Jump to content

Vis Vang in Suid Wes


chester

Recommended Posts

Vis vang in Suid Wes Afrika, Mile 72 om presies te wees net so 'n entjie van Hentiesbaai. Nou die manne wat al daar was sal weet hier is vis, sommer baie vis. Nou hulle het die name verander na Namibia, maar dit bly maar Suidwes vir ons. Die eerste keer dat ons daar tent opgeslaan het was by Paaljies naby Walvisbaai, sommer so 'n 3 man tentjie, 'n gasbottel en 'n piekniek mankjie. Manlief, ekke en 3 kinder onder 5 jaar oud. Daai nag kom die wind mors en waai al wat 'n tent en annex weg, maar ons tentjie klou vas vir al wat hy wert is. Wat 'n naweek maar die vis byt en die gogga het ons gebyt ons moet terugkom.

Daai tyd het ons in Tsumebe gebly so 400 km weg naby die Etosha Game reserve, Manlief werk by die myn daar, later kry hy 'n verplaasing na Windhoek. En ons pak daai tent en visstokke, jaffle pan, gas bottle en esky. Manne hier kom ons. Die vis kom sommer so twee op'n slag uit, vanaand braai ons vis in vollie toegedraai oor die koole. Steenbras en galjoen is 'n biejie skaam maar 'n mosseljie is hulle dood. Dis koud in die aand so buite maar die vuur hou ons lekker warm. Kinders sit lekker in komberse toegedraai, alles ruik naderhand soos 'n stroois. Ons ry daai soutpad na Walvis, gaan grou vir mossels by paaljies sommer so in die vlak water. Kyk na die soutpanne en pink flaminke en koop warm gerookte snoek en angelvis. Ons eet dit sommer net so uit die bruinpapier.

Maar die pad is nou ver, ons het getrek na Durban, KZN, so 3000km weg. Trek weg so 8 am, stop net vir petrol en toilet, 38hr later en ons is in Heintjies net betyds voor die slaghuis toemaak vir die aand. Dis nog 'n ent na mile 72. Daai tent is gou op met die hulp van kinders elk hang aan 'n paal en manlief slaan net penne in.

Elke Desember pak ons daai Venter trailer, tent, upgraded to a large one, generator, opblaas mattrasse, nous ons mos "georganised" vrieskas vol gepak met kos, koekies en beskuit en alles wat ons sal nodig he. (Hairdryer for us girls) Fietse bo op vasgemaak, extra maat saam vir die 3 week vakansie. Die jong menere (12/13) besluit hulle is lus om Henties toe te ry met die fietse (+- 40 kms) vir 'n game pool en terug. Ons los die kinder vroeg oggend in die kamp (slaap) en pak vir Jakkelsspitz vir die groot steenbras. Die manne staan bankvas met daai stokke, dis koud so vroegoggend. Manlief sit so 'n lekker stukkie aan en gooi dit uit vir my (ek kan nie so lekker ver gooi nie) Man, hy's nog besig met sy stok en die vis byt al. En ek kry so lekker as daai groot vis so lekker aan my stok hang en die manne raak omgekrap om my. :huh: ons is terug voor die kinder wakker word vir ontbyt. Die vrieskas is vol vis.

Later is die kinders nie meer lus vir visvang nie en ry eerder fietse, skaatboards en surfing in die vakansies. Ons kamp maar in Scottsburgh met twee tente vol maats en Ma om 'n ooggie te hou. Nou is dit nie snaaks as hulle grootword, dan pak hulle maar 'n tent en sit af Scottsburgh toe. En vir ou laas maak LS 'n daai in Suidwes voor hy vir die tweede keer na Oz verhuis.

How's the fishing in Perth? Looks good on TV :blush:

P.s. Please excuse my Afrikaans I went to an english school.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Chester. Jong, julle gaan dit hier laaik. Ekself is nie 'n visterman nie. Maar, ek het al 'n paar visse uit getrek. Kry net nie kans nie. Hier is te veel ander dinge om my besig te hou. Ek het vriende wat fotos uithaal van vis wat jy met die hand kan groet. Sodra my fortuin kom, koop ek 'n boot. Ek wil ook daai perde uittrek. Van Henties gepraat. Niemand sal my weer kan oorreed om daai lang pad aan te vat nie. Moet sê, hier in Oz ry 'n ou net sulke lang afstande as na Suidwes. So 4 jaar gelede gaan ek en 3 maters ook Henties toe. Ons wil ook die grotes gaan uittrek. Kos ons elkeen sowat R2000 om die trippie aan te pak. Om 'n lang storie kort te maak. Ons jaag daai kus op en af. As iemand sê die vis byt by myl 33, jaag ons. As iemand stories van myl 76 vertel, jaag ons. My maat, daar is nie meer vis in daai see nie. In 7 dae vang ons, nie ek nie, maar bedrewe vistermanne, VYF VISSIES. Daai vissies het ons sowat R1600 elk gekos. Dan het die doeana perde nog die vermetelheid om vir 2 vissies te vra want hulle is honger. Nooit weer nie. Hier in Oz byt die visse. Groete.

Link to comment
Share on other sites

Hullo Jan Stoof,

Man ek het begin dink daar is geen vis manne hierin OZ nie, bly om van jou te hoor Mate. Jammer om te hoor Julle het min vis gevang. Ons was deur Suidwester die "Ropes" gewys en waar om te gaan, Mile 107, Sara se gat ensvoorts. Jy kan jou verk ry op en af en niks kry maar as jy op die regte plek is en tyd dan trek jy hulle in. Ons is now all Grandma & Grandpa van 2 mannetijes 4 jaar oud , een mannetjie het 'n vis stok gekry toe hulle kom kuire het op die plaas en sommer 2 visse gevang in die rivier naby Bellbrook. Ons het so 'n stukkie hemel waar ons gaan aftree oor 5 jaar. Maar ons wil nog eer Weskus toe om te kyk of daar enige vis is hier ;)

Groete Rina

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...