hubby se slaap kamer, en ek beplan om hom Oz toe te vat. :rolleyes:

Snaaks hoe iets wat iemand uit gegooi het iets sentimenteel word vir ander.

Ek's bly jy het 'n mooi kassie gevind Betsy! Hoop jy kry 'n glimlag elke keer as jy daarna kyk. Weet ek kry so giggel as ek na my stoel kyk!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy en ander maatjies,

Australian is baie lief om goed op die pavement te sit, koop nuut voor dat hulle dit recycle, regmaak of 'n bietjie verf. Eintlik is ek baie bly daaroor omdat ek baie goed optel en iets daarmee doen. En nee dit pla my min (manlief kry die piep) om iets op te tel. One man trash is anothers treasure en dit is waar. Ek het al plante Agapanthus en ander cuttings wat ek af sny en in propagating rootting gel steek en nuwe plantjies maak, my yard looks like a nursery. Ou stukkended ceramic pots gebruik ek vir mosaic werk, jy moet net nie te lank staan nie ander word jy ook geplak :wacko: . Ek het treated pine sleepers, palle en wingsplits op getel wat ons 'n composting bay mee gebou het. 'n Kement fibre visdammetjie wat ek gaan gebruik vir die eende dam in die hoenderhok. Free bargain shopping :)

Link to comment
Share on other sites

Goeie more mede forumiete,

Hierdie is nie 'n storie nie, sommer net 'n gesels.

Ek het vanoggend opgestaan met 'n lied in my hart en vreugde in my siel. Wat 'n mooi dag is dit nie, die see le blou, nie 'n wolkie in die lug nie...die somer is op pad!

Ek is besig om wasgoed te was en nie eers dit kan my onderkry nie, ek is stoksiel alleen en dit is ook OK. Die radio is aan en tot selfs die musiek is vrolik. Hoe wonderlik is die lewe net nie?

Aan al die mense wat sukkel met die immigrasie ding of met aanpassing in 'n vreemde land wil ek net se om vas te byt. Alles word met tyd altyd beter. En as julle eers gesettle is dan gaan al die gesukkel SOOO die moeite werd wees. Wag net en sien.

Ek lees erens hier dat mense praat oor meubels en wat om te doen sonder meubels as hulle hier kom. Ons het die heel eerste keer ook oorgekom met niks. Ek het na ons van alles van ontslae geraak het 'n eensame teelepel in die laai ontdek toe ons deur die huis gaan om te kyk of alles nou weg is en skoon is. Toe sit ek die teelepel sommer in my handsak en toe ons hier kom ontdek ek die arme ou lepeltjie weer.

Gewoonlik sou ek se dat ek nie eers 'n teelepel in my naam gehad het nie maar ek kon nie. Dit was nie so nie...ek HET 'n teelepel gehad.

Toe los ek die teelepel in my handsak, die stupid lepel het 'n simbool van hoop, vooruitsigte en nuwe dinge geword. As ek nou deur my huis loop sien ek hoe ons gegroei het en hoe gelukkig ons is. Die teelepel laat my dink aan die verlede en hoe bevoorreg is ons is en was om weer van voor af te kon begin.

Hoop dit maak sin vir julle.

Dit was in Junie maand toe ons hier aankom die eerste keer, in 'n lee huis wat my man vir ons gekry het. Al wat in die huis was, was 'n bank wat hy op geslaap het. Alleen in die voorhuis het hy geslaap onder beddegoed wat hy gekoop het pas nadat hy van die vliegtuig afgeklim het. Dit was maar sukkel, sukkel vir hom. 'n Week later het hy uitgevind dat mens alles kan huur hier in OZ. Hy het gaan beddens huur vir ons en nog beddegoed gaan koop. Toe ons 'n maand later hier aankom het ons so met die tyd die res van die goed aangekoop. Dit was moeilik, maar alles deel van die avontuur, niemand van ons het ooit gekla nie, ons het geweet ons is besig om 'n nuwe lewe te bou.

Eendag ry ek toe bietjie rond om die plek te verken, oral waar ek ry sien ek meubels, fietse, tv's, wasgoed mandjies en huishoudelike items rondstaan op die sypaadjies. 'n Vriendelike buurvrou vertel my toe van die "White goods". Dis goed wat die mense nie meer wil he nie en ontslae wil raak van. Soos stukkende pc monitors, ou yskaste ens. Daar is 'n span mense, ek dink amper hulle word "Good Sammy" genoem (nie seker nie), wat een of twee keer per jaar al die goed kom oplaai, herstel sover hulle kan en dan die minderbevoorregtes help daarmee............Wonderlik, briljant! " You may help yourself" se sy vir my.

Verslae ry ek verder en dink by myself dat so iets nooit in Suid Afrika kon gebeur nie. Dink net aan die riot wat dit sou veroorsaak, almal sou staan en grou en baklei en wegdra nes hulle wil. Dit sou 'n oorstroming van ongewenste karakters veroorsaak.

'n Bietjie verder af in die straat (onthou, ons het nog amper niks in ons huis nie) sien ek die mooi kassie met 3 laaie sommer so onderstebo le. Ek ry verby en onder in die straat maak ek 'n U turn. Kom terug en kyk weer. Die kassie lyk dan nog heel en mooi, niks wat bietjie verf nie kan reg maak nie. Maar ek is te skaam om te stop, bang die mense kyk vir my. Ry bietjie verder en skraap my moed bymekaar, stop die kar. Ek sit so bietjie en klim vinnig uit. Nou is daar nie omdraai kans nie, ek hardloop oor die pad en bid dat die kassie nie te swaar is vir my nie. Vinnig tel ek dit op en sukkel terug kar toe. Nou is dit 'n stryd om die kas in die kar te kry, wil nie in die kattebak pas nie, probeer die agter sitplek...ja, hy kom net net in en weg is ek!

Ons het Bunnings net ontdek en ons kan nie weg bly daar nie, ek is en bly 'n Bunnings girl, soek iets en Bunnings het dit. Hulle het sulke sample potjies verf vir sowat $6 en ek koop die mooiste kleure, rollertjies en kwaste daar. Ook handvatsels vir die laaie.

Tuis gekom verf ek die kassie in die mooiste tinte van blou, hy lyk splinternuut.

Die laaikassie het staanplek gekry in die huis waar almal hom kon sien, ek was so trots op my opgetelde kassie. Ek kan nie glo dat ek wraggies goed langs die pad optel en huis toe bring nie. My man spot my nou nog daaroor. Ek het nou nog die kas...ek sal nie vinnig daai dag vergeet wat ek soos 'n dief gevoel het nie. Onnodig so gevoel want buurvrou het gese dat as iemand iets nodig het, dan is die goed daar om gevat te word. Nogtans...

Ag OZ is 'n wonderlike plek en al verlang ek 'n hond uit 'n bos uit na die dinge wat was, bly ek vir die res van my lewe net hier. Ek verplant nie weer nie.

Ek hoop en bid dat almal sukses het met die verskuiwing en ook gelukkig sal wees. Soos ek.

Groete.

Help ons tog!

Ons is goed oppad na OZ maar sukkel vereers met die Forum ons kry dit nie lekker reg om te post nie dit is nou 'n posting aan almal en ons het so baie vrae hoe maak mens 'n posting

Groete uit Welkom in die Vrystaat

Renier en Ursula

Link to comment
Share on other sites

Ja Betsy, dis wonderlik wat mens alles in die hande kan kry. My huis is ten minste half vol verniet meubels wat ander ouens nie wou gehad het nie. Tot 'n splinternuwe sofa bed wat 'n student se ouers vir hom gekoop het en hy nie van gehou het nie :unsure: . As jy nou baie verniet bargains wil sien, sluit aan by Freecycle:

http://groups.yahoo.com/group/Freecycle_Adelaide/

Chester, die hele idee om die goed op die pavement te sit is om dit te recycle sodat iemand anders daarvan gebruik kan maak, regmaak of verf. :(

Link to comment
Share on other sites

Help ons tog!

Ons is goed oppad na OZ maar sukkel vereers met die Forum ons kry dit nie lekker reg om te post nie dit is nou 'n posting aan almal en ons het so baie vrae hoe maak mens 'n posting

Groete uit Welkom in die Vrystaat

Renier en Ursula

Hi julle,

As julle 'n nuwe topic wil post gaan kies eers 'n kategorie dan click net op 'new topic'. Die bladsy is 'self explanitory' julle sal dit maklik reg kry.

as julle wil reply op 'n spesefieke topic dan click net op 'add reply'; skryf dan wat jy wil en click dan op 'add reply' net onder jou boodskap.

Sterkte!

Hannes & Lizelle

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...